Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dan Roodt — die mens agter die aktivis

Jansie Kotze

Dan Roodt is heeltemal anders as wat ek myself voorgestel het. Hy is skaam en rankerig. Grys. Weg is die lang, anargisties-geÔnspireerde ‘kapsel’. Dit het plek gemaak vir ’n bedaarde middeljarige haarstyl. Gelukkig het ’n foto in die koerant my gewaarsku dat die flambojante beeld waarmee Dan Roodt ’n kultusfiguur geword het, aan die verlede behoort. Die platwees-op-die-aarde kom egter as ’n verrassing. En soos dit ’n taalaktivis betaam, praat hy suiwer Afrikaans.

Vir die afgelope 20 jaar het Dan Roodt in en uit die Afrikaanse publieke oog bly glip en ons verbeelding aangegryp met sy kompromielose en, ja, soms selfs uitspattige uitsprake en gedrag. Hy lag oor die oshart-insident in die vroeŽ tagtigerjare. ’n Paar mense by RAU het hom genooi om poŽsie te kom lees. Hy het in ’n dadaÔstiese gebaar ’n oshart oor sy linkerbors vasgestrep, en ’n komposisie van ‘kru’ woorde voorgelees. Soos die hart ontdooi het, het bloed by sy borskas afgedrup. Die gebaar moes sy pyn simboliseer.

Dit was hierdie onstuitbare gedrag wat ’n leemte in die Afrikanerpsige gevul het. Dit is dalk hoekom jan-en-hester-allemens hom aangevat het toe hy in aandele-opsies en ander afgeleides begin handel dryf het. Aan die een kant het die publiek sy gedrag verwerp, maar aan die ander kant het hy hulle alter egoÔstiese fantasieŽ aangehits.

Die ironie is egter dat hy heeltemal per ongeluk betrokke geraak het in die markte. In die tagtigerjare in ’n poging om die Weermag te ontduik, het Dan Frankryk toe gevlug. En as die leser my sal toelaat om myself hier te onderbreek — want aan die skryftegniek om die Weermagstaaltjie subtiel in die teks in te bring, ontbreek dit my — sal ek nou eers vir Dan Roodt die Weermagstorie laat vertel. “Johan van Wyk het Swaziland toe gevlug om diensplig te ontduik. Vir ’n maand bly hy daar in ’n karavaan, toe is sy geld op en kom hy maar weer terug. Met die intrapslag vang die militÍre polisie hom en neem hom vir observasie. Die psigiater sÍ toe hy is ’n skisofreen en hy word ontslaan. Dit gee my toe ’n idee. As Johan van Wyk ’n skisofreen kan wees, hoekom nie ek nie?

“In 1981 is ek genooi om by die skrywersgildeberaad in Gordonsbaai te praat. Ek het vir Phil du Plessis, digter maar ook dokter, daar raakgeloop en gesels met hom oor my Weermagprobleme. Hy sÍ toe, ‘Ag man, ek sal vir jou ’n briefie stuur.’ Hy stuur toe vir my ’n briefie wat sÍ ek ly aan ’n rare soort epilepsie wat my baie aggressief maak. Ek stuur dit vir die Weermag, maar diť sÍ ek moet nog stawende getuienis van ’n psigiater verskaf. Ek kry toe Johan van Wyk se psigiater, maar ek kon hom nie oortuig daar is iets fout met my nie. Ek het selfs ’n boek oor epilepsie gaan koop om op te lees oor my toestand. Die psigiater sÍ toe ewe ‘Ag, dit sal nie so sleg vir jou wees om Weermag toe te gaan nie’, maar ek was nie bereid om die stelsel te gaan verdedig nie. Ek kon nooit stawende getuienis kry nie. Toe is ek vir ’n jaar na die Universiteit van Durban-Westville toe as dosent. Ek het gehoop die Weermag het van my vergeet. Maar aan die einde van daardie jaar het hulle vir my ’n toewysing na Oudtshoorn gestuur. Ek en Karin (sy vrou) is binne 10 dae sak en pak Frankryk toe.”

En nou liewe leser, sal ek u trakteer op Dan Roodt se betrokke-raak by die finansiŽle markte. In Frankryk was hy en sy vrou bevriend met “’n klomp Russe in ballingskap” — dit was nog voor perestroika. Toe Rusland begin oopmaak het onder Gorbatsjof het hy, sy vrou en hul Russiese vriende ’n seminaar oor die Sowjet-Unie georganiseer, en ’n paar Russe oorgenooi om te kom praat. In ’n poging om homself in te lig oor Rusland, begin lees Dan artikels oor Rusland in die Financial Times. “Ek lees toe ook sommer die res van die Financial Times en het toe geÔnteresseerd geraak, veral die kolomme met pryse van ‘puts’ en ‘calls’. En een ding lei toe tot ’n ander.”

Verlede jaar het hy bedank as afgeleide markte-spesialis by Citibank, want dit het hom begin verveel. “Nou is ek ’n vryskutpersoon, ’n soort finansiŽle konsultant.” Op die oomblik skryf hy baie en hoop om gedurende die volgende paar jaar ’n roman te publiseer. ’n Samestelling van sy skrywes behoort binnekort die lig te sin. Die voorlopige titel is Opstandige Opstelle.

Verder hou vaderskap hom besig. Hy is die pa van ’n vierjarige tweeling oor wie hy met deernis en plesier praat. “Vaderskap gee jou groter verantwoordelikheid. Dis om te besef jy moet omsien na twee ander mense wat taamlik weerloos is in hierdie wÍreld. Dit het my ook attent gemaak op die taalkwessie. Dit is amper wonderbaarlik hoe kinders hul taalvermoŽ verwerf en hoe beÔnvloedbaar hulle is op so ’n vroeŽ ouderdom. Dit het my sensitiwiteit verhoog vir Afrikaans toe ek kinders het wat hulle eerste woorde begin sÍ.”

Hy het geen planne om die land te verlaat nie. Hy stel dit sommer kaalkop: “Dit is ’n lamsakkige manier om na die situasie te kyk. Die misdaad en onveiligheid kwel almal. Dit is ongelooflik dťfaitisties om eenvoudig te emigreer, om op die vlug te slaan.” Hy bly liewer hier, en help om die probleem op te los. Dit is hierdie onmiddellike betrokke-raak wat sal maak dat Dan Roodt nooit 20 jaar sal wag voordat hy ’n brief aan ’n koerant skryf om gal te braak nie. Hy loop die probleem tromp-op.

Hy steur hom nie eintlik aan die debat rondom homself nie. “Die moralistiese houding oor my betrokkenheid by die finansiŽle bedryf, spruit uit onkunde. ’n Mens kan nie behoorlik oor politiek redeneer as jy nie weet hoe die markte werk nie. ’n Sekere mate van finansiŽle kennis is ’n noodsaaklikheid. Net soos wat mense behoort te weet Peru is in Suid-Amerika, behoort hulle kennis te dra van die markte.”

En nou is my artikel al amper klaar en ek het jou nog niks vertel oor Dan Roodt se lewensblyheid en sy voortdurende soeke na nuwe ondervindinge, of, soos hy dit stel, sy “lewensnuuskierigheid” nie. En hoe hy daarmee vir my een van die mooiste panoramas — ’n uitsig oor Johannesburg in die laatherfslig — gewys het. Toe ek hom skakel vir die onderhoud, stem hy dadelik in. Hy stel voor ons gaan na die Hyatt of die Westcliff Hotel. “Ek was al by die Hyatt, so ek weet waar dit is,” stel ek voor. “In daai geval ontmoet ons by die Westcliff,” besluit hy dadelik. En dis toe by die Westcliff waar ek opnuut verlief raak op Johannesburg. En dis Dan Roodt: voortdurend op soek na nuwe ervaring sonder om te huiwer.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.