Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Vis kry ’n ekstra paar vinne

Jac Kritzinger gesels met Ingrid Jonker-pryswenner Zandra Bezuidenhout

Zandra Bezuidenhout JK: Kom ons begin by die groot nuus: Jou eerste digbundel, Dansmusieke, het ’n tydjie terug by Suider-Kollege Uitgewers verskyn en is dan ook onlangs met die gesogte Ingrid Jonker-Prys vir debutante bekroon. As een digter aan ’n ander můťt ek vra: hoe presies ervaar jy hierdie eer wat jou te beurt geval het?

ZB: Jy gaan deur al die stadiums van ongeloof tot ekstase, en dan weer terug na ’n soort beskroomdheid, omdat jy weet dat ander ook graag wou gewen het, en omdat jy skielik ’n soort “digtersverlamming” beleef: jy skryf vir ’n tydjie byna niks. En teenoor dit wat jy wel skryf, staan jy meer krities as ooit. Die paadjie van ’n digter, veral as jy nog nie voorheen daardie soort erkenning gekry het nie, is maar ’n alleenpaadjie, ’n bospaadjie; iets waaroor jy nie met enigeen kan of durf gesels nie. Daar word deur goedbedoelende vriende na jou “gediggies” verwys, en jy kry versoeke vir kombuistee-rympies of “in memoriam”-versies. Dis ’n groot verligting as jy die dag verneem dat diť wat weet, openlik daarmee uitkom dat jy meer as dit doen, en hulle bereid is om hulle nekke uit te steek in ’n wÍreld wat nie sommer toelaat dat jy tot die kudde behoort nie.

JK: Leonard Cohen het by geleentheid gesÍ: “The biggest myth about fame is that it's worthless.” Uit die aard van die saak sal daar baie deure vir jou oopgaan noudat jy diť gesogte toekenning in jou gatsak het. Tog skep dit ook baie verwagtinge van jou as kunstenaar. Hoe beoog jy om hierdie druk te verwerk?

ZB: Ja, dit is algemeen bekend dat die tweede bundel die groot toets is. Daar word byna verwŠg dat jy oor die volgende hekkie gaan struikel. Gelukkig is ek gereed daarvoor, en sien dit as ’n aansporing om niks te publiseer wat ’n stap agteruit sal wees nie. Jy moet seker maak dat daar vooruitgang in jou werk is — tog moet jy nie dit wat reeds op peil was, dit wat miskien selfs beter was as van die verse in jou eerste bundel, sommer weggooi nie. In werklikheid beskou ek hierdie druk as ’n gulde geleentheid vir die versit van grense, die ontwikkeling van ander, nog onontginde moontlikhede, en ’n vingerwysing om nog versigtiger te werk te gaan.

JK: Die Afrikaanse letterkunde, veral die poŽsie, is al beskryf as ’n klein dammetjie waarin enkele groot visse rondswem. Waar sal jy jouself in hierdie hiŽrargie plaas, noudat jy ’n allemintige plas gemaak het? Dink jy die dammetjie is steeds so klein?

ZB: Om myself te plaas sou aanmatigend wees — die lesers moet dit maar doen. Maar ek sal tog dit waag om te sÍ dat ek glo in my werk. As die grootte van die dammetjie dui op die aantal werklik goeie digters — en ek bedoel diť wat kan meeding met die beste in die wÍreld volgens wat vandag as poŽties hoogstaande gereken word — is die dammetjie steeds klein. Meer mense skryf miskien poŽsie, maar van watter gehalte? Ek sou vreeslik graag wou sien dat skole, universiteite, leeskringe, die media, ensovoorts meer voorligting gee oor wat met “goeie poŽsie” bedoel word. Daar bestaan groot wanpersepsies. PoŽsie behoort nie vir so vele ’n “vreemde” terrein te wees nie.

JK: Daar het ’n paar (volgens my ongegronde) gerugte die rondte gedoen dat die IJ-Prys nie meer op dieselfde status as vroeŽr aanspraak kan maak nie, siende die drastiese afname in die getal digters wat, in die huidige klimaat, wel daarin slaag om te debuteer. Wat is jou gevoelens hieroor?

ZB: Die gerugte het my en ander in die rondte nog nie bereik nie, maar daar is veral twee dinge om in gedagte te hou. Eerstens: gerugte is gerugte, en hulle word deur mense gemaak, veral sekeres, en die prys word nie toegeken as daar nie bundels met meriete verskyn nie. Daarby kan ’n mens na die keurverslag gaan kyk — die pers het aanhalings daaruit geplaas. Tweedens: die status en motiewe van die beoordelaars kan sekerlik nie onder verdenking geplaas word weens die kleiner aantal debutante nie? Hulle is immers vakkundiges van die eerste graad, self digters, en beoordeel al jare lank poŽsie. En die digters wat wel nog die moeite doen om in “die huidige klimaat” digkuns in Afrikaans te
beoefen, en dit met groot sorg doen — dra dit nie by tot die status as die prys wel toegeken word nie?

JK: Kom ons grawe ’n paar wortels op. Hoe lank sal jy sÍ maak jy al gedigte?

ZB: My storie verskil seker nie van die meeste ander digters s'n wat die prille betref nie: my eerste gediggie het in Die Jongspan verskyn toe ek tien jaar oud was. As my ma smiddae geslaap het, het ek altyd haar bundels van Visser, Du Plessis en die ander ouer digters uit die buffet gehaal en vir ons huishulp voorgelees terwyl sy stryk of kosmaak. Wat bundelpublikasie betref, loop my storie miskien effens anders. Hoewel ek my hele lewe lank (halfklaar) verse in lÍers geprop het, en seker vir jare daagliks “in my kop” gedigte geskryf het, het ek eers sowat ses jaar gelede — met my vertrek na Nederland vir verdere studie in die literatuur — begin om gedigte af te rond en persklaar te maak. Die konfrontasie met myself, die afgesonderdheid, die vloed van indrukke, die tyd van besinning, die intense omgaan met die literatuur, en die kans om heelnag deur lig te brand en tee te maak en te tik op ’n geleende, mankolieke tikmasjientjie, was bevorderlik vir die uiteindelike skep-en-slypproses.

JK: In watter ander publikasies of mediums buiten Dansmusieke is jou digstem al in die verlede gehoor?

ZB: Tydskrif vir Letterkunde, Concept, Karapaks, PoŽsienet, Meander, Penseel — en nŠ ’n poŽsiekompetisie in Nederland verlede jaar is ek ook saam met ander wendigters opgeneem in die bloemlesing Tegen beter weten. Daaroor was ek werklik opgewonde — dat hulle ’n Afrikaanse gedig ingesluit het. Dit was ook ’n voorreg om dit saam met die ander finaliste in Amsterdam voor ’n gehoor van digters en poŽsieliefhebbers te kon voorlees, en hulle meer te vertel van ons digkuns.

JK: Dis ’n vraag wat ek soms haat om te beantwoord, maar dit bly tog interessant. Hoekom skryf jy poŽsie? Is dit bloot poŽsie vir die doel van poŽsie? Of gaan dit vir jou oor ’n spesifieke tipe katarsis?

ZB: Nee, dit is beslis nie net vir die doel van poŽsie nie. Dit is my manier van met die wÍreld omgaan; af te tas in die self, in die ander, die samesyn, die bestaan, die verhouding met Die Ewige. So skep, benoem en voltooi ek in ’n mate my werklikheid; poŽsie is vir my ’n soort gemeenskap met al die verrukking, vreugde en droefheid van die lewe. Maar dis nie altyd so ernstig nie — ek skryf ook dikwels speelse, selfs lawwe verse. Dis immers ook deel van die verrukking — om spelende mens te kan wees. Daarby is ek versot op variasie. Ek het antennas vir alles.

JK: Temas ... Voel jy daar is grondgedagtes wat hulself in die breŽ omvang van jou werk herhaal?

ZB: As daar een grondgedagte is wat op heel uiteenlopende wyses tot uitdrukking kom, is dit fassinasie of verwondering. Dis eenvoudig ’n bewussyn van die misterie, sowel as die mistieke dimensie van alles — dit deurdrenk my, maar ek is ook ’n baie aardse mens. Ek leef intens deur die sintuie ťn deur die misterie. Dalk is dit die versoening van dit alles wat by my die grondgedagte vorm. En daarmee saam die passie by die gedagte dat ek aan alles mag deel hÍ. Dat ek met die lewe begenadig is.

JK: Alle digters word, bewustelik of onbewustelik, deur die werk van ander digters beÔnvloed. Nasionaal en internasionaal, wie sou jy sÍ het deur die jare die grootste impak op jou gehad? En voel jy jou werk word dalk ook deur ander kunsvorme buite die digkuns beÔnvloed?

ZB: Die Nederlandse digters het my van die begin af besonder geboei. Ek het daarin ’n dimensie van diepte en verfyning herken wat my geweldig aangespreek het — iets wat ek nie alte dikwels by Afrikaanse digters aangetref het nie. Die Franse digters Baudelaire en Mallarmť fassineer my ook, en gelukkig help my kennis van Frans dat ek die gedigte nie net in vertaalde vorm hoef te lees nie. Aan die ander kant geniet ek dit weer om vertalings te lees van die werk van Pessoa, Montale, Szymborska, Achmatova, Enzensberger en baie ander. Maar ek moet nog baie meer kennis opdoen van hulle werk.

Wat die Afrikaanse digters betref, het ek werklik poŽtiese verrukking vir die eerste keer deur die werk van N.P. van Wyk Louw ondervind. En Breytenbach is ’n unikum in ons taal. Vir StockenstrŲm het ek groot respek.

En ja, alle ander kunste spreek my sterk aan. Inspirasie en vormgewing soos dit in die verskillende mediums gestalte kry, is ’n enorme web — al die drade ontmoet op ’n manier, help span een patroon, roer as die ragfyn spinsel iewers in beweging gebring word. Ek tel van die verskillende trillinge op die periferie op, en weef verder.

JK: Persoonlik het ek reeds die onnodig wrede en stompsinnige sy van kritici ervaar. Wat voel jy is die rol van die kritici in die hedendaagse (dig)kuns? Beskou jy dit as gepas dat digters die werk van digters resenseer, of voel jy dat daar na ander, meer objektiewe alternatiewe gekyk behoort te word?

ZB: Die kritici het ’n belangrike en veelfasettige rol. Sommige van hulle verstaan dit verkeerd en meen dat dit ’n vertoonstuk vir hulself moet wees. Dit gebeur dan dat hulle gemeen en venynig raak. ’n Bbeskaafde mens moet tog beskaafd kan resenseer. Al hou hy/sy ook hoť min van ’n bepaalde digter se werk, moet hy/sy die basiese ordentlikheid aan die dag lÍ om dit met respek en hoflikheid uit te druk. Die kritiek moet ook in alle gevalle gesubstansieer, met voorbeelde gestaaf, en deur letterkundige beginsels gerugsteun word. Dit moet die leserspubliek lei om met elke bespreking ’n beter poŽsieleser te kan wees.

Ek het daar geen probleem mee as digters resensies behartig nie, mits hulle bewys lewer dat hulle gebalanseerd na die werk van ander digters kan kyk. Hulle is immers professioneel en ervare, en kan veral waardevolle kommentaar lewer op tegniek, iets wat ’n “gewone” leser miskien nie so noukeurig sou kon doen nie. Aan die ander kant is die “gewone” maar ingeligte en belangstellende leser weer om ander redes ’n goeie beoordelaar. Dit sou die ideaal wees as daar byvoorbeeld oor elke bundel resensies vanuit albei oorde geplaas kan word. Maar die publiek moet opgelei word in hoe om resensies te lees. In Nederland het ek geleer hoe ’n mens vir jouself ’n profiel van elke resensent moet opstel en dan daaruit aflei hoe jy hulle resensies moet vertolk. Dan sou die Suid-Afrikaanse biblioteke nie, soos ek onlangs gehoor het, op grond van een enkele koerantresensie besluit of hulle ’n werk gaan aankoop of nie.

JK: Daar is onlangs in die media ’n redelike bohaai gemaak oor die opbloei van ’n nuwe poŽsie-bewussyn onder die breŽ publiek. Tog beskou die sogenaamde groter uitgewershuise dit steeds as ’n finansiŽle risiko om debutante te publiseer, en word daadwerklike talent gevolglik soos klokslag afgewys. Word ’n debuutbundel wel gepubliseer, word dit as “uiters dapper” in die bedryf beskou. Wat is jou gevoelens oor hierdie dualisme?

ZB: Ja, gelukkig is daar tekens dat die publiek weer begin oopstaan vir die poŽsie. Daar was ’n verbasend goeie opkoms by die onlangse KKNK, en bundels het goed verkoop. Ek dink die mense begin stadigaan weer soek na diepte en betekenis — en poŽsie bied dit, al is dit ook soms lig en speels. Ook is daar ’n groeiende bewussyn van die waarde van kreatiewe insette wat in ons taal gemaak word.

Tog kan die groot uitgewershuise ook nie anders as om die publikasie van debutante as ’n finansiŽle risiko te beskou nie — hulle is immers sake-ondernemings. Maar as ons ’n gemeenskap van poŽsielesers en -liefhebbers en -kopers kan kweek, sal dit help om die bordjies te verhang. Dan sal die uitgewers selfs ’n wins kan toon. Maar waar laat dit die digter? Ek sien uit na die dag dat diť wat digtalent het en iets daarvan maak, op dieselfde borgskappe en erkenning kan reken as diť wat mooi kan lyfieswaai, of balle skop, of gil. Die digter kan ’n spirituele leier wees, ’n volk se gewete, ’n gewer van tekens, ’n sanger, ’n bidder, ’n nar. Ons het almal nodig. Intussen word die digter en die klein uitgewery, sonder die bekendheid en geloofwaardigheid van die groter uitgewershuise, gedwing om hulle geesteskinders feitlik verniet weg te gee.

Ek stel voor dat leeskringlede verplig word om die bundels te koop wat hulle behandel — dis net een of twee tuisbedryfkoeke minder vir die maand. Ek stel ook voor dat boeke verpligte geskenke word vir alle Afrikaners, van mŰre af. Dan kan die digter “dapper” skryf, en die groter uitgewershuise “dapper” uitgee en “dapper” bemark.

JK: Ek is onlangs in Fenomeen Publikasies se omvattende bloemlesing uit die stof die see die skald se handevuurvoet tracks en die verstuite trein van wat verlange saam met Gert Vlok Nel, Robert Bolton en Tertius Kapp opgeneem. Tafelberg se Nuwe Stemme 2 sien binnekort die lig. Nuwe Verset is onlangs deur Protea Boekehuis uitgebring. Voel jy dat die versamelbundel die individuele bundel in die toekoms kan vervang — siende dit dalk meer “gebruikersvriendelik” vir Jan Publiek is, en sodoende as ’n veiliger opsie deur uitgewershuise beskou word? Hoe sien jy die verhouding tussen diť twee vorms in die bedryf?

ZB: Daar is plek vir altwee — veral as versamelbundels aan goeie skrywers die (rare) geleentheid bied om te publiseer. Party lesers verkies ook die “proe” aan meer digters se werk in een bundel. Ander hou weer van ťťn stem per bundel; die gekonsentreerdheid daarvan, die opbou van ’n bundel as kunswerk op sigself. Maar ons moet ruim dink en ruim publiseer — as enkelinge, as groepe van so vier of meer, en as bloemlesings en cd-roms. Ons mag egter nooit knolle vir sitroene verkoop nie. Gehalte. Opleiding. Keuring met toeligting. Verantwoordelike resensering. Dis wat ons nodig het.

JK: Ek weet dat dit Suider-Kollege se beleid is dat digters wat by hulle gepubliseer het, self hul bundels die mark in moet stoot. Uit die aard van die saak gee dit jou beter beheer oor die verspreiding van jou kosbare werk — tog moet dit aan die ander kant baie tydrowend wees. Hoe voel jy hieroor?

ZB: Dit het sekere voordele — dit gee jou as skrywer heerlike kontak met boekhandelaars, kopers, lesers. Jy leer verskriklik fyn oplet na verbruikersgedrag, -reaksies, -kommentaar. Dit beteken nie dat dit jou skryfwerk gaan bepaal nie, maar dat jy tog behoorlik kennis neem van die ekonomiese sy van die saak. As jy ’n mark wil betree, moet jy die spel van die mark in ag neem. Dis ook lekker om soveel terugvoer te kry — as jy self jou boek verkoop het, sÍ die koper ook graag self vir jou wat hy daarvan dink.

Maar tans is dit byna ’n onbegonne taak om die persoonlike bemarking vol te hou. Wie moet betaal vir die tyd, moeite, telefoon, boekhouding, skryfbehoeftes, seŽls, versendmateriaal, reŽlings, en ’n duisend ander opofferinge? Hoeveel digters het die vaardigheid en vrymoedigheid om self te bemark? Wanneer moet dit geskied? Dink net wat sou gebeur as rugbyspelers van deur tot deur of van die een sake-onderneming na die ander moes loop om rugbykaartjies vir die volgende wedstryd te verkwansel. En dan wil vriende en familie dit nog boonop verniet hÍ. ’n Honderd vriende, ’n honderd familielede, ’n honderd dominees, oudonderwysers, buurmense, biblioteke, kennisse voel dat hulle geregtig is op ’n gratis eksemplaar. En die boekhandelaars sÍ jy en jou uitgewer is te onbekend. Hulle waag dit nie om voorraad te dra nie. Intussen eet ons biefstuk en calamari, hang ons nuwe gordyne, pak ons die kelders vol, reis ons na Griekeland en koop ons seisoenkaartjies vir Ö nou ja. En ons laat ons digters vrek.

JK: Tegnologie ... E-boeke word van regoor die wÍreld in prosavorm op die Net gepubliseer. Plaaslik doen PoŽsieNet goed, maar substansiŽle Afrikaanse bundels het tot nou toe nog die Net ontwyk. Sal die Afrikaanse poŽsie en die IT in die toekoms hul sporadiese flirtasies stopsit en daadwerklik in die eg kan verbind? Hoor jy bruilofsklokkies?

ZB: Hier moet ons versigtig trap. Al wat ek sal sÍ, is dat ek hou van ’n digbundel in my hand. Ek wil daarmee in die tuin loop, in die motor ry, in ’n spreekkamer wag, op die strand lÍ, en so aan. Ek wil blaai en kyk en ruik en voel. Toemaak en oopmaak. Oor en oor die omslag betrag. Potloodmerkies maak. Maar ander mense wil weer ander ondervindinge hÍ. Lekker voor hulle rekenaar met gedigte ontspan of daardie drukker hoor brom, bordensvol poŽsie, vars uit die oond. Kom ons speel maar weer veilig en sÍ daar is plek vir albei. Bruilofsklokkies? Wraggies, daar hoor ek dit nou.

JK: Plaaslike digters droom almal van meer internasionale blootstelling (die wÍreld is nou maar eenmaal groter as Nederland, BelgiŽ en die Republiek). Ek is versigtig — my werke gaan dalk te intiem met die Afrikaanse taal om om die moontlikheid van vertaling in ’n wÍreldtaal soos Engels of Frans haalbaar te maak. Dink jy jou gedigte sal die vertalingsproses kan deurstaan sonder om van hul oorspronklike slaankrag te verloor?

ZB: ’n Vlaamse vertaler het onlangs ses van my gedigte uit Dansmusieke vertaal, waarvan twee toe in Deus ex Machina, ’n kuns- en kultuurtydskrif in BelgiŽ opgeneem is. Ons het heen en weer oor e-pos gepoleer tot ons albei tevrede was. En ten spyte daarvan dat daar hier en daar iets verlore gaan, veral ten opsigte van die klank en ritmiek (waarin daar tog ook betekenismoontlikhede opgesluit lÍ), was ek verras om te sien hoeveel slaankrag behou is.

Die vertaling van poŽsie is ’n nuwe skeppingsproses, maar ’n uitdagende een, en ’n eiesoortige dissipline vir ingewydes. ’n Mens moet albei tale goed ken. Een van die grootste probleme met vertaalde poŽsie is dat die leser van die vertaling gewoonlik nie kan sien watter jakkalsdraaie die digter met sy eie taal uitgehaal het nie — die taalvernuf, die oorspronklike en vars aanwending is tog deel van die sukses. Maar daar is ook soveel ander dinge in die spel wat meewerk om ’n gedig staan te maak — die meeste van daardie dinge skyn deur in ’n knap vertaling.

JK: Ons het Zandra Bezuidenhout die digter nou soort van onder die knie. Kom ons loer nou vlugtig na ZB die mens. Jy woon tans op Stellenbosch. Waar en wanneer (ekskuus) is jy gebore?

ZB: Jy gaan nie my ouderdom verwag nie, gaan jy? Ek voel vyf-en-twintig die meeste van die tyd. Soms agt, as ek hartseer is. Ek is in die Strand gebore, en het in die see en op Melkbaaistrand grootgeword. Op Stellenbosch gestudeer. Al my familie is Bolanders. Ek glo Bolanders verstaan mekaar (in gees en in taal) soos niemand mekaar in diť land verstaan nie. Dit moet iets in die gene wees. Toe ek ’n tyd in die ou Transvaal gewoon het, was dit opvallend dat mens daar met ’n ander nasie te doen het. Ook gaaf en alles, maar baie anders. Soos die Nederlanders van die Vlaminge verskil, en mekaar bietjie (baie) terg daaroor.

JK: Getroud?

ZB: Getroud met my jeugliefde, wat ek op sestienjarige leeftyd ontmoet het. Daardie aand het ek baie poŽties in die blou dagboek met die slotjie (wonder of my ma ooit ...) geskryf: “Vandag het ek die man ontmoet met wie ek eendag gaan trou.” Ons is geesgenote, wat nie beteken dat geeste nooit rimpel of blaak van woede nie. Ons het drie wonderlike kinders — hulle is ons beste vriende.

JK: Die wÍreld raak te gou kwaad vir digters. Hulle kan ongelukkig nie op die goedheid van andere staatmaak om te oorleef nie. Wat doen jy om die pot aan die kook te hou?

ZB: Jy sal frons as jy hoor wat ek al alles in my lewe gedoen het — maar ek is nuuskierig oor elke soort werk, en doen wat oor my pad kom. Op die oomblik werk ek aan ’n proefskrif, en kan geen potte aan die kook hou nie. Maar ek maak vuur of steek die primus aan as daar vertalings na my kant toe kom, of versoeke vir artikels, of sulke goed.

JK: Wat maak jy met jouself om te ontspan? Enige stokke en perdjies?

ZB: Ek is baie getempteer om soos Jeanne Goosen te sÍ: vir ontspanning lÍ ek in die bed. Maar dis waar. Ek weet nie eintlik wat ontspanning is nie. Miskien ontspan ek deels as ek eet, of ’n glas wyn drink saam met my man, of op LitNet rondkyk, of Nederlandse koerante lees — hulle joernalistiek is van so ’n hoŽ gehalte.

JK: Met die toekenning van die IJ-Prys is een droom sekerlik verwesenlik. Watter ander drome moet nog vir Zandra Bezuidenhout vleis word?

ZB: Familienavorsing interesseer my geweldig. Ek het al ’n taamlike ent gevorder, en sal dit graag eendag na fiksie wil verwerk. Daar is die heerlikste stories — dit sou selfs ’n film kon word. Verder sal ek nog graag baie meer van die wÍreld wil sien en daaroor wil skryf. Ek het ook reeds met ’n kortverhaalbundel begin — eintlik essays. ’n Bundel kinderverse met ’n werkboek daarby het ook al so half en half begin kop uitsteek. Verder sal ek nou ’n poging moet begin aanwend om die berge uit te klim en voetslaanpaaie te verken — iets wat ek al soveel jare wil doen. Dis alles hier rondom my, en ek sit voor die rekenaar. Daar is nog baie goed wat wag. Maar my heel grootste ideaal is seker om ’n beter en beter digter te word. Maar eers nog probeer om ’n beter mens te word. Dat die Here darem ook kan bly wees oor my. En ek is ernstig.

JK: Uitstekend. Ek bedank jou opreg vir jou tyd, en mag die danse nog groot stof opjaag.

ZB: Dankie. Die tango is my doodskoot!

Jac Kritzinger is onlangs in Fenomeen Publikasies se bloemlesing uit die stof die see die skald se handevuurvoet tracks en die verstuite trein van wat verlange saam met Gert Vlok Nel, Robert Bolton en Tertius Kapp opgeneem. Hy is ook ’n bekroonde dramaturg en gepubliseerde kortverhaalskrywer.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.