Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Weerwraak

Juan

My gedagtes maal in my kop, ek moet uiting gee aan my woede en seer teenoor jou. Ek wil jou ook so seer maak … Jy het die waarheid van my weerhou aangaande jou inkomste uit die eiendomsmark. Al ons skuld is so paar weke terug totaal en al afgelos met my/ons erfgeld. Ons het van die begin van ons verhouding en troue af al ons inkomste en uitgawes gedeel. Daar was tye wat jou geld ons meer gehelp het as dit wat ek kon verdien. Ons het albei baie opgeoffer vir dit wat ons wou koop en wou doen met ons geld.

So hartseer soos wat die dood maar kan wees, het daar tog 'n paar onvoorsiene rande na my/ons toe gekom - wie tog het beheer oor die dood? Des te meer moes ons die geld verstandig en verantwoordelik aanwend en gebruik. Ons het saam besluit om die meeste van ons "bietjie" skuld te delg. Dit was sowat drie maande gelede, en ek het so pas per ongeluk uitgevind dat jy weer geld gaan leen het omdat van jou transaksies nie gerealiseer het nie. Jy het my nie ingelig nie en ons het spandeer asof jou geld inbetaal was. Was jy bang vir my reaksie of was jy skaam omdat jy nie wou erken dat die eiendomsbedryf se inkomste onseker is nie?

Jy weet dat ek baie arm grootgeword het en dat ek sekuriteit vind in geld (al is dit 'n bietjie). Dit is my swakheid in die lewe. Jy weet ek heg baie waarde daaraan om nie in ander se oë te kyk vir gunsies en gawes nie, so weet ek ook dat jy baie waarde heg aan ons "rein" verhouding. Ons was beide maagde toe ons, reeds na 'n lang tydjie saam, die heuning van die lewe ontdek het. Ek kan ure besig wees om te beskryf hoe ons mekaar ontdek en op reise gegaan het op en in mekaar se lywe. Die soete deel van lewe!

Ek weet instinktief hoe ek jou die seerste kan maak, en ek gaan ook jou nie inlig nie …

Die nuwe onsekerheid en afwagting laat my hande bewe en die vlinders in my maag gaan wild tekere. Ek kan nie glo dat ek hier staan en moet besluit watter meisie my waarde vir my geld moet gee nie. Waarvan hou jy, en het ek 'n spesifieke daad in gedagte? Ek kan nie regtig besluit nie en kies sommer 'n meisie met so 'n kort rompie, lang bene en 'n bloesie wat met net een knoop vas is. Haar borste is nie baie groot nie, maar duidelik ferm. Haar donker hare is kort gesny en sy het 'n stoute uitdrukking op haar gesig. Sy het 'n glinstering in haar groen oë wat net na ek haar gekies het, weer verdof het. Dit is asof sy haarself afsny van wat moet plaasvind …

Ek wonder met watter motiewe die ander kliënte hier aankom, en hoe verwerk die meisies die "vernedering" elke keer?

Sy is half verbaas omdat ek daar staan en nie my klere uittrek nie. Ek vertel haar toe dat dit my eerste maal is dat ek voor enige ander vrou, behalwe my ma (toe ek jonk was) en my vrou, my klere gaan uittrek. Sy wou my eers nie glo nie en gee my toe die voordeel van die twyfel. Eerste maal of nie, toe ek my klere uit het, staan ek soos 'n wafferse soldaatjie op aandag en klop. Die bloed klop tot in my ore van die lus, lus vir die verbode vrugte van die lewe! Dit was een ritssluitertjie en een knopie, toe staan die meisie kaal voor my … sy het sowaar nie eers 'n broekie gedra nie. Haar werktuigie was skoon geskeer, sonder enige merkies van stoppelhaartjies; sy het 'n pragtige oraloor sonbruinkleur gehad. Haar donker tepels was uitstekend geplaas op daardie ferm borste van haar. Ek wonder hoe Salomo haar skoonheid sou besing het? Soos dit vir my op die oog af lyk, gaan ek waarde vir my geld kry, my wraakgedagtes ver weg …

Sonder baie seremonie stoot sy my terug tot teen die bed wat in die middel van die halfverligte kamer staan. Sy vat-vryf oor my tepels, wat vinnig reageer. Sy blaas haar warm asem in my nek en oor terwyl haar hand afsak en my ballas in haar hand weeg. Sy vryf op en vat my nou klipharde paal in haar hand en trek speel daarmee … Ek is oorbluf en vryf haar rug met beide hande; ek weet nie of ek mag vat of nie, waar ek mag vat of wat ek mag of nie. Sy moes dit agtergekom het en sê vir my dat ek maar kan vat waar ek wil. Sy wil net nie gesoen word nie, en ook geen vingers in "my poesie" nie. Sy doen alles, maar ek mag haar nie "muff" nie, sy wil nie siektes optel nie. (Hoe veilig is ék dan?)

Te moer daarmee, dink ek. Veral toe sy sê dat sy redelik seker is dat dit my eerste keer is by 'n "kuierplek" en dat sy dit spesiaal vir my sal maak. Is ek bereid om alles te vat wat sy my gaan gee? Ek verseker haar dat ek haar sal stop as ek nie kans sien vir wat ook al nie.

Sy gooi 'n handdoek op die vloer en beveel my om op my rug te gaan lê. Ek moet bieg: ek was nie seker wat sy beplan nie, maar was nou al so jags dat ek nie kon wag om uit te vind nie. Sy kom staan wydsbeen oor my en ek staar haar werktuigie aan soos wat ek dit vanuit my nuwe posisie sien. Sy het pragtige lippies wat die binnestes verberg, en dus haar eie plesier bedek. Haar boude is jonk en vars en ongelooflik mooi gevorm.

Haar knieë het sy effe gebuig en haar een hand het afbeweeg en haar lippies gevryf. Daar het 'n stroom warm, kleurlose piepie uitgestroom en my op my bors getref. Sy het effe vorentoe gebuk en die warm het op my paal en ballas te lande gekom …

So vinnig soos sy begin het, so vinnig het sy gestop. Ek het net my verbasing te bowe gekom en dit begin geniet toe sy gestop het. Sy het haar posisie weer verander en toe spuit die kleurlose warm in my gesig! Geskok het ek seker my mond vir 'n oomblik oopgemaak en 'n klomp warm water is in my keel af. Dit het heel aangenaam afgegaan en die res is oor my gesig en hare gespuit.

Sy wou net seker maak dat ek gebad het voordat ons mekaar verder geniet, vertel sy my terwyl sy die handdoek eenkant gooi nadat ek opgestaan het. Die was-sessie het my warmer as ooit gemaak … ek wou haar soen en uitlek en martel met my tong, maar dit was my nie beskore nie. Ek gaan lê op die bed en sy kom sit op haar knieë langs my en vat weer my paal in haar hand. "Jy moet asseblief nie te gou kom nie," vra sy mooi terwyl sy my nattigheid wat uitloop, om my kop smeer. Sy voel onder my ballas die oorsprong van my paal en merk op dat ek lekker geswel en styf is. Magtig, wat verwag die meisie na my eerste paar minute saam met haar? Sy verseker my dat wat sy nou gaan doen, sy nie met haar ander kliënte doen nie. Ek wonder nog, toe sy afbuk en my paal tussen haar lippe vat en stadig op en af begin suig. Sy gly haar tong tot teen my ballas en terug, sak lekker diep af en speel met haar tong in my paal se gleufie. My oë rek toe sy verder afgaan teen my skag en my kringspier so warm lekkie gee, en weer terug na die paal en gleufie. Na 'n tydjie en verskeie lekkies op my kringspier is ek seker goed nat oraloor, my paal, my ballas en my … Die meisie stuur snaakse trillings deur my lyf en ek moet konsentreer om nie dadelik te spuit nie. Sy buig oor na die bedkassie en vat 'n botteltjie room en kondoom en sit dit langs my neer. Die KY is seker vir haar, alhoewel ek nie kan dink dat sy nie ook jags raak met wat sy als aanvang en doen nie. Ek wil haar bevoel en toets of sy nat en jags is soos ek, maar ek mag nie …

Sy was vinnig besig met die roompie en skenk toe weer aandag aan my kloppende, polsende, geswelde paal en ballas. Sy het weer my paal in haar mond en met die een hand het sy die skag wat sy op en af beweeg en met haar ander hand trek sy kringetjies om my kringspier en beweeg haar vingers deur my boude van my ballas af tot agter en terug. Al die stimulasie is vinnig besig om my van my kop af te maak … toe sy versigtig maar doelgerig haar vinger in my gat opdruk. Sy vermaan my om te ontspan, en gaan toe voort met in-en-uit-bewegings terwyl sy my suig en met die ander hand bewerk. Sy vat my so tot op hoogtes waar ek nog nooit was nie …

Ek kon nie meer terughou nie … Sy het harder gesuig en vinniger met haar hande en vingers gewerk … Dit voel vir my asof ek liters en liters warm kom in haar mond spuit, ek wou dooi van die lekker! Haar tempo het afgeneem en sy laat my paal met 'n slurpgeluid uit haar warm mond uitgly. Sy buk vorentoe asof sy my wil soen … Is dit nie teen haar reël nie? Ek maak my mond onwillekeurig oop en net voor ons lippe aan mekaar raak, stop sy. Sy laat my warm kom uitdrup in my mond en ek sluk maar. Die smaak daarvan het my verbaas; my keel het effe gebrand en later kon ek nie glo hoeveel kom sy in haar mond gehou het nie.

Sy het haar mond met die rugkant van haar hand afgevee en wou weet of ek my kuiertjie by haar tot nou toe geniet het. Watse antwoord verwag die meisie van my?! Hel, dit was my heel beste orgasme wat ek ooit gehad het! My tyd is nog nie verby nie en sy bewerk weer my paal terwyl ek haar borste druk en oor haar tepels vryf. Dit is vir my baie duidelik dat haar plesier nie voorkeur het by haar nie. Ek vra haar of sy nie plesier wil ontvang nie, waarop sy toe antwoord dat haar plesier later kom. Wat kan sy nog aan my doen?

Met my paal weer styf, nie soos die vorige styf styf nie, skeur sy die kondoomsakkie oop en rek die rubber voordat sy dit oor my paal begin afrol. Sy druk die lug uit die puntjie en rol die hele kondoom oor my paal af. Ek is nog steeds op my rug; sy hurk oor my en sak af oor my. Sy is vuurwarm en nat! Sy laat my stadig ingly totdat sy teen my ballas sit. Sy wikkel effe kant toe, op en af om net die kondoom te smeer, lig sy my in. Na nog 'n tydjie van beweging is weerwraakgedagtes so ver van my af soos wat my gewete van my af was, en dit was ver!

Ek moes my bene reguit maak, sy het van haar knieë tot op haar voete verskuif. Sy het in 'n hurkposisie gaan staan wat haar mooi bene en spiere laat werk het. Sy het haar opgelig totdat my paal bykans uit haar gegly het, dan sak sy weer totdat sy weer amper aan my ballas raak … Al wat ons aan mekaar geraak het, was haar druppende poesie en my paal … niks anders nie. Sy het 'n stadige ritme gehandhaaf en ek het nie geweet hoe hou haar bene dit nie … nie dat ek wou dat sy ophou nie. Sy het haar oë toegemaak en saggies gekerm. Met tye het sy die pas versnel, maar dan was dit kort, vinnige beweginkies. Ek kon voel hoe die kwik in my ballas begin styg.

Na nog 'n tydjie het sy op my gaan sit en rus, my stip in my oë gekyk asof sy dieper wil kyk … Sy het afgeklim en handeviervoet op die bed gaan staan. Ek hou van die posisie en gaan hurk-staan agter haar. Haar lippe was nou geswel en half oop - hoe mooi is die vrou nie geskape nie! Die kondoom was baie glad van haar sappe en ek het my paal so van agter oor haar lippe gespeel. Sy sak op haar knieë en vat my paal onder deur haar bene vas en druk dit teen haar bruinprag vas. Sy maan my om haar stadig te penetreer en druk haar terug op my paal. Ek was verstom! Met 'n sagte uitroep van haar het my paal se punt in haar gaatjie verdwyn. Ek het versigtig dieper gedruk totdat meer as die helfte in haar was. Ek het stil gehou terwyl sy stadig vorentoe en agtertoe op my paal beweeg het. Sy het sagte geluidjies bly maak en mettertyd die tempo en diepte aangepas. Ek kon voel hoe bou die drukking op in my ballas en het haar dit meegedeel. Sy het die pas begin jaag en al hoe harder teen my teruggestamp. My ballas het teen haar sopnat lippe gestamp en ek het my verlustig in die prentjie voor my. 'n Wilde meisie wat woes baklei terwyl ek in haar kosbaarste plekkie geanker was met 'n storm in my ballas en kreuntjies in my ore. Ek het haar harder gestamp en teruggetrek op my paal, 'n aangename geluidjie het my neusvleuels laat ooptrek, en ek het begin klaarmaak … ek kon myself hoor kerm en kreun, my tempo het afgeneem en sy het nog so paar keer stadig vorentoe en agtertoe beweeg en toe ontkoppel. Die puntjie was vol en die kondoom effe verkleur. Sy het handig die kondoom afgetrek en dit in 'n stukkie tissue toegedraai. Sy het sonder seremonie haar rompie aangetrek en toegezip en haar bloesie se knopie vasgemaak. Sy het die bed bietjie reggetrek terwyl ek aangetrek het. Sy het die deur oopgesluit en met my verbygaan gefluister: "Ek hoop dit was spesiaal lekker vir jou en kom kuier weer."

My oë sukkel om aan die skerp lig buite gewoond te raak. My kop sing en ek het 'n lam gevoel in my onderlyf … Ek kan sowaar nie glo dat 'n mens nog waarde vir jou geld kry nie!

Die middag na werk op pad huis toe dink ek aan die dag se gebeure. In plaas van wraakgedagtes oorheers 'n skuldgevoel my wese, veel meer intens as die wraakgedagtes! Geld is geld, maar waar is my getrouheid nou aan jou? Hoe gaan ek na dese weer met myself kan saamlewe, wetende dat ek jou so seergemaak het sonder dat jy daarvan weet?



LitNet: 12 September 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.