Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vreemdeling

Lise

Dit is 'n reënerige Saterdagoggend. Ek lê nog in die bed, glad nie lus om op te staan nie. My radio blêr langs my bed. Ek hoor skaars dat daar iemand aan die voordeur hamer. Skielik word daar iets teen my venster gegooi. Sonder om my kamerjas aan te trek ruk ek die gordyne oop. Voor my staan 'n man in 'n donker pak geklee, papsopnat gereën. Hy staar na my waar ek in my nagrok voor die venster staan. Ek maak die venster oop en vra hom wat is fout. Nee maar sy motor het gebreek en hy het gewonder of hy dalk my telefoon kan gebruik, siende dat sy selfoon se battery die gees gegee het. Ja, sê ek, laat ek net gou my kamerjas aantrek en dan kan hy maar inkom.

Ek glip gou in my kamerjas in en gaan maak die voordeur vir hom oop. Hy kom in en ek gee vir hom 'n handdoek om hom mee af te droog. Shame, dink ek, netnou raak die arme man nog siek ook. Hy stel hom voor as Charl. Ek wys vir hom waar die telefoon is en vra of hy dalk wil koffie hê. Ja, sê hy, dit sal help om die koue te verdryf. Ek verdwyn kombuis toe en vyf minute later hoor ek hom kug agter my. Hy is bevrees dat hy slegte nuus het. Die insleepmaatskappy kan ongelukkig nie in hierdie stormweer uitkom om sy motor te kom haal nie. Die meeste van die mense wat hy ken, is weg met vakansie siende dat dit 'n langnaweek is. Onseker draai ek na hom en vra of hy dan maar hier wil bly tot die storm bedaar het. Hy sê toe dat as dit nie te veel moeite is nie, sal hy dit waardeer.

Ek neem die twee koppies koffie na die sitkamer en krul myself op die bank op. Hy sit oorkant my en drink stadig aan sy koffie. Ons begin gesels en hy sê dat hy op pad kantoor toe was toe sy motor ewe skielik uitsluit.

Ons het omtrent vir 'n uur gesels toe ek hom vra of hy nie dalk 'n warm stort wil neem en in een van my kamerjasse wil verklee terwyl ek sy hemp en broek droog maak nie. Ja, dit klink na 'n goeie idee. Ek gee vir hom een van my kamerjasse wat manlik lyk. Hy verdwyn in die badkamer in en kom twee minute later uit met net 'n handdoek om sy lyf gedraai en die nat klere in sy hand. Ek het hard probeer om nie na sy gespierde lyf te kyk nie. Ek hoor hom lag en sê, mooi nè!? Ek bloos bloedrooi en neem die klere by hom en stap na die waskamer, waar ek die klere in die tuimeldroër plaas. Ek staan vir 'n rukkie by die venster en uitkyk. Toe kom die herinneringe van James terug na my.

'n Paar maande gelede het ek hom in die bed gevang met een van die meisies by sy werk. Hy het geweet dat ek nie verneukery duld nie, en ek het hom dadelik die trekpas gegee. Vir dae aaneen het ek myself in my kamer toegesluit en gehuil. Kon dit nie verwerk nie. Totdat een van my vriendinne met my kom praat het en ek besef dat die lewe aangaan en dat daar nog baie visse in die see is.

"Linda," hoor ek iemand agter my sê. Ek draai om en kyk in die diep blou oë van Charl vas. Daar is trane wat oor my wange rol en hy vee dit van my wange af. Ek draai my gesig in sy hand en maak my oë toe. Hy trek my nader en hou my net vas sonder om 'n woord te sê. Na 'n rukkie besef ek waar ek is en ek maak my los uit sy arms. Hy staan terug, kyk na my en draai om. Ek haal sy klere uit die tuimeldroër; dit was nog plek-plek nat. Ek besluit om dit maar oor die "perd" te hang.

Ek loop sitkamer toe en vind hom waar hy na my cd's kyk. Ek sê dat sy klere nog 'n bietjie nat is. Hy sê dat dit nie 'n probleem is nie, die kamerjas is lekker warm. Ek vra of hy wil cd's luister en hy sê toe nee, hy kyk maar net na my versameling. Ek gaan haal twee komberse en lê op my rug op die bank.

Hy stap na my toe, lig my bene op en sit op die bank met my bene op sy skoot. Hy vra waaroor ek gehuil het daar in die waskamer, en ek vertel hom van my en James. Met begrip in sy oë luister hy na my storie. Al kommentaar wat hy het was: "So 'n skurk."

Teen middagete het ons nog steeds so op die bank gesit. Hy het sag oor my bene gestreel, maar niks probeer nie. My gevoelens was deurmekaar. Ek wou hê hierdie aantreklike man moet iets "probeer", maar hy het net rustig met my bene op sy skoot gesit. Hy sien die frons en vra wat is fout, of ek ongemaklik voel om so te lê. Nee, skerm ek, ek wonder maar net of hy enige verbintenisse het. Hy draai sy kop weg en sê dat hy twee dae gelede met sy meisie opgebreek het. Sy het hom met een van sy beste vriende verneuk. Ek swaai my bene van sy skoot af en gee hom 'n drukkie, half om te sê dat ek verstaan waardeur hy gaan.

Ek het vir ons middagete gaan maak en ons het rustig gesit en eet. Ek het 'n rustige cd in die speler gesit, en dit het alle spanning laat verdwyn. Na ete het ek die skottelgoed gewas en hy het ewe flink gehelp. Ek vra toe vir hom of hy sal omgee as ek hom alleen los, ek voel 'n bietjie moeg en wil vir 'n rukkie gaan slaap. Ek wys vir hom een van die gastekamers wat hy kan gebruik. Hy sê dis in die haak.

Ek het nie my kamerdeur toegemaak of gesluit nie … half gehoop dat hy sy verskyning sal maak in my bed. Ek het seker vir so 'n halfuur geslaap toe ek my bed hoor kraak. Dit was nie ek nie, want ek het nie beweeg nie. Ek voel die komberse wat opgelig word en 'n hand wat teen my arm skuur en besluit toe eers om my oë oop te maak. Hy buig sy kop af na my oor en fluister dat ek die mooiste meisie is wat hy nog ooit in sy lewe gesien het. En of ek sal omgee as hy my "bemin". Ek kyk in sy pragtige blou oë, kan nie 'n woord uit kry nie en knik net my kop.

Hy soen my in my nek en ek kan voel hoe my lyf warm raak en reageer op Charl se soene. Hy soen my op my lippe, sag. Dan druk hy versigtig sy tong in my mond. Ons tonge streel oor mekaar. Stadig maak hy die kamerjas los. Toe eers besef ek dat hy nie syne aan het nie, en naak langs my lê. Hy skuif die kamerjas oop en verkyk hom aan my vol borste, waarvan die tepels reeds styf staan. Hy lê sy hand sag op my borste en hou aan om my te soen. Sy hand beweeg vlindersag oor my borste en ek hyg na my asem wanneer hy sag aan my tepels knyp. Dan beweeg sy lippe oor my nek en teen my bors af. Hy rus sy mond oor my een tepel en dit voel asof ek gaan verteer word in die vlamme wat hy deur my liggaam stuur. Hy lek met sy tong oor my tepel en dan byt hy dit liggies. Hy doen dieselfde met my ander tepel en sy hand knie die ander. Op daardie oomblik draai ek op my sy en druk my been tussen sy bene. Ek skuur stadig met my been teen sy penis en hy streel oor my rug en boude terwyl sy mond myne opsoek.

Hy druk my op my rug en streel met sy tong van my borste tot by my naeltjie. By my naeltjie haak hy vas en doen die wonderlikste goed met sy tong. Ek kreun van plesier en sy hande vryf oor my borste en knie dit. Dan beweeg hy af oor my skaamhaartjies. Sy hande verdwyn vir 'n wyle van my borste af en ek kan voel hoe hy die binnekant van my bene streel en lek terselfdertyd. Ek kan nie ophou kreun van al die plesier wat deur my lyf trek nie. Dan voel ek hoe hy saggies my lippies van mekaar trek en sy tong tussen my lippies lek. Sy tong vind dan my klitoris en streel sag daaroor; sy vinger vind die paadjie tussen my nat en warm lippies en begin stadig in en uit te beweeg terwyl sy tong lek en suig, in en uit, lek en suig. Dit voel asof ek gaan mal raak daar waar ek op die bed lê. Dan begin hy al hoe vinniger met sy vinger beweeg. En nie lank nie voel ek hoe hy nog 'n vinger saggies in my druk en stadig weer in en uit. Dan begin hy dit al hoe vinniger te doen en skielik voel ek hoe die wonderlikste orgasme deur my breek. Hy lê stil met sy vingers en lek liggies oor my klit.

Ek hou my hand na hom toe uit en trek hom sodat hy langs my op die bed lê. Ek kan sien dat hy al klaar styf is. Ek neem hom sag in my hande en begin hom stadig te vryf. Ek sê dat hy sy oë moet toemaak en net rustig op die bed moet lê. Ek fluister in sy oor dat ek nou-nou sal terug kom, wil net gou iets gaan haal. Wanneer ek terugkeer na die slaapkamer het ek 'n blikkie spuitroom in my hand. Ek het ook 'n blinddoek wat ek oor sy oë bind. Hy vra wat ek gaan maak en ek sê dat hy hom nie moet bekommer nie en my net moet vertrou. Ek skud die blikkie en spuit dit oor sy penis. Dan vryf ek dit oor sy penis. Ek buig my kop af en begin stadig daaraan te lek. Ek neem hom in my mond en begin aan hom te suig. Dan al hoe vinniger. Hy begin kreun en ek gaan vinniger. Dan roep hy dat hy gaan kom en ek haal hom uit my mond uit en vryf hom vinnig met my hand. Sy kom loop oor my vingers en my hand. Ek hou hom nog 'n rukkie in my hand en streel hom net. Ek neem 'n handdoek en vee hom skoon af. Dan neem ek 'n kondoom en sit dit oor sy erekte penis. Ek klim op sy skoot en hy gaan stadig in my in. Ek begin stadig op hom te beweeg en haal dan die blinddoek af. Hy sien die blikkie room en met hom nog so in my draai hy my dat ek op my rug lê. Hy skud die blikkie en spuit room op my borste en terwyl hy binne my beweeg, lek en suig hy. Ek gryp aan die bed vas en hy begin al vinniger te beweeg. Dan voel ek ewe skielik hoe ek vir die tweede keer kom. Hy druk homself so diep moontlik in my in en dan val hy op my neer wanneer ons albei kom.

Hy trek homself stadig uit my uit en dan verdwyn hy in die badkamer in om die kondoom af te haal. Wanneer hy terugkom, lê ek opgekrul op die bed. Hy lê agter my en hou my styf teen hom vas. Hy sien dat daar trane oor my wange rol en vra bekommerd of hy my seergemaak het. Nee, glimlag ek. Dan streel hy oor my borste en ons raak so in mekaar se arms aan die slaap …



LitNet: 15 December 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.