Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vlug van ekstase

Tjirp Mossie

Dinsdag. Nog ’n bedrukte dag van onverpoosde voortploetering kom tot ’n einde.

Ek staan kop onderstebo en wag dat die verkeerslig moet verander. Tik. Tik. Tik. Soos enige ander dag ruik die plek siek soet van gister se groente en vrugte wat oorryp geword het, terwyl dit wag op ’n sypaadjiekoper. Vuil grys verrinneweerde papiere waai die straat af en is sprekend van die huidige staking. Die klam sweet kleef aan my onderlyf terwyl die motors die atmosfeer meer bedruk met stikkende uitlate. Die diep dreun van ’n nabye dieselenjin ruk my uit my glaserige gedagtes. Groot swart uitlaatwolke sleur my mee tot die oorkant van die straat.

Basta!!!

Geluidloos skuif die groot sjampanjekleurige glasdeure oop soos ek dit nader. Ek staan in die groot ontvangslokaal. Moderne meubels pryk aan my linkerkant. ’n Ontvangsdame maak kliënte gemaklik en verneem of enigiemand iets verlang.

’n Oase koel en stil.

My neusgate sper oop soos ek diep teue verfrissende lug inasem. Ek voel hoe die sweet op my voorkop skielik opdroog soos dit met die verkoelde lug in kontak kom.

Die hoogs gepoleerde houtvloer met sy fyn ingelegde patrone verwelkom my binne. ’n Skynbaar onopmerklike reuk van duursaam geparfumeerde vloerpolitoer vul my neusholtes en meng met die reuk van die jasmynblomme op die toonbank. Al die ander reuke van oomblikke gelede is in vergetelheid gedompel. Die lugversorging druis saggies.

Ek stap die afgemete vyftig treë na die ontvangstoonbank. ’n Ontvangsdame met stywe blonde bolla en porselein-perfekte gegrimeerde glimlag draai haar kop effens skuins. Dit is die kyk van iemand wat meer as net ’n ontvangsdame is; dit is ’n kyk van speelse herkenning en vriendskap. Fyn plooitjies kruip om haar mond en in die hoekies van haar poelblou oë.

“Goeiedag, mnr Sheaffer, u plek is gereed.” Sy sê dit met ’n dieper kennis as wat sy voorgee. Sy sê dit soos een wat elke aspek van voorbereiding goed deurdink het. Nie een van my voorkeure word deur haar oorgesien nie.

“Dankie, Sonnèll my staatmaker.” Sy kyk my in die oë en kloof skynbaar ingedagte die boonste knoop van haar bloes ongemerk oop, buig vorentoe en reik na my met die sekuriteitskaart. Ek kyk stip na die rondings van haar soepel borste soos dit teen die fyn satyn van haar camisole strem. Haar nippels kom stadig orent soos twee ogies wat lui oop gemaak word. Hulle word styf en beur teen die materiaal. Fyn slootjies in die tepels maak ’n miniatuur padkaart op die blink satyn. Styf en hard wys hulle die weg na ekstase aan. Gedagtes aan nattigheid in haar binneste flikker figure in my gedagtes. Verlange verruk my binneste. Haar wange verander van room na ’n warmer roospienk onder haar ligte onderlaag. Die paar oomblikkies gaan verby soos ek stadiger nader beweeg na die toonbank om my kaart van haar hand te neem. Op die laaste oomblik trek sy my nader. Ek leun vooroor en voel hoe haar koel sagte wang teen myne vryf. Sy fluister in my oor, die warm asem en verleidelik soete stem verklik sensuele ondertone. Strelend reik dit af na die holte tussen my ribbes. ’n Ligte vibrasie van opgehoopte emosie ontstaan soos haar woorde my in gloede binnedring en die spanning ophoop.

Ek stap ligvoets opgewek na die hyser. My hande is koud van verwagting. Ek druk die knoppie en staan terug. Die klank van ligte stilethakke dring my gedagtes in. Skielik raak die klank weg en ek weet die persoon is nou naby en het die mat gehaal.

Ek kyk af en bestudeer die mat. Die hare perfek geknip en styf gepak. Bloedrooi soos fluweel met ’n embleem aan die boonste linkerhoek. Oral vind ek subtiele embleme, op die plaatjie van die hyserknoppie, gegraveer in die sjampanjespieëls van die hyser en aan die bopunt van my silwergrys sekuriteitskaart pryk dit.

Die parfuum is wat ek eerste ruik. Diep, warm geure — aandparfuum. Aanloklik. Ek kyk uit die hoek van my oog. Sy is besig om ’n boodskap op haar selfoon uit te tik. Donker hare blink skoon, ’n lae halsrok en geen onderklere nie. ’n Klein skokkie van seksuele opgewondenheid skiet deur my gedagtes. Sy draai skuins. Ek staar meegevoer en bespeur die verklikking van skaamhare wat ’n patroon op die fyn donkergroen syrok maak. Die hyserdeur gaan oop. Ek wag en sy stap in sonder om op te kyk van haar selfoon af. Sy het nog nie omgedraai nie en staan in die middel van die hysbakvloer. Ek gaan staan direk agter haar. Bo-oor haar linkerskouer kan ek die bruinpienk ronding van haar nippel sien soos die rok effens in die neklyn oopgaap. Mooi borste! Sy druk “send” en draai om.

Skielik is haar lyf teen myne. Nog in vervoering skud dit my terug na die werklikheid. Ek voel hoe my wange gloei. Soos ’n stout seun wat gevang is terwyl hy afkyk. Sy beweeg nie verbaas terug soos ek verwag het van ’n vreemde nie. Inteendeel, vir oneindigheid bly sy net so staan. Sy druk haar lyf stywer teen myne vas. Sy kyk op en haar donkerbruin oë kry ’n speelse glans. “Sava!?” sê sy in ’n sagte vibrerende altostem. Haar groot donkerbruin poele gaan halfmas soos sy haar oë tot my neus, mond en kakebeen wend. Frans.

Ek weet nie wat om te sê nie. My rug teen die deure — PROE NET!! flits duidelik deur my gedagtes. Ek buig vooroor na haar lippe, wat effens van mekaar af is, en sink stadig my tong diep in hulle warmte in. Hulle het my verwag.

Binne vind ek die warm aanloklike flitsing en deinsing van iemand wat met perfekte tydsberekening elke snaar speel wat aan my senustelsel gekoppel is. My kopvel trek saam van genot. Die sensasies tril en vibreer van my agterkop verby my ore tot by my kroon. My manlikheid begin roer. Sy rek speels verbaas haar oë. Sy sê “Oui?” en kyk na my gulp. Ek bars uit van die lag en sê “Oui.” ’n Skaam tog innerlik bevredigende glimlag speel om haar mond. Skielik sê sy in Engels: “My quarters?” Haar aksent laat dit soos die stem van ’n engel klink. ’n Knop in my keel verhoed my om enige iets te sê en ek skud my kop wild op en af. (Dit het in elk geval onnatuurlik wild gevoel, “my nek so stokstyf van beteuelde emosie” teenoor die gesofistikeerde vrou.)

Sy druk die knoppie van die 41ste vloer en die hysbak begin beweeg. Sagte klassieke musiek vul die hyser om ons rit te vergemaklik, maar dit is soos ’n verweg dreuning verby die gesuis van die bloed in my ore. Intussen het sy haar skoene uitgetrek en hou dit in haar hand; sonder skoene is sy net kort van ses voet. Haar liggaam is goed versorg, die rondings ferm. Sy haal haar oorbelle uit haar ore en skud haar hare reg. Ek kan dit nie weerstaan om nader te kom en aan een oorskulp te knibbel nie. Sy laat haar kop effens agteroor en terug beweeg terwyl sy haar hare agter haar rug wegstoot. Met vrye toegang so skaamteloos geopen, kan ek nie anders reageer nie. Haar hele neklyn en sleutelbeen is ontbloot. Ligtelik soen ek die holte van haar sleutelbeen en met vinnige beweginkies van my tong proe ek haar sagte warm vel, tot agter haar oor waar die haarlyn begin. Ek streel met my tong en soen die fyn beentjie agter haar oor. Die genot borrel in haar keel, net wat sy verwag het ek sou doen. “Mon Ami,” sê sy saggies met ’n fyn kreun. Sy trek haar asem diep in en haar borste stoot uit na vore. Haar tepels is groot en stewig soos die res van haar bou. Die areola is koel rond. Die fyn buitelyn daarvan om die nippel is deur die materiaal waarneembaar. Sy gooi haar een been om myne en haak haar voet om my maermerrie. Die warmte teen my heup en haar lippe soekend in my nek op na my oor verlam my knieë. Toe sy my oor se bel in haar mond neem, gaan die hysbakdeur oop.

Ons stap uit, direk in die slaapvertrek in. In die verste hoek is ’n statige negevoet-hemelbed. Die vertrek is baie ruim en in die middel daarvan is ’n groot ronde spar-bad. Een groot abstrakte portret hang teen die muur. Warm rooi, oranje, swart, wynrooi en geel is die hoofkleure. Snaaks dat die kleure in dié orde deur my brein sou flits.
Die lig straal deur effekleurige vensters die vertrek binne. Dit speel patrone teen die oorkantste muur en oor die bed in ’n warboel van pastelkleure. ’n Plafon amper drie verdiepings hoog aksentueer die ruimheid. Bo teen die plafon, in die hoeke van die mure, is daar wit Italiaanse beelde en regop pilare wat deel van die argitektuur uitmaak. Die mure is ’n ligte mostertgeel en die beelde (en hoekpilare) wat lei na die beelde toe is spierwit. Die engele kyk met versteende oë vol liefde op ons neer.

Ek sê “Impressive.” Sy — nonchalant: “We do what we can”. “You fit!” sê ek en maak speels rame soos ’n fotograaf met my duime en wysvingers terwyl ek haar in die middel daarvan hou en uit verskillende hoeke bestudeer. Sy draai haar rug en kyk na my oor haar regter skouer. Met haar linkerhand vat sy stadig haar bos hare en gooi dit vorentoe oor haar linkerskouer buite my sig. My hande val slap langs my sye en my kakebeen raak skielik lam. Dit duur seker minder as ’n sekonde, maar dit voel soos ’n uur. Haar neklyn is weer ontbloot en onwillekeurig voel ek weer hoe my manlikheid klop en die drukking daarvan veg om posisie in my onderklere. Sy laat die skouers van die rok val en haar rug ontbloot. Sy laat sak haar arms en die rok tuimel stadig teen haar lyf af. Die sy kleef nog plek plek, voordat die gewig van die rok dit verder na onder laat beweeg. Haar arms, nou vry van die rok, strek sy op sodat die rondings van haar borste van die kant af waargeneem kan word. Haar vlerkies in haar rug is fyn en gepunt. Spiere van genot speel en klouter oor die vlerkies dig onder die soepel wit vel. Die rok kleef vir lewe en dood om haar heupe. Sy skud haar kop terug en lang donker hare val tot in die holte van haar rug. Dit vorm ’n groot lui V en kontrasteer met haar romerige vel. Die kleure van die lig deur die venster dans en streel elke millimeter van haar aanloklike lyf. Sy beweeg haar heupe en die rok kom los aan die linkerkant en sak verder af.

Sy lyk soos ’n portret wat geskilder moet word. My verfkwas is nou al so hard dat die stremming enige oomblik gaan veroorsaak dat my broek bars. Haar boud is hemels, perfek. Die ronding onder ferm en tog soepel. Ek kan nie meer hou nie ek stap nader. Parfuumgeure trek en sleep my nog nader aan my neusgate. Op ’n wolk meegevoer is ek amper by haar toe die laaste deel van die rok loskom en na die grond tuimel.

Nou sien ek haar volle glorie. Haar boude vorm ’n hart wat onderstebo oopgesper is. Diep dimpels wys duidelik aan die bopunt van haar gleuf weerskante van haar rugstring. Ek is in die hemel. My hart klop in my keel en daar is ’n hol kol van verlange tussen my ribbes. Daar is geen hoendervleis op haar lyf nie.

Toe sy omdraai, het ek in my lewe nog nooit so ’n prentjie gesien nie. Net die gedagte op wat gaan volg, laat my bietjies-bietjies van my voggies verloor. Ek voel hoe my onderbroek klam teen my manlikheid kleef. My oë streel haar koel rondings — verder na onder haar naeltjie is duidelik ’n groot krater van liefde. ’n Naeltjiering pryk terwyl ’n saffier nes skrop diep die naeltjie. Flitsend wink die saffier my nader. Ek stap nader en laat my gesig in haar hare wegsink terwyl ek die geur van haar sjampoe met diep teue inasem.

Sy ontklee my so vinnig en behendig dat my kop “zoer”. Ek word weggevoer deur haar liggaamshitte. Ek raak eers bewus dat my broek en hemp heeltemal uit is toe sy my onderbroek stadig terug trek en laat sak en my manlikheid uiteindelik vryheid smaak. Hy klop rooiwarm van verlange na haar sagte strelende hande.

Sy druk haar warm lyf teen myne. My manlikheid trek silwerblink strepies oor haar maag en heup. Sy sak af en die silwer strepie gaan oor haar regterbors op teen haar nek en kake en sy neem die punt van my manlikheid in haar mond. Ekstase. Hitte van verlange, warm toegevou soos in ’n donskombers, klop klop klop vir meer. Ek is bewus dat ek kreun van plesier, maar dit is so ver weg soos die motors, toeters en verkeer. Nog kom die totale verligting nie.

Sy staan stadig op, en ek soen haar inniglik. My tong volg my eie silwer strepies tot by haar skaamhare. Soos ’n godin aanbid ek haar, my boude nou op die koue vloer. My arms reik agter haar bene deur terwyl my hande op haar fyn heupe rus. Die rondings van haar vrouefiguur toring bo my uit. Ek kyk op teen haar sagte lyf soos iemand verruk aan die voete van die groot vryheidsbeeld in Amerika.

Daar is net ’n klein klossie donsies aan die beginpunt van haar sloot. Al die ander hare is verwyder. Ek sien die sagte voutjies van haar liefdesknoppie; soos ’n plesierboot wat deur die water kloof lê haar skaamlippe weerskante daarvan. Ek proe saggies daaraan met die punt van my tong, en die heuningsoet nektar van haar vroulikheid vloei oor my smaakkliere. ’n Diep sisgeluid ontsnap deur haar lippe, asof wat ek gedoen het, dalk onverwags was. Die knoppie vertoon wit soos dit reik na aandag. Haar vroulikheid begin meer kleur vertoon en het verander van velkleur na ’n ligte deurskynende pienk. Die lig speel op die vogtigheid en dit lyk of sagte lig van binne die vel af uitstraal. Die fermte van haar skaamlippe word sagter, voller en gladder. Ek proe die warmte daarvan en laat my wang daaroor streel. Sag. Heerlik druk ek die brug van my neus saggies opwaarts teen haar slootjie op. Haar bobene bewe effens van die spanning. Die ligte muskusreuk van haar vroulikheid dring my reuksintuie in en ek begrawe my neus in haar sloot terwyl my tong haar liefkoos. Genoeg kry ek nie; ek soek meer en meer.

Saggies en inniglik suig en drink ek elke heuningdruppel wat sy kan gee, maar sy word nie leeg nie. Die bloed dreun in my ore van genot. Die warm sagtheid vou om my tong. Ek neem haar heeltemal in my mond en my tong rol rond van ekstase soos ’n hond wat van vreugde op die gras baljaar. Ek identifiseer elke deel afsonderlik en in die geheel. Elke punt van my senustelsel tril en vibreer, ek is wakker, ek is lewendig. Die wondersmake laat my hunker na meer, dieper, intiemer vlakke van menswees. Stadig beweeg sy haar heupe van kant tot kant en my neus kielie die klein beentjie versteek onder haar skaamhare. Sy sidder en bewe van ekstase en gooi haar kop agtertoe terwyl haar wydgesperde vingers diep spore deur my hare kam. Ek hoor die diep roggel van uitbundige plesier en oorgawe in haar keel opwel. ’n Druppel liefdesdou soos heuning loop stadig warm teen my manlikheid af. Bruisend, ’n glas sjampanje wat te vol gemaak is, borrelend oor die rant. Sy merk dit en sak af. Met haar vol rooipienk lippe soen sy dit en neem net my punt in haar mond vir die langste tyd. Lafenis vloei oor my tuiskoms. Haar vy vlek oop soos sy op haar hurke gaan en my brein skreeu “asseblief NOG”. Van my neute af op tot by die fontein se oorsprong volg sy die stadige silwer stroom met haar gekrulde pienk tong. Sy smeer haar warm vrouefiguur soos botter teen my lyf soos sy orent kom. Haar gloeiende lippe brand op myne, haar gladde tong liefkoos my — die smaak van ons liefdesgeure gaan na my kop toe. Ek voel hoe ’n beswyming oor my neersak en in tydloosheid laat. Algehele ekstase soos ’n skaduwee ontvlug my steeds.

Die groen, blou en pers are dik soos bougainvillearanke ingegrou teen die skag van my melkwit heuningstok, klop vurige ritmes na my rooipers neutedop. My vrugtesak beweeg met ’n lewe van sy eie rond en bond. Dit klits en skommel die hitte wat bou. Ek staan hard, dik, vurig, wagtend op die koel lafenis van verlossing. Soos ’n brandyster staan ek reg om in sissing my merk te laat. Ek wil die sagte diep klop van blink gladde pienk vulvagolwe oor hom laat spoel. Hy reik uit na haar soos ’n statussimbool, sterk en geweldig, smagtend na soete verlossing. Haar sagte borste druk teen my en met skerp tepels skryf sy boekdele op my bors. Sy lig haar regterbeen op en haak hom oor die buiging van my arm.

Met ’n lewe van sy eie voel ek hoe my neutedop vir die eerste keer haar skaamlippe ondersoek. Sy vryf my heen en weer deur die warm dou van liefde. Haar heupe beweeg en skielik vind ek die droomtonnel van verlange. Stadig gly ek na binne en voel hoe ek met fyn, subtiele grepe ingelei word. Albei van ons is oorstelp met die influks van emosie. My hande, arms, bene en lyf sidder en ruk. Haar oë word glaserig soos sy inkeer neem van ekstase. Ek hou haar gesig dop en die glimlag op die hoeke van haar mond vertel my haar begeerte word vervul. Haar neusgate drink die lug in en die spanning vertoon wit strepies bokant haar neusbelholtes. Op haar voorkop bokant haar regteroog verskyn ’n dik aar. Met die punt van my neus volg ek hom tot verby haar slaap waar hy agter haar oor verdwyn. Daar is stywe plooie in die holte van haar nek en ek soen elkeen in ekstase. Haar asem warm teen my nek, haar lippe suig en soen my sleutelbeen. Dan byt sy klein tandmerkies met haar oogtande op die sagte vleis van my skouer. Sy rol haar kop heen en weer, agtertoe, soos sy beweeg met ’n nuwe aardse ritme. Haar nek pronk die ontvangs van my manlikheid.

Die ritmiese klop en kontak met sagtheid wat my so oop en gereed ontvang, bring my tot ’n nuwe vlak van bewustheid. ’n Outomatiese erkenning dat niks anders saak maak nie. Bewustheid dryf my net tot hier en nou. Die ekstase, die reuke, die hitte, die lafenis is al wat deur my brein spoel. Ek voel hoe sy my weer en weer stywer vasklem. So styf dat ek skaars kan beweeg. Haar stem vertel my die tyd breek aan. Die fontein se oorsprong borrel en bruis teen die enigste opening op. Ek voel hoe aanhoudende warm spuite van genade my liggaam keer op keer verruk. Sy sidder in my styfgeklemde arms. Haar spiere bult en spring. Ek is bewus dat sy op haar tande kners van plesier en ek steier effens agteroor soos ek amper totale beheer van my liggaam verloor. Sy gooi haar arms om my lyf en hoewel sy haar been laat sak, klem sy my in haar binneste vas. Ek druk haar styf teen my vas en ons bly net so staan. Ek memoriseer haar reuk, smaak, hitte en klank en wil vir ’n ewigheid daarin verdrink.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.