Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vir jou

Salome

Ek kan nie wag dat die vergadering ten einde loop nie. Die spreker draal en hamer voort op dieselfde deuntjie. My gedagtes begin dwaal na jou en ek kry so warm gevoel op die krop van my maag. Flitsbeelde van gebeure gaan deur my kop. Ek dink aan jou hande, fyn hande, lang vingers, skoon, goedversorgde naels, en my hart klop tamboer in my kuiltjie. Jou mond so sag, so soet, soos hemelse nektar. Jonk, blond, aantreklik, enige man se droom, 'n lyf "to die for", lang, sexy bene, stywe borsies, Ek kan voel hoe die begeerte in my opwel. En 'n sug ontsnap van my lippe. Ek skuif ongemaklik rond op my stoel. Kan die verdomde man nie klaar praat nie? Geïrriteerd hou ek my horlosie dop. Nóg 'n halfuur. Dit begin nou belaglik raak. Vyf en twintig minute. Die afgelope vyf minute praat hy net 'n klomp kaf. Twintig minute. Ek het beter dinge om te doen, lekkerder dinge, as om my tyd hier te mors.

Vyf en veertig minute later stoot ek my stoel met 'n sug agter uit. Uiteindelik! Pak al die dokumente in my aktetas en sluk die laaste van die vrugtesap weg.

'n Glimlaggende meisiegesig staar vanuit my beursie na my toe ek kleingeld uithaal vir die karoppasser en ek kry 'n vlietige skuldgevoel oor dit waarmee ek besig is. Maar die hemel weet ek kan dit nie help nie …

Ek kan nie vinnig genoeg my BMW aanskakel nie, kan nie wag om by jou uit te kom nie. Elke vervlakste robot is rooi, aspris, asof die gode weet …

Ek stop by die drankwinkel, koop twee bottels Rosé wyn, jou gunsteling, sommer ook 'n bos rose. Kyk hoe laat is dit - gaan ek nooit vandag by jou uitkom nie? Ons tyd is beperk, gesteelde minute hier, skelm afsprake daar. Dis 'n straf. 'n Pyniging.

Nog 'n rooi lig. Wat nóg? My selfoon biep. 'n Boodskap. Een oog op die pad, met die ander probeer ek die boodskap lees. "Waar is jy? Ek wag? Mis jou."

My voet is bietjie swaarder op die petrol, die afstand raak korter en korter, ek is amper daar, amper by jou, amper in jou arms … Wat meer wil ek hê?

My hart klop benoud as ek in jou oprit intrek, ek haal diep asem en skraap al my moed bymekaar. 'n Ligte trilling gaan deur my lyf as ek die deurklokkie lui. Jy maak die deur oop, ek verdrink in jou oë. Woorde is onnodig, al my senses verlaat my, ek sweef op die sewende wolk. Jou reuk oordonder my en ek trek jou styf teen my vas, my lippe soekend na joune, my hande op jou lyf. Ek voel jou hartklop teen my … in my … by my …

Ons gee onsself oor aan die oomblik, en laat ons emosies meester wees van ons gewete. Ons vergeet onsself en word een in liggaam en siel. Uiteindelik alleen, alleen saam, bymekaar, vir die eerste maal vandat ons mekaar leer ken het.

Jou lippe speel kat en muis met myne, uitlokkend, uittartend, beloftes van meer. Ek proe die smaak van ekstase, en voel die hitte van jou liggaam teen myne, smeulend. Begeertes raak meester en ons hande begin versigtig mekaar verken. Klere word los gewoel, knope, ritssluiters … alles wat tussen ons is maak pad vir die brandende gevoel om ons liggame teen mekaar te voel. Jou jagende asem in my nek dryf my tot raserny, jou oë is donker poele van emosies, jou lippe rooi en uitlokkend, smagtend na meer … na vervulling van ons hartsbegeertes.

Met bewende hande verwyder ons alle versperrings tussen ons, stadig, asof ons bang is dat een gaan terug tree, totdat ons nakend staan teenoor mekaar, ontbloot, jou liggaam sensueel, warm, kloppend, beloftes van onuitgespreekte wense.

Ek streel my lippe teen jou nek, proe jou, tot in my diepste wese. Versigtig, stadig en intiem verken ek jou lyf, jou borste, skouers, middeltjie, boude … ek sweef in 'n erotiese beswyming, ek wil jou myne maak, liefde met jou maak, jou wys hoeveel ek omgee … Jy is klei in my hande, neem die vorm aan van my begeerte.

Jou oë weerspreek jou innerlike gevoel, blou soos 'n onrus-see, onstuimig van al die emosies wat deur jou spoel. My hande gly oor jou liggaam, sensueel, verken elke deel, en my mond laat 'n spoor na … Woorde is onnodig, ons lywe praat die taal van liefde wat deur almal verstaan word.

Ons liggame pas perfek in mekaar soos 'n legkaart, elke deel pas. Perfek. Jy is geskape vir my … my hande en mond verken jou liggaam, kus vir kus. Jy snak na jou asem as my mond jou borsies vind, jou liggaam begin onwillekeurig teen myne beweeg. Jy moan en trek my stywer teen jou vas. "Maak liefde met my," fluister jy met 'n sug in my oor. Ek gee my oor aan jou … ek is joune … saam ry ons op die golf van ekstase, bereik die pieke van die oeroue drange …

Jy pas so mooi in my arms, asof dit so hoort. Ek kyk na my horlosie en besef met 'n skok dat dit amper tyd is vir my om tegaan. Ek drink die laaste bietjie saamwees in met 'n bitter smaak. Hoekom? Waarom? Sonder om vrae te vra, gee jy my klere vir my aan. In stilte maak jy my knope vas. Woorde is onnodig, oorbodig. Ons weet wat die antwoord is. Groen oë ontmoet blou oë in die spieël, verlore in liefde …

By die deur draai ek om en trek jou styf teen my vas. Vir oulaas soen ek jou lippe voordat ek omdraai en in my motor klim. Ek hou jou dop in my truspieël totdat jy soos 'n skim voor die môreson verdwyn … Tot ons mekaar weer sien.



LitNet: 01 July 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.