Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verslag 1

Neil A Morum en Lynne

Sy skryf
Ek sit gewoonlik op die rand van die bad met my bene wyd oop, dan vat ek die stortkop van die bad en draai dit redelik sterk oop met louwarm water en spuit dit ritmies op my klit. Die orgasme is so intens dat ek partykeer pyne in my kop kry, maar dis ongelooflik lekker.

Ons probeer
Dit werk goed, maar dit neem 'n rukkie om die regte temperatuur, ritme en hoek waarteen jy moet spuit, te ontdek. (Die vloer was op 'n stadium natter as ek!) Die beste resultaat was later om in die bad te lê met my bene opgetrek terwyl Neil die stortkop hanteer het. Ek het hom eers beveel wat om te doen; later (toe ek begin kerm het) het hy besluit hoe.

Gevolgtrekking
Dis heerlik. As jy op jou rug lê en jou maat hanteer die kop, kan jy konsentreer op wat jy ervaar; daar is die element van verrassing ("Wat gaan hy volgende doen?") en die posisie laat natuurlik toe dat hy jou goed kan bekyk en so geniet. (Jou kringspier is ook 'n nabye teiken vir sy aanslag!)

*

Sy skryf
Ek het 'n fopskeen gekoop, die ringetjie afgesny en nou gebruik ek dit as 'n klein-klein dildo. Ek kan heeldag daarmee rondloop (dit pas goed onder my broekie) en niemand weet daarvan nie. My orgasmes is onvoorspelbaar en oorval my op die vreemdste tye! My labia is redelik groot en die wrywing van die velletjie teen my lippe is great. Ek moet gereeld by 'n toilet uitkom om die nat af te vee …

Ons probeer
Mens het die regte fopspeen nodig. Die goedkoper modelle (sulke sagte bruines) werk die beste: mens kan die velletjie in enige vorm sny. 'n Ronde tietie voel klein bietjie anders as een wat gevorm is. Die idee dat jy oral daarmee kan rondloop en "stout" is sonder dat die mense om jou daarvan weet, is deel van die kick.

Gevolgtrekking
Baie interessant. Die klein koppie stimuleer my wande baie vlak, heerlik naby my g-kol. Ek is seker mens kan dit as 'n sametrekkingsoefening gebruik (dié van ons wat wonder of ons nog "styf" is). My labia is nie so groot nie, maar die wrywing is steeds heerlik. Ek kan net dink hoe iemand met groot/wye lippe hierdie lekker moet ervaar. Die gevare is dat mens ontydig 'n orgasme mag ervaar (soos tussen mense) presies soos 'n lagbui wanneer jy weet jy MAG nie; daar is ook 'n gesondheidsgevaar (infeksies) as mens nie versigtig is nie, veral as jy geneig is om baie en maklik nat te word. Die harder fopspene se buiteringe kan ook makliker skaaf.

*

Hy skryf
Ek lê graag op my sy in die bed met my stywe voël afgebuig tot op die laken. Ek vryf die kop dan liggies teen die laken in 'n heen-en-weer-beweging. Die sensasie raak al erger en erger tot ek later wil mal word. Ek draai my heupe sodat die puntjie (teen dié tyd al lekker nat) ook teen die laken skuur, maar kan die sensasie nie lank verduur nie. Dis nie so woes soos gewone draadtrek nie; ek doen dit baie keer as ek moeg is. As ek dan jags genoeg is, gaan ek oor tot aksie en pluk hom dan dat die sop spat.

Ons probeer
Ook iets om eers bietjie te oefen. Die aanvanklike wrywing was 'n bietjie te erg, maar dit was asof ek deur 'n sensoriese grens gegaan het; daarna was dit baie stimulerend. Lynne was toeskouer (nie dat sy passief gesit het nie; haar vingers het op haar kittelaar geboer en was deel van my stimulasie). Sy het met 'n latere poging by my oorgeneem - op my instruksies en aanbevelings, natuurlik.

Gevolgtrekking
Ek wil nog probeer om net met die stimulasie te kom, maw sonder om oor te gaan tot draadtrek.



LitNet: 12 September 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.