Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ballade van 'n droom

T Logan

Rustig agteroor geleun, met die rand van die Rougé laag oor my oë getrek, sit ek in die koelte van die akkerboom aan die '99 Landskroon Port en teug. Met die vreemde, amper bitter, soet wyn, spoelend om my tong … en deur my mond, vloei my gedagtes na jou …

En ek dink …

ek dink hoe jy in my lewe gekom het …

soos Miriam, tussen riete in die rivier, haar Moses gevind het, snoesig en slapend in die warm sagtheid van die beskerming … dit is hoe jy daar was …

net eendag …

sonder dat ek na jou gevra het …

jy het daar gestaan en ek het jou ingedrink …

jou hare, sag wippend, wat jou pragtige wenkbroue en groot bruin oë bekemtoon

en ek het gewonder of jy weet jou oë kan praat

hulle vertel my jou hart se geheime - soms hartseer - soms bly.

Die sproetjies oor jou parmantige neusie wat my vashou en sorg dat ek jou nie kan vergeet nie

dan die kontras van jou vol, smeulende, vroulike mond, wat jou erg en misnoeë, soos ook jou medelye en begeerte vertoon

alles wat die verwarring veroorsaak tussen jou onaantasbare jeug en jou smeulende, magtige vrouwees.

Jou jong skouers wat jy soms ongeërg optrek, bekroon die volrondheid van jou droom-, druppelborsies, wat met hulle bessietepeltjies, beurend teen die tekstiel, parmantig, woorde in my kop saai en warrelwindgedagtes oes.

Af

na jou tonneltjie-naeltjie en vingerduk-middeltjie wat jou bo en onder keer om een, mooi-een te wees

jou rondige room heupe, wat speels dartel, en roer, en my oë vasgenael hou as jy van my wegstap en tergend oor jou skouer loer om te sien hoe jou liggaam my betower

… en daartussen …

die droom,

sagte donker, spookasem wol, wat jou sagtheid bekroon

die warm klamheid van jou vrouwees wat wegsak in die klowe en tonnels van liefdevolle hemelsheid

onbeskryflik

verberg

en my manwees verhard, vol van afwagting en kloppend van ekstase

wat, soekend na ontknoping,

drukkend, beurend, spugend

en dan rustend word sodat ons een kan wees …

En die bitter-soet van Landskroon se '99 Port vertel my dat die prinses uit 'n ander man se mandjie kom

en my hunkerende gedagtes …

… begeertes …

sal bly.



LitNet: 04 Augustus 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.