Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verwarde plesier

Spykerman

Dit is een van daai lustelose Vrydagmiddae op kantoor en soos dit nou maar is, is dit my beurt om aan te bly vir ingeval daar iemand is wat iets benodig. Die res is op naweek. Die hele vloer is doodstil. Hier en daar lui ’n telefoon, en dit is al.

Heel verveeld krap ek op my rekenaar rond op soek na niks. Die horlosie teen die muur tik die sekondes verby, te stadig na my sin. Nog twee ure voor toemaaktyd. Dit gaan ’n lang middag wees dié. Die laaste opsie om iets interessanter te doen is om op die internet rond te surf. Maar ag, die ou klomp by IT het mos nou die “nuwe” ontdekking van die firewall gemaak en dit geïmplementeer. Nou kan ons skaars die koerant lees op die net, wat nog van op die net chat en so meer. Omtrent alles word nou geblok.

Ek krap in my laai rond en kry die papiertjie waarop my kollega vir my ’n webadres neergeskryf het wat hy hoogs aanbeveel. Met min moed tik ek dit in en hou die blou balkie onderaan die skerm dop. Dit word langer en langer en langer en ... bingo, ek is in! Effens geskok en wawyd wakker wonder ek hoe dit gebeur het. Is die firewall af of wat? Maar wie gee om? Dit is nou tyd om te begin surf!

Ek volg die instruksie op die papier slaafs na en toe kry ek dit: Afrikaanse erotika, of hygliteratuur soos die slimmes dit noem. Vinnig lees ek deur die menu … verhale, gedigte, boeke en aitsa, fotoverhale. Met ’n klik-klik van die muis wag ek in spanning. Hou die blou strepie onder op die skerm fyn dop. Ek kan voel hoe die bloed in my are begin druis van die opgewondenheid. Nog ’n menu met al die verskillende verhale. Ek lees daar deur. Vir ’n oomblik is ek besluitloos - waar begin ’n ou nou lees? Besluit toe om bo te begin en klik-klik met die muis en sowaar: ’n hele fotoverhaal met kleurfoto's.

So ver ek blaai, besef ek dat dit nou nie eintlik erotika is nie, maar meer neig na porno toe, maar wie de hel gee om, mooi was nog nooit lelik nie. Teen die tyd dat ek halfpad gekyk het, is daar nie meer spasie voor in my broek nie. My lat is kliphard en ek kan voel hoe nat my onderbroek is. Ek skuif my stoel effens terug en skuif hom in ’n meer gemaklike posisie.

So in ’n halwe sit-lê-posisie, met ’n groot knop in my broek, bewonder ek al die mooi meisies op die foto's en erken innerlik dat sulke goed net in flieks en boeke gebeur en nie met ons ou alledaagse ouens nie.

Skielik word ek na die werklikheid toe geruk deur ’n stem. “Hi there,” kom dit hier van agter my stoel af. Ek word koud en dit voel of die wêreld skielik stil gaan staan.

“Are you the only one here?” vra die sagte stem. Voor ek iets kon sê, praat sy weer. “Do you like watching other people doing it?” vra sy. Ek is nog steeds in ’n toestand van skok en ongeloof en voor ek weer kan antwoord, praat sy verder. “I love this type of stuff. It makes me so horny I can scream”, en met een hand pluk sy die stoel so effens skuins voor my tafel nader en kom sit langs my. Nog steeds verstom en uit die veld geslaan probeer ek die webblad toemaak, maar sonder sukses. In die proses van skrik en verbaasdheid het ek my hele styfheid in my broek omtrent verloor.

“Don't be shy. I am a big girl and know about the things of life,” sê sy en vat die muis en blaai verder voort. Ek probeer verskonings soek om uit die penarie te kom, maar vergeefs. Sy sit die pad tussen my en die deur toe.

Met ’n oeeee en aaaaa lees sy voort en ek voel hoe al my bloed dié keer met dubbel die spoed afjaag na my lat toe. “Verstaan jy Afrikaans?” vra ek haar so half onnosel. Hoekom moet sy nou kan lees as daar dan sulke goeie foto's is, vra ek myself.

“Yip, I can read it, but cannot speak it very well.” Met die antwoord sien ek sy kyk af na my broek toe en glimlag. “Makes you horny, doesn't it?” en sy vat met haar linkerhand op my knop. Ek voel asof ek kan uitpass. Wat de hel!! - maar die plesier van die harde druk met haar slanke hand en lang vingers maak my lam. Dit voel asof my voëlkop gaan bars en ek kreun saggies van lekkerte.

“Oh, look at this one,” sê sy, en ek beur half vooroor om na die foto te kyk. “I'll have to try this some day,” sê sy en met dié druk sy my lat harder. My kop draai en ek is half in ’n beswyming. Ek voel dat die drukking in my broek effens verlig is en dit is toe dat ek besef my zip is los. Soos ’n verwilderde kat wat vasgekeer was in ’n hoek bars my lat uit my broek.

“Wow, not too shabby yourself,” sê sy en dop my voël uit my nat onderbroek uit. Ek wil nog keer, toe gee sy hom so paar vinnige rukke en dit voel of ek gaan mal word.

Met haar oë nog steeds op die skerm, muis in die regterhand en haar linkerhand om my voël, blaai sy nog ’n paar blaaie aan. “Oh, you are so hard,” sê sy en staan op. Met een voet stoot sy die stoel weg en haar hande verdwyn onder haar rok in. Ek sit-lê nog heel verslae en verlam van ongeloof. Toe kreun sy, “I'm so wet,” en met ’n klik-klik knip sy haar bodyshirt tussen haar bene los. “Nice and easy,” sê sy en beweeg nader. Ek probeer opspring, maar te laat. Sy druk my terug in my stoel, draai om en gaan sit op my met haar rug na my toe. Ek kan voel hoe trek sy my lat deur haar nat skaamlippe. My voëlkop wil bars van lekkerte. Sy kreun en steun van plesier. Ek probeer orent kom, maar sy druk my met haar linkerelmboog terug in die stoel in en hou my daar. Die volgende oomblik voel ek hoe die nat, warm hitte van haar doos my voël toevou. Ek probeer weer regop kom, en weer druk sy my plat. Ek rek my arms vorentoe om haar doos by te kom en met ’n jagse stem sê sy, “I will do myself. Sit back and enjoy.” Dis toe dat ek besef: as hier nou iemand instap, is ek op die plek gefire.

Haar lyf beweeg met sulke ritmiese bewegings vorentoe en agtertoe, vorentoe en agtertoe. Ek kan voel ek gaan nou enige tyd kom. Asof sy dit aanvoel, hou sy op en begin dan weer. My kop is dof en al wat ek hoor is die gesteun en kreun van die lekkerte. Die ritme raak al hoe vinniger en ek besef die einde is nou naby. Vinniger, vinniger en nog vinniger en met ’n ughhhhhhhhhhhh skop ek styf en ek kan voel hoe die kom met ’n geweldige storm in my voël opjaag. Met dié voel ek hoe sy my uit haar ruk en my voël teen haar klit vryf. Sy raak styf bo-op my en ek kan voel dat sy kom en dan bars my kom by my voëlkop uit en spuit tussen haar dooshare in en op haar bene. Met haar rug en nek agtertoe gebuig en sulke fyn kreungeluidjies skop sy al hoe stywer en ek kan voel hoe vryf sy my voëlkop teen haar klit. Met so twee laaste rukbewegings ontspan sy en staan op. Sy laat sak haar rok en loop deur toe. Ek wil nog iets sê, toe draai sy om en sê met ’n glimlag, “Thanks, and by the way, my name is Thandi,” en verdwyn die gang af.

1 Desember 2003

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.