Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hoekom wil jy h moet ons onthou?

Vroom Oom

"Kom daarvan as 'n man doos-bedonderd is," s die afgetrede onderwyser, en sit die koerant neer.

"Wat kom waarvan?" vra die boer, ewe onaktief. Rustend, soos die mense s.

"Daai Clinton-krel. Hy en daai Jode-tertjie."

Die oudrekenmeester tel die koerant op, lees die berig vlugtig deur, en s: "Ek kry die arme vent so half jammer ook. Hoe't ou Finkelstein ges: 'My boytjie, intercourse is alright if you're married - but there are times when a man needs a good old-fashioned fuck.'"

"Is seker so," s die boer, "maar dan moet jy darem nog in staat wees "

"Wie van ons is?" vra die onderwyser. "Wie se prostaat is nog nie lankal uitgegrou of uitgesny nie?"

"Dit laat my dink aan die gedig van die twee spoke," s die afgetrede joernalis.

"Die een ou spook was vet en die ander ou spook was maer?" vra die boer.

"Nee, man. Die een deur die Franse digter Verlaine."

Sy o word wasig, hy kyk vr - vr die verlede in. Met 'n sonore stem, kompleet soos sir Laurence Olivier in die Hamlet-fliek, dra hy 'n greep uit Verlaine se Colloque Sentimental voor:

Dans le vieux parc solitaire et glac Deux spectres ont voqu le pass. "Te souvient-il de notre extase ancienne?" "Pourquoi voulez-vous donc qu'il m'en souvienne."
"Blerrie indrukwekkend, maar ons ken nie Frans nie," s die ander drie omtrent tegelyk asof hulle deel van 'n spreekkoor is.

"Ek het Frans op universiteit geswot. Wou diplomaat word. Al wat ek eintlik van Frans kan onthou, is 'Au claire de la lune' en di grepie uit Verlaine se gedig. Sien, di twee spoke het in die ysige, verlate park gesit en tob oor wat verby was. Die een s toe: 'Onthou jy nog ons ekstase van weleer?' Die ander ou s: 'Hoekom wil jy h moet ons dit onthou?'

"Natuurlik wil k m lekkerkry onthou. Om terug te dink hoedat ek vir die universiteit se eerste span rugby gespeel het, dt was ekstase. My eerste kar, dt was ekstase. Om nie eens van my eerste naai te praat nie - als onthougoed wat die ouderdom draagliker maak," s die onderwyser.

Die boer stoot sy hoed agtertoe op sy kop. "Julle weet, daai Clinton is nie die eerste wat met sy gulp oop gevang is nie. Het jarre der jarre gelede ook met 'n onderwyser van my gebeur. Eintlik moet di storie oorvertel n op papier gesit word. Dit wys maar net dat ons Boerekindertjies nie so hoog heilig was soos die predikante en volksleiers destyds voorgegee het hulle was nie. Ek is seker die ou Voortrekkers en ou Jan van Riebeeck en sy lot was net so jags as wat ons eens was. Hel, as 'n ou so terugdink, dan besef jy watter gat jy van jouself gemaak het oordat jy die ou platte so met mening gesoek het."

Toe ek horskool toe is - nou praat ek van 1948 - het my vrome pa my twee traktaatjies in die hand gestop en verle anderpad gekyk. Die een se titel was "Wat elke seun behoort te weet" en die ander een "Mag ek dans?"

Die een wat veronderstel was om my in te lig oor wat Elke Seun Moet Weet was min of meer ou nuus, net die name van die organe was anders as wat Pietertjie en Groot-Daan en Dik-Frik en ek hulle genoem het. Die nou vergete skrywer het verduidelik presies wat Onan van die Bybel verkeerd gedoen het en wat die boodskap van die Onan-verhaal is: Draadtrek is sonde. Hoereer is ook sonde, s die traktaatjie, maar daaroor was dit minder eksplisiet. Die skrywer het seker aangeneem dat dit uiters onwaarskynlik is dat Afrikaner-leerlinge sal hoereer. By m het dit die indruk gewek dat hoereer nie so vreeslik erg sondig is nie. Ragab van die Bybel was 'n hoer. En sy was 'n goeie vrou. S s die Bybel.

Die ander traktaat het sorgvuldig, teksvers vir teksvers, uitgel waarom stoere Afrikanerseuns en -meisies liefs nie dans nie. Dit het in besonder teen die verleidelike Amerikaanse danse gewaarsku, die Slow Fox, Cheek-to-Cheek en so, waar die twee dansers intiem oor die dansvloer beweeg en waar, volgens die skrywer, die Satan op loer is om jou in die strik van owerspel te vang.

Daarom is dit logies dat, getrou aan die Christelik-Nasionale tradisie, ons skool gemaak het asof Artie Shaw, Joe Loss, Victor Sylvester en Benny Goodman nie bestaan nie. Na Hendrik Susan, Chris Lessing en die Vier Hartbrekers kon jy darem luister, selfs jou voet op die maat van die musiek liggies op die vloer stamp, want dit was Afrikaans, maar dans moes jy maar liewer vir die onderdorp en die Engelse los, al was dit Boeremusiek.

Pleks daarvan het ons volkspele met 'n passie gespeel.

By ons skool was volkspele 'n baie belangrike kultuuraktiwiteit en daarvoor was 'n wit langbroek en 'n bont onderbaadjie die voorgeskrewe drag vir ons seunskinders, vermoedelik omdat die Voortrekkers met wit broeke en helderkleurige nekbande en hul vrouens met lang, wye tafsyrokke soos di van die volkspelemeisies kaalvoet oor die Drakensberge gestap het.

Elke eerste en derde Saterdagaand was volkspele-aand. Die ander twee Saterdagaande het ons koshuisbrakke gefliek of debat gehou. Die flieke was gewoonlik een met 'n Boodskap vir die Jeug, soos Scott of the Antarctic of The Grapes of Wrath. Sening Cloete, ons skoolhoof, het voor die vertoning van The Grapes of Wrath ges die Engelse het ons Afrikaners n die Driejarige Oorlog net so sleg en met net soveel minagting behandel soos die ryk mense van Kaliforni die arme boere van Oklahoma. Dt was 'n fliek met 'n Boodskap.

Ons is ook soms toegelaat om Saterdagmiddae te gaan fliek - dis nou wanneer daar geen rugby of atletiek by die skool was nie. As jy nie self gespeel het nie, was jy veronderstel om jou skool se span te ondersteun.

Ons onderwysers het vas geglo ons was edel, fatsoenlike, gehoorsame, voorbeeldige Afrikanerseuns en -dogters, rein van hart en sterk van inbors, die grondslag vir 'n beter toekoms wanneer die Afrikaner sy republiek weer sal terugkry. Daarvoor moes ons spesiaal toegerus word in die geskiedenisklas en die onderwysers en beheerraad het dit so bewimpel dat die meeste van ons geskiedenis moes neem om die vereiste ses vakke te kon slaag. Ons moes deeglik bewus van ons roeping in Donker Afrika wees.

In ons skool het ou Hanglip geskiedenis gegee. Ek het ou Hanglip in my vyf jaar daar nooit sien lag nie. Die man het nie eens opgewonde geword as ons teen die buurskole rugby gespeel het nie - en h was die breier. Hy het net strak en uitdrukkingloos na die rugbyveld gestaar en af en toe iets in 'n klein sakboekie geskryf. Toe Pietertjie eendag twee skepskoppe deur die pale klits en boonop 'n drie druk het, het ou Hanglip net reguit vorentoe gestaar. Pietertjie s Hanglip is nog die moer in omdat hy nie vir '28 se Springbokspan teen die All Blacks gekies is nie. Dik-Frik wonder vandag seker steeds hoe ou Hanglip sy ses dogters gemaak het.

Een van Hanglip se ses dogters was Nerina (almal het, terloops, blomname gehad - die ander was Edelweiss, Erika, Rosa, Iris en Madelief). In haar pa se standerd 9-geskiedenisklas het Nerina heel agter gesit, heel links. Ek het agter in die middelblok gesit met net die gangetjie tussen my en Nerina. Regs van my was niemand nie. As Hanglip so op die een noot voortgedreun het oor die konstitusionele ontwikkeling van die Kaapkolonie, het ek lekker teruggesit met my kop teen die muur en dink. Meisies, natuurlik. Daardie jare het ek altyd aan meisies gedink - min of meer uiters onwelvoeglik.

Dit was tot die dag toe Nerina langs my hard gehyg het asof sy 'n asma-aanval kry. Soos ek het sy teruggel in die bank, maar haar regterhand was onder haar skoolrok in. Sy het wydsbeen gesit, haar bene styfgeskop. Ek het gestaar en 'n helse horing gekry. Toe kyk sy en glimlag.

Sy't gesien.

Die klok lui vir pouse en ek staan onbehoorlik vinnig op om te loop. Wag darem soos 'n heer vir Nerina om uit te kom. Ek druk my stywe vol teen haar boud en sy druk wragtig terug.

"Volkspele Saterdag," fluister ek.

Sy kyk om, frons, en s: "Volkspele. Saterdag."

My Bybel het 'n leeromslag gehad. Tussen die leer en die buitenste skutblad was 'n aluminiumblikkie weggesteek. Ek onthou hoe ek en Dik-Frik dit die dag gekoop het.

Ons was nog in standerd 8. Een Saterdagmiddag is ons op pad na die dorp se fliek toe, 'n cowboyprent met Roy Rogers. Dik-Frik daag my toe uit om 'n blikkie ef-elle by ou Manny Gonalves se Coimbra Caf te koop.

Die jong Gonalves, Vasco, het agter die toonbank gestaan. Pikswart krulhare, hemp tot op die naeltjie oopgeknoop, 'n welige swart oerwoud op sy bors. Hy het luidrugtig na sweet geruik.

"Whaddaya want, sonny?" vra hy.

Skugter haal ek 'n halfkroon uit my sak, skiet dit in die lug en plak my oop regterhand daarop.

"Whaddaya want?"

So, Groot-Daan het gelieg toe hy ges het 'n mens koop 'n pak ef-elle so.

"Please Mister " s ek en bloos bloedrooi, want daar was ander mense in die kafee.

"Wanna French Letter, sonny?"

Ek knik net my kop.

Die Portugees haal toe die blikkie onder die toonbank uit, gee dit vir my en lui die halfkroon met 'n groot gebaar op sy kasregister. Dik-Frik wou hom vrek lag vir my verleentheid. Ek steek toe die blikkie in my broeksak en probeer so vinnig as wat ek kan uit die kafee kom.

In die koshuiskamer maak ek die blikkie oop. Binne was drie ef-elle netjies opgerol.

Ek haal die een huiwerig uit en wys dit vir hom.

"Kyk, hy't so 'n tietietjie om die skoot op te vang," s Dik-Frik, "Kom ons kyk hoe werk hulle."

Ons knoop al twee ons gulpe toe oop en maak ons penisse styf. Dik-Frik trek sy ef-el die eerste oor. Die lug wat binne vasgevang is, het die puntjie pylreguit vorentoe laat staan.

"Wa-wa-wag," s ek toe, "Jy moet daardie tietietjie platdruk voordat jy hom oorrol, anders loop hy oor en werk dit nie."

Ek wys hom hoe, maar hy was reeds by die fyndraai en kon nie meer bodder om die ding af te trek en weer oor te sit nie.

"Die ding het gebreek. En dis seer," s Dik-Frik toe hy dit afstroop. Ek druk myne se tietietjie plat en trek draad vir die vale hel.

"Ek was reg", s ek toe ek klaar is.

Nou was daar net die een ef-el oor en hy was in my Bybel se omslag weggesteek.

Ek het nogal na Vrydagmiddag se geskiedenisklas uitgesien. Toe ek in Nerina se rigting kyk, maak sy asof sy haar regterhand onder haar rok indruk, maar laat die hand op haar been rus. Sy knipoog toe vir my en staar na my broek asof sy wens ek kry weer 'n horing. Toe die klok lui, fluister sy: "Mreaand. Volkspele."

Jammer ek het Lifebuoy en nie lekkerruikseep nie, dink ek toe ek Saterdagmiddag stort. Maar Lifebuoy is beter as sweetstank, en dit moet doen. Ek Brylcreem my hare en kam 'n middelpaadjie. Die enkele ef-el kom in my onderbroek. Ek kry 'n horing by die blote gedagte aan wat miskien dalk moontlik, maar baie onwaarskynlik, gaan gebeur, gee my vol sy daaglikse oefening en gaan stort weer.

Die probleem met volkspele is dat jy so in die bondel dans. Eers toe ons "Aanstap, rooies" doen, kom ek by Nerina uit. Toe ons "En laat julle kwassies swaai, swaai" tiekiedraai, draai ons skoon by die saal se voordeur uit.

Ek het klaar 'n vryplek uitgesoek. Agter die houtwerkhuisie was 'n klein grasperkie met sesbaniastruike reg rondom geplant. Niemand sou daar vir ons kom soek nie, en as iemand toevallig daar verbyloop, sou hy niks sien nie, tensy hy vrek nuuskierig was en wou sien hoe sesbania in die donker nag lyk. Molie Moolman, die houtwerkonderwyser, het 'n tuinbankie daar gehad om op te sit as hy tussen klasse sy pyp opsteek.

Iemand het ons egter voorgespring. In die donker kon ons die silhoet van twee mense uitmaak - 'n mansmens wat met sy rug teen die muur staan-l en 'n meisie geklee in 'n volkspelerok op haar knie voor hom, met haar gesig teen sy broek se gulp.

"Wiessit?" vra Nerina.

"Weet nie," s ek en fluister "Kom ons wag totdat ons o meer gewoond aan die donker is."

"Kom ons staan dikant sodat ons kan sien wat sy doen," s Nerina.

Ons versit so 'n paar tre en sien duidelik hoe die meisiemens die man se swingel in haar mond het. Die man se kop buig agteroor van die lekkerkry en nou kon ons sy bles sien blink. Dis ou Rottang Voorhees, koshuisvader en toesighoudende onderwyser by die volkspele.

"Ou Rottang," fluister ek. "Kom ons gaan terug."

"Nee, bly, ek wil sien wie die meisie is."

Uiteindelik staan die meisie op, Rottang sit sy halfstywe vol in sy broek terug en knoop sy gulp toe. Hulle loop reguit in ons rigting. Hulle het ons klaarblyklik raakgesien, geretireer en loop toe met 'n ompad terug saal toe.

"Siesa, hel," s sy, "kom ons gaan terug."

"Wie was dit?"

"Ou Rottang."

"Nee, Nerina, die meisie."

"Gladys met die groot voorosse."

Gladys van ons buurplaas. Dit kom daarvan as 'n boeremeisie soos ant' Bettie met 'n Engelsman trou, dink ek. As Gladys 'n Afrikaner-pa gehad het, sou hulle genaai het, nie s 'n boosheid aangevang het nie.

Gelukkig doen hulle "Ek soek na my Dina" toe ons in die saal kom en ons begin Dina te soek asof ons die hele aand daar was. Die ef-el was ongeskonde in my onderbroek.

Uiteindelik slaan Nellie Voorhees, ou Rottang se vrou, die gewone drie harde akkoorde op die klavier om aan te kondig dat dit tyd was om huis toe te gaan. Ons staan toe almal op aandag en sing "Die Stem", soos dit hoort. En Ou Rottang staan jou wragtigwaar op die verhoog en sing hartlik en skynheilig saam.

Buite het ek en Nerina niks vir mekaar te s gehad nie, buiten om beleefd te groet.

In my kamer het ek die ef-el uit my onderbroek gehaal en versigtig tussen die leeromslag en die buiteblad van my Bybel ingedruk.



LitNet: 26 Julie 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en posie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.