Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Seldsame gebeurtenis!

Ek het gewonder hoekom is die pad tussen Lafayette en New Orleans so ver! Volgens die kaart lyk dit baie naby, maar ek was al drie ure op die pad. Plaas ek maar gevlieg het. Moet voor vyf by ons kantore wees om dokumente op te tel en terug te bring huis toe. Ons het kantore in Lafayette, waar ek nou vandaan kom, en een in NO.

Het dit net-net gemaak, want op die kop vyfuur sluit hulle. En dis Vrydagmiddag, en ek moes die volgende oggend weer van NO na Miami vlieg, dan terug huis toe. Wou die Vrydagaand in NO wees, want dis die tyd van die Semi-Mardi Grass - GROOT feestyd in die French Quarters area in ... Bourbon Street!

Die kompleks het bestaan uit 'n klomp kantore, met een sekretaresse wat almal bedien. Ons het een van die kantore gehad.

Veronica was bly gewees om my weer te sien, maar ek het gou verdwyn om die goed in die kantoor te gaan haal. Aangesien ek alleen was, gedink miskien moet ek haar maar uitvat vanaand. Sy was geskei, en blykbaar alleen. Nie te mooi nie, maar heel aangenaam. Maar was nie lus nie, was te dik gespyker die vorige aand met ons sekretaresse in Lafayette. Sy het my klaargemaak, wou net nie ophou nie. Sy was een van die jagsste meisies wat ek ooit al ontmoet het. Maar haar koekie was lekker gewees, sag, nat en vol.

Miskien moet ek tog maar vir Veronica uitvat ... al gewonder hoe sal dit wees om haar te steek. Volgende keer ... definitief!

Toe daar weg, en in een van die motelle ingeboek. Gou gestort en net voor skemer my eerste Budweiser in een van die sypaadjiekafees in Bourbon Street begin drink. Die strate was volgepak met duisende mense wat die fees bywoon. Het my verkyk aan al die meisies wat hulle boobs van die balkonne af flash, en dan moes almal vir hulle stringe "pêrels" gooi, wat hulle dan om hulle nekke dra.

Die hele aand deur die straat gedrentel, en dit was so elfuur die aand, opgeëindig in 'n stripshow bar - reg in die middel van Bourbon Street. Effens donkerig binne, en by een van die tafels gaan sit. Daar was twee verhoë, waarop elkeen 'n meisie gedans het. Nogal mooi, en stunning gebou. Hulle strip heeltemal, maar onder geen omstandighede mag hulle hulle koekies wys nie. Hulle moet 'n deurtrekker dra. Dis die wet van Louisiana!

Net begin verveeld raak, toe daar drie jong meisies en twee ouens inkom en by die tafel langs myne gaan sit. Die twee ouens was al effens getrek, en luidrugtig. Tipies Amerikaners!

Ek kon sien een van die meisies het skamerig gelyk, en net voor haar gekyk. So nou en dan het sy na my kant toe gekyk, en ek weer terug. Besluit om nog so 'n rukkie te sit. Toe vra een van die ouens vir my of ek 'n aansteker het; ek het net gesê "I don't smoke." Jis, toe kon ek hoor hulle verstaan my nie. Hulle het gesukkel met my aksent. Na 'n lang ruk se stadige, duidelike pratery my begin verstaan. Toe het hulle besluit om te loop, want die musiek was te hard, en 'n verder gepratery sou nodeloos wees. Ek kon sien die een meisie wat heeltyd vir my geloer het, was nie lus gewees om te gaan nie. Haar toe gevra om by my te kom sit, en die ander is toe weg.

Langs my kom sit, en deur die lawaai begin praat. Na 'n ruk het sy gesê sy is moeg, en ek het toe aangebied om haar terug te vat na haar blyplek toe. Sy het ja gesê, en ons is toe daar weg. Haar naam was Zoye ... regte naam: Candy Martin - haar ouers was regte hippies gewees, vandaar die naam Candy!

Sy was mooi, met langerige donker hare, en mooi gebou wat ek kon sien deur haar klere. By 'n woonstelkompleks gestop, en toe ek die woonstelkamer instap, my verkyk aan al die deurmekaarspul in die kamer. Orals het beddens en matrasse rondgelê, en klere. So stuk of tien mense het die woonstel saam gehuur. Toe in die middel gaan staan by 'n matras, en aangeneem dis seker waar sy slaap.

Toe begin die sports. Gelukkig was niemand daar nie.

Sy het op haar knieë op die matras gaan staan, en my aan my hand afgetrek na haar toe. Ons al twee staande op ons knieë, het sy my begin soen. Haar lippe was sag, en haar asem het hygend begin toeneem. Haar hand het afbeweeg na my broek toe, en my begin vryf onder. Onmiddellik was ek stokstyf, oor my ore toe jags, en lus vir haar. My een hand het ek voor by haar denim ingedruk, en dit af laat sak tot tussen haar bene in. My hand het om haar koekie gevou, en gevoel hoe fris haar koekielippe gevoel het. My een vinger het sommer dadelik in haar koekie weg ingeglip, en haar op 'n ongemaklike manier begin vinger. My hand toe uitgetrek, en ons twee het mekaar gehelp om mekaar se klere uit te trek. Geen woord was gesê tussen ons nie. Toe sy kaal was, het sy op die matras gaan lê, haar bene wyd oopgemaak en gese: "F*ck me!" Ek was nie haastig nie, en langs haar gaan lê, en haar op haar mond begin soen, terwyl ek my hand oor haar lyf gevryf het. Sy was omtrent my grootte gebou, maar effens mollig. So sag ... lekker! My hand het weer tussen haar bene verdwyn, en haar weer begin vinger. Sy was papsopnat. Haar koekiehaartjies moes lankal terug geskeer gewees het. Orals was daar yl haartjies gewees wat besig is om uit te kom.

Sy het toe haar lyf opgetel, en ek het plat gaan lê op die matras. Wydsbeen het sy op my gesig gaan sit, en my mond en haar koekie het mekaar begin "soen". Ek het met my tong orals om haar gelek, dan in en uit haar, dan haar weer gesuig. Kon voel haar klit aan die bokant van haar koekie was lekker geswel gewees. Ek kon nie genoeg van haar koekiesous insluk nie, en gesmag na nog. Sy het lekker vars geproe.

Na 'n rukkie het sy haarself opgelig, afgeskuif, en wydsbeen bo-op my meneer gaan sit. Dié het nou styf geklop van lus, en sonder enige moeite net in haar weggesak.

Sy het nou plat op my gesit, met haar bene gebuig ondertoe. Sy het toe begin haar lyf op en af te beweeg, en my te begin naai. Eers stadig, toe al vinniger. Ek kon voel hoe my meneer diep, diep binne haar wegsak. Haar hele koekie het my meneer basies vasgesuig. Nou en dan het sy stil gewees, dan haar koekie styfgetrek, dan gelos, en weer om my meneer styfgetrek. Dit het die lekkerste gevoelens deur my laat trek, en ek moet net heeltyd keer om nie te kom nie. Met my hande het ek heeltyd oor haar borste gevryf, wat groterig was, haar klein tepeltjies wat styf gestaan het.

Sy het al vinniger en vinniger op en af beweeg, en toe sy ewe skielik saggies 'n snak in haar asem gee, toe weet ek sy het gekom. Sy het doodstil gesit. Toe weer begin op en af te beweeg, haar koekie ongelooflik lekker nat en sag. Toe het ek gevoel dis my beurt, en gekom. Sy moes my eerste komsous in haar gevoel inskiet het, want sy begin my toe op haar vinnigste te naai. Ek het gevoel, soos haar koekie saamtrek en ontspan, hoe sy elke druppel uit my melk. Ek kon nie glo hoe heerlike salige gevoellens deur my trek nie. Na 'n rukkie het sy weer stil gaan sit.

Sy het toe vorentoe gebuk en my op die mond begin soen. Ek het so 'n warm gevoel op my bobene gekry soos van my komsous uit haar begin loop het. Moes seker toe effens slapper begin word het. Sy het toe langs my kom lê, in my arms, en maar weer probeer te begin gesels, alhoewel sy maar nou en dan gesukkel het om my te verstaan. Vir oulaas druk ek my vinger in haar koekie, gril effens vir my eie komsous, en begin haar te vinger. Ek kon sien sy geniet dit. En so met die vingery aan die slaap geraak … met my vinger in haar koekie …

Ek het my vliegtuig die volgende oggend terug SA toe verpas.



LitNet: 15 December 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.