Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Seks en rooiwyn

Betty Boob

Ek het al alles, nadat ek seks gehad het, probeer doen. Probeer slaap, rook, al deur ’n stort of twee gespring, maar het nog elke keer ’n gevoel van verwyt gehad. Die seks was elke keer net so onder die boonste rak ... so geen klagtes van my kant af nie. Maar is dit normaal om so te voel na ’n aandjie van plesier met jou eie man? Met wie jy al twee jaar getroud is? Miskien nie ...

Haal hy nooit sy oë van die rekenaarskerm af nie? Hy sit van 8 tot 5 voor die skerm. Sy vingers tik-tik op die sleutelbord en hy draai so nou en dan sy kop skuins om op die papiere te kyk. Ons werk al twee jaar saam en het nog nooit een woord vir mekaar gesê nie. Glo my, dis moontlik as daar so paar honderd mense om jou werk. Ek wonder hoe sy stem klink ... sy hande voel ... sy tong ...

Ek skrik myself in ’n koma in toe my selfoon skielik op my lessenaar vibreer. Dank die hemele vir selfone om my terug te ruk na die realiteit.

“Lief vir jou ook.” My fok, nou voel ek skuldig! Sit en fantaseer oor ’n bleeksiel agter ’n rekenaar en vergeet dat ek ’n getroude vrou is. Maar dit het niemand nog ooit skade gedoen om ’n bietjie te fantaseer nie ...

Getroude lewe is nie so bad nie. Om elke aand saam met dieselfde man in die bed te klim het al ’n gewoonte begin raak. Een ding is seker, jy hoef nie te sorg dat jou beenhare gereeld geskeer is nie. Maar daar is só baie sexy mans om na te kyk. Nie dat my geliefde man nie sexy is nie, maar sedert my troudag sien ek meer en meer mans raak ...

Weer lê ek na ’n halfuur se seks maak en weet nie wat om te doen nie. Weer het ek hierdie gevoel van verwyt ... Het ek die orgasme gefake? Is dit hoekom ek skuldig voel? Ek steek ’n sigaret aan en na ’n paar trekke kom ek agter dit help nie. Ek kruip saggies uit die bed en kyk terug na my man wat nog steeds penorent onder die lakens lê. In die badkamer draai ek die stortkrane oop om die geluid van my vibrator te kamoefleer. Na ’n paar minute voel ek ’n klein bietjie beter ... maar nog steeds skuldig ...

Kyk asseblief net van die donnerse skerm af op! Hoekom kruip jy weg? Wys my net jou oë ... Hoekom wonder ek so oor jou? Ek’s gelukkig getroud met ’n so-so sekslewe, maar wil net weet hoe jou oë lyk ...

Die spieëls in die badkamer wasem toe en ek sak al laer af in die water. Nie eens ’n stomende borrelbad laat my rustig voel na seks nie. Noem ’n mens dit nog seks na jy getroud is? Of is dit liefde maak? My man kreun êrens in die slaapkamer. Miskien moet ek gym toe gaan na elke sessie. Alles uitsweet wat ek nie tussen die lakens kon nie ...

Vandag is die dag! Ek gaan met “rekenaarskerm” praat. Ek sorg dat my selfoon af is sodat manlief nie kan pla nie. Ek gaan staan voor sy skerm. Hy kyk nie op nie. Ek maak my keel skoon en sien hoe die donker krulkop stadig gelig word. Ons oë ontmoet en ek moet hard op die lessenaar leun om nie van my voete te val nie ...

Sy oë is skemerkelkies. Iets tussen blou Sambuca en Oude Meester Mint-likeur ... Sy mondhoeke kielie aan sy wange en hy laat sak weer sy kop. Ek struikel, bloedrooi gebloos, terug na my lessenaar en begin aan ’n niebestaande dokument te tik.

“Hi skat, ek werk laat vanaand. Daar is van gisteraand se kos in die yskas. Sal net na twaalf by die huis wees, lief jou.” Ek haat dit om vir hom dit oor ’n voice message te sê. Maar nou ja, ek het darem gebel.

Ek voel iemand se oë op my. Ek voel hulle teen my nek en hals brand. My eie vind hulle weg na die brandende paar wat oor my lyf dwaal. Hulle ontmoet ... Hy kom nader en steek sy hand uit. Ons vingers vleg inmekaar en ek laat hom toe om my uit die kantoor te lei ...

Wat doen ek?! Maar ek kan myself nie keer nie. Daar is hierdie aantrekkingskrag wat my totaal en al oorgeneem het. Waarheen neem hy my? Wat is jou naam? Maak dit eintlik saak? dink ek toe ons buite die kantoor staan en ons oorloop na ’n woonstelblok. Ek huiwer nie eers vir ’n sekonde nie ...

Ons klim die paar stelle trappe na sy woonstel. ’n Regte bachelor flat begroet my toe hy die deur oopmaak. Hy kom agter my staan en ek voel sy asem op my nek. Sy hande gly oor my skouers, af na my borste en onder my bloes in. Hy draai my om en ek kyk op in sy oë ... daardie oë ...

Ons lippe roep na mekaar ... sy tong gly oor my mond ... na my nek ... ek kan voel hoe my tepels verstyf ... sy hande volg my rugstring tot by my bra en ek voel hoe dit van my borste val ... ek maak elke knoop van sy hemp een vir een los ... my hande streel oor sy strykplankmaag en beweeg af na sy broek ... my hande sukkel blindelings om die zip oop te kry ... ek voel die bult teen my hand ... hy klim uit sy broek en trek my romp oor my heupe ... hy buk af en vou sy arms onder my bene en rug in ... hy dra my na die bed en lê my neer ... sy hand agter my kop tot ek die kussing voel ... hy trek ’n lyn met sy tong oor my borste ... verby my naeltjie, en trek my pantie met sy tande uit ... sy tong verdwaal tussen my klit en die sagte teer lippe van my vroulikheid ... so af en toe gly sy tong binne my in ... my hande vind die kopstuk van die bed en ek druk so hard my kneukels word skoon wit ... sy hande knie my borste en my rug trek krom van plesier ... skielik is hy bo my en sprei my bene met sy knieë oop ... vir ’n sekonde ontmoet ons oë weer voor ek hom binne my voel ... hy gly in en uit ... ons oë is steeds inmekaar geweef ... in en uit ... hy lig my op van die kussing en ek vou my bene om sy rug ... in en uit ... op en af ... in en uit ... op en af ... ek wil skreeu van ekstase ... ek’s naby aan kom ... hy voel dit en laat sak my neer op die bed ... sy oë speel oor my gesig en hy stoot homself dieper in my in ... alles om my sweef ... hy kreun en my naels druk in sy rug ... hy sak op my borste neer ... hy’s nog steeds binne my ... styf en hard ...

Hy rol van my af en loop uit die kamer. Wat nou? Minute later kom hy terug met ’n bottel rooiwyn en twee glase. Die kurk pop uit en hy drup ’n paar druppeltjies op my borste en lek dit af ... hy skink die wyn en doop sy vinger in die glas en maak my lippe nat ... met gevoel lek hy my lippe af en trek ’n wynstreep na onder ... ek vat my glas en sluk ... my binneste sug en ek voel skielik fantasties ... niks verwyte en niks skuldgevoelens nie ... al moet ek. Dis asof hierdie rekenaarman met die gladde oë presies geweet het wat my probleem na seks is. So, dis die oplossing: rooiwyn na seks ...

Ek ry huis toe sonder om te voel soos ’n slet wat haar man verneuk het. Een ding is seker, môre koop ek genoeg rooiwyn vir my en my man se aande van plesier ...


LitNet: 12 Mei 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.