Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Vicky Scholtz
 

Sara

Vicky Scholtz

Woel-woel onder die vyf honde hardloop ek, aan die regterhand-kant van die pad, die kant waar die huise staan, oorkant die strand. Eintlik lê daar sand oor die hele pad, veral hier aan die laaste deel van die pad. Ons huis is die laaste — ’n gewese strandhuis, bakstene en sinkplaatdak; dit lyk soos een van ’n miljoen spoorweghuise wat die regering al om die land laat bou het, al is hier geen teken van ’n spoorweg nie. Die huise is seker gebou vir een of ander groep staatsamptenare se vakansies, maar mettertyd het ander mense ingetrek en heeljaar aangebly — mense wat die dorp aan die gang gehou het vir die vakansiegangers wat deesdae in die woonstelblokke en hotelle en skemahuise by die fancy strand, aan die ander kant van die baai se sweep, bly. En families soos ons’n, wat net hier bly.

Langs ons huis lê ’n oop stuk grond, en dan so ’n heuweltjie op na die sokkerveld, wat gelyk lê sodat ’n mens moet opklim vanaf ons huis, maar van die ander kant af lê dit plat. Op die oop stuk grond staan ’n woonwa — my woonwa. Dis waar ek bly. Daar loop ’n draad vanaf die huis na die woonwa, sodat ek krag het, maar anders is dit heeltemal apart. My eie koninkryk, met ysterskerms teen die vensters en ’n groot grendel aan die deur. Ek is nie bang vir diewe nie — hier is maar min misdaad — dit is egter om my broer uit te hou.

Boeta probeer gedurig om in te breek. Ek weet nie wat wil hy maak as hy dit eens regkry nie — ek het sover reggekom om dit te verhoed. Boeta is enitlik die rede hoekom ek uit die huis self uitgetrek het — hy en my kleinboetie Piet het saam in ’n kamer gebly, maar Boeta wou net heeltyd in my kamer inkom. En inbly. Miskien bedoel hy dit nie, maar hy rig erg skade aan — hy tel net op en laat val, soos die lus hom vat, maak nie saak of dit porselein of karton of lewend is nie. Boeta se verstand is nie wat dit moet wees nie.

My ma-hulle het nooit reguit vir my vertel nie, maar ek het agtergekom dat Boeta ’n mislukte aborsie was — my ma het swanger geword op skool en besluit om ’n einde te maak aan die ding. Toe kry sy dit nie reg nie en toe sit sy met die kind — met ’n beskadigde brein boonop. Hy is vroeg uit die skool uit, en werk nie juis nie. Soms kry Rasta Joe vir hom bietjie handlangerwerk hier of daar, as dit gebeur. Dis altyd nuwe werk, want mense wat al eenkeer vir Boeta werk gegee het, gee nie weer vir hom nie. Mens kan dit maar verstaan — dis hoe hy is.

By die voordeur van die huis staan twee paar tekkies — albei rooi. Ek laat die honde in die tekkies pie elke keer as ek verbyloop. My tekkies hou ek in die woonwa, want dit stink nooit so erg dat dit buite moet staan nie. Maar Boeta en Pietie s’n, altyd. Die hondepis help seker nie. Ek dink my ma los die tekkies daar om die bure weg te skrik. Ons gebruik nooit die voordeur nie, ook nie dié wat gereeld kom kuier, soos Rasta Joe, nie. Ek gaan maar selde die huis binne, ek het alles wat ek nodig het in die woonwa.

Die woonwa het ook ’n alarm wat lui as iemand probeer inbreek, en die security-mense laat uitkom. Dis nie werklik nodig nie, maar my ma se broer werk by die plek en hy het dit verniet laat doen. As Boeta my kom pla, soos ek hom nou sien kom, dan roep ek net vir Rasta Joe wat altyd hier langs die sokkerveld sit en dagga rook. Hy en sy pêls kom sort gou vir Boeta uit.
“Hei, Rasta Joe!” waai ek dringend. Ek probeer die deur toemaak dat Boeta nie kan inkom nie, maar Boeta is verskriklik sterk. Dis dié dat mense hom laat werk, al is dit net een keer.

Rasta Joe staan voor my met ’n helse ding in sy hand. “Dis om stuurwiele toe te sluit dat mense nie jou kar steel nie,” verduidelik hy. Hoe kom hy daaraan, hy’t dan nie ’n kar nie? “Opgetel,” haal hy sy skouers op. Miskien, miskien nie. Rasta Joe onthou nie altyd so mooi waar hy dinge kry nie. Soms is dit ander mense se goed of uit winkels of so, maar dis nie of hy goed steel nie. Hy tel net goed op en vergeet dan waar hy dit gekry het. Die ding lyk darem gevaarlik. Boeta probeer om dit te gryp, maar Rasta Joe wip dit weg en toe beland Boeta se nek in die ding. Vasgevang, soos ’n skaap. Boeta gryp die ding uit Rasta Joe se hande, en sy nek gaan daarmee saam. Ons hoor almal die “krak!” Maar Boeta wil nie los nie. Rasta Joe vat hom binnetoe om te gaan lê, en ek sluit toe en stap met die honde strand toe.

Ons strand is net oorkant ons huis. Ons wat heeljaar hier bly, gebruik die ou strand, al is dit nie so pristine nie. Klein rotse is rondgestrooi, en nie netjies na die kante gevee soos op die vakansiestrand nie. Tog is daar ’n oop plekkie waar ’n mens kan sunbathe, en rotse om vis te vang. As jy oor die rotse loop — en jy moet weet waar, want dis gevaarlik op plekke — en om die hoek van die baai, kom jy op ’n geskuilde strandjie met so ’n grot agter. Hy is heeltemal weggesteek van die strand en van die see, weens die rotse, en die pad loop nie so ver nie. Daar is boonop ’n yslike afgrond agter, niemand gaan ooit soontoe nie. Ek het die plek ontdek toe ek klein was, en sover ek weet, is ek al een wat daarvan weet. Ek kan nie soontoe met die honde nie, maar as ek alleen wil wees, dan kruip ek daar weg, veral as ek aan my all over tan wil werk. Ek het besluit dat ek hier my eerste liefdesverhouding sal aanknoop. Ag, ek weet nie — ek wil ook nie hê ander mense moet daarvan weet nie, en as ek ’n boyfriend soontoe bring, sal hy later sy nuwe girlfriends bring en ek my nuwe boyfriends, en later weet almal daarvan. Ek hou dit liewers as my geheim.

Toe ek terugstap, sien ek vir Rasta Joe nog by die huis. Ek bied hom koffie aan, maar hy sê hy wag liewer dat my pa hom ’n bier aanbied. Ons weet almal sulke dinge gebeur nooit in die werklikheid nie: my pa drink sy bier as hy alleen is en dink niemand kyk nie. En Rastas is veronderstel om nie alkohol te drink nie; altans so vertel Pietie, wat dit op ’n Bob Marley-album gelees het. Pietie lees nie baie nie, veral as daar nie prente is nie; hy kyk liewer TV. Dis ek wat lees — ek dra sakke en sakke elke week van die biblioteek af, want ek maak asof dit vir die hele familie is. Met vyf mense se kaarte kan jy baie boeke uitneem.

Rasta Joe vertel dat Boeta se nek nog seer is, en hy weier om die stuurwiel-ding terug te gee. Hy sal seker moet dokter toe gaan as die pyn te erg word, maar vir nou lê hy net op sy bed en tjank. Miskien kry my ma dit reg as sy by die huis kom. My ma werk nie juis nie, sy model net so af en toe. Vir advertensies, in tydskrifte en op die TV. Dis dié dat die huis so vol tydskrifte is, want sy koop altyd as “haar” advertensie in is. Dis dié dat ek die woonwa gekry het — ek het vir ’n kompetisie ingeskryf uit een van die tydskrifte, en toe wen ek. My ma wou nie hê ek moet inskryf nie, want die vorm was agter op die advertensieblad, maar toe skeur Boeta dit in elk geval, toe koop sy ’n nuwe en toe plak ek die oue reg en stuur dit in vir die kompetisie. Dat ek nou die woonwa het, is dus deels te danke aan Boeta, moet ek bieg. Maar as dit nie vir Boeta was nie, het ek dit seker nie nodig gehad nie.

My pa werk nie. Hy is jare gelede geboard weens sy rug en kry nou ’n disability grant. Dis nie baie nie; dis hoekom ons nie sakgeld kry nie. Ek verdien geld deur huiswerk vir my klasmaats te doen — ek is nogal goed met handskrif na-aap. Ons is nie arm arm nie, maar die geld is ook nie volop nie. Boeta kry ook ’n disability grant, maar my ma gaan haal dit by die poskantoor. Sy sê sy vertrou nie vir ander om dit direk huis toe te bring nie. Ek steek my geld weg dat ander nie daarvan weet nie. Dis te min om te deel, en boonop deel die ander nie met my nie. Behalwe Rasta Joe — hy sou alles met almal deel, dis hoekom sy geld deur ’n trustfonds bestuur is. Rasta Joe was saam met my pa op skool, maar my pa het mos vroeg die skool gelos om sy ambag op te neem, want my ma was swanger en hulle moes eet. Sy is ook vroeg uit die skool uit, dis hoekom sy so met my aangaan. Nog ’n kind kan sy nie bekostig nie.

Rasta Joe se pa het ’n klomp geld op die perde gewen — maar dit het almal eers later uitgevind, want dobbel is ’n sonde en hy het net spoorloos verdwyn toe hy gewen het. Mense het eers gedink hy’t verdrink, want hy het gereeld gaan visvang, maar mense verdrink nie entlik hier nie, veral mense wat hier woon. Eers jare later toe hy dood is, toe ontdek hulle dat hy met ’n ander vrou getrou het — hy’t aangeneem dat Rasta Joe se ma hom sou geskei het oor hy hulle so gelos het, en dat hy dus vry was om weer te trou — en dat hy spogryk was.

Sy testament het eenvoudig al sy geld aan sy “vrou” gelos, dus het dit na Rasta Joe se ma gekom. Die ander vrou was natuurlik baie upset — dis seker die enigste rede dat sy met die man getrou het, want hy was nie juis ’n mooi man nie, en sy het ook op haar slag spoorloos verdwyn. Rasta Joe se ma, meanwhile, het nooit oor die skok gekom nie, en is aan ’n hartaanval dood. Rasta Joe kry dus die hele klomp geld, altans die testament sê hy sal dit kry sodra hy die ouderdom van verstand bereik. Aangesien hy nog geen teken van verstand toon nie, word hy steeds sy lewensonkostes deur die trustfonds betaal, wat nie te hoog loop as iemand in die bosse bly soos hy nie.

Ek sukkel soms met slaap, dan staan ek saggies op en gaan stap op die strand. Die honde lê hier buite die woonwa, maar hulle raas nie as hulle hoor ek stap saggies nie. Vannag toe ek strand toe kom, blink die maan rond en vol, wit oor die water. Dis seker hoekom ek die surfboard opgemerk het, glad en blink op die sand. Mense surf nie diékant van die baai nie, as gevolg van die rotse, maar die surfboard lyk heel ôraait, sonder enige breke of krake. Ek weet ek kan dit nie sommer huis toe vat nie, mense sal dit sien, en dis te groot om in die woonwa weg te steek. Ek moet dit wegsteek totdat die eienaar weer na sy vakansiehuis toe is, en dan maak of ek dit gevind het. Mense vind altyd verlore goed op die strand. Na twee weke is dit joune, as ’n polisieman nie besluit om dit te claim nie. Maar ’n surfboard sal niemand kan claim nie: ons sou geweet het as iemand so ’n mooi ding gekry het.

Die surfboard is baie lig en dra maklik, en ek steek dit weg tussen die rotse. Toe ek terugstap, sien ek nog iets. ’n Man. ’n Mooi man — altans hy was, met lang blonde hare en ’n diep, egalige tan. Van sy tone is weggenibble en sy vel is geweek en gefrommel van te veel in die water lê. Ek hoef nie aan hom te raak om te weet hy is koud nie, en dood. Die water spoel so oor hom en stoot hom hoër en hoër met die strand op. Sy baaibroek blaas op soos ’n ballon met die gety, en ek merk op die rek is gedaan. Die laaste keer stoot die water vir hom, maar sy broek bly effens agter, en ek sien die spierwit van sy lende, die donker skaamhare, en die gedeeltetjie wat so dryf met die gety soos ’n jellievis. Sy hare moes ge-dye gewees het, want anders sou sy skaamhare ook blond wees, soos myne, meen ek, maar ek kry skaam oor my gedagtes en trek sy broek vir hom op.

Ek stap na die sokkerklubsaal en klim by die venster in. Ná ek gebel het, wag ek by die strand vir die polisie. Na ure, wat seker net ’n halfuur is, daag hulle op en kyk na die man. Niemand is al aangemeld as vermis nie, en die man is klaarblyklik al ’n tyd in die water. Toe hulle hom optel om agter in die van te sit, val sy broek weer af. Hulle merk nie eers op nie. Ek tel dit op en loop agterna. In die agtersak is iets, ’n karsleutel. Ek wys vir hullle. “Gelukkig is dit ’n Datsun s’n,” sê ek behulpsaam. Hulle kyk my verstandloos aan. “Dan sal julle weet as julle die regte kar het, as hy pas! ’n Toyota s’n sou nie help nie, enige Toyota-sleutel pas enige ander Toyota net so goed.” Hulle stel nie juis belang nie, merk ek op, en ek kan nie help om te wonder of die nat swembroek en motorsleutel wel clues sal wees tot die dooie man se identiteit, of nog net meer rommel onder die sitplek nie. Boeta sou seker ’n goeie polisieman uitmaak, net jammer hy kan nie sy naam spel om aansoek te doen nie.

Sondae gaan ek nie meer kerk toe nie. Ek het opgehou toe ek nog klein was — ek het agtergekom hoekom my ouers dit wou hê. Sondae, met al die kinders uit die huis, kon hulle bietjie alleentyd kry, en dit, eerder as enige geloof, het hulle ons laat kerk toe gaan. Die ander gaan nog — Boeta hou van sing, en Pietie om geld uit die kollektebord te steel. Boeta gaan nie vandag kerk toe nie — hy gaan egter hospitaal toe. Sy nek het hy nog seerder gemaak.

Ek vat die surfboard polisiestasie toe. Die polisie het nog geen clue oor die identiteit van die man nie, en wag tans vir ’n vermistepersoon-kennisgewing.

Ek trek my bikini aan — ek het nooit voorheen ’n bikini gehad nie, maar nou moet ek een dra weens my nuwe body shape — en stap vakansiestrand toe om te gaan kyk hoe om te surf. ’n Man op die strand kyk my belangstellend aan. Hy laat my dink aan my besoek aan die SAUK-gebou, toe ek Ma se huissleutels vir Pa gaan haal het, en ek toe gevra is om te model. Ma sê toe nee. Ek wou nie juis nie — vir my lyk dit nogal boring om rond te staan en dof vas in die kamera te kyk, of herhaaldelik opgewonde te klink oor ’n nuwe waspoeier, maar ek het gehoor van oorsese reise — dit bied tog die belofte van ’n uitweg.

Op skool, Maandag, daag daar proefonnies op: ons kry proefonnies vir Geskiedenis, en Engels en Bybelkunde. Ons neem aan hulle is seker verloof — hulle staan styf langs mekaar op die verhoog, en deel ’n gesangeboek by Saal. Aan haar vinger blink ’n groot diamantring, wat vonke op die mure laat spat as sy haar hand beweeg. Ons hou hulle fyn dop, in hulle netjiese stadsklere, uitgevat en modieus. Hier kry ons min proefonnies — dis nie net omdat ons skool in die gopse is nie, maar ook omdat daar ’n tekort is aan competent supervision.

Ons kunsklas het alleen Bybelkunde, dat ons ’n driedubbele periode kuns kan kry, eerder as twee dubbelperiodes soos die Geskiedenis-klas. Dit pas ons nogal — die Bybelkunde-onnie laat ons gewoonlik huiswerk klaarmaak eerder as om die leerplan te probeer volg. Daar is tog net vyf van ons in die klas, en ons stel nie juis belang nie. Maar vandag het ons die proefonnie vir Bybelkunde, en hy praat met ons oor Voorhuwelikse Seks. Niemand wil juis iets sê nie, al stel hy sy mening aan ons. Volgens hom is dit nie ’n sonde nie, solank jy die ander persoon respekvol behandel en met liefde benader. Ons dink aan hom en die Geskiedenis-proefonnie saam, en kyk vir mekaar agter ons boeke. Ons stel voor die mooi klere uitgetrek in ’n hoop op die vloer, en haar beringde hand wat oor sy naakte liggaam streel. ’n Warm gloed steek tussen my bene aan, en ek druk my knieë styf teen mekaar vas. Ek kan voel hoe brand my wange, en ek laat opsetlik my potlood val dat ek ’n tydjie onder op die vloer kan rondkrabbel, dat ek nie in iemand se oë hoef te kyk nie.

Die proefonnie gee ook vir ons Engels. Hy laat vir ons ’n opstel skryf oor onse grootste begeerte. Ek skryf nie oor model nie, maar eerder oor wegkom. Ek wil nie in die klas uitgelag word nie, soos Caroline wat lugwaardin wou word maar kloustrofobies was. Sy het van die lugwaardin-uniform gehou. Sy het laasjaar die skool verlaat, en werk gekry by Woolworths. Sy is gelukkig daar, want hulle dra ook ’n smart uniform.

Dié aand gaan stap ek weer langs die vakansiestrand. Ek verstaan nie mooi hoekom nie, maar ek is net nie lus vir my gewone strand, of vir die mal honde nie. Ek gee voor dis oor die surfing, al surf niemand so laat in die dag nie. Hulle sit seker nou almal by hulle hotelle of gastehuise en eet. Die sand op die vakansiestrand lê uitgespoel agter die vlugtende branders. Agter lê my voetspore soos wonde op die maagdelike wit gladheid. Ek voel opgewonde, amper poëties, en toe ek die ring gewaar, is ek glad nie verras nie. Ek tel dit op en pas dit op my duim. ’n Mansring, gladde geelgoud, glinsterend in die liggies wat skaam-skaam wink vanaf die hotelle oorkant die straat. Dit voel nog warm, al het die son gesak. Ek draai stadig om, om te kyk of daar iemand naby is wat die ring kon verloor het, al weet ek die strand lê verlate. Maar — tog nie! ’n Man staan ’n paar tree agter my, donker teen die hotelliggies. Dis hy! Die proefonnie! Hy stap nader, en glimlag vir my.

“Ek het gedog dis jy,” vertel hy, “maar kon nie mooi seker wees in die skemer nie.” Ek bloos, gelukkig dat dit onopgemerk sal wees in die halflig, en groet skaam. “Pfwêh! Niks ‘Meneer’ nie! Ek is Charl, soos ek al vir jou gesê het!” Ek onthou dit — toe hy hom aan ons in die klas voorgestel het, het hy direk na my gekyk toe hy sê noem my maar Charl. Omdat niemand juis iets gesê het, is sy naam egter nie genoem nie.

Ek vra vir hom wat maak hy op die strand terwyl die ander seker eet, of tv kyk, of wat ook al stadsmense doen as hulle met vakansie strand toe is. Hy vertel dat hy bietjie vars lug soek, dat hy bietjie wil wegkom van sy niggie. Het hy dan familie hier, wil ek weet. Hy glimlag en skud sy kop. “Nee wat,” lag hy, “dis sommer net Karin. Jy weet, die een wat ook by die skool proef!” Ek is skoon verward — is die ander proefonnie dan nie sy verloofde nie? Hy skud weer sy kop. “Is dit regtig wat jy gedink het?” wil hy weet, en toe ek skaam antwoord, spot hy ligtelik: “Is dit hoekom jy my gister so skeefgekyk het toe ek vir jou op die strand groet? Jy dink ek wil met jou jôl terwyl my verloofde daar by die gastehuis sit en wag?”

Ek besef meteens dat die man wat my gister so belangstellend aangekyk het, wel hy was, en probeer verduidelik dat ek op daardie tyd nóg hom nóg sy niggie ontmoet het, maar hy vat net laggend aan my hand en trek my nader. “Geen verskonings nie!” lag hy, en streel liggies oor my wang. Tussen my bene steek die vlamme weer op, en ek staan stokstyf toe hy my teen sy warm lyf druk. Sy borshare kielie teen my lippe, en ek proe die soutstrandgeur op sy bors toe ek my lippe lek. Teen my maag voel ek die harde teenwoordigheid van sy voël, en my tepels slaan vuiste teen sy ribbes. Sy hande beweeg stadig oor my rug, vryf langs my bikinitou, en beweeg dan verder af. Hy druk ferm aan my boude, hou my vas teen sy lyf, en buk dan af dat sy lippe myne vind. My mond staan effens oop, en my asem snik weg toe sy tong lek-lek oor my lippe streel, en dan vinnig tussen my tande deurglip. Ek voel hoe verslap my liggaam terwyl sy tong aan myne raak — soos ’n dansende figuur in ’n passiewe skare wat later almal aan die dans het, steek hy my aan. Ek soen terug, meegevoer deur sy aanraking, gevang deur die hartstog wat hy in my laat opvlam. Ek dink aan al die boeke wat ek gelees het, aan helde en heldinne wat wegsweef uit hulle gevangenskap, wat uitrys bo die ander, wat meer word as wat hulle voorheen was. Ek dink aan Sara-wat-in-die-woonwa-woon, en ek dink aan myself wat nou daar op die strand staan en soen, en ek voel soos ’n krygsgevangene wat bevry is. My hande streel, klou, vat aan sy rug, sy boude, sy bobene. Sy lyf is ferm en harig, ’n regte manslyf, en ek wemel onder die genot.

Hy vat aan my bors, stoot die bikini opsy, dat die bors vryspring. Hy vryf daarteen, druk, soen en suig. My hande raak nou aan die voorkant van sy broek, en ek voel hoe wip sy voël binne-in. Sy hand gly nou oor my maag, onder my bikini en tussen my bene. Met sy voet skuif hy my linkerbeen opsy, dat ek wydsbeen staan. Sy hand vryf liggies oor my skaamhare, tussen my liefdeslippe, en gly oor die natheid daarbinne. Ek voel hoe stoot hy sy voël teen my hande, hard en dringend. Ek haal diep asem en steek my hand met sy broekspyp op. Glad en styf staan sy voël teen my hand, en ek vat liggies daaraan. Op en af gly hy, op en af, terwyl die vingers tussen my bene die vlamme hoër en hoër laat brand. Vonke bars agter my ooglede los, en ek gryp hard aan hom. Met ’n harde kreun stoot hy hom vorentoe, en my hand voel skielik nat en taai. Hy hou my styf vas, my bewende liggaam teen sy vaste, stewige lyf. ’n Lang ruk staan ons so, alleen op die stil, slapende strand.

Charl stap terug met my na my woonwa, ewe gemaklik terwyl ons gesels oor boeke en skryf. Ek voel nog half skaam teenoor hom, en praat nie baie nie. So af en toe gaan staan hy, en soen vir my. Ek is bly oor die laat uur, dat niemand ronddwaal op straat om ons te sien nie. Ook jammer. Hy praat oor sy niggie wat moet besluit oor trou — sy is nou al ’n jaar verloof, maar is tog onseker oor haar verloofde, haar toekoms, haar lewe. Sy het besluit om hier te kom proef om afstand te kry, om alles van verder af na te dink, en Charl moet saam om alles met haar deur te praat. Hy soen gou weer, wag dat ek by die woonwa instap, en loop dan terug.

Ek lê op my bed sonder die verlossing van slaap. Ek voel half skaam, half skuldig. Ek dink aan Riekie King en die wiskunde-onnie — sy’t by hom gebabysit, in ruil vir ekstra lesse. Hulle is toe altwee uit die skool uit — sy glo na die handelskool — tog het ons haar ’n paar maande later sien prêm stoot. Wat as proefonnie weggestuur word oor wat vroeër gebeur het? Sjit, ek het vergeet om Ma te vra oor Boeta!

Dinsdagoggend kry ons ons normale Engels-onnie. Vir Charl sien ek glad nie. Meneer gee ons opstelle terug. Ek vat ook Betsie s’n, vir R10. Betsie kry baie sakgeld, want haar ouers is geskei. Ek doen Betsie se verbeteringe, en lees dan my eie. Ek merk op dat dit deur Charl gemerk is. Hy skryf daaronder dat ek moet dink aan Engels as loopbaan, miskien self onnie word. Dis Ma se idee ook, weens die gereelde salaris. Sy sê ek sal maklik ’n pos hier by die skool kry — daar is altyd nuwes wat trou om so gou moontlik weg te kom. As ek so kies, sal ek seker wel hier ’n pos kry. En as ek elders kies? Hulle sal seker maar vir my in elk geval hiernatoe stuur, soos die ander wat hier beland. Ek glo nie hulle het gekies om hier te kom klasgee nie.

Dié middag stap ek nie. Ek loop sommer direk woonwa toe en klim op my bed. Ek vergeet weer om Ma te vra oor Boeta.

Die volgende dag hoor ek by Betsie die Geskiedenis-proefonnie is weg. Ek vat nie Geskiedenis nie — ek het te veel van my eie menings. Ook oor Bybelkunde — ek dink aan die gesprek oor sonde en voorhuwelikse seks, en voel nogal skuldig.

Toe ek by die huis kom, sien ek Ma spuit die tuin nat. Dis heel ongewoon. Miskien is Pietie laat — hy kom gewoonlik lank voor my by die huis; miskien wag Ma vir hom. Ek vra vir Ma waar is hy. Sy sê hy’s binne, by oom Joe. Oom Joe, nie Rasta Joe nie, wonder ek. Waar is Pa dan? By die hospitaal, sê Ma. Dit herinner my — hoe gaan dit met Boeta? Hy’s dood. Dood! Hy’t glo probeer om uit die bed te spring om ’n verpleegster te jaag. Hy’t sy nek gebreek. Dood.

Boeta. Die kind wat nie moes bestaan het nie, dood, na 19 jaar. Ek dink — my bestaan is deels as gevolg van sy bestaan. As hy nie bestaan het nie, sou my ouers nie getrou het, dus sou ek nie gebore geword het nie. Ek is deels te danke aan hom. Nou is hy dood. Miskien bestaan ’n deel van my nie meer nie? Ek weet nie. Ek roep die honde en gaan stap op my gewone strand. My strand. Die wind wip deur my hare, en die branders slaan woes op die rotse neer. Ek kan my Boeta nie dood voorstel nie. As ek aan dood dink, dink ek aan die opgespoelde man wat ek daar op die strand gekry het. Dis dood, nie Boeta nie. Die man … iewers het hy dalk familie wat hulle ook nie kan voorstel dat hy dood is nie. As hulle weet. Niemand het al vertel dat hy uitgeken is nie.

Ek dwaal sonder rigting rond. Ek stap op die sportveld, gee nie om oor dorings wat in my voete steek nie. Ek voel so half gevoelloos, verward en geskok. Ek dink aan die man, aan Charl, aan Boeta. Aan Ma wat die tuin natspuit. Die honde blaf opgewonde en ek draai om. Betsie kom aangehardloop; haar oë blink met nuus wat sy dringend moet deel. Sy’t obviously nog nie oor Boeta gehoor nie. “Sara!” roep sy, “Jy’t seker nog nie gehoor nie! Daai dooie man wat jy op die strand gekry het — weet jy wie was hy?” Ek kyk af, pluk ’n doring uit my voet uit. “Die proefonnie se verloofde! Hy’t haar kom oorreed om sommer dadelik met hom te trou, maar het obviously nooit by haar uitgekom nie! Hy moes verdrink het voordat sy eers geweet het hy’s hier! Sy en die ander proefonnie — hy’s glo haar neef, nie haar lover nie — is toe dadelik terug stad toe, om reëlings en goed te tref — glo baie ontsteld. Hei, wat’s fout?”

Die trane storm oor my wange af. Charl is weg. Boeta is dood. Die man — ’n man, nie ’n lyk nie. Ek huil hardop, dat die honde ook tjank. Betsie kyk my bekommerd aan. “Dis Boeta,” vertel ek, “hy’s dood.” Betsie stap terug saam met my huis toe, sommer by die voordeur in, verby die stinktekkies en die hondepis, reg deur tot in die sitkamer, waar almal sit en tee drink.


to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.