Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ons dubbelbed

Miquette Redelinghuys

Die bed. Groot en bedreigend. Altyd so alleen. Swart satynlakens op swart. My gunstelingkleur. Dalk moet ek dit verander na wit. Dan leef ek in ironie - wit vir reinheid en ek wat myself so onrein moontlik maak tussen die wit lakens. Die feit dat ek nie eintlik veronderstel is om dit te doen nie, het my nog altyd gefassineer. Dat dit half buite orde is.

Ek het nie my virginity op skool verloor soos almal wat ek ken nie, en ek het dit ook nie gedoen toe ek die eerste en beste kans gekry het nie. Nee, ek wou altyd wag. (Dit het natuurlik 'n hele paar mans out of their minds gedryf.) Ek wou dit altyd anders hê. Out of custom anders.

Die lewe is so boring en alledaags. Hoekom moet die enigste ding wat ek geniet en mense mee kan help om hulself te geniet, dan ook alledaags wees?

Miskien is dit waar dit begin het. By die anders wees.

Kinky stuff. Om die waarheid te sê het dit nooit rêrig iets vir my gedoen nie. Daar is min dinge wat dit rêrig vir my doen. Behalwe die feit dat dit donker en onaangeraak moet wees, misterieus. Dit maak dit so irresistible. Ek bedoel, ek kan dit nou elke keer geniet op 'n ander manier en dan nog betaal word ook daarvoor.

Daar is soveel woorde om my te beskryf. Soveel kras woorde, maar ek hou van dit wat ek doen en ek sê dit nie net om anders te wees nie. Ek sou nooit so lank daarmee kon aanhou as ek nie daarvan gehou het nie, want ek raak te gou verveeld.

Dis goed om te weet dat ek ander mense ook gelukkig maak. Al is dit ook net vir 'n paar minute. Dalk is dit al geluk wat hulle ooit sal hê. Dit is miskien 'n verdraaide begrip. Om te dink ek kan mense gelukkig maak - maar snaaks genoeg is dit vir my nogal 'n passie.

Ek dink dit het lank terug gebeur, toe ek 'n ou wat op die grens was, net gehelp het om die regte besluit te maak. Dit het soveel vir my beteken om te weet hy is gelukkig en het vrede in sy hart dat ek nie kon ophou nie. And that is where the whole rigmarole started.

Gister het ek iets heeltemal out of the ordinary gedoen. Iemand het ons afgeloer en ek het teen 'n staaldraad gestaan. Hy was baie powerful en masculine. Toe ek sy lyf sien wat blink soos koper in die son, het ek gedink aan 'n gedig wat ek op skool gedoen het: "Die Gevalle Zoeloe-indoena". Dit was glad nie vernederend nie - dit was eintlik nogal feminine. Dit was lank en uitputtend; ons was beide baie natgesweet. Dalk is dit hoekom dit so lank aangehou het. It was something to remember. Weer eens omdat dit kind of illegal was. If you didn't get caught … did you really do it?

And now here I am, thinking back. Holding memories. Ek het altyd die gawe gehad om net klein brokkies van belangrike inligting te onthou en dit alles spring nou in my kop rond soos 'n mal haas.

My bed was al voller as Durban se strand oor Krismis, maar hy bly leeg, want jou oë waarsku my altyd.

Ek betrap myself voor die venster met my hand op my kaal bobeen. Dit skuif op, stadig. Baie stadig tot dit tot rus kom op jou favourite spot. Ek sak terug teen die kussings. Luister na Madonna en kyk na die kerse wat jy vir my gekoop het. Die vlamme flikker weerbarstig, amper soos my liggaam. Diep binne, waar ek nou amper is, maar waar net jy nog kon kom. Ek het nooit gedink ek sal so oor myself streel nie. Dit is simpel, ek weet, maar ek verbeel my dis jy. Jy het my nou net gevat, stadig, grasieus en rustig soos ons daarvan hou, want ek is alleen in ons dubbelbed.



LitNet: 01 July 2004

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.