Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Passievrug

Penkop

Die eerste keer toe my vrou (toe nog my meisie) my geslag in haar mond geneem het, was in Parys. Ons het toe geruime tyd al 'n ongewone soort seksuele verhouding gehad. Ek kan nie meer die presiese motivering onthou nie, maar om een of ander rede het ons gevoel dat ons met die "real thing", penetrasie, sou wag tot ons getroud is. Dit was eintlik belaglik, want ons het lankal geweet dat ons eendag sou trou en dit was nie asof ons ons as ongetroudes juis kuis gedra het nie. Daar was geen skaamte meer tussen ons nie en ons het omtrent elke aand intiem verkeer op elke moontlike manier wat penetrasie uitsluit.

Tipies sou sy op haar rug lê en ek op my sy. Ek sou dan, terwyl ons tongsoen, met die een hand haar borste bewerk terwyl die ander een op en af oor haar gleuf streel totdat die nattigheid voelbaar genoeg was om die spoed en diepte van die aksie te laat toeneem op pad na 'n sierlike orgasme. Sy sou, van haar kant af, met haar hand my voorvel op en af laat gly en met goed-geoefende tydsberekening af en toe eers stop om seker te maak dat ons saam klaarmaak.

Soms het ek weer op my rug gelê en sy bo-op my, wydsbeen oor my een bobeen om die nodige drukking daar te bewerkstellig. Ander kere was sy op haar maag, sodat ek van agter af my vingers in haar nat opening kon laat ingly.

Veral aan die begin, voordat ons tydens vrysessies ons klere begin uittrek het, het ons dikwels met klere en al klaargemaak. Die eerste keer was per ongeluk: toe ek besef dat die saad in my broek gaan spuit (ek was, soos elke jong man, 'n ervare masturbeerder en het die gevoel geken), was dit te laat vir keer. Sy het dit agtergekom, maar eers niks gesê nie. Later het sy laat blyk dat sy ook al, soos ek vermoed het, baie kere 'n orgasme gehad het. Een keer het ons selfs anale seks probeer (met vogroom uit 'n plastiekbottel), maar dit is 'n tegniek wat ons eers later, as getroudes, vervolmaak het. Baie keer het ons al twee meer as een (die rekord was ses) klimakse in een aand bereik.

En dan was daar orale seks - cunnilungus om presies te wees, want eers was dit net ek wat dit vir haar gedoen het. Ek het wel 'n keer of wat laat blyk dat ek nie sal omgee vir 'n soortgelyke guns nie, maar ek het gou gesien dat sy nie daarvoor kans sien nie. Dus het ek my maar verlustig in die gee daarvan: die wilde geur in my neus, die sout smaak op my tong, die kreunsug in my ore en die onderlyf wat rukkend smag na meer (om van die ongelooflike uitsig nie te praat nie). Hulle sê mos gee is beter as ontvang. Tog sou ek graag 'n keer of wat wou ontvang ook, veral te oordeel aan die vreugde wat ontvangs haar duidelik verskaf het.

En toe is ons in Parys. Dit was my eerste besoek aan Europa, haar tweede. Alles was nuut en mooi vir ons, selfs die krotterige ou hotelletjie bo 'n raserige straat in 'n nondeskripte buurt van die stad. Voor dit was ons in België, Nederland en Duitsland, en later ook nog Engeland toe. In Amsterdam het ons 'n local se woonstel vir die aand gehuur waar ons, met in die agtergrond CNN (toe ook nog 'n nuutjie vir Suid-Afrikaners), in mekaar se warm sweterige lywe verdrink het tot dagbreek toe.

Ons het die groot stede van die ou wêreld een vir een met ons lyflike passie gemerk en as ons eie opgeëis. In Parys het ons, na 'n lang dag van besigtiging en verwondering, moeg by ons hotel ingeboek. Die kamer was klein en ons lywe moes teen mekaar skuur om in die kamer rond te beweeg. Na 'n verfrissende stort en 'n aandete van brood en vrugte uit die supermark op die hoek het ons met ons jeugdige, kaal lywe op die skoon lakens toegesak.

Iewers in die middel van die aksie het sy soen-soen al met my lyf langs afbeweeg en toe vir 'n vlietende sekonde die punt van my geslag met haar koel, nat lippe omhels. Dit was 'n sensasie wat my vir jare daarna sou bybly. Op daardie oomblik het ek haar nog intenser liefgekry, omdat sy dit ten spyte van haar huiwering vir my wou doen. Sy het egter nie kans gesien om dit langer te laat aanhou of om haar tong by te bring nie. Uiteindelik het ek met mening op háár afgegaan en haar met die wilde wrywing van my tong ekstase laat proe. Daarna het ek heerlik teruggelê en met haar koel borste gespeel terwyl sy my met haar hand bevredig.

Dit was eers jare daarna, toe ons al lank getroud was, dat sy weer op 'n dag besluit het om my wens te laat waar word. Nou moet ek bysê dat ons twee, in vergelyking met wat ek van ander getroudes hoor, 'n baie opwindende sekslewe het. Nie een van ons het al ooit 'n ander seksmaat gehad nie, en hoewel 'n mens soms wonder hoe dit saam met iemand anders sou gevoel het (waaroor wonder 'n mens nie?), is dit nie iets wat ek mis of betreur nie. Ek kan nie glo dat die soort sporadiese, kortstondige kontakte wat seksueel aktiewe vrygeselle het, naby kan kom aan die erotiese intensiteit wat ek en my vrou saam beleef nie. Daar is min dinge wat ons nog nie probeer het nie. Ons kyk saam erotiese films in ons Adams- en Evasgewaad. Ons probeer elke denkbare en ondenkbare posisie uit. Ons gebruik erotiese speelgoed. Ons verras mekaar met selfgemaakte pornografiese video's. Ons bind mekaar vas en blinddoek mekaar. Ons vry per sms. Ons vat aan onsself terwyl die ander een toekyk. Ons doen dit in die bad en die stort, op die eetkamertafel, in die sitkamer voor die TV en in die gastekamer, sittend, staande, lêend, rollend, vallend, draend en knaend. Seks is vir ons 'n vrolike spel, 'n geöliede tegniek, 'n ekspressiewe kuns en sommer baie pret.

Daar is dinge wat ons nog nie gedoen het nie wat ek graag sou wou probeer. Baie van hulle sal nog aan die beurt kom; ander seker nooit. 'n Leeftyd is te kort om al ons fantasieë ingepas te kry.

My vrou het met verloop van jare ewe passievol gebly, maar skaamteloser geword. Sy weet waarvan sy hou, wanneer sy dit wil hê en hoe om daarvoor te vra. Sy laat my ook vry voel om suggesties - enige suggesties - aan haar te doen en laat my nooit sleg of ongemaklik voel omdat ek iets wil doen wat ietwat onfatsoenlik of buite die gewone is nie.

Ons albei se grense het deur die jare verskuif. Ons ken mekaar se liggame en begeertes so goed dat ons wonderlike dinge saam kan regkry - en ons gaan uit ons pad uit om die hoogtes te beproef.

Die aand van die tweede keer (en hierdie keer het dit nie net 'n vlietende sekonde geduur nie) was sy 'n slag lus om die leiding te neem. Ek, weer, het my gemaak-passief gehou, want ek was lus om verlei te word. Sy het ontklee terwyl ek toekyk en toe stadigaan die klere van my lyf gestroop. Na 'n lang, sagte tongsoen het sy my borskas en my sye gesoen, en ook my tepels gesuig en gebyt. Daarna het sy haar borste op my pelvis laat rus en hulle met draaibewegings van haar bolyf (en ekstaties toegeknypte oë) vorentoe en agtertoe teen my manlikheid laat vryf. Sy het my maag en my naeltjie gesoen en toe die binnekant van my bobene, my lieste en - ja, sowaar - my testikels en die skag van my geslag. Die opbouende opwinding wat hiermee gepaard gegaan het (en ek het nie eers daarvoor gevra nie), was grensend aan die bonormale.

Deur dit alles het ek net lekker teruggelê, met my hande agter my kop gevou, terwyl sy haar in die rol van slet en verleidster inleef. Uiteindelik het ek haar nat mond om die blink kop gevoel. Na 'n lang bederf op hierdie manier het sy weer soen-soen boontoe beweeg tot ek haar in my arms beetgekry, op haar maag gedraai en deeglik tot op die bergpiek gery het. Toe ek haar die volgende dag per sms vir die "lekker blowjob" bedank, het sy teruggeantwoord dat sy dit ook geniet het.

Sedertdien het ek dié plesiertjie meermale beleef. Die lekkerste is as ek tydens penetrasie lank genoeg kan uithou om nie self klaar te maak terwyl sy haar orgasme bereik nie; dan vra ek haar om my met haar mond te doen. Sy stem gewoonlik gretig in, en as ek voel dat die ontploffing nader kom, vra ek of ek maar in haar mond kan klaarmaak. Tot dusver het sy nog nie daarvoor kans gesien nie. Dan laat sy haar hand oorneem om my oor die laaste helling te help. Die klimakse wat ek so beleef, oorskry alle grense van betaamlikheid.

Daar bly dus nog nuwe dinge oor om uit te probeer, nuwe grense om oor te steek vir haar en vir my. Die vibrator wat ek vir haar verjaarsdag gekoop het, het ons al heelwat nuwe moontlikhede op die spyskaart laat proe. Haar verjaardag-G-string sit mooi. My huweliksherdenkingspresent, die KY-jellie, het ook al handig te pas gekom. (Nie dat sy 'n tekort aan natuurlike smeermiddel het nie - allesbehalwe - maar die buitensporige glibberigheid wat die buisie toevoeg is nogal lekker, veral as ek haar ander gaatjie verken.)

Daar is nog 'n lysie plekke en posisies in my kop wat ons 'n keer moet beproef. Een van die dae wil ek haar vagina kaalskeer om te sien hoe dit lyk en te proe hoe dit voel teen my tong. ('n Bietjie sjokolademoes of roomys kan lekker daarby gaan, veral as sy my ook wil skeer.)

Wie weet, eendag sal ek dalk weet hoe dit voel om my passievrug in haar mond te laat uitloop. Die opwinding lê mos in onvoorspelbaarheid ... en verrassing.

Intussen kan ek die getroude lewe van harte aanbeveel.



LitNet: 15 December 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.