Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ontwaking - Deel 5

Grys Klip

Hy los sy penis en dit flop so half teen sy maag en gly dan af om teen sy dy te gaan lê. Nie slap nie, maar darem ook 'n hele ent van styf af.

Hy sit sy hande op haar skouers en trek haar nader en af na hom toe om haar te soen. Toe sy so vorentoe buk, druk die taai muskadel wat aan haar slaapbroek se bokant kleef, in die vou van haar maag in.

"Wag net", sê sy, "Hierdie ding is nou baie taai", en begin om die broek uit te trek. Hy staar haar aan met openlike verbasing op sy gesig.

"Jy het mos al klaar my doos gesien. Amper nog jou neus daarin gedruk." En begin giggel. "Is daar nie nog muskadel nie?"

Sonder om te antwoord trek hy haar af en begin haar soen. Gou word die tonge bygetrek en dis nie lank nie of haar asem begin spoed optel. Sy swaai weer haar been oor syne sodat sy een been tussen hare lê. Sy beweeg so dat die drukking weer net op die regte plek is en begin stadig - sonder dat hy dit moet agterkom - haar heupe beweeg. Dan laat sy een hand afgly uit die omhelsing en voel-voel hier oor sy maag. "Ai, ek is so bly jy het jou piel weer teruggekry," mompel sy midde in die soen, maar moes wegruk toe hy uitbars van die lag. "Jy is skoon wonderlik, meisiekind. Ek dink ek moet nou eers teruggaan na die woonstel en elkeen van die twee meisies daar 'n drukkie en 'n soen gaan gee vir die wonderlike ding wat deur hulle toedoen gebeur het."

Sy verstewig haar greep op sy piel - verslap dan en vra bekommerd, "Het ek jou nie nou seergemaak nie?"

"Nee, wat. 'n Piel is robuust en kan baie druk vat - van alle bronne af (maar sy snap nie die verwysing nie). Dit is net sy voorkant, onder die vel, wat gevoelig is. Druk maar so hard as jy wil."

Wat sy toe ook met mening doen. "Dink net daaraan om terug na daardie meisies te gaan en jy doen dit sonder piel. En sommer ook sonder penis."

Weer moet hy lag.

Sy kry so 'n veraf uitdrukking in haar gesig en die heupbeweging begin meer merkbaar word. Hy was egter al lankal van die klammigheid op sy dy bewus en het doelbewus nie daarop reageer nie; hy is té nuuskierig om te sien wat sy gaan doen.

"Weet jy wat vroeër vanaand met my gebeur het?"

Hy skud sy kop.

"Ek het my eerste orgasme ooit gehad. 'n Grote. 'n Baie grote. Dit het gevoel asof alles binne my saamtrek en dan losskiet met sulke weerligflitse wat deur my trek. Orals. Wonderlik. En nou wil ek nog een hê voordat ons gaan slaap."

Terwyl sy praat, het die heupbewegings ook verstewig en het haar bene begin om saam te trek en sy been tussen hulle vas te druk. Haar lippe lyk vol en sy hou haar mond effens oop. Hy ruik op haar asem so 'n muskusgeur waarvan hy al gehoor het, maar nog nooit self ervaar het nie. Hy weet indien hy sy hand kon laat sak en van die klammigheid op sy dy kon afvee, hy baie dieselfde geur so raakloop. 'n Dampie wat definitief sal keer dat sy piel weer gou in 'n penis transformeer!

"Wag 'n bietjie," en hy stoot haar weg.

"Nee. Nee. Nie nou nie."

"Nee wag nou. Ek weet waarmee jy besig is; jy wil jouself teen my been opwerk tot nog 'n groot orgasme. Net soos vroeër vanaand. Ek het 'n beter idee."

"Wat is dit?"

"Jy het vanaand baie nuwe dinge geleer en gedoen. Verbasend baie en so maklik asof dit die natuurlikste goed in die wêreld is."

"Maar is dit dan nie? Dit voel reg. En baie lekker."

"Nie alle mense dink so nie. Byvoorbeeld, ek was tot dusver baie konvensioneel in die twee verhoudings wat ek gehad het. Die ene het nooit by seksuele omgang gekom nie, maar sy het my gemasturbeer totdat ek gekom het. Om 'blue balls' te keer. Jy weet dalk wat dit is."

Kopknik. "Dis waarvoor die voorspeler so bang was."

"Ek en die ander een - en jy ken nie een van die twee nie - het 'n hele paar keer seks gehad. Met kondoom en al en ook net in die standaardposisie, behalwe een keer toe sy op haar sy wou lê met my wat lepel lê agter haar. Dus was jou lek aan die muskadel my eerste ervaring van orale seks - al was dit so kortstondig. Nou, jy wil nog 'n orgasme ervaar. Ek is vreeslik nuuskierig oor iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar baie van gelees het. Die Yanks noem dit 'giving head'. In jou nuwe terme wat jy vanaand begin gebruik, beteken dit dat ek 'n dooslekker wil wees."

Sy sit stil. Kyk weg. Word rooi, Kyk dan weer na hom. Wil begin praat, maar staak.

Dan: "Is dit nie vuil 'daar' nie? My ma het altyd gesê 'n meisie moet baie was 'daar onder', anders gaan mense weet dat sy vuil is. Dis nou dat ek my doos gereeld moet was."

"Nee wat. Die 'vuil' waarna jou ma verwys, is net die reukies wat meisies normaalweg versprei. Dit raak net werklik merkbaar as sy lank nie gewas het nie en tweedens wanneer sy seksueel opgewonde raak. Soos nou."

"Jy bedoel jags."

En weer lag hy. "Is daar geen end aan jou nie?"

"Nie nou terwyl ek jags is nie. Bedoel jy jy kan my ruik?"

"Ek dink nie ek ruik al wat 'dáár ónder', soos jy dit noem, aan die gebeur is nie. Jy knyp my been heeltemal te styf vas vir iets om te ontsnap. Maar ek kan dit op jou asem ruik. Dit maak my ook jags." En hy lag weer terwyl die rooi skynsel weer op gesig deurslaan.

"Moet ek eers gaan was?"

"Nee! Dit gaan alles bederf. Ek wil nie die reuk van seep in my neus opasem nie. Jy wil mos nie 'n penis op jou hande hê nie. Seep in my neus sal dit dadelik veroorsaak. Nee, jy is reg net soos jy is. Jy het mos vroeër vanaand gebad."

"Hoe wil jy dit doen?"

"Kom lê hier op jou rug. Sprei jou bene - nog 'n bietjie. Jy moet vir my plek maak tussen hulle."

Tot haar verbasing gaan lê hy nie doer onder nie, maar maak hom hoog op tuis tussen haar bene - half bo-oor haar. Sy kan voel hoe druk sy piel ten haar lies. Nie baie ver van haar doos af nie. Sy wil so 'n bietjie wikkel om te sien of sy dit nie nader kan kry nie en te voel hoe dit voel nie, maar hy is dadelik by met 'n "Lê stil; moenie die versoeking tart nie; onthou ons het nie 'n kondoom hier nie." Hy laat sak sy kop en begin om haar te soen. Nie intens soos vroeër nie; ligweg, lippe raak omtrent net en dan is hy weer weg. Kus haar op die wange en in die nek. Alles ligweg. Dan haar ore. Hy suig aan 'n oorlel en sy ril skoon; sy het nooit geweet haar ore kan só sensitief wees nie. Haar tone krul eintlik. Borste, tepels, klitoris, haar maag en lieste en nou ore. Wat nog?

Weer begin haar asem jaag. Sy kan skoon voel hoe klam sy word. Dit raak nat tussen haar boude en sy voel dit wanneer sy hulle saamtrek. Wat gaan hy daarvan sê? Wanneer hy daar uitkom? Gaan hy dalk vies wees en sy plan verander? warrel dit deur haar kop terwyl sy probeer om al die nuwe gevoelens te verwerk.

Nou het hy 'n bietjie afgeskuif en lek haar bors, al om die tepel. Eers die een bors en toe die ander. Sy wens hy wil nou eerder die tepel aanvat en sy trek haar skouer en bolyf skeef om te kyk of sy nie die tepel nader aan sy mond kan kry nie. Maar hy wil niks weet nie. Hy bly die tepel ontwyk. Haar arms is om hom geklem en haar vingers trek spore op sy rug. Dan het hy hom. Hy suig hard aan die tepel en doen dan weer wat hy vroeër gedoen het - suig soveel as moontlik van haar bors in sy mond en wikkel dit dan heen en weer. Heerlik - maar sy wil meer hê. Sy smag nou dat hy nog laer moet beweeg.

Asof hy haar gehoor het, skuif hy verder af. Hy vertoef by haar naeltjie. "Nog steeds die geur van muskadel," hoor sy en dan sak hy nog verder af.

Uiteindelik het hy haar skaamhare voor hom - dooshare, dink hy, voordat hy iets sê en weer 'n keer reggestel moet word. Hy sak effens en sien dadelik die pienkwit klitoris wat vir hom ogies maak, heeltemal onder sy hoedjie uit. "Daarvan moet ek nou wegbly," sê hy vir homself. Daar is nou net té veel dinamiet in die vorm van gespanne senuweepunte daarso. Die volgende is die duidelik opgehewe dooslippe wat sommer wyd van mekaar staan. "Ja-nee, sy is naby; dit gaan nie lank duur nie."

Hy begin om met die vingers van sy regterhand teen haar te vryf - op en af in haar gleuf en stadigaan al dieper tussen haar lippies in. Hy moet sorg dat hulle goed nat word. Dan laat sak hy sy kop en begin om versigtig met sy tong en lippe aan die werk te spring. Saggies; eers links en dan regs; dan laer af en dan weer op en af, sonder om aan die klitoris te raak. Haar asem jaag al meer en hy kan met sy een hand wat na haar bors gestrek is, voel hoe die spiere in haar maag saamtrek en los en wriemel. Sy raak naby.

Sy kry hom aan sy hare beet en probeer om sy kop teen haar op te trek, stywer teen haar doos aan en ook hoër op - klitoris toe - maar hy sit dit teë. Hy hoor ook hoe sy met 'n sagte "hunhh hunhh hunnh" na asem begin snak. Nou is dit tyd om twee van sy vingers stadigaan in haar vagina op te stoot. Net 'n entjie vir eers en dan maak hy sy vingers oop en toe. Oop en toe. Oop en toe. Oop en toe. Oop en toe. Haar pogings om sy kop vas te trek en hoër te lig versnel en sy begin om haar bene te lig en sy kop vas te knyp. Die asemsnak-geluidjies wat sy maak raak harder en harder.

"Nou is dit tyd," dink hy. Hy lig sy kop, plaas sy lippe reg en suig hard aan haar klitoris. Speel met sy tong daaroor. Byt dit baie saggies vas tussen sy tande en wikkel hulle oor mekaar - net effens. Terselfdertyd druk hy sy twee vingers so diep moontlik in haar vagina op en speel die oop en toe nou met mening. In en uit. Oop en toe. In en uit. Die resultate oorskry sy stoutste verwagtinge. Die "hunhh hunhh" word 'n lang uitgerekte "aaaaahhhhh". Haar bene knyp amper sy kop van sy lyf af en dan plant sy haar voete weerskante hom en lig haar boude en rug van die grond af. Haar maagspiere onder sy een arm wriemel en hy kan voel dat sy orals deur haar liggaam krampagtig saamtrek en saamtrek en saamtrek. Die een op die ander. Hy los haar klitoris nou en gee aandag net aan haar labia ("dooslippe," prewel hy juis reg teen die onderwerp van sy gedagtes), maar sy neus hou darem so 'n baie ligte drukking op die "regte plek". Hy weet hy moet sy tydsberekening reg kry, want haar klitoris gaan gou baie sensitief wees en dan die beskerming van haar "huisie" opsoek. Intussen werk sy vingers voluit - altans so voluit as hy kan; dit voel asof hulle in 'n klem vasgevang is en dit steeds net stywer gedraai word. Hy glimlag wanneer hy terugdink aan vroeër toe sy hom so styf aan sy piel beetgekry het. Ja-nee. Hy sal haar moet herinner aan wat hy toe gesê het en sy nie gesnap het nie.

Met verdrag bedaar sy. Hy raak stiller en vee net met sy tong oor haar dooslippe. Sy vingers onttrek hy ook stadig totdat hulle heeltemal uit is. Sy het sy kop en hare gelos en haar hande vryf oor haar buik en dan af in haar lieste in langs sy wange af en weer terug. Hy lig sy kop en sien dat sy na hom kyk. Sy glimlag, maar dit bewe so ligweg.

"Vertel my 'n bietjie van die orgasme van vroeër vanaand. Daardie 'BAIE GROTE'", met 'n stem wat met die laaste woorde duidelik in hoofletters praat.

"Jou bliksem!" en skielik bevind hy hom weer in 'n kopklem wanneer sy haar bene om sy kop kruis; die drukking van haar dye forseer sy lippe en neus sommer diep in haar doos in. Hy kan omtrent nie asem kry nie.

"Jou bliksem. Jy het my nou bederf. Nou sal ek nooit weer met iets minder tevrede wees nie. Jou werk is van nou af vir jou uitgeknip." Dan los sy hom en lê terug.

"Wil jy vir my sê dat ek sulke goed ook met die voorspeler kon beleef het? Dat ek nie tot nou hoef te gewag het vir die weerlig en die donderweer en die flitse en … en wat nog … ek weet nie wat alles nie. Woorde skiet tekort."

"Van wat jy my van hom vertel het … nee, ek dink nie so nie. 'n Man wat net aan homself dink, sal nooit die moeite doen om sy maat ook plesier te verskaf nie. Dit klink vir my hy was so 'n persoon."

Sy kom half orent en trek hom nader sodat hy hoër teen haar opkruip totdat hulle gesigte langs mekaar is en hy met een been tussen hare lê. Weer met die dy op die regte plek, kom sy bly agter, maar nou veel rustiger. Gelukkig.

"Jy laat my nou sleg voel. Ek het ervaring van 'n man wat niks vir die vrou omgegee het nie en nou lê ek hier, versadig tot oor my oogbanke toe en ek kan voel dat jy steeds met 'n piel opgeskeep sit. Ek wil nie met jou wees soos die voorspeler met my was nie. Wat kan ek doen om te help? Iets soos wat jy pas aan my gedoen het en wat ek amper op pad was om vroeër te doen?"

Sy soen hom. Meer teer as vroeër, maar tog met intensiteit. Oopmond. Tonge.

"Jy proe … Ek wou sê jy proe snaaks, maar toe besef ek ek proe myself."

"Nou kan ek ruik - en proe! - waarvan jy vroeër gepraat het. Dis half aangenaam, maar ek dink nie dit sal die effek op my hê wat jy sê dit op jou het nie. Jags, onthou jy?"

"Reg. Heerlik. Heerlik jags."

Weer 'n soen.

"Dalk is daar iets anders. Jy het vroeër baie belangstellend geloer toe jy my broek so half afgetrek het. Dit lyk my jy het nog nooit kans gehad om goed ondersoek in te stel hoe 'n man lyk en werk nie. As jy nie omgee nie, sal dit gaaf wees om my met jou hand te masturbeer totdat ek kom. Dan kan jy sit en alles mooi beskou."

"Ja, asseblief. Dit klink jollie interessant."

"Indien jy op enige latere stadium meer wil doen, dan is dit jou saak en joune alleen. Ek gaan geen eise stel nie. Ons is hier heeltemal op gelyke voet. Indien ek jou wil plesier, dan doen ek dit op enige wyse wat ek dit wil doen. Mits jy dit nie afkeur nie. En die omgekeerde: jy is vry om te doen wat jy wil, met absoluut geen verpligting om enigiets te doen wat jy nie wil nie. Ek sal jou sê as ek van iets nie hou nie. Akkoord?"

Sy trek hom nader en gee hom nou 'n klapsoen. Niks intens nie, net 'n lekker ene.

"Hoe is dit moontlik dat ons … wat? … twee, drie maande kan uitgaan en ek weet dat jy 'n goeie en ordentlike mens is; en dan verander my waarneming van jou nogtans binne enkele ure soos dag en nag."

"My waarneming was nog altyd dat jy 'n gentleman is - van die eerste dag by die braai af. En hoe langer ons mekaar ken, hoe groter het my waardering geword vir wie en wat jy is - en vir wat jy nié aan my wou doen nie. Jy is bedagsaam en verantwoordelik en jy weet hoe om 'n dame by jou te laat goed voel. Altans, dit is wat ek voor vanaand gedink het. Nou weet ek daar is 'goed' en dan is daar iets heel anders - baie beter. Soos so baie ander dinge is die begrip 'goed' baie relatief. Maar nou is dit my beurt om jou goed te laat voel. Wat moet ek doen?"

"Die eerste is dat jy 'n handdoek gaan haal. Nie 'n skone nie, sommer die een wat jy na jou bad gebruik het. Ons wil nie jou mat bemors nie." Met sy laaste woorde verdwyn die vraende frons wat besig was om op haar gesig te ontwikkel.

Sy spring gou op en draf badkamer toe om die handdoek te gaan haal. Hy kyk haar agterna en dink dat hulle eintlik 'n wet moet maak dat elke vrou minstens een keer 'n dag nakend moet draf. Hoe sê hulle? "Poetry in motion". Eintlik moet dit in hierdie geval wees "moving poetry in motion" - met die "moving" wat in omtrent al die sinne van die woord op verskeie van haar liggaamsdele vertolk kan word. Dieselfde met die terugkom, alhoewel die handdoek die uitsig hierdie keer bederf.

Hy gooi dit oop op die mat en gaan lê aan die een kant sodat sy heupe op die handdoek is.

"Wanneer ek jou waarsku, moet jy daardie punt van die handdoek só oplig. Ek sal my hand wat vry is, want ek sal dan half op my sy gedraai wees, gebruik om die ander punt hoog genoeg op te tel dat jou mat behoue bly. Jou handdoek kan ek altyd later goed uitspoel voordat dit gewas word. Kom sit nou hierdie kant langs my, weg van die handdoek af. Speel nou 'n bietjie met die penis wat jy daar voor jou sien."

Sy giggel en gryp sy penis dadelik in haar regterhand vas. Dit was nog besig om styf te word onder haar aandag toe begin sy dit melk - baie soos sy seker kleintyd op die plaas gesien het. Sommer ook met albei hande.

"Nee wag. Dit werk nie so nie"; en hy begin les gee.

Nie te lank nie, toe het sy die ritme en die drukking reg en wissel dit ook mooi af, goed bygestaan deur die feit dat hy toe weer 'n ordentlike piel het. Hy praat gedurig met haar; gee wenke om hier iets te verander en daar iets by te doen. Intussen hou hy haar dop om die entoesiasme en die stip aandag op haar gesig vir altyd in sy geheue vas te pen.

Wat sy besig is om te doen voel vir haar aardig. Dit lýk selfs nog méér aardig en sy moet vinnig 'n lag onderdruk - as sy nou lag sit sy sekerlik weer met net 'n penis in haar hand.

Terwyl sy besig is, leun sy meer vorentoe en verander hande sodat sy met die een hand met sy testikels kan speel.

"Net baie saggies, hoor. Jy was vroeër bekommerd oor seermaak. Dáár is nou werklike geleentheid vir seermaak indien jy net 'n bietjie robuust tekere gaan."

Sy kyk weer terug na wat sy doen en haar tong begin so stadig tussen haar lippe uitstoot. Hy strek uit en hou haar bors vas. Hy kan voel hoe wikkel dit van die beweging van haar arm en hand. Dit vestig weer sy aandag op wat sy besig is om te doen in plaas daarvan om haar so intens dop te hou dat hy net agterlangs bewus was van haar geskommel.

"Ek kom nader. Wees gereed om die handdoek te lig. Moenie toegooi nie, want jy wil sien wat gebeur. Net hoog genoeg om die mat te beskerm." En hy draai meer oor op sy regtersy. Sy stut haarself nou op haar ander hand wat die handdoek se punt beet het, wat ook haar gesig heelwat nader aan die aksie bring. Gefassineerd kyk sy na wat hier tussen haar vingers aangaan. Dat 'n man nou só 'n interessante stuk gereedskap met hom kan ronddra! So 'n dol-lekker speelding! Sy raak ook bewus daarvan dat sy al weer besig was om nat te word. Nie klam nie, nat.

"Bietjie langer bewegings nou; vat effens meer stewig vas. Laat jou vingers die vel voor die kop sluit op die opbeweging - maar nie elke keer nie - so twee, drie keer en slaan dan een of twee oor. Dis reg. Lekker. Effens vinniger. Wanneer ek sê 'gereed', beperk jou vingers en beweging tot die agterste gedeelte van my piel, naby my lyf. Dan sal jy beter kan sien. Die sports gaan nou enige oomblik begin." Toe hy dit sê, begin sy onwillekeurig om vinniger te pomp en ook stywer vas te hou en nóg nader te leun. Ook haar asem begin te jaag en dit was nie van die inspanning nie.

"Maak gereed." Hulle lig die handdoek. Sy pomp vinniger en werk net aan die onderkant van die piel sodat die rooi kop tydens die opswaai skaars deur die vel bedek word en vir die res van die tyd steeds sigbaar bly. Ai, mans is darem maar snaaks aanmekaar gesit.

"Enige tyd nou … nou … daar's hy!"

Voor hy nog klaar gepraat het, voel sy iets gebeur binne in sy piel. Soos met 'n tuinslang wanneer die water oopgedraai word. Sy kyk met fassinering na wat besig is om te gebeur. Die handdoek is op die regte plek en daar is geen gevaar vir haar mat nie. Sy vergeet amper om asem te haal en is bewus van 'n diep borrelende opgewondenheid binne in haar, onder in haar maag. "Ek's jags," dink sy, "baie jags", maar is te intens besig om te konsentreer op wat aangaan om hieroor te glimlag.

"Goed so. Nou kan jy stadiger en sagter. Net 'n bietjie nog. Goed, jy kan maar staak. Staak. Dit raak nou baie sensitief." Hy trek haar nader en gee haar 'n lang soen. 'n Goeie ene. 'n Dankie-sê ene - nie 'n soen wat vra kom ons begin weer voor nie.

Sy wriemel haarself na 'n rukkie los en kyk na haar regterhand wat sy die hele tyd in die lug gehou het. Daar sit iets wits aan haar duim en sy bekyk dit van naderby. Maar daar is niks werklik te sien nie. Sy ruik daaraan en dink: "Hierdie muskusreuk sal meer aan my doen as die ander ene van netnou. Van myself." Impulsief, soos vele kere die aand, steek sy haar duim in die mond en proe. Nie veel van 'n smaak nie. Amper asof dit souterig wil wees. Dan besef sy wat sy gedoen het. Gaan hy haar weer wil soen? Vinnig kyk sy na hom om te sien of hy gesien het. Dit het hy wel gedoen en hy strek uit en trek haar nader om haar 'n lekker tongsoen te gee. Hy kon dink wat was die rede toe sy so vervaard na hom gekyk het.

Sy sit weer regop en gebruik die punt van die handdoek om die laaste bietjie skoon te vee en gee dan sy penis 'n lekker drukkie. "Tot môre, ou maat." Sy vou die handdoek op en neem dit na die badkamer.

Nadat hulle hul vroeë-oggendkoffie gedrink het - dit was al na drie - is hulle bed toe. Soos verwag kan word, het hulle albei die bed in haar slaapkamer betrek. Hulle het nie pajamas gedra nie. Hulle het lepel gelê - eers die eenkant toe sodat hy haar borste kon betas. Sy voël het sy voorvinger se vorige plek ingeneem en was skoon tuis daar. Asof dit so hoort. Later het hulle omgedraai anderkant toe sodat sy sy penis kon vashou, al het dit by tye gedreig om 'n piel te word.

So het hulle aan die slaap geraak.

So het hulle later die oggend wakker geword en 'n nuwe dag begin.





LitNet: 16 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.