Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ontwaking - Deel 3

Grys Klip

Hy trek sy kop terug en sy maak haar oë oop en gee hom 'n breë glimlag. "Dankie. Dis wonderlik. Jy is 'n uitsonderlike man. Ek dink ek raak ook lief vir jou."

Diep binne-in is sy bly sy is af van die pil waarop die voorspeler haar gedwing het - hy het net gesê: "Kondome is vir sissies" - en dat daar vanaand nie 'n kondoom beskikbaar is nie. Nou hoef sy nie weer haar wydsbeenkunsie uit te haal nie en kan sy hierdie nuwe gevoelens wat sy begin ervaar, ten volle geniet sonder om haar verder te bekommer. Môre is Saterdag; sy kan laat slaap as sy wil en hoef nie meer die verskoning van vroeg gaan slaap te gebruik om hom van haar af weg te hou nie.

Sy was net besig om weer haar elmboog in plek te kry (gaan dit weer so 'n lekker gevoel wakker maak hier waar die vlinder intrek geneem het wanneer sy "daar"-op druk?) toe hy haar regop trek en ook van die ander moue ontslae raak. Hy hou haar van hom weg en bekyk haar nou ontblote bolyf. Sy weet sy het baie mooi borste: heelwat meer ferm as die meeste, soos sy wel jare terug onder die storte gesien het, en hulle is nie veel voller of swaarder as toe nie. Sy kan dit ook op sy gesig lees soos sy oë heen en weer dwaal. Haar tepels, wat net wou ontspan, kom weer vol penorent, al is dit net sy oë wat hulle prikkel en nie sy hande nie.

Dan buig hy vorentoe en bring sy mond na haar bors. Sy verstyf; die glimlag verdwyn en haar arms raak strak. Hy trek versigtig een tepel tussen sy lippe en rol dit rond terwyl sy tong die puntjie van die tepel kielie kielie kielie. Dan los hy die tepel en praat sodat sy warm asem oor haar tepel en bors gloei. Hy vra: "Wat was verkeerd?" en gaan dan weer voort met waarmee hy besig was.

Sy begin stadigaan ontspan en sê: "Ek het gedink jy gaan my byt."

Hy antwoord nie, verskuif net sy aandag na die ander tepel, wat intussen verslap het, en binne sekondes is dit net so styf soos die een wat hy pas verlaat het. Hy maak sy mond wyd oop en suig soveel van haar bors in as wat hy kan en wikkel dan sy kop en sy lippe heen en weer om allerhande trillings deur haar bors te sneller - trillings wat soos vroeër ook deur haar torso wriemel en hulself diep onder in haar maag gaan anker. Dan is dit die ander bors se beurt. Weer dieselfde behandeling wat haar so laat gloei. "Hy byt nie," dink sy verlig. Nou kan sy weer ontspan en alles wat aan haar gedoen word, terdeë geniet.

Maar hoekom dan net hy aan haar?

Sy begin om sy hemp los te knoop. "Ek wil jou ook sien soos jy my sien."

Sy hemp waai heeltemal en dan streel sy oor sy borskas, vryf met albei hande langs sy ribbekas af tot haar vingers teen sy broek stuit. Kom dan terug en wanneer sy met verbasing sien dat sy tepeltjies ook orent staan, vee sy vinnig met haar vingers kitaar oor hulle. Wanneer sy opkyk na sy gesig, besef sy dat hy besig is om ook plesier daaruit te kry, dalk net nie so intens as wat met haar die geval is nie. Nog 'n paar veë met die vingers en dan leun sy vorentoe en vir die eerste keer sedert haar babadae het sy weer 'n tepel in die mond. 'n Kleintjie net, maar die plesier wat dit meebring ontkiem die gedagte dat babas nie weet hoe goed hulle dit het nie. Skuif na die ander tepeltjie en wanneer hy haar kop styf teen hom aantrek, woer-woer dit weer hier binne in haar.

Gelukkig is die weer goed en dis nie koud nie. Hy trek die japon heeltemal oop en haal die pajamatop weg. Sy huiwer 'n oomblik, lig haarself dan, trek die japon weg en gooi dit saam met die top op die mat. Nou sit sy net in haar lang pajamabroek, maar het darem 'n broekie onderaan. Anders kon hy dalk té veel sien deur die dun materiaal.

Hy trek weer terug en staar haar aan. Kyk vlugtig na haar gesig; in haar oë; en dan sien sy hoe hy afkyk en weer haar borste al om die beurt beskou. Hy plaas sy handpalms onder haar borste en lig effens op - nie veel nie, want hulle hang omtrent nie. Dan kyk hy weer in haar oë en daar styg 'n warm gloed in haar op en sy voel hoe haar wange rooi word.

"Mooi," sê hy, "baie, baie mooi. Die een so mooi soos die ander", en vryf met sy duime sulke malse sirkels oor haar tepels.

Blosend sak sy vorentoe na hom om haarself teen hom te verberg. Hy verras haar en sak teen die leuning van die bank terug en trek haar agterna. Na 'n oomblik se huiwering swaai sy haar bene op die bank en lê styf teen hom aan met haar kop hier in sy nek. Sy is fel bewus van bors teen borskas en die hitte wat sy fisieke nabyheid in haar opwek. Eers slaan sy haar regterarm om hom om hom nog nader te trek, maar raak dan selfbewus en trek haar arm weer effens terug sodat sy met haar hand kan vryf oor dit van sy borskas wat onder haar uitsteek.

Hy plaas sy regterhand agter haar om, tot onder haar boarm in, sodat hy sy hand op haar bors kan sit. Sy trek haar arm meer vorentoe om plek te maak en so lê hulle 'n hele ruk. Hy buig kort-kort sy kop af en soen haar - nie baie effektief nie, want haar kop is nie in die beste posisie nie. Tog kry hulle tonge genoeg werk om te doen. Sy is rustig en ontspanne, alhoewel hier binne in haar dit kook en golf soos wat sy nie kan glo nie. Sy vind dat sy hand net die regte grootte is om haar bors presies soos sy dit sou wou wens te omhul en te omsluit. Wanneer hy genoeg druk dat sy dit goed kan voel - maar nog ver van pyn af - is sy vingers presies op die plekke geplaas waar sy wéét dit die meeste effek op haar het.

Sy vryf steeds voort en word dan bewus daarvan dat haar elmboog op eie inisiatief weer besig is om ander werk te doen. Sy kan voel hy is weer - nog steeds? - styf, maar kan nie mooi uitmaak hoe groot "hy" is nie. Nie "hy" nie, domkop, sê sy vir haarself, sy penis. Dis wat daardie ding is. Alle mans het ene. Net soos alle vroue borste het. Of dan pramme. My pramme. Glimlag. Dink terug aan toe haar boetie so nege of tien was en hy haar geterg het: "Ek het tog 'n tril en nie jy nie!" Dis wat die seuntjies dit genoem het. 'n Woord wat haar laat rooi bloos het sodra sy net daaraan gedink het. Haar ma sal haar kop binne met seep skoongewas het, soos sy wel eenkeer met haar mond gedoen het, as haar ma net geweet het waaraan sy gedink het. En al wat sy gevra het terwyl haar ma besig was met die masjien om haar rok se soom te verstel, was om te vra: "Ma, hoekom naai mans nie ook nie?" Eers baie later uitgevind hoekom dit dadelik badkamer toe was.

Nou raak sy ingedagte. "Nee. 'n Penis is iets was slap afhang soos wat ons prentjies van in die meisiesklas gesien het. Wat hier onder my arm groei, is 'n voël; of nog beter, 'n tril." En weer bloos sy dat sy die gloed op haar wange kan voel. Verleë trek sy haarself effens op, gryp sy kop vas en gee hom 'n soen soos nog nie vantevore daardie aand nie. Sy gooi haar regterbeen oor syne om beter vastrapplek te kry en sit haar alles in die soen in.

Toe sy blaaskans soek en weer met haar kop in sy nek afsak, is haar elmboog nie meer waar dit vroeër was nie. Sy probeer onopsigtelik so skuif dat sy weer kan voel of hy nog steeds styf is, maar kom dan skielik agter dat sy styf teen sy dy lê. Só styf dat sy die drukking teen haar plesierknoppie kan voel. Altans, dit is wat een van haar skoolmaats dit genoem het; sy kon nooit baie plesier daarin vind nie. Maar nou kom sy agter dat dinge anders is "daar onder". Dat die benaming tog reg was. Daar is ietsie wat die drukking van sy dy teenstaan. En dit is lekker, baie lekker. Daardie drukking. Die knoppie.

Sy lê stil en vryf net weer oor sy bors om hom te wys dat sy nie aan die slaap raak nie. Dan beweeg sy effens met haar pelvis en wil-wil net ruk toe die wilde prikkels wat uit haar plesierknoppie opwel, deur haar lyf spoel en spoel.

"Is dit waaroor my maats so opgewonde was?" dink sy. En beweeg weer effens. Hy moet net nie agterkom wat sy doen nie. Sy sal haar dood skaam. "My klitoris" - soos sy wel goed weet om dit te noem. "Myne. Net myne. Jou lekker ding!"

Weer 'n klein beweginkie. En weer. En nog ene.

Oooeee! Dis só moeilik om stil te lê en nie te begin wieg nie. Sy trek haar been effens hoër om die drukking te verbeter - stadig nou - en laat sak haar hand om aan haar dy te krap asof daar 'n jeukplek is. Heel tevrede met hierdie kunsie geniet sy die intense reaksie toe sy met die gekrappery tog 'n bietjie kon beweeg. Dan, voor sy werklik daaroor gedink het, bring sy haar hand terug na sy bors toe en vee in die proses met haar vingers oor die voorkant van sy broek. "Hy is nog steeds styf,", flits dit deur haar gedagtes voordat sy, geskok deur wat sy gedoen het, weer vinnig oor sy borskas aan die vryf gaan.

Sy kom agter dat sy hand, wat heeltyd besig was om haar rug en sy te vryf en te streel - en o! dit is so lekker; as sy maar net op al die sensasies tegelyk kan ag slaan - onder haar slaapbroek se rek ingeglip het en nou selfs onder haar broekie in verdwyn het. Sy hand op haar boud, kom sy agter, maak nou weer ander gevoelens wakker. So asof 'n man se hand nie net vir borste - pramme! - gemaak is nie, maar vir boude ook.

"Jou hande is so sag. Jy het vleiende hande en wat jy met hulle doen, kan nie in woorde beskryf word nie." Nie vir die eerste keer dié aand nie is sy geskok vir wat sy doen of sê.

Ag wat, hy lyk darem nie té geskok nie en sy hand is steeds daar besig. Met wat sy besig is om te ervaar is dit 'n wonder dat sy nog so selfbeheerst kan bly. Alles kook hier binne in haar; haar tone krul, haar borste is in vlamme met tepels wat net nie wil gaan lê nie; haar asem wil net jaag, en daar waar sy ál harder teen sy dy druk, is 'n klein vulkaantjie besig om te groei en te groei. Ongelooflike nuwe gevoelens wel orals op.

Sy hand beweeg sywaarts na die klein driehoekie waar haar stuitjie sit. Wanneer sy naels ligweg oor die vel krap, ruk haar rugstring onwillekeurig. Hy skuif sy voorvinger effens laer en sy knyp haar boude saam dat hy nie verder kan nie. Sy vinger bly daar en wanneer sy verslap, vryf hy op en af in die bokant van haar boude se gleuf.

Sy aktiwiteite hier by haar boud langs veroorsaak onwillekeurig bewegings in haar pelvis - bewegings wat sy spreekwoordelik met ope arms ("of pas 'gespreide dye' beter?"; giggel) verwelkom, want dit verberg wat sy self besig is om te probeer doen - en die vulkaantjie word daardeur net nog verder gestook.

'n Woord wat haar al lankal gefassineer het, is die woord eroties. Maar sy het nie mooi geweet hoe om die betekenis te vertolk nie. Skielik besef sy dat om 'n filosofie te verstaan het 'n mens 'n woordeskat nodig; sy het net tot nou toe nie die "woordeskat" in terme van emosies en ervarings en trillings en vlinders en vulkaantjies gehad om te "weet" wat eroties beteken nie. Nou wéét sy: eroties is wanneer jy met jou elmboog styf op 'n man se tril lê en hy vryf met sy voorvinger in jou boude se gleuf. En al die ander goed. En natuurlik ook met jou - en hier steek sy vas - wat sal sy dit noem? Vagina? Nee, dit is nie korrek nie. Vulva? Ja, anatomies korrek, maar in die besonder die klitoris. (Daardie klein vulkaantjie wat by die moment ál meer dreig om uit te bars.) Maar hierdie is nie 'n klas in anatomie nie. Dit is ék en 'n man wat hier lê en vry - ek vry werklik vir die heel eerste keer in my lewe, want wat met die voorspeler en so half en half twee keer op skool tydens debatsaande laas gebeur het was nie vry nie - met die voorspeler was dit net lê en verduur terwyl hy seks gehad het; ek was nie 'n deelnemer nie; net 'n objek.

Dalk moet ek eerder sê "Ek lê met my doos teen sy been". "Doos." Só ekspressief en tog gebruik ek dit nou vir die eerste keer doelbewus in my lewe. (Om van 'n domastrante man of iemand wat voor jou inswaai in besige verkeer 'n doos te noem tel nie. Dan is dit sommer net 'n spreektaalterm wat "nikswerd" beteken. Nie 'n verwysing na iets sags en rooi en met twee meer lippies as jou mond nie. Natuurlik, met die klein vulkaantjie wat so lekker aan die opwarm is ook daarby.)

Ek het 'n doos! Nou vir die eerste keer wéét ek ek het 'n doos! En ek druk dit teen 'n man vas. Al is dit deur my pantie en 'n slaappak en sy langbroek en net teen sy dy. Dis ék self wat dit doen. Al was die doos al té veel kere oopgesper om vir die voorspeler plesier te verskaf, is dit hierdie keer ék wat optree. Dis my doos en ek kan met hom (of moet dit nou "haar" wees?) maak wat ek wil.

In die kort tydjie wat hierdie gedagtes deur haar geflits het, het die voorvinger steeds bly vryf en die ander hand steeds die bors en tepel bearbei.

"Mag ek vra: 'n Pennie vir jou gedagtes? Jy was vir 'n rukkie sommer ver weg."

"Nie nou nie. Dalk nie eers later nie," kom die antwoord terwyl die blos weer opskuif oor haar wange.

"Mag ek vra of jy so pas, toe jy so 'weggeraak' het, dalk aan my gedink het?"

Weer die blos; dié keer nog meer dramaties. "Eintlik nie, maar tog so 'n bietjie."

Stilte. Sy laat sak haar kop om die blos wat sy kan voel weg te steek. Druk haar gesig hier bo teen sy borskas vas. Sien die tepeltjie voor haar en sak verder af met haar kop totdat sy dit liggies tussen haar tande kan neem. Rol haar tande heen en weer en wanneer die klein kabouter orent kom, neem haar lippe oor. Weer tref 'n gier haar en voor sy weet wat sy doen steek sy haar tong uit en gee hom so 'n lang lek - van hier onder langs sy blad, oor sy tepel tot die middel van sy borskas.

Hierdie keer voel sy hoe hy ruk - soos sy al een of twee keer die aand gereageer het. Toe weet sy dat dit 'n groot effek op hom gehad het. Aangemoedig deur die reaksie gryp sy die geleentheid aan en gee hom nog 'n lek - dié keer effens stadiger en met meer mening. Nou is die effek groter en meer beduidend as wat sy verwag het. Nee, nie die rukslag nie, hoewel dit ook weer daar was. Twee dinge gebeur feitlik tegelyk, alhoewel een daarvan die ander vir 'n rukkie vir haar verberg het. Hy trek sy hand van haar bors weg, vat haar hand en skuif dit sodat haar palm nou lê waar haar elmboog en later voorarm die hele tyd besig was. Hy los sy hand bo-op hare en beweeg nie. Sy verstyf. "Was hy dan bewus van wat ek heeltyd besig was om te doen? Sjoe. Wat moet ek nou doen?"

Toe voel sy dit. 'n Beweging onder haar palm. 'n Verstywing en verhoogde drukking, asof die penis - nee, die tril - probeer om op te staan. En weer. Nog 'n keer. Sonder dat sy werklik daaroor nadink, krul haar vingers om die stam wat sy voel, al is dit nie baie suksesvol nie, want sy broek span 'n bietjie styf.

Sy druk haar vingers saam. Nog 'n slag. Nogal hard ook. Hoop nie sy maak seer nie.

Hy neem sy hand weg, draai daarmee haar kop so dat hulle kan soen - lekker oopmond met tonge wat krioel. Terwyl hulle soen, gaan die hand weer na haar bors toe en tot haar verligting en groeiende opgewondenheid soek hy weer die tepel op en werskaf daarmee.

Toe gebeur dit. Sy gee hom weer 'n druk en probeer "hom" heen en weer beweeg en toe sy mooi dink oor wat sy doen, sneller dit 'n hewige reaksie by haar. Die vulkaantjie bars uit. Daar trek die een rilling op die ander deur haar onderlyf, in haar dye af en op deur haar maag na haar bors en borste toe. Sy kan voel haar borste reageer op een of ander wyse. Sy besef dat die vinger in die gleuf tot stilstand gekom het, maar dat die hele hand wat vroeër sywaarts gevryf het, besig was om ritmies teen haar stuitjie en haar boud te druk. Ligweg, sodat dit nie werklik merkbaar was nie, maar die effek op haar plesierknoppie - op haar doos, op haar klitoris! - was verstommend. Sy weet dit was 'n orgasme. Sy is nie onnosel nie. Maar dit is die eerste een wat sy rêrig van bewus was. En hóé!

Sy voel steeds die rimpelings deur haar doos en haar klitoris. En in haar bene, borste. Sy hand is nou stil. Die drukking van vroeër is nie meer daar nie. Hoekom? Het hy gevoel wat gebeur? Weet hy iets daarvan? Is hy dan bewus daarvan dat sy nou sensitief is - dat sy liewers die drukking op haar klitoris wil verminder? Net vir 'n rukkie, want wat sy nou pas ervaar het, wil sy weer hê. En weer en weer en weer. Dit was verruklik.

Weer swaai haar aandag na wat hier voor haar gebeur. Die hand wat krampagtig om sy tril geanker sit. Sy laat skiet. Het sy hom nie seergemaak nie? Sy weet maar min van voëls af. Het haar boetie s'n gesien toe hy nog klein was en sy hom moes bad. Sy het nooit die voorspeler mooi duidelik kaal gesien nie. Hy wou nie hê sy moes aan hom raak nie - al was dit in elk geval die laaste ding wat sy sou wou doen. Dan kom hy glo te gou. Wanneer hy tot "die daad" oorgegaan het, was dit ook so gedoen dat sy niks kon sien nie. Selfs al het sy nie net heeltyd na die plafon gestaar nie. Hy het nooit sy broek uitgetrek nie; net die gulp oop en gordel losgemaak. (Noudat sy daaraan dink: hy het ook nie 'n onderbroek gedra nie.) Sy kan heel goed voel dat hý 'n onderbroek aan het.

Hy sit geduldig en wag. Sy hand streel weer oor haar boud en die voorvinger verdwyn weer by tye in die gleuf waarin dit nou al vir haar heel tuis voel. Die ander ene draai en wikkel saggies aan haar tepel terwyl sy tot verhaal kom.

Sy skud haar reg en begin om op te staan. "Ek moet badkamer toe." Buk om die pajamatop op te tel, weifel 'n oomblik en stap dan met kaal bolyf na die badkamer. Toe sy gaan sit en haar broek aftrek, skrik sy: haar broekie en slaapbroek voor en onder is deurweek. Het sy dan met al die opwinding in haar broek gepie? Kan tog nie wees nie.

Ewe nuuskierig om seker te maak buk sy vorentoe en bring sy die broek nader na haar neus toe. 'n Sterk, vreemde muskusreuk tref haar. Dis nie pie nie, dit weet sy goed. Ruik amper soos een van tant Marie se oosterse badolies. En toe dring dit tot haar deur: dis mos wat die meisies haar van vertel het. Wanneer die plesierknoppie - die klitoris - reg gevryf word, dan word 'n meisie "daar onder" nat. Maar sy het gedink aan klam, nie aan 'n vloedgolf nie. "O mag, die klere is deurweek. Wat van sy broek? En sy been waarteen sy so gevryf het? Ek het niks gesien toe ek opstaan nie, maar ek het ook nie gekyk nie. Kan ek dit waag om weer by hom te gaan sit? Om van lê nie eers te praat nie?"

Snaaks. Sy het gevoel dat haar blaas vol is en dat sy moet toilet toe. (In haar gedagtes is dit nie die "badkamer" nie, maar wel die werklike doel van die gaan.) Nou sukkel sy so 'n bietjie om aan die gang te kom. Dit gee haar tyd om te dink Sy was vroeër bly toe dit blyk dat daar nie 'n kondoom beskikbaar was nie, maar nou is sy half spyt. Dalk sal dit met hom 'n ander ervaring wees as met die voorspeler - soos sy al gehoor het een of twee van haar meer ervare vriendinne vertel.

Maar sy wil liewer nie kanse waag nie. Sê nou net sy is teleurgesteld. En buitendien wil sy nie swanger raak nie. Miskien moet sy die geleentheid van hierdie breek gebruik om nag te sê en te gaan slaap. Maar dit sal beteken dat hy onbevredig sal bed toe gaan en die voorspeler het haar allerhande vreeslike stories vertel van iets soos blou balle en wat dit alles aan 'n man se gestel kan doen indien dit nie verlig word voordat hy gaan slaap nie. Moet sy maar voorstel dat hy die badkamer gebruik en homself help? Sy weet mans doen dit om te keer dat hulle blou balle kry.

Dan kom die herinnering aan hoe die vulkaantjie - en sy! - gevoel het toe die uitbarsting kom. Sy wil dit weer ervaar en sommer gou ook. Ingedagte sit sy en vryf so stadig oor haar klitoris; nie net raak-raak soos vroeër nie; nou met genoeg drukking om weer van netnou se gevoelens op te wek. Maar dit is nie naby so lekker as wat sy dy was nie.

Dit is genoeg om haar te laat besluit. Dis nie nodig om kanse te waag nie, maar daar is ook geen rede om nou al op te hou nie. Môre is mos Saterdag. Hulle kan laat slaap. En hy het reeds gesê hy gaan niks aan haar doen nie, want daar is nie kondome nie.

Sy piepie 'n bietjie; minder as wat sy verwag het. Vee haar goed af - ook langs haar dye en af tussen haar bene en hier onder tussen haar boude in ("o goeiste - ook maar goed hy het sy vinger net hoog in die gleuf gehad") en was haar hande. Gaan uit en roep dat hy die badkamer kan gebruik terwyl sy vinnig in haar kamer in verdwyn. Daar haal sy 'n skoon slaapbroek en broekie uit die laai en trek die nat klere uit. Sy sit haar voete in die broekie en begin om dit op te trek. Halfpad op hou sy op om op te trek. Dink dan 'n oomblik en trek dit weer uit, soek 'n dik winterslaapbroek en trek dit aan. Die broekie en ander slaapbroek gaan terug laai toe.

Steeds kaal bolyf gaan sy terug na die sitkamer toe. Hy is nog nie daar nie en sy skink solank weer hulle glase vol. Sommer goed vol. Die wyn, besef sy nou, het 'n groot deel bygedra tot die ontspanne atmosfeer wat ontwikkel het. En sy wil daarop voortbou. Die tweede bottel het ook nog genoeg in om hulle glase weer van so half aan op te vul.

Sy gaan sit op die bank en dink aan wat gebeur het. Toe hy terugkom en weer langs haar gaan skuins sit, sak sy dadelik af na die vorige posisie wat hulle ingeneem het. Toe sy haar been oor syne sit en vel voel, merk sy vir die eerste keer dat hy nou so 'n groot los kortbroek aangetrek het. Verbouereerd trek sy sy kop laer in 'n soen wat mettertyd meer intens word. ("Wat beteken die kortbroek? Is sy langbroek dan só nat dat hy dit moes uittrek? Ek skaam my dood. Wat moet ek doen?")

Sy hand soek haar borste op en sommer gou is haar tepels weer punt in die wind. Toe sy ander hand ewe vryf-vryf agter haar rug afgly, glip dit weer onder haar slaapbroek se rek in. Die vingers voel-voel oor haar boude en dan verstyf die hand skielik. "Hy het agtergekom dat daar nie meer 'n broekie is nie!" flits deur haar kop. "Wat gaan hy nou maak? Ek hoop nie hy skrik en trek sy hand weg nie."

Toe sy hand ná 'n stadige vryf oor al twee haar boude na die middel kom en sy voorvinger weer haar gleuf besoek terwyl die ander haar bors knie, raak sy meer gerus. Dit val haar by waarmee sy besig was voordat haar orgasme - o, te heerlik! - hulle onderbreek het. Versigtig beweeg sy haar regterhand en plaas dit weer oor waar sy reken sy voël sal wees. Sy wil nie wegkyk en die soen bederf en hom daarop attent maak dat sy ook met iets anders besig is nie.

Haar raaiskoot was verkeerd! Sy voel niks.

"O mag. Wat is nou verkeerd? Is dit omdat ek nie meer die broekie aan het nie? Het hy geskrik?" Sy voel ligweg oor sy maag van kant tot kant. Niks. Wat nou? Is daar fout?

  • Klik hier vir "Ontwaking - Deel 4"



    LitNet: 16 Februarie 2005

    Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
    Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.


    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.