Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

My storie

Scatman

Hi, die volgende het gebeur tydens 'n wegbreeknaweek, gedurende een van die wintermaande …

Ek was alleen en het 'n hut in die berge bespreek, net om alleen te wees en te dink. Die middag daar geland en die wêreld so bietjie verken, en na ek uitgepak het, die koppie daarnaby gaan verken.

Op pad terug hoor ek voetstappe in een van die paadjies wat die een waarlangs ek stap, kruis. Skielik hoor ek net klippe wat rol en takke kraak, en die volgende oomblik tuimel iemand neer, sentimeters van my af. Eers na die stof tot bedaring kom, sien ek die rooi hare en dat dit 'n vrou is.

Eers kyk sy nie op nie, probeer opstaan, maar haar linkerenkel swik, en sy bly sit. Dan vee sy die hare uit haar gesig en kyk op, en ek kyk in die mooiste groen oë wat ek nog gesien het, en die parmantige wipneusie … Sy slaan haar oë neer en probeer weer opstaan, maar kreun, en ek sit hand by, kry haar aan die arm beet en ondersteun haar, sodat sy op my leun om regop te bly.

"Dankie," is al wat sy sê, maar toe sy probeer loop, kan sy kwalik, want die enkel wil nie saamwerk nie. Ek bied hulp aan en sy aanvaar die baie moeilik, en ek kan die trotsheid sien in haar oë.

Ten einde laaste help ek haar tot by haar rondawel, so ses, sewe plekke van myne. Sy bedank my en maak sommer die deur in my gesig toe - ook net betyds, want ek was so bedwelmd deur die reuk van haar parfuum dat ek my hart wild voel klop in my bors, en ek kon nog die sagte rondings van haar liggaam teen myne voel.

Wel, ek is terug na my plekkie, en skink 'n glasie wyn, en begin die kaggelvuur. Maar my gedagtes is by haar, die rooikop. Die onstuimigheid wel weer in my op, en vies vir myself, ledig ek die glas met een teug en gaan klim in die bed … net om die hele nag rond te rol.

Vroegoggend is ek op, gaan draf my verstrooidheid af, en kom klim onder 'n lekker warm stort in. Die druppels val op my fris, manlike bors en begin rol, af, af, af, oor my maag, en verdwyn daar êrens. My gedagtes is by haar … Ek voel hoe my hormone op loop gaan, my manlikheid ontwaak, en ruk my terug na die werklikheid, van alleen wees.

Na ontbyt stap ek na die bergstroom met my visstok en kuns-aas. Vandag vang ek forel, en vanaand braai ek dit ... Mmmm … heerlik …

Groot is die verbasing toe ek haar daar sien sit. Eers oorweeg ek dit om om te draai, maar dan besluit ek ek wil bítter graag met haar praat. Na 'n oor-en-weer gegroetery raak ek doenig met die visstok en kuns-aas, baie lomp, want ek kan die groen oë op my voel rus. Toe ek opkyk, kyk sy dadelik weg. Sy bedank my weer vir gister se hulp, en vra verskoning oor haar afsydigheid, en vertel dat sy deur 'n moeilike tyd gegaan het, en net alleen wou wees. Geen probleem nie, sê ek, ek is op dieselfde missie. My hart klop onstuimig en met 'n lekker gemoed begin my jagtog na die forel.

Binne 'n kort rukkie het ek twee mooies, en sy staan belangstellend nader, en wil ook probeer. Sy kom staan voor my, en ek kyk in daardie groen oë. Hoe kan ek weier? Ek sien weer die deining van haar groot borste soos sy asemhaal, en skeur my gedagtes weg, terug by die visvang. Ek voel klaar hoe my manlikheid groei net van die gedagte aan haar kaal borste op my fris, harde borskas …

Terug by die visvang … Sy staan voor my, met haar rug na my, my arms om haar gevou soos ek verduidelik hoe om die stok vas te hou en in te gooi. Ek voel hoe haar sagte vroulikheid teen my druk, so onskuldig ... Mmmm ... Ek beweeg bietjie agteruit, want weet wat die gevolge gaan wees.

Sy vang uiteindelik 'n vis, en na ons lekker gesit en gesels het, nooi ek haar om die aand by my te kom forel braai, wat sy tot my vreugde aanneem.

Ek kon die middag nie gou genoeg om wens nie. Ek het gestort, my gedagtes laat gaan en gefantaseer ... oor of sy geskeer is en hoe sy soen ... en …

Net so na vyf is daar 'n ligte klop aan die deur, en ek staan stadig op, nie oorgretig nie, wag tot sy die tweede keer klop, maak oop, net om haar binne te nooi. Sy't 'n dik woltrui aan, want dis koud, en 'n stywe denim wat haar welgevormde bene beklemtoon. Die warmte woed weer hier binne my, my manlikheid semistyf …

Ek skink vir haar wyn, en sit nog hout op die vuur. Ons gesels en skerts soos twee ou bekendes, en ek sien haar merkbaar ontspan.

Namate ons gesels, vul ek weer haar glas en begin die forel voorberei. Sy kom staan langs my en hou my dop. Ek merk die blos op haar wange en die vonkel in haar oë, die deining van haar borste, en sy sien waarna ek tuur, en bloos, glimlag en draai om en sit nog hout op die vuur. Sy begin my terg en kielie, en ek dieselfde met haar. Soos ek my arms om haar sit, voel ek die sagtheid van haar borste teen my druk en die begeerte om dit in my hande te neem, baie groot.

En so speel-speel begin ek die forel braai en die ander bykomstighede reg kry.

En skielik is sy weer voor my, kyk in my oë, en haar arms gly om my nek, en sy trek my hoof af na haar, haar lippe effens oop en afwagtend. Ek soen haar liggies, op haar sagte, vol lippe, en voel hoe haar mond oopgaan en my tong binnegly, haar tong soekend na myne; ek voel hoe sy haar liggaam teen myne druk, en ek voel hoe my manlikheid groei, en die benoudheid as ek besef die broek is heeltemal te styf en daar nie genoeg plek is nie. Sy kreun liggies en druk haar vroulikheid stywer teen my, en ek voel die kontoere, en besef dat ek haar myne wil maak …

Ek word teruggeruk na die werklikheid as ek besef ek het 'n ete om voor te berei, en indien ek dit nie nou doen nie, gaan ons beslis nie daarby uitkom nie …

Sy los my en maak die tweede bottel wyn oop, terwyl ek die forel braai. Dit lyk heerlik, en tussendeur soen en terg ons mekaar.

Na ete ruim ek gou op en hoop sy't genoeg plek vir die nagereg, wat uit room en aarbeie bestaan.

Ons neem plaas op kussings voor die kaggel en begin mekaar oor en weer voer. Ek vra of sy sal omgee as ek my hemp uittrek, want dis baie warm voor die vuur, waarop sy skelm glimlag en haar kop skud. My vel tintel as dit met die hittegloed in aanraking kom, en sy streel met haar naels so teen my rug af, en dan oor my bors. Sy neem 'n aarbei, dip dit in die room, en sit dit sensueel in haar mond en buig oor om my te soen. Net toe my lippe hare raak, byt sy die aarbei stukkend en die sap loop oor haar lippe, oor myne en teen my ken af, oor my bors … Ons soen mekaar vurig, en sy beweeg weg, begin die sap lek en volg, stop by my tepel, vat dit in haar mond en suig lank en innig, en ek voel hoe die wellus in my opstoot. My hande vou om haar, vat die dik trui vas en trek dit stadig oor haar kop. Sy sluit haar oë, en dan ontbloot ek haar perfekte, groot borste en sy't geen buustelyfie aan nie, en haar tepels staan stokstyf, so groot en hard …

Ek druk haar agteroor sodat sy op haar rug lê, neem 'n paar aarbeie en pak dit oral op haar naakte bolyf. Sy sidder, en dan spuit ek room daaroor, en vat elkeen in my mond, byt dit stukkend en voer haar, soen haar vurig … Die sap loop oor haar liggaam. Stadig beweeg ek af, tot waar haar denim begin, speel met my tongring met haar belly-ring … Sy druk haar onderlyf uit en ek knoop die broek stadig los, en sy lig haar boude sodat ek dit kan uittrek. In die gloed van die kaggelvuur sien ek die pragtige fyn lingerie, swart, my gunsteling, en my manlikheid groei verder tot volle sterkte. Sy kom orent en begin my broek uittrek, en ons omhels mekaar en soen vurig, haar lippe brandend op myne, haar kaal borste op my borskas. Dan raak ons stadig, terwyl ons soen, ontslae van die oorblywende kledingstukkies.

Ek vat 'n aarbei, spuit room daarop en sit dit op haar driehoekvormiggeskeerde vroulikheid. Sy kreun, haar oë toe … Ek verken, lek, suig, tot ek die aarbei stukkend byt en die sap tussen haar skaamlippe inloop en ek dit met my tong lek en die stukkies met my tong uitwikkel, rakende aan haar klitoris wat pertinent tussen die skaamlippe uitstaan. Sy kreun en haar borste dy uit van ekstase … Sy maak haar bene wyd oop en ek ervaar haar nat, gapende vroulikheid, in volle glorie, my manlikheid, al negentien sentimeter daarvan, so styf soos dit baie lanklaas was.

Ek begin haar terg, eers net liggies met die punt van my tong. Haar asemhaling versnel, dan gebruik ek die lengte van my tong, met tongring, en werk dit behoorlik tussen die skaamlippe in, stimuleer die klitoris, suig dit, terg dit, en voel en sien hoe sy natter word. Intussen het sy my manlikheid begin stimuleer, op, af, vorentoe, agtertoe … heerlik … Ek voel hoe haar vol lippe my manlikheid omsluit, en sy terg die punt met haar tong, voordat sy dit stadig en innig begin suig. Ek kreun van die lekkerte en doen dieselfde, en wil haar bitter graag suig, kielie tot sy 'n orgasme bereik, wat ook nie lank neem nie … Ek proe en drink die heerlikheid van haar vroulike sappe as ek my tong in haar opening druk …

Dan draai ek om en soek haar sagte lippe en soen haar vurig. Sy trek my om bo-op haar stelling in te neem. Sy maak haar bene wyer oop, haar vroulikheid oop, gapend, nat en gereed vir my harde, dik, stywe manlikheid, wat sy vat en stadig teen haar klitoris vryf, en haar onderlyf teen dit skuur. Dan beweeg sy die kop tussen haar skaamlippe in en trek hom nader totdat ek voel hoe dit die nou opening van haar gapende vroulikheid binnegly. Sy hou haar asem op totdat ek oorneem en my manlikheid heeltemal indruk, en met 'n sug en kreun van ekstase begin ek dit uittrek en indruk … hemels … Ek voel hoe my manlikheid haar oop rek, en elke keer as ek beweeg, ontmoet haar onderlyf my halfpad … In en uit, in en uit … Ek voel hoe haar naels in my rug boor.

Ek liefkoos haar borste met my hande, suig haar tepels en voel hoe haar orgasme opbou, haar asemhaling meer gejaagd, en my eie orgasme besig om in my manlikheid op te kruip. Ons ruil posisies en sy kom sit op my, neem my manlikheid, wat nou maklik in haar nat, gapende vroulikheid ingly. Sy begin beweeg, en skuur en stimuleer haar vroulikheid op my bekken. Ek druk teen haar aan, en my hele manlikheid gaan diep binne-in haar. Haar golwende bos rooi hare is nat, ons liggame blink van die sweet, ek sien die straaltjie sweet tussen haar borste afloop … Ek liefkoos haar borste en sy vryf haar klitoris meer intens teen my aan, en voel die nabyheid van haar orgasme. Weer eens verander ons van posisies. Sy staan op haar knieë voor my, haar bene wyd van mekaar, haar vlesige boude van mekaar weggetrek, en die vroulikheid, weer eens, oop, gapend en baie nat. Sy vra my om my orgasme op te bou en vir haar te wag, sodat ons saam die hoogtepunt van ons liefdemaking kan bereik.

Ons orgasmes is besig om op te bou soos 'n vulkaan wat binne-in broei , dan, terwyl sy haar naels in my rug forseer, ek haar boude vashou en van mekaar wegtrek, voel ek hoe sy agteruit druk, kreun en ligte gilletjies uiter. Al vinniger beweeg ek, in - uit, in - uit. Ek voel hoe my orgasme en manlike sappe uit my onderste opstoot, en die volgende oomblik, terwyl sy 'n uitgerekte kreun gee, en haar vroulikheid al natter en natter word, teen my manlikheid uitloop, teen haar bene afloop, voel ek die warm genot van my eie orgasme teen die skag van my manlikheid opkruip, om die volgende oomblik soos 'n spuitende, aktiewe vulkaan in warm, dik strale diep, diep binne-in haar in te spuit. Ons liggame gloei en blink van die sweet, warm en blosend … Ek voel hoe haar bene bewe as gevolg van ons intense liefdemaaksessie …

Sy draai om en ek gaan lê langs haar, neem haar kop op my bors, en omvou haar met my sterk, gespierde arms, haar sagte, klam liggaam teen myne, en ek lig haar ken, en soen haar diep en innig terwyl ek in die groen poele van haar oë verdrink.

Ek bring my japon vir haar, draai sommer 'n handdoek om my onderlyf, maak vir ons lekker sterk koffie, en kom sit langs haar en kyk weer in haar pragtige oë, vee die lokke uit haar gesig en soen haar in haar nek en voorkop en knibbel liggies aan haar oor. Op haar beurt fluister sy in my oor: "Ek wil jou weer hê, maak my joune", en al antwoord wat sy van my kry is … Ek tel haar in my arms op en dra haar na die dubbelbed in die kamer.

Ons het die res van die naweek kwalik die natuurskoon verken, want dit het liggies gereën en ons was genoodsaak om binne die rondawel te bly. Nie dat ons omgegee het nie …



LitNet:13 Desember 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.