Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Mpokonjane

Neil A Morum

(Die Plek van die Nagapie)

Sy het goed moerig uit die bussie uitgeklim: die laaste ent pad van die grondpad was sinkplaat en die blerrie aircon was stukkend. Hulle wou doodgaan, maar kon nie waag om 'n venster oop te maak nie.

Sy het gevoel hoe die sweet in straaltjies tussen haar borste teen haar maag afloop; as sy nie so vies was nie, sou dit amper sensueel gewees het. Ja, goed, die plek was stunning, maar dit kon nie heeltemal vir haar ongerief vergoed nie.

Die gasheer het hulle in die lapa ingewag: "Welkom by Die Plek van die Nagapie. Ons is regtig jammer oor die ongerief wat u moes verduur. Ons nooi u graag uit na 'n gratis skemerkelkie op die dek."

Hier en daar het iemand hande geklap, maar sy was te vies. Sy het net 'n sigaret in haar mond gesit toe hy agter haar praat: "Ons hou nie van rook nie …"

Toe kook sy. "Moenie vir my sê wat om te doen nie. Ek hou weer nie van kakie nie!" het sy hom toegesnou. Hy het haar met 'n effense glimlag dopgehou. "As jy beter onderhoud op jou bussie gedoen het, sou hy nie gebreek het nie! Dan was ek in 'n beter bui! En nie lus vir 'n sigaret nie!"

Die gaste het elkeen in sy eie rigting weggespat na hulle onderskeie kamers toe.

Sy het hom tydens die skemerkelkie gesien, nog steeds in sy kakieklere. Hy het half eenkant gestaan en stadig aan 'n bier gesuig. Sy het gewonder hoe hy sou lyk in 'n netjiese broek en sagte hemp, maar dis asof die beeld nie heeltemal duidelik in haar gedagtes wou vorm nie.

Sy het die volgende oggend vroeg opgestaan en afgestap na die swembad toe. Maar die luggie was koel en sy was nie lus vir koud kry nie, toe draai sy om na die jacuzzi toe.

Sy het die ondeursigtige skuifdeur op knip gesit, haar bikini afgestroop (niemand sou haar kon sien of pla nie) en behaaglik in die warm water ingegly. Sy het na haar lyf gekyk: as sy naby die oppervlak gelê het, het haar tepels en skaamhare donker beloftes in die water gemaak.

Skielik het 'n paneel in die muur oopgegaan en hý het ingeloop.

"Wa… wa… wat doen jy hier?" het sy gestamel.

"Ek doen onderhoud. Wat doen jy hier, so kaal in mý jacuzzi?"

Sy het geys dat hy iets kon sien in die water, maar daar was baie borrels, so hoe?

Hy het met sy kop na haar bondeltjie kledingstukke gewys en geglimlag.

"Toe, as jy wil saamgaan op die wildrit, moet jy roer. Ek wag nie lank vir 'n vroumens nie."

Voor sy aan 'n gepaste snouende antwoord kon dink, het hy by sy paneel uit verdwyn. Sy het die water in frustrasie geklap.

Met klam hare en 'n jaagasem het sy by die Lannie aangekom. Al die sitplekke was vol en sy moes maar voor sit. Hy het sy hand uitgehou om haar in te help. Met hierdie eerste aanraking het daar 'n skok deur haar lyf gegaan. Hel! Hy het sulke growwe hande, glad nie soos die pap goedjies waaraan sy so gewoond was nie … Maar sy het dan nie eers van growwe pote gehou nie! Sy was half vies vir haar liggaam se reaksie.

Hy het haar skalks dopgehou. Die meisiemens - nee, wag - vróúmens het hom geïnteresseer.

Die eerste dier wat hulle gekry het, was 'n kameelperd.

"Het jy geweet dis die Masai se hooffertiliteitsimbool?"

Sy oë het gelag en sy was nie seker of hy ernstig was nie. Maar sy was bewus van hoe hy na haar gekyk het.

Na middagete het almal gaan rus; sy het in die kamp rondgeloop. 'n "Geen Toegang"-bordjie het haar gelok: dit was die woonkwartiere van die personeel. Impulsief het sy nader geloop tot by 'n rondawel weg van die ander af. 'n Hangmat het tussen twee bome gehang; hy het daarin gelê. Hoekom het haar asem so gejaag? Sy was soos 'n stout dogtertjie. Sy het hom dopgehou, weggeduik agter 'n boom in toe hy opstaan. Sy het hom sien ingaan en beweging deur sy badkamervenster gesien.

Skemer het hy haar buite gekry.

"Kom ek wys jou die nagapies."

Sy moes voor hom staan sodat sy langs sy arm kon mik na waar hy gewys het. Hy het 'n skoon muskusreuk gehad; sy het na jasmyn geruik. Hy het 'n diep teug gevat en sy asem in haar nek geblaas. Onmiddellik was sy hoendervleis. Hy het haar in die lig ingelei.

"Koud?"

Sy het haar supersensitiewe tepels verwens: hulle het hard gepunt gestaan, maar as sy haar arms sou vou of so iets, sou hy weet sy weet, dus het sy maar net gestaan. Hy het weer daai blerrie spottende glimlaggie gehad toe hy sê: "Ek kan sien," en oor die hoendervleis op haar arm vryf.

Die volgende oggend was sy weer in die jacuzzi, en dié keer het sy vir hom gewag. Hy het aan die pypies en goed gepeuter. Sy het gesien dat hy kort-kort in die water probeer inkyk, maar sy het aspris so diep in die water gebly as wat sy kon. Hy het aan een van die knoppe gedruk, haar stip dopgehou toe die borrels (en haar bedekking) skielik ophou en laggend uitgestap toe sy vervaard probeer toehou.

Op die wildrit het hulle rooibokke gekry.

"Weet jy hoekom krap 'n rooibokram aan die ooitjie se binnebeen?"

Hy het nie gewag vir haar antwoord nie en wou verder praat, maar die radio het hom onderbreek: daar was blykbaar iewers 'n dier in 'n strik.

Hy het die Lannie laat werk terug kamp toe om die res van die groep af te laai. Sy wou saamgaan.

Sy het hom dopgehou terwyl hulle na die plek toe gejaag het: hy was totaal in beheer, gefokus, stil. Selfs om die skerpste draaie, terwyl die Land Rover dwars gegly het, het sy heeltemal veilig by hom gevoel.

'n Rooihartbees het half verwurg in 'n draadstrik gelê. Hy het uitgeklim en gaan kyk, met 'n gestoei die draad losgeknip en die dier ondersoek. Sy gesig was hard toe hy terugkom na die voertuig en die geweer uit die klampe losmaak. 'n Enkele skoot het deur die middag gedawer.

Terug in die Lannie het sy hom sag hoor vloek. Daar het 'n swaar reuk aan hom gehang: angs, bloed, adrenalien en sweet. Dit was ontstellend en aards. Sy het geweet dat hy kan doodmaak, en die gevoel het haar lighoofdig gemaak. Maar toe sien sy hoe 'n traan stadig teen sy wang afloop. Was hierdie buffel, hierdie man met sy groot hande, só sensitief?

Hulle het in stilte teruggery, sy met haar hand - half natuurlik - op sy been.

Hy het haar afgelaai en iets gebrom van stort.

Sy het afgedrentel tot by sy rondawel en gekyk of sy hom kon sien. Sy het beweging in sy badkamervenster gesien en nadergegaan: hy was kaal en het met sy rug na die venster gestaan. Sy arms was nie veel bruiner as sy bolyf nie, sy boude was wit en gespierd. Toe hy omdraai, het sy vinnig geloer, nie genoeg gesien nie (demmit!) en weggeduik agter die boom in. Haar asem was kort toe sy terugstap na haar kamer toe.

Die volgende oggend het sy weer vir hom gewag. Hy het ingestap en sy klere afgestroop terwyl sy hom met 'n oop mond aangegaap het.

"Jy het my mos klaar kaal gesien, so moenie maak asof ek jou skok nie. Skuif op."

Sy het sy lyf aangestaar: 'n diep letsel het van sy skouer af oor sy bors geloop. Hy het gesien sy kyk. "Ek het lank gelede 'n luiperd uit 'n strik losgemaak. Sy was vies ..." Hy het geglimlag en haar voet onder die water beetgekry, die sool sag begin masseer.

Hy het op al die regte drukpunte gevryf.

"Waar het jy dit geleer?"

"Ek was in Thailand vir drie jaar."

"Wat weet jy nog?"

"Ek ken die vroulike liggaam, en joune is vroulik. Baie vroulik."

Sy het doodstil gesit en wag vir sy volgende woorde. Die blerrie man het met haar kop gesmokkel. Hy het aan haar enkel geraak. "Onthou jy die rooibokkie? Weet jy hoe sensitief jy hier is?" Hy het oor haar enkelknop gevryf, dit gesirkel en toe sy vingers stadig teen haar been laat opgly, buite haar kuite. By haar knieë het hy agter in die waai van haar been ingedartel. Hier het hy met sy vingerpunte gevryf asof hy aan sagte materiaal, soos sy of satyn, raak. Hy het sy hande opgeskuif, in na die binnekant van haar bene, maar net toe sy dink dat hy gevaarlik naby aan haar was, het hy oor haar dye na die buitekant van haar bene beweeg. Bo, by haar boude, het hy weer vasgesteek en die holtes van haar bobeen sag masseer.

Het het sy hande oor haar heupe beweeg ("Gaan hy ...?") en sy wou nog haar maagspiere styfmaak, toe sy voel hoe hy sirkels met sy duime op haar vel maak. Sy het gesnak toe hy sy vinger in haar naeltjie indruk.

"Die swart stamme erken die belangrikheid van die naelstringverbinding."

Hy het in haar oë gekyk. Haar tepels was soos twee klippies en sy het nie eers omgegee dat hy hulle bo die water kon sien nie.

"Ginekoloë weet ook van hierdie verbinding tussen jou naeltjie en die vrouedele; maar dis mos algemene kennis, of hoe?"

Shit! Hy moes net aanhou praat, sy stem het haar lam gemaak.

"Jou lippe is ook verbind ..." Hy het aan haar mond geraak, nader geleun en haar sag gesoen terwyl hy steeds sy vinger teen haar naeltjie gehou het. Sy tong het stadig in haar mond ingegly terwyl hy dieselfde met sy vinger in haar naeltjie gedoen het. Sirkels op haar lippe is deur sy vingers teen haar maag herhaal. Hy het haar onderlip sag gebyt. "Jou lip is sag en warm, ek weet jy is nou ontvanklik. Jou oë lyk soos 'n nagapie s'n."

Hy het opgehou. "Klim jy eerste uit. Ek sal nie kyk nie." Hy het onder die water ingegly, daar gebly terwyl sy met lam ledemate aangetrek het.

Wildrit, middagete, rus. Als was 'n dwaas.

Sy het later afgeloop na sy rondawel toe. Sy kon water hoor loop en het afgekom op 'n buitestort tussen die bome. Haar klere het gewaai en sy het ingeloop. Maggies! Hy was dik en swaar ...

"Wat doen jy so kaal in my stort?" het hy met 'n glimlag gevra.

"Onderhoud. Vertel my nog van my naeltjie!"

Hy het haar gesoen en haar naeltjie sag gebrei. Haar tepels was donker en hard en skokke het tussen hulle en haar maag gespring.

"Hier is die beste verbinding ..." Hy het sy hand afgeskuif en haar skaamheuwel toegevou; sy middelvinger het net-net aan haar klit geraak. Hy het afgebuig en sy tong in haar naeltjie ingedruk. Liewe dôner! Sy wou gek word. Haar bene het lam geword: "Ónderhoud se voet, jy moet meer eerder óphou."

Hy het in haar naeltjie gepraat: "Jy het my mal gemaak vandat ek jou die eerste keer gesien het. Ek het gejok oor die kameelperd; dis eintlik 'n falliese simbool." Hy het haar kittelaar hard gevryf en sy het met sagte kreungeluide gekom.

Die water het teen haar tepels gespat en haar orgasme in haar bene laat aanhou ruk. Hy het sy hande om haar boude geklem en haar omgedraai. "Leeus doen dit só." Hy het haar heupe agtertoe getrek en haar rug afgedruk sodat haar boude uitgestaan het, sy arm onder haar heupe deurgedruk en haar boude hoog opgetel. Sy voël was hard en dik, maar haar nat was erg genoeg om enige grootte te akkommodeer. Hy het in haar ingestamp.

Sy het teen die plankmuur gesteun om harder teen hom terug te druk. So het hulle aangehou tot hy sy oop mond op haar skouer gesit het.

"Leeus byt as hulle kom!" en met dié het hy sy tande net-net aan haar laat raak. Hy het so deur sy tande gekreun; haar orgasme was lig maar bevredigend.

Hy het die water toegedraai en haar maklik opgetel en in die rondawel ingedra na sy bed toe.

"Watter diere ken jy nog?" het sy gevra.

"Dolfyne. Hulle is een van twee diersoorte wat seks het vir genot. En dan is daar Bunki."

Op sy bedkassie was daar 'n beeldjie van 'n nagapie met 'n fallus so groot soos hyself.

"Homo sapiens doen dit natuurlik die beste." Hy het op haar gaan lê en haar gesoen dat sy swymel.

"Wat van die groep?"

"Hulle doen selfstudie oor mis, en ek is op 'n jagtog," het hy in haar nek gelag.

Sy voël was hard teen haar been. "Voel my eerder soos 'n jagstog."

"Sê jy!" terwyl hy haar stadig penetreer.

Sy het haar mond oopgesper en haar oë gerek. "Aaaaah!"

Op die bedkassie het Bunki met sy eie horing gestaan; sy kon sweer dat hy vir haar geknipoog het ...



LitNet: 29 November 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.