Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Motorfietsrit

Juan

Die pad snel verby ons en die wind speel met ons lywe. Dit is warm, lekker sonnig en ons albei geniet die rit met my ou staatmaker. Dit is 'n groot Duitse motorfiets met genoeg perde om ure se plesier en rygenot uit haar te put. Haar perde word deur 'n dryfas voortgedryf … ongelooflike krag … Ek voel hoe jou borste in my rug vasdruk, jou bene en warmte teen my boude en bene raak, en ek kan nie die magiese gevoel daarvan effektief beskryf nie. Jou hande rus op my bobene, nie ver van my eie dryfas nie. Ons word beide al warmer hoe verder en langer ons die vibrasies van die fiets en pad ervaar …

Ons het so tydjie terug 'n pragtige stukkie bosveld gekoop, juis vir ontvlugtings soos vandag. Die week se dolle gejaag na geld en om die kinders se aktiwiteite by te bring eis nou maar net sy tol op enige paartjie se alleen-tyd.

Ons het van tyd tot tyd vinnige, intense sessies waar ons mekaar se basiese behoeftes bevredig. Vinnige sessies soos vroegoggend waar ons mekaar so gou as moontlik hard en nat kry en dan stamp vir 'n vale. Ander kere vat ek jou terwyl jy oor die bad se rand buk om jou hare te was, lig jou japon op en penetreer jou terwyl jy protesteer oor daar nie genoeg tyd is nie. Soms terwyl jy met die rekenaar werk, druk ek my hande in jou bloes en vryf jou borste en druk dit totdat jy kreun, waarop jy my in jou mond neem en suig en bewerk totdat ek in jou mond kom … dié gee jy weer vir my terug met 'n lang, intense soen. Jy lag altyd so stout as ek myself gesluk het - daar is nie tyd om dit te gaan uitspoeg nie …

Ons ervaar die krag van die motorfiets en ons albei weet dat ons baie binnekort alleen-tyd gaan ervaar en dat ons mekaar gaan geniet en verniel …

Die verkeer word al hoe minder hoe verder ons uit die stad ry, ons drange word al hoe meer intens en jou hande het verskuif tot op my dryfas … jy druk en vryf my terwyl jy jou borste stywer teen my druk. Ek voel weer jou hitte met my linkerhand en voel my drange sterker word om jou te vat … Die grondpad is 'n bietjie hobbelrig, wat natuurlik 'n effek op jou het wat tot my voordeel strek … Beide van ons raak so spuls soos 'n paar tieners wat nie kan wag om te "ontdek" nie.

Ons arriveer op ons plekkie, verwyder ons valhelms en val mekaar aan … Ek soen jou hard op jou mond en druk my tong met geweld in jou mond in, jy soen harder terug en ons hou 'n intense tonggeveg … Jy het gewen, want my broek was eerste los en op my knieë; ek was tweede, want jou bloes se knope was almal los en jou borste ontbloot in die son … jou tepels was hard en ons asems gejaagd … Ek draai jou om en trek jou jeans af, buig jou oor die motorfiets sodat jou voorarms op die sitplek steun … jou warm, nat lippe uitlokkend …

Die natuurgeluide verander so bietjie soos ons mekaar stamp en kreun van wellus. Ek trek so effe terug om jou te aanskou. Ons beide glinster van die liggaamsappe wat genadiglik afgeskei word, jou lippe trek saam soos ek in en uit beweeg in jou … ek vertel jou hoe jags jy my maak en jy geniet elke oomblik daarvan …

Ons ervaar ons orgasmes kort na mekaar, ek draai jou terug en ons soen met passie en liefde vir mekaar terwyl ons broeke nog op ons knieë sit …

Ons het ons klere effe reggetrek sodat ons ten minste kan loop. Ek het 'n slaapsak uit die reistassie van die motorfiets gehaal. Hand aan hand stap ons na 'n koelteplekkie waar jy my help om die slaapsak oop te gooi.

Ons trek rustig ons klere uit, vou dit so dat dit as kussings gebruik word en vind kameraadskap in mekaar se arms. Jy wys my hoe ons sap uitloop teen jou bobeen en binneboud. Ek vryf dit oor jou bene, binneboud en terug oor jou lippe en smeer daarvan oor jou borste. Die reuk daarvan begin weer dierlike instinkte in my wakker maak en jy begin met my speel. Ek is effe droog en jy vryf oor jouself om ons nat oor te dra na my dryfas. Ek wil amper skree van die lekker soos jy my vryf. Jy lag baie sexy oor die beheer wat jy oor my het en hou aan vryf, suig en speel totdat ek oor jou hand en myself spuit.

Ons ontspan in mekaar se arms totdat die roep van die natuur ons van mekaar wegruk. Ek help jou op terwyl ek jou borste bewonder en komplimenteer jou tepels wat so styf staan. Ons stap kaal 'n klompie treë weg van ons koesterplekkie en ek piepie so straal teen 'n boom en daag jou uit om dit ook te doen. Jy lag ondeund en wys my daarop dat die Vader ons anders geskape het, ingeval ek dit nog nie agtergekom het nie. Jy aanvaar tog die uitdaging en gaan staan effe wydsbeen, trek jou lippies boontoe en siedaar … jy piepie 'n straal soos enige man!

Ek het, soos ek my druppels afgeskud het en jou goeie poging aanskou het, nie opgehou skud nie en ek staan daar met my stywe dryfas in my hand. Jy kyk my met stoute oë aan en vra dat ek jou ook so moet skud totdat die laaste druppeltjies geval het. Ek gaan staan op my knieë voor jou en vra dat jy met jou bene wyer moet oopstaan. Ek vat-vryf saggies aan jou boude en lek die laaste druppels af wat nog so tussen jou lippe en hare glinster. Jou sagte kreungeluidjies was nie regtig nodig om my aan te spoor om jou as ontbyt te geniet nie. Ek was nog altyd versot op jou smaak en glo nie dat ek ooit genoeg van jou sal kry nie. Soos jou orgasme opbou, druk jy my kop stywer teen jou vas, ek druk my tong so diep in jou in as wat ek kan en wikkel jou klit met afwisseling. Jy uiter 'n kragwoord toe jy kom en met dié spuit daar vloeistof in my mond en gesig. Jou knieë word lam en jy stoot my terug op die grond en kom sit op my heupe. Jou gesig blos, jou mond is effe oop en jou lippe is nat. Jou asem jaag bietjie en jy vra my met 'n heserige stem of jy maar so bietjie op my kan rus …

Jou stand van opwerking het 'n groter uitwerking op my, en ek laat jou so sit dat jy my dryfas akkommodeer in jou nat warm kwassie. Ek vertel jou dat indien jy so warm bly, jy nooit sal kan doodgaan nie en dat ek nooit aan impotensie sal ly nie.

Ons geniet ons koppeling in die veld, die son met die natuurgeluide en ons liefde vir mekaar. Ons roer mekaar so tydjie lank en dan stel ek voor dat ons terugskuif na die slaapsak toe. Jy lag vir my omdat my boude en rug vol sand is en help my om dit af te skud. Jy terg my toe jy my dryfas in jou mond neem en met jou vinger die "stof" aan my kringspier "afvee".

Op die slaapsak gaan lê jy op jou rug, maak jou bene wyd oop en vra of ek nie lus is om jou bietjie te bederf nie. Ek gaan sit voor jou op my boude en ons koppel maklik. Jy lig jou bene op en ek steun my gewig op my arms terwyl ek ritmies jou diep begin stamp. Ek kan sien hoe ons in mekaar beweeg en ruik ons liefdesappe. Jy speel met jou tepels en vryf jou borste met ons liefdesklanke in ons ore …

Ons verander posisie dat jou bene oor my skouers rus en ek met nuwe krag jou kan terg en stamp. Die sweet begin glinster op ons lywe en ek kyk hoe jou borste beweeg soos ek jou stamp. Jy uiter weer 'n kragwoord met die dat jy kom en dit was genoeg vir my … Ek voel hoe ek in jou spuit, jou spiertjie my vashou en terugtrek … voel kompleet asof jy my melk …

Ons omhels mekaar, soen innig en geniet ons sweterige liggame wat taai is van al die kom, ons alleen-tyd …

Nadat ons polsslae terug is na normaal, staan ons op en stap na die ou plaasdam en was mekaar. Jou sagte hande was my ballas en dryfas, jy maak weer sirkelbeweginkies op my kringspier. My vingers speel met jou tepels, jou boude en dan in jou kwassie rond. Jy is goed gesmeer en ek druk twee vingers in en maak "naderkom-beweginkies" terwyl ek jou vertel hoe lief ek vir jou is en dat jy my moet doop met jou sappies. Jy vertel my op jou beurt dat jy ook baie lief is vir my en dat ek jou verskriklik jags maak. Jy maak jou oë toe, trek my gesig nader aan jou warm nat lippe. Ek hou aan speel met my vingers en lek jou kom-knoppie. Ek voel hoe jou spiere saamtrek en jy spuit my met jou nektar. Ons het mekaar weer omhels en gesoen …

Terug by die slaapsak begin jy aantrek, ek kyk hoe jou borste beweeg en verkyk my aan jou kwassie toe jy buk om jou broekie op te tel. Jy het my weer styf, jy is nog nat … Jy lag weer stout en ons geniet ons staat van opwerking …

Die hongerpyne jaag ons aan; ons ry met genoegdoening terug stad se kant toe. By die Wimpy eet ons 'n lekker laat ontbyt en grap oor ons tydjie saam. Ons het reeds besluit om 'n bietjie langer te ry met die volgende geleentheid sodat ons meer alleen-tyd het en dat ons versnaperings gaan saamneem …

Die laaste stukkie pad snel gou verby en ons geniet ons bymekaar wees en naby wees … alleen-tyd …



LitNet: 10 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.