Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Memoirs

Neil A Morum

2. R'ette

Hmmmm… van jou kan ek baie sê.

Als het begin toe ons alleen na julle huis toe moes gaan. Jou ander helfte (S…) was ver (oorsee of iewers) en jy het by vriende gebly vir die tydperk; daar was 'n dokument of 'n ding wat jy moes gaan haal, en toe dink jy om sommer klere te was (en so aan) om jou kuiertjie makliker te maak.

In die kar op pad daarheen het ons geskerts en met redelik gewaagde grappe mekaar aan die giggel gehou. Jy het bestuur en ek kon jou van die kant af bekyk; ek het die gevoel gekry jy lag régtig vir my grappe en ek het gedink dis moerse sexy. Jou profiel (geprent in 'n los toppie en 'n jean) het my oë geëis en ek moes konsentreer om nie te staar nie. (Ek het toe al reeds van jou lyf gehoor: iemand wat jou goed ken (A…) het my vertel van jou borste en jou dosie). Die elektrisiteit tussen ons het net al meer geword en ek het 'n ongemaklike swelling in my onderlyf begin ervaar, maar gelukkig het ons toe by julle plek aangekom.

Ek het my knop probeer wegsteek toe ons uitklim en jy het gemaak of jy nie sien nie. Jy het my redelik ferm kombuis toe gestuur om daar rond te hang terwyl jy in julle slaapkamer gepeuter het. Ek het 'n ruk gewag en toe in die gang opgeloop na jou toe. Voor die eerste badkamer het jou sykouse gelê, en jou broekie was so half daarin opgerol. Dit het gelyk asof jy dit so in die loop uitgetrek het en op die mat neergegooi het as 'n teken. Ek het dit met een vinger opgehaak en met 'n bonsende hart verder geloop.

My timing was baie goed: ek het in jou kamer ingeloop net toe jy afbuk om iets uit 'n onderste laai te haal. Jou bene was gemaklik wyd van mekaar af en jou buk het jou dosie heeltemal laat deurhang aan die agterkant. (Het ek gesê dat jy poedelkaal was?) Jou borste het los vorentoe geswaai, die ligte tepels sag, reg op die punte (in vergelyking met ander, skewer tieties wat ek ken …)

Jy het my asemsnak gehoor en omgevlieg, een hand oor jou skaamhare en die ander arm reguit oor jou borste.

Ek het jou broekiekouse na jou toe uitgehou en nader geloop; jy was so oorbluf dat jy jou boonste hand gebruik het om dit te vat en vergeet het om "toe te hou". Ek het onmiddellik gestaar en jy het teruggekyk terwyl jy weer probeer keer het.

"Dit help nie meer jy steek hulle weg nie, ek het klaar gesien."

"Seker." Daarmee het jy jou hand laat sak en jou rug effens gekrom, jou borste trots gelig en vertoon.

"Liewe dôner, maar dis mooi …," is al wat ek kon sê; jy het geglimlag, nie geantwoord nie.

"A… het my al vertel hoe jy lyk, maar ek het nooit kon droom dat dit so mooi is nie."

Jy het 'n klein bietjie gebloos en afgekyk na jou bors. "Ek dink ek kan sien hoeveel jy daarvan hou. Jy sien my, maar wat van jou? Dis mos onregverdig as ek nie ook mag kyk nie."

Ek het besef jy verwys na die bult in my broek. Ek het my hemp oopgeknoop en uitgetrek. Jy het na my plat maag gekyk en gesê dat jy daarvan hou. Ek het my broek oor die bult in my onderbroek afgehaak, verby die punt wat reeds bo die rek uitgepeul het.

"En dit?" het jy gevra. Daar was 'n groot druppel deurskynende vog wat in die oog gepêrel het.

"Jaloesie," het ek geantwoord. "Ek is jaloers op jou hande."

Ek het jou hand gevat en in die palm gesoen en sag gesuig, elke vinger net-net in my mond geneem. "Hulle mag aan jou raak …" terwyl ek na jou sagte tepels gekyk het.

Jou "Raak dan!" het soos 'n bevel geklink.

Ek het een vinger stadig uitgesteek en al hoe nader aan jou tepel gebring. Dit was nog 'n entjie weg toe ek sien hoe jy opkreukel en hard word. Ek het my palm om jou gevou en jou nader getrek. Jou ander hand was nie meer oor jou skaamhare nie, maar om my nek waar jy my kop afgebuig het na jou tiete. Ek het jou net begin proe, my tong het sirkels om jou tepel gemaak.

"Ek hou van suig," het jy bokant my gesê.

"Ek weet, S… het my vertel."

"Hoe is dit dat almal my al met jou bespreek het?"

"S… het gespog, en A… weet dat ek jou lankal bekyk. Sy maak my jags deur jou aan my te beskryf en dan weet sy dat ek haar wild gaan bykom."

Jy het my weggestoot en op die bed gaan sit.

"Wys my," het jy gevra.

Ek het van my laaste klere ontslae geraak; ek was baie hard en my pols het in my voël geklop. Ek het hom in my vuis toegevou en die vel effens teruggetrek terwyl ek hom afgebuig het na jou.

"Los hom."

Hy het met 'n plat geluid teen my maag vasgeklap.

Jy het my bestudeer: "S… is bietjie dikker as jy, maar jy is beslis langer. Maar jy weet dit seker."

"Nee, ons mans waai nie maklik ons stywe voëls vir mekaar rond nie. Ek weet hy is dikker, maar ek hou van my lengte."

Jy het jou bene oopgemaak en op jou rug gaan lê. Jou dooshaartjies is sagter en yler as dié wat ek ken en die nuutjie het my mal gemaak..

"S… sê jy hou van hierdie suig ook."

Ek het voor die bed gekniel en my mond oor jou gehou: sagte blasies op jou kittelaar het jou laat wriemel, ek het my tongpunt in die V van jou lippe ingevou en die knoppie se oorsprong met kort lekkies gesoek.

Jy het jou bene oor my skouers gehaak en my mond teen jou vasgedruk. "Hard!"

Ek het gesuig en gebyt, gelek en geknibbel, my tong so diep as wat ek kon in jou ingedruk. Jou orgasme was gou, kort en intens.

"Dêm," was jou kommentaar. "Dit was te gou."

Ek het nie jou teleurstelling verstaan nie; dit was mos nie asof dit kon ophou nie! Ek het weer in jou begin vroetel met my tong en jy het net teruggelê. "Wat dóén jy?" het jy asemloos gevra.

"Niks, ek eet net nog van jou koek …"

Die tweede keer was dieper. Jy het dit voel aankom en jy het die golf afgewag en platgery.

"Shit, dis nuut," het jy gehyg. "Ek dog een is al wat mens kan … al wat ék kan."

Jy was verskriklik nat: jou binnebene en my wange het geblink van jou vog. Ek het intussen van pure lus sulke lang drade afgetap tot op die mat. As jy my nie in jou wou toelaat nie, sou ek my draad daar getrek het tot my saad spat. Op een of ander manier moes ek net ontlaai, al was dit deur my vuis.

Ek het opgeskuif en op my sy langs jou gaan lê. Jou borste het sag weerskante langs jou ribbekas afgeneig, die tepels (donkerder as netnou) twee growwe punte. My oop mond het oor jou tiet gevou en jy het onmiddellik gekreun en jou rug geboog.

Jou hand het my harde voël gesoek en jy het jou vingers op en af gevryf. "S… se vel is losser, maar soms gril ek - is dit hoe 'n ou lyk wat besny is? Ek hou van jou kop, wys my jou kop, kom hier met jou kop …" - alles aaneen gesê.

Ek het opgeskuif tot ek teen jou borste gedruk het. Ek was 'n handlengte van jou mond af, maar ek het nie geweet wat jy bereid was om te doen nie. Jy het my in twee hande geneem en sag gebrei; jy het my draad soos 'n ou hand (askies!) getrek. "S… hou van hierdie, dit maak so 'n tk-tk-geluidjie as ek dit reg doen, doen ek dit reg vir jou?" - weer als aaneen gesê.

Reg? Blou bliksem! Ek wou van my kop af raak!

"Hy hou ook van …" en hier het jy gehuiwer "… dít" en jy het afgebuig en my in jou mond geneem.

Jy het iets met jou tong aan die onderkant van my voël gedoen, iets wat ek nog nooit voorheen ervaar het nie. Dit was 'n heen en weer drukking met 'n lek en 'n suig tussenin. (Ek is jammer as ek dit nie reg kan beskryf nie, maar dit was eff'n amazing!)

Jy het met die foltering aangehou (ek het intussen omgedop en op my rug gaan lê) tot ek later onsamehangend gekerm het.

"Asseblief, ek moet kom, ek gaan kom, asseblief, asseblief …" ek het gesmeek dat jy my moes verlos. Maar jy het op jou knieë oor my gaan staan en jou lippies in 'n 69-posisie in my gesig gevryf.

"Eers nog," en jy het bo my gewag. Jy het gewag tot ek jou ook aan die kerm gehad het voor jy weer aan my geraak het met jou tong: lang lekke van bo na onder het my binnebene later onwillekeurig laat ruk. Ek het my orgasme voel naderspoel en ek moes jou waarsku; ek dink ek het redelik deurmekaar gemompel en gekreun, maar jy het die klop in my voël verstaan en jou dosie van my mond opgelig. Jy het my oral natgelek en toe stadig in jou mond ingesuig. Ek het gevoel hoe die drukking teen my punt meer en meer word, totdat dit met 'n glipgevoel verdwyn het en vervang is deur 'n nuwe sensasie: ek was heeltemal in jou keel af. (Flieks soos Deepthroat het my al laat wonder of dit regtig moontlik is, en die wonderlike idee dat dit dalk was, het my baie daaroor laat fantaseer. Ek het nie geweet jy kan nie, en ek het nooit kon droom dat jy dit met my sou doen nie.) Jy het my weggedruk en weggeskuif. Shit! Net toe dit ongelooflik raak, wou jy ophou.

Jy het my woordeloos regop gedwing; ek moes tussen jou oop bene voor die bed staan. Jy het my weer in jou mond geneem en in jou keel afgegly, jou neus was teen my maag en jou onderlip het teen my balle gedruk. Stadig is ek uitgegly, en dan weer met 'n besliste beweging gebêre. My kreune het jou (toe ek weer buite jou was) laat glimlag. "Is dit lekker?"

Fô…kit! Hoe kon jy dit vra? Ek wou vrek van lekker, maar dit was so nuut dat ek nie eers aan kom gedink het nie. Toe ek weer in jou was, het my lyf egter anders besluit en ek moes jou weer waarsku oor my naderende ontploffing. Jy het my vasgehou om my boude en jou kop (soveel as wat jy kon) geknik. Jy wou my in jou mond laat kom!

Ek het my oorgegee aan die sensasie en my saad diep agter in jou keel ingespuit; jy het gesluk en gesluk en gewag tot ek ophou pomp het. Toe ek uit jou uitgly, was ek nat en taai; jy het jou mond oopgehou en my 'n groot blob van my kom op jou tong gewys, en toe het jy dit ingesluk.

Jou oë was half glasig en jy het my met 'n vreemde uitdrukking aangekyk. "Kom maak my verskriklik jágs!" het jy gesê. "S… kom baie keer in die oggend in 'n beker wat hy dan vir my wegsteek tot later die dag. Hy sal kastig vir my koffie bring en as ek die beker oplig en sy komskoot ruik en sien, waai my broek en hy steek my - gewoonlik van agter af - dat ons al twee brul."

My voël het halfmas gehang, maar dit het met jou vertel (en dit wat in my verbeelding voor my afgespeel het) opgepomp tot 'n horing waarmee mens 'n bees kon doodslaan. Jy kon dit nie eintlik miskyk nie, dit het reg voor jou gebeur.

"En dit?"

"Dis 'n horing, jou vertel maak my jags, jý maak my jags …" (ek kan ook aaneen praat).

Ek het jou met my bolyf platgedruk op die bed. Ek het nog steeds tussen jou oop bene gestaan, dus was dit net natuurlik om tussen hulle te gaan lê. Jy het my raakgevat en na jou opening toe getrek.

Ek het buite gehou, my kop met veebewegings deur jou lippe getrek en jou kittelaar met die punt gevryf. Jy het gekreun, jou hare van kant tot kant geswaai, en toe met jou heupe opgebeur en my in jou ingestamp, maar ek het uitgetrek. Ek wou jou vat op mý terme. Ek het stadig in jou ingedruk.

Die eerste entjie was onbeskryflik: jy het my ingesuig asof ek 'n lekker was. Toe my kop eers verby die grens van jou lippe was, het ek aan jou "versoek" voldoen en in jou ingeboor. Jy het gesnak: "Shit, jy's diep."

"Te diep? Is dit seer?"

"Neee, moer man, dis net diep … aaah …" Jy het onder my gewriemel. "Steek my."

Dit was ook 'n bevel.

Ek het jou gery asof ek in Deepthroat speel: my heupe het teen jou geklap in 'n plat, dierlike ritme. (Jy het een keer gevra dat ek jou van agter af moet naai, maar ek het gedink dat dit S… se alleenreg is.) Soos dit is, het ek gewag tot jy naby was en toe het ek my heupe kante toe gebruik en jou doos se sye gevryf. Jy het jou oë gesper, jou bene om my geklem en gebrul in jou orgasme.

Myne was rustiger: ek het gegly en gegly … jy het jou bene wýd oopgemaak en my die gebruik van jou doos gegee. Toe ek kom, het ek nie gebrul nie, maar ek is seker ek het redelik hard gekreun.

* * *

Ons het nie weer daarna gesteek nie. Ek dink ek was iets wat jy uit jou sisteem moes kry (soos iets waaroor jy nog altyd gewonder het en nou die antwoord ken); ek is te gevaarlik om só in jou lewe toe te laat.

Tog sien ek hoe jou tepels hard word as ek vir jou kyk, ek merk hoe jy my lyf (S… is deesdae maar dik) en die bult in my broek dophou, en jy sit baie keer so dat ek onder jou romp kan insien tot by jou (deesdae skoongeskeerde) doos.

Naskrif: Jy sal sien dat ek jou naam verander het om jou identiteit te beskerm, maar verder is alles feite. (Dat ek jou weer wil bykom, is ook 'n feit …)


  • Klik hier vir Memoir 1: Charlotte
  • Klik hier vir Memoir 3: Robyn
  • Klik hier vir Memoir 4: Rooi



    LitNet: 02 Februarie 2005

    Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
    Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.


    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.