Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die loseerder

Die Skrywer

Ek het haar die eerste keer in 'n boekwinkel in Kaapstad ontmoet. Toevallig was ons agter dieselfde boek aan en het mekaar se paaie gekruis by die boekrak vir Afrika Kuns en Kultuur. Ek was in Kaapstad vir 'n welverdiende vakansie. My planne was om 'n paar dae in 'n gastehuis in Parow te vertoef voor ek die Weskus aanpak. Die plan was eenvoudig: slaap, wyn en visvang vir drie weke voordat ek terug ry Bloemfontein toe.

Ek het na my inkopietog die gastehuis gaan soek. Ek was verbaas toe dieselfde meisie van die boekwinkel die deur oopmaak. Sy het my herken en na binne genooi. Dis haar pa se plek. Sy het klaar geswot en gaan by 'n ouditeursfirma in Bloemfontein werk vir 'n jaar.

Ek het tydens my verblyf by die Vermaaks heerlik gekuier saam met die familie. Mariaan was 'n spontane en vrolike meisie met 'n aansteeklike lag. Sy was nogal oulik. Sy is korter as ek, mollig, vaalblond en dra bril. Dis duidelik nie 'n vrou agter wie ek my bene sal afhardloop nie. Sy is in elk geval verloof. Sy het baie planne vir die toekoms gehad. Sy sou net 'n jaar in Bloemfontein bly en dan terugkeer Kaapstad toe, waar sy en haar aanstaande die gastehuis sou oorneem.

Die oggend van my vertrek na die Weskus het aangebreek. Gert Vermaak het my aan ontbyttafel gevra of ek nie weet van 'n plek waar Mariaan vir die jaar in Bloemfontein kon loseer nie. Ek het aangebied dat sy by my kom loseer. Ek is onlangs geskei en sit met 'n massiewe huis met min meubels. Daar sal darem 'n bed wees vir haar en sy kan help met die etery en so aan. Verder sal ek nie sukkel oor huurgeld nie. Ek wil net 'n asem in die huis hê want die alleenheid maak my soms mal. So tussen die spek en eiers deur het ons die saak gefinaliseer. Mariaan sou die 20ste Januarie arriveer en sou die jaar by my bly.

Ek is Weskus toe. Daar het ek my hartseer en pyn van die afgelope jaar gaan wegwerk saam met massiewe porsies vars vis, vars lug en witwyn. Ek het getob oor die jaar wat voorlê, maar besluit om die jaar af te skryf. Ek sou net probeer om deur alles te kom en my geldelike posisie te verbeter.

Estelle het my met geweld geskei. Alles gevat, bankrekeninge leeggemaak en gegroet met: "Die huis kan jy maar hou, ek wil geen huis op dié kak plek hê nie." Nou ja, ek moes geweet het dat ek 'n fout maak om met 'n wilde meisie van Johannesburg te trou en haar na Bloemfontein te bring. Ek het gedog sy sou hou van die stilte en een man. Toe nie. Daar was hierdie baie sakebesoeke na Johannesburg. Ek is eenkeer agterna. Dit het nou nie eintlik 'n Sherlock Holmes geverg om die twee te volg nie. Ek is kamma Lindley toe, maar het die vorige aand reeds Johannesburg toe gevlieg. Die volgende oggend was ek verskuil agter Beeld besig om vir my vrou se vlug te wag. Sy het verskyn en ta het haar omtrent opgevreet. Hulle is weg na sy motor. Ek het in 'n taxi gevolg. 'n Uur later het ek die hotel se kamerdeur oopgeskop. Estelle was bo-op hom en het hom soos 'n perd gery. Sy eens stywe voël het verwelk toe ek sy keel toetrap met my regte egte Bronx-skoene. Estelle het soos 'n alarm tekere gegaan. Om 'n lang storie kort te maak: ek het hom goed gedonder, my vrou se boude pimpel en pers geslaan met my plathand en hulle kaalgat na hulle motor gemarsjeer terwyl ek sy gat vuurwarm skop. Ek en Estelle is terug lughawe toe. Twee weke later was sy weg en ek was die skuldige. Skoonpa met sy etterse klomp geld het gesorg vir advokate en regsmense wat my kaalgat uitgetrek het. Nou ja, dis my storie wat ek moet verwerk. Maar dit daar gelaat …

Ek is terug deur die Karoo Bloemfontein toe. Op pad terug het ek my gedagtes laat gaan. Ek het gedink oor die goeie tye wat ek en Estelle gehad het. Manne, sy kon gooi. As sy eers daai heupe van haar so begin rol, het jy sommer gou-gou gekom. Ek het met 'n skok besef dat ek Augustus laas seks gehad het. Hier ry ek in die hartjie van die Karoo, sonder 'n vrou, met 'n moerse ereksie. Wat het van my lewe geword?

Ek het sommer 'n afdraai na regs geneem na 'n klipkoppie 'n entjie van die pad. Ek het agter die koppie parkeer en die koppie uitgeklim. Rondom my was niks nie. Die stilte het eintlik geraas. Ek het my hemp uitgetrek om 'n bietjie kleur te kry. Op die ingewing van die oomblik het ek my broek en onderbroek ook uitgetrek. Ek het kaalgat op 'n plat klip gaan sit. Die gedagte dat ek sonder klere in die wye natuur was, het nogal 'n uitwerking op my gehad. Ek was stokstyf en die voorhuid het heeltemal teruggetrek. Amper asof vanself het ek my voël met my hand omsirkel en ritmies die voorhuid op en af getrek. Ek het met 'n kreun gekom. Later het ek gelê kyk hoe my semen riviertjies teen die plat klip maak en grondwaarts rol. Ek het beter gevoel en selfs begin uitsien na die jaar.

In Bloemfontein aangekom moes ek met 'n skok sien dat Mariaan reeds daar was. Sy het 'n uur voor my in Bloemfontein gearriveer. Dit was wonderlik om iemand te sien wat bekend is maar nie jou vyand is nie. Sy het ingetrek by my en die maande het omgegaan. Sy was 'n werkesel en het lang ure by die kantoor spandeer. Soms het haar verloofde kom kuier en ons het dan nagte om gesels met rooiwyn en 'n staanvuur. Ek het voortgegaan met my lewe. Mariaan het gesorg dat daar altyd iets te ete is in die huis en het soms geluister na my as die ding met Estelle vir my te veel raak. Ek het Mariaan amper begin aanvaar soos 'n suster wat by my kuier. Dit was lekker om iemand naby te hê wat altyd daar is.

Soms het ek besef dat ek saam met 'n meisie in die huis bly. Soos die keer toe haar kamer se lig stukkend was en ek 'n ander lig moes insit. Sy was reeds weg kantoor toe. Ek het die lig vervang en wou net uitloop toe ek die fyn stukkie onderklere by die stortdeur sien lê. Sy moes dit daar uitgetrek het voor sy die oggend gaan stort het. Ek het dit versigtig opgetel en daaraan geruik. Dit het na parfuum en vrou geruik. Ek het die ragfyne stukkie materiaal weer op die vloer laat val en uitgestap. "Ek mis 'n vrou en het een nodig," het ek aan my sterk ereksie gesê toe ek die leer gaan bêre.

Die jaar het aangestap. Ek was vasgevang in een moerse kontrak en het kruis en dwars oor die Vrystaat gejaag. Hoekom ek ingenieurswese gaan swot het, weet nugter alleen. Ek wou maar net 'n gewone ou wees wat brûe en damwalle ontwerp en dan vir ander ouens gee om te bou. Nou is ek self betrokke.

Mariaan se kontrakjaar het verby gesnel. Sy het suidwaarts gevlug toe Bloemfontein sy koue kant wys. Sy het egter so half druipstert van haar week se verlof af teruggekom. Ek het nie veel gevra nie en aangeneem dat die nat Kaapse weer haar dalk so 'n bietjie gemors het. Na 'n dag of twee was sy weer haarself gewees en het gewerk soos 'n esel.

Dit was in Augustus toe sy een aand stokflou in die leunstoel neerval en net so bly lê. Ek was besig om 'n fout op een van die rekenaarprogramme te probeer regstel met my karige kennis. Ek het opgekyk van waar ek sit en werk.

"Wat's fout?" vra ek

"Ek is moeg, moeg, in my moer in moeg! Ek moes die hele dag die strate vol hardloop om uitstaande gelde te vorder vir die besigheid. En die mense vloek my en my voete is so seer …" stamel sy en begin huil.

Ek het vervaard opgespring. Ek het al so gewoond geraak aan haar altyd vrolike geaardheid dat die skielike hartseer my heel onkant vang. Ek soek in my sak na 'n sakdoek en ontdek dat die toestand van my sakdoek haar net verder die afgrond sal instoot. Ek storm na die kombuis toe en keer met 'n meter kombuisrol terug.

"Is daar iets wat ek kan doen?" stamel ek onbeholpe.

"Wat kan jy doen?" snik sy.

Wat kan ek doen? Fok, wat 'n vraag. Ek weet nie! Wat moet ek doen? Moet ek ooit iets doen? Allerhande gedagtes spring deur my brein. Uiteindelik kom neem die óú Gerhard weer beheer oor … die een wat met Estelle se vertrek ook vertrek het en 'n onseker, suur en bang etteroog agtergelaat het.

"Ek sê jou wat. Ek gaan nou vir jou 'n moerse skuimbad maak. Dan gaan lê jy en week goed terwyl ek vir ons 'n eetdingetjie maak. Daarna gee ek jou 'n ordentlike voetmassering, twee Panado's en jy gaan klim in die bed. Vrydag gaan skop ek jou baas se gat vuurwarm! Okei?" kom dit gebiedend van my.

Mariaan sit skielik regop en kyk my met groot oë aan. Ek beduie met my kop badkamer se kant toe. Woordeloos verdwyn sy kamer toe. Ek gaan draai die badkrane oop en gooi 'n dubbeldosis skuimgoed in, gooi 'n sjerrie in 'n glas en gaan sit dit op die badrand neer. Terselfdertyd help ek myself aan 'n sluk of drie uit die sjerriebottel.

"Jou bad is reg!" roep ek en stap kombuis toe om kos te maak. Die sjerrie tintel in my maag. Ek voel goed. Ek het vir iemand iets beteken.

Ek flans vinnig 'n gereg saam en dek tafel. Mariaan verskyn in die deur in 'n groot geel kamerjas. Haar hare is nog klam. Sy sit die leë sjerrieglas op die tafel neer.

"Dankie Gerhard, jou terapie het soos 'n bom gewerk," glimlag sy.

Ek gooi ons sjerrieglase weer vol en haal die kos van die stoof af. Ons eet so vyf minute of wat in stilte voordat ek haar begin uitvra oor die slegte dag. Eers wil sy nie veel praat nie, maar later kom dit stuk-stuk uit. Haar werkgewer misbruik haar vir allerhande slegte take en laat haar al die onaangename dinge doen. Geduldig luister ek haar storie. Later, toe sy uitgepraat stil bly, sluit ek die aand af met 'n wyse: "So ja, nou is jy uitgepraat. Dis al wat ek wou hê. Nou is daar drie dinge wat moet gebeur. Jou voetmassering, die Panado's en die bed. Wanneer ek Vrydag terug is van Edenville doen ons die vierde ding: ons gaan sien jou baas!"

Ek staan op en gaan haal 'n botteltjie masseerolie wat ek nog in Estelle se dae gekoop het. Ek keer terug sitkamer toe waar Mariaan op die rusbank sit. Ek beduie sy moet haar voete op die kant van die bank neersit. Ek stap na my musieksentrum en sit rustige musiek op en stap terug na waar Mariaan wag. Ek vryf olie tussen my hande warm en begin haar regtervoet saggies masseer. Sy kreun as ek sekere plekkies te hard druk. Ek begin met groot ywer werk en gee haar 'n ordentlike voetmassering. Ek werk volstoom vir omtrent veertig minute.

My gedagtes neem die loop na die goeie ou jare met Estelle toe ons naweke sommer vir 'n hele dag hier in die sitkamer deurgebring het met wyn, masserings en goeie seks. My lam vingers bring my terug na die hede. Mariaan lê toe oë. Haar lippe is half oop en sy haal redelik sterk asem. Ek kyk af na my handewerk. Haar voete is warm en rooi van die massering. Ek begin my massering klaarmaak met 'n ligte streling oor haar voete. My blik gly teen haar bene op. Die geel kamerjas het oopgeval en wys 'n goeie stuk been. Mariaan verander van posisie en haar bene gaan vir 'n wyle van mekaar af. Sy het 'n blou broekie aan. Dit is egter die duidelik waarneembare nat vlek voor op haar broekie wat my onkant vang. My ereksie bult teen my sweetpak. Ek is klaar met my massering en plaas Mariaan se voete terug op die leuning.

"Daar's hy, klaar," kom dit so half skor van my.

Mariaan beur half regop met haar elmboë en kyk na my met 'n glimlag.

"Sjoe, dokter, maar jy ken jou storie. Kan ek maar weer 'n afspraak maak?" terg sy.

"Enige tyd, dokter sal mooi na u kyk," terg ek terug, terwyl ek haar voete droogvee van oortollige olie.

Mariaan staan op en piksoen my op die wang voor sy kamer toe stap. Ek kyk haar agterna en wag nog 'n rukkie voor ek opstaan. Op een of ander manier was hier nou 'n chemiese konkoksie wat ek nie lekker verstaan nie. Dit is duidelik dat my voetmassering Mariaan soos 'n storm getref het. Ek is weer tot kookpunt opgewerk oor 'n flitsende oomblik wat ek Mariaan se vroulikheid aanskou het. Ek stap badkamer toe en plaas die olie en handdoek terug. Ek stoot die deur met my voet toe en skil my sweetpak af. My ereksie spring vry. Ek sluit my oë en dink terug aan wat ek aanskou het terwyl ek my voorhuid stadig terugtrek. Ek kom onmiddellik en snak na my asem terwyl die strale semenstrepe soos traandruppels teen die teëls afloop.

Die oggendson skyn my wakker. Mariaan is al werk toe. Martha is besig om wasgoed te was. Ek groet vrolik terwyl ek verbystap na die kombuis. My oog vang die bondel wasgoed in die gang. Ek steek vas. Heel bo lê die bron van gisteraand se koerasie. Die blou broekie. Ek kyk vinnig in die gang af en hoor Martha fluit in die onderste deel van die huis. Ek stap doelgerig na die bondel en lig die broekie op. Gisteraand se vlek is steeds sigbaar. Ek vryf daaroor en dink weer terug aan gisteraand. Weer eens word ek bewus van 'n ongelooflike erotiese sensasie wat deur my trek. Half skuldig, asof ek op heilige grond beweeg, laat ek die broekie weer op die bondel val en stap kombuis toe. Ek begin koffie maak terwyl ek wonder oor my gevoelens wat my bloots ry.

Die lewe gaan weer sy normale gang. Mariaan werk en ek jaag van dorp na dorp om die ontwikkeling van die sewe woonbuurte op skedule te hou.

September vlieg om terwyl die mistroostige winde die Vrystaatvlaktes in stof verswelg. Een laat winderige namiddag kom ek tuis. Mariaan se motortjie staan onder die afdak. Ek gryp my skootrekenaar en stap om agterdeur toe. Die deur staan wawyd oop en ek brom onderlangs iets van 'n vroumens wat deure agtelosig oop los, kan nog in hierdie nuwe Suid-Afrika 'n slegte verassing kry.

Die kombuis is leeg, maar ek hoor musiek van die sitkamer se kant. Ek stap deur die sitkamer en wou net praat, toe ek Mariaan voor die televisie sien. Sy lê op die mat en kyk na 'n sepie. Die sepie gaan egter ongemerk verby, want Mariaan is besig met ander sake. Haar kamerjas, waaronder sy niks aan het nie, is oop voor en sy streel liggies oor haar maag en bobene. Ek staan vasgenael in die halfoop deur. Iets in my verstand skreeu dat ek moet terug kombuis toe, maar ek bly staan asof vasgegom. Mariaan lig haar bene op en haar vingers verdwyn tussen haar bene. Vyf minute later lig sy haar boude van die mat af en sy kom rukkend. Toe haar orgasme verby is, draai sy uitgeput op haar sy en reik met nat vingers na die afstandbeheerder van die TV. Ek verdwyn terug kombuis toe en loop terug motorhuis toe. My ereksie is pynlik en skreeu om verlossing. In die skemer motorhuis plaas ek my skootrekenaar op die motor se dak en trek my ritssluiter oop. Sonder om verder te dink haal ek my sakdoek uit. Twee, drie trekke later kom ek met 'n kreun in my sakdoek. Nadat ek my respektabel gemaak het, stap ek met lam bene en 'n baie nat sakdoek in my sak terug huis toe. Ek druk hierdie keer die voordeurklokkie. Mariaan maak die deur oop.

"Haai, hallo … jy's terug. En as jy so formeel by die voordeur van jou eie huis klop?" groet sy bly.

"Ag ek was bang jy is dalk besig om te bad of iets. Jy het my mos eers later terug verwag," antwoord ek.

"Ek gaan nou eers bad. Het eers Egoli gekyk," lieg sy met 'n glimlag.

"Julle vroumense met julle sepies … ek weet van beter dinge om voor die televisie te doen," antwoord ek glimlaggend.

"Seker om rugby te kyk," praat sy terug terwyl sy deur toe stap om te gaan bad.

Ek stap deur na my kamer toe en gaan staan omtrent 'n halfuur onder die stort. Ek wonder oor die uitwerking wat hierdie meisie op my het. Sy is verloof en gaan oor minder as 'n maand weg. Ek wil en sal wragtig nie weer in 'n vrou se kloue beland nie, besluit ek driftig terwyl ek sjampoe in my hand uitdruk. My gedagtes dwaal egter na dit wat ek minder as 'n uur terug aanskou het. Ek sien weer die vingers wat tussen haar dye verdwyn. Ek sien weer die maagspiere wat trillend saamtrek toe sy gekom het. My ereksie beur vir die soveelste keer vanaand regop. Driftig draai ek die koue waterkraan groter en snak as die koue water oor my spat. Dit help 'n bietjie, maar ook net 'n bietjie, om dinge te kalmeer.

Dis vroeg Desember. My projek is voltooi en ek is basies sonder werk tot vroeg in Januarie. Dit is heerlik om niks te doen nie. Ek sit onder die lapa en lees die jongste nuus in die laaste strale van die son. Die jaar is om. Mariaan maak vandag klaar en sal seker binne 'n dag terug vertrek Kaap toe. Na daardie stomende namiddag toe ek haar op die mat betrap het, het nie veel verder gebeur nie. Sy is vir ses weke na Heilbron om 'n opdrag te voltooi en ek was weer die hele Vrystaat vol.

Ek laat sak die koerant en laat my gedagtes dwaal. Mariaan se plek sal verseker leeg wees. Sy was al deel van my lewe. En nou besef ek ook dat sy eintlik heel oulik is. Ek sal wat wou gee om my hande om daardie stywe agterent te vou en haar te leer dat vingers maar 'n vaal plaasvervanger is vir wat ek kan bied. Die ou wat haar kry, is moer gelukkig. Veral saans …

"'n Tiekie vir jou gedagtes," praat sy skielik reg agter my.

Ek skeur amper die koerant middeldeur soos ek skrik en swaai om. Mariaan staan daar met los hare, 'n kort pienk sportbroekie, 'n los t-hemp en kaalvoet. Ek kry nie 'n woord uit nie.

"Ek moet seker maar vroeg wikkel. Die Kaap is nie om die draai nie," praat sy verder.

"Ja, die Kaap … Jy is seker haastig om weer terug te wees en jou lewe voort te sit?" vra ek. "Ag … weet nie eintlik nie … Maar kom ons praat oor iets anders. Ek wil jou 'n guns vra," verander sy die onderwerp.

"En wat sal dit wees … jou kar pak? Geen probleem nie," antwoord ek en staan op.

"Nee, nie dit nie … Wil jy my nie weer vir oulaas masseer nie?" vra sy sag.

"Is jou voete weer seer?" kry ek dit uit terwyl my gedagtes koers kry na boude, dye en heupe wat om aanraking roep.

"Nee mansmens … ek bedoel soos in full body … ek voel so 'n bietjie af en dalk help dit," antwoord sy sag.

"Ah … huh … okei," kry ek uit.

Dis amper middernag. Ek is nou al meer as 'n uur besig om Mariaan se voete en bene te masseer met olie. So nou en dan gee sy 'n kreun as ek iewers 'n gespanne spier vind en bewerk. Ek rol haar kuite onder my hande en laat my blik oor haar sitvlak gaan. Ek weet sy het gepraat van "full body", maar ek huiwer om verder as haar voete en kuite te gaan. Stadig stoot ek my hande oor haar kuite en bereik haar boude. Sy maak haar bene effens oop. Die pienk broekie gaap oop en ek merk dat sy 'n piepklein g-string aan het. Ek begin haar bobene ernstig masseer. Sy lig haar bolyf op en trek haar t-hemp met een beweging uit. Sy het nie 'n bra aan nie en haar kaal rug gloei in die sagte lig. Ek gooi nog olie in my hande en begin werk, sonder om 'n woord te uiter, aan haar rug. Sy kreun saggies. Ek is stokflou na omtrent 'n verdere veertig minute se harde massering.

"Slaap jy?" vra ek terwyl ek my hande afvee aan 'n handdoek.

Sy skud woordeloos haar kop en beweeg nie. Ek merk dat sy redelik vinnig asemhaal. My blik gly oor haar sitvlak en steek vas op die al groter wordende nat kol op haar pienk sportbroekie. Nodeloos om te sê, my ereksie skeur amper my klere.

"Ek's klaar," kom dit skor.

"Masserings word mos met 'n sagte streelsessie afgesluit … of is ek verkeerd?" kom dit sag van haar.

Ek neem plaas tussen haar oop bene en begin liggies van haar voete opwaarts streel. Sy is steeds op haar maag met haar kop op haar hande. Ek streel oor haar bobene en laat my hande na haar binnedye gly en weer afwaarts daal na haar kuite. Elke rondte wat ek voltooi het 'n merkbare uitwerking op haar en myself. Haar heupe rol liggies saam en my ek verrek my onderbroek totaal.

Ek besef dat ek seker moet stop, want as ek aanhou, gaan hier moleste kom. Ek stop my hande en bly net so sit met my hande op haar bobene. Skielik stroop sy die pienk broekie af tot onder haar boude. Woordeloos trek ek dit verder af en gooi dit op die mat. So dan is dit tyd, besluit ek. Ek plaas my hande terug op haar bobene en laat hulle opgly oor haar sitvlak. Ek is nou heeltemal buite myself en ernstig opgewerk. Dit wat ek aanskou, laat my amper kom. Die klein g-string is deurweek en bedek kwalik haar lippe. Inteendeel, een kant is buite. Sy is skoongeskeer en duidelik ook ernstig opgewerk. Die blink druppels wat van haar op die mat draadjies trek, beaam my waarneming. My vingers krul afwaarts en glip haar binne. Sy kom onmiddellik en ek wonder of die hele Bloemfontein nie nou wakker is nie. Na 'n rukkie bedaar sy en ek trek die g-string af. My onderbroek is intussen ook uit en ek trek Mariaan aan haar heupe op. Met een beweging dring ek haar van agter binne. My skag dring haar diepste geheime binne en ontlok 'n tweede ontploffing aan haar kant. Ek kan ook nie verder nie en kom diep binne haar. Sy het later omgedraai en my nat penis in haar mond geneem. My tweede lewe is goed benut en later ook die derde en die vierde lewe.

Dit is halfvyf en die dag begin breek. Ons is steeds op die mat. Mariaan sit bo-op my en sak stadig vooroor. Ek is steeds binne haar nadat sy so pas die vyfde lewe uit my erg verrinneweerde penis gehaal het. Sy laat sak haar mond na my oor.

"Gerhard, ek gaan nie Kaap toe nie … Het ook nie ingepak nie. Ek kan nie teruggaan nie. Ek is lief vir jou!" sê sy sag.

Ek was verstom en het skielik besef dat die snaakse gevoel waarmee ek die laaste maande stoei, eintlik bevestig dat ek hopeloos verlief is op hierdie vroumens.

Sy het nie gery nie. Sy het dit reggekry om nog twee lewens te bewerkstellig voordat ek die aftog geblaas het stort toe.

Ons is getroud en bly steeds in Bloemfontein. Ek moes so 'n bietjie laat vergroot aan ons huis, want die sewe lewens wat ons daai aand gebruik het, se nagevolg speel die werf vol … drie van hulle.



LitNet: 06 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.