Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kom klub toe

Alice Botha

Krysta kyk in haar spieëltjie en sit ekstra lipglans aan. Vee oor haar hare, druk die oortollige krulle agter haar ore in en druk haar bra op. Sy asem 'n paar diep teue. Skud haar kop.

"Wat de hel dink jy doen jy, vroumens?" Sy staar na die blekerige gesiggie in die spieëltjie.

"O well, here goes nothing …" Sy skraap die bietjie moed van haar sitplek af en klim uit die kar.

Selfbewus trek sy haar toppie oor haar kloppende hart en welgevormde borste. Sy trek haar maag in en stap verby die groot deurwag in die klub in. Sy is alleen. En dit voel of almal dit weet. Hier en daar vang sy 'n oog wat haar gevraagd aankyk, maar sy lig haar kop en maak arrogante bewegings met haar skouers. Haar selfvertroue is egter net so lank soos dit kroeg toe is. Omtrent honderd meter of so. Sy gaan staan by die kroeg, leun gewaagd vorentoe, stoot haar boude uit en maak haar rug hol. Beide uitloklik en waarskuwend.

"Twee tequilas." Sy gooi die shooters af so gou as wat dié in haar hand gedruk word. Toe die warmte in haar maag land, kry sy 'n koel bier waarmee sy wegstap.

Daar is nie tafels vir single girls nie, en dit noop haar om te gaan rank teen 'n pilaar. Die bier in haar hand is 'n goeie verskoning om vir eers "die scene uit te check". Sy is hier vir dans en drank. Baie van beide. Sy is meer as gatvol om alleen by die huis te sit en te wag vir die kamstige vriende of ridders om te bel.

"Vanaand wil ek weer voel hoe die bloed deur my are druis, al vat dit 'n dosyn biere …" mompel sy vir haar pilaar.

Krysta plak die leë bottel neer, trek haar rompie reg, en loop dansbaan toe. Sy dans, maar dit lyk meer of sy probeer plek oopskop in 'n krismisbed. Sy voel soos 'n idoot, en niemand kyk eers na haar nie. Sy vlug badkamer toe.
Sy staan voor die spieël en klap haarself.

"Get your act together, girl. Vanaand gaan jy jou geniet, al kos dit wat!"

'n Meisie met lang blonde hare skuur verby haar. Haar stywe nippels raak skrams aan Krysta se rug. Meteens is daar nie jaloesie nie, maar 'n begeerte vir 'n lyf. Sy loop uit die badkamer uit, reguit kroeg toe. Bestel sommer vier shooters dié keer. Haar kop begin effens draai, en sy weet sy is reg vir wat ook al. Sy wil weer die dansbaan probeer - en loop vasberade soontoe, net om oor die trappie te struikel en vallend oor die naaste tafel te rol tot in 'n stoel.

"Okay, ek sal maar hier moet sit tot dié wat my gesien het, wegkyk of vergeet van my!" dink sy met haar brandende gesig in haar hande.

Toe sy opkyk, het die drie ouens wie se tafel sy sommer geannekseer het, teruggekom, duidelik verbaas oor die nuwe lid, maar ag, dis 'n klub en hulle gee nie rêrig om nie. Twee van die threesome sit en praat oor gholf, die ander een is stil. Die gholf-buddies staan op en loop kroeg toe. Krysta voel baie ongemaklik. Sy wil opstaan om te loop, toe sy iets teen haar been voel.

'n Klomp gedagtes hardloop deur haar kop. Dis sy been! Wat maak hy? Maar sy sit. Sy ander been kom by en druk haar bene uitmekaar. Hulle kyk nog steeds nie na mekaar nie. Sy staar na die dansbaan en hy karring op sy selfoon. Dan sit hy die foon neer en skuif tot teenaan haar. Krysta draai skuinser na hom toe. Sy hand gly onder die tafel in. Hy streel haar bene, stoot haar romp op en streel haar dye. Hy raak aan haar pantie, streel oor die gladheid daarvan en kom te ruste op die nou groot nat kol. Hy glimlag. Dan vat hy aan die pantierek.

"Kan ek maar?" Hy praat. Vir die eerste keer. Sy sit versteen. Haar mond is die enigste droë ding aan haar lyf op die oomblik. Sy oë hou hare gevange.
"Is this really happening to me?"

Hy trek haar pantie stadig af, sy skuifel om dit so onopsigtelik as moontlik te laat voorkom. Hy druk haar broekie in sy baadjiesak. Hy maak haar bene weer oop en streel oor haar dye, hy maak haar nat lippe oop en forseer sy vingers diep in haar nat poesie in. Sy wil mal raak. Hy druk sy vingers in en uit en in en uit, dan masseer hy haar klit vir 'n rukkie. Sy kan nie meer nie. Hy sien dit.

Hy staan op. "Kom!" Hy hou sy hand vir haar uit. Sy vat dit en loop soos 'n slaapwandelaar al agter hom aan. Hy mik vir 'n tafel reg langs die dansbaan. Alhoewel dit swakker verlig is as die res van die plek, en darem meer eenkant, is dit nog steeds ten aanskoue van wie ook al indringend mag kyk.

Krysta voel weerbaar. Hy geniet dit.

Asof hy haar gedagtes lees, knip hy sy oog.

"Niemand is so blind soos dié wat nie wil sien nie …"

"Moenie sit nie, nie nou al nie." Hy glimlag weer, hy gaan sit en trek sy gulp oop, wikkel sy jean effens af, en deur die neonligte en rook kan sy sy dikgeswelde piel sien staan. In afwagting. Net vir haar.

Net toe realiteit haar tref en sy verward begin rondkyk na al die mense rondom haar, gryp hy haar hand. "Nou kan jy sit. Bo-op my."

Krysta gooi haar linkerbeen oor sy skoot en kom hard op sy stywe piel te lande. Sy gee 'n klein gil. Sy harde piel druk diep in haar nat poesie in. Dieper en dieper. Sy ry hom stadig. Om dinge so ongesiens moontlik te laat gebeur, rek net die orgasme soveel langer uit. Dis lank, en diep en stadig, warm. Hy gryp haar nippels vas en laat gaan sy warm sperm diep in haar op. Weer en weer. Sy kom soos 'n golf wat sy ry. In die waas van intense plesier word sy 'n oomblik bewus van die kelnerin wat vyf treë van haar af staan. Sy glimlag.

Vir 'n oomblik hang Krysta nog tussen hemel en aarde en dan klim sy af. Ook net betyds. Die twee gholfers stap nader.

"Kobus wil ry, kom jy bro?" Sy pelle kyk nie eers na haar nie. Hy wikkel sy broek toe, en staan op. Hy gee haar 'n soen op haar voorkop. Sê nie 'n woord nie. Hy kyk net een keer om en glimlag toe hy by die deur is.

"My pantie! Hy't nog my broekie in sy sak!" Sy wil opspring en vir hom skree, maar sy ken nie sy naam nie, en haar jellieagtige bene gee in elk geval in onder haar.

Krysta besef sy sal eers haar loop en stem terugkry lank nadat die drie gery het.



LitNet: 9 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.