Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor dokters en dalmatians

Stephan Jones

Ek moes nou die dag dokter toe vir die noodwendige jaarlikse check-up (totaal verniet, volgens my: ek boer in die gym en is beesgesond).

Die dok het my bevoel en bevat en beluister en ek het haar maar laat begaan: sy's nogal mooi, haar rubberhande was amper sensueel en buitendien was 'n dag van die werk af nie te versmaai nie. Haar slotkommentaar was: "Mmm, nie sleg nie. Nog iets?"

Iets het my gepla: ek het 'n paar kolletjies op my geslagsdeel wat (ek kan sweer) meer word.

"Ja, Dok. Maar dis baie weird."

"Weird? Niks in die mediese wêreld is weird nie," het sy gesê. "Wys my."

Ek het by broek afgebeur en my penis vir haar uitgehou. "Ek het kolle."

Sy het gekyk maar niks gesien nie. Verdomp! Ek het vergeet dat die blerrie goed net wys as ek styf is! Sy het my 'n paar ou Scopes in die hand gestop en gesê ek moet haar roep as ek reg was. Scopes?! Hel, man, Fashion TV doen vir my meer as dit! Ek het maar gevryf en gepeuter maar my voël het hardkoppig slap gebly.

Na 'n ruk het sy om die deur geloer en die situasie opgesom: "Miskien moet ek maar handjie bysit." Sy het my gemaklik in haar hand gevou en begin trek. Die weirdgeit het gou plek gemaak vir genot en ek het in haar hand gegroei tot my volle potensiaal. Dit moes haar beïndruk het: haar mond was half oop en haar bors het begin dein. Toe eers merk ek haar borste op: sag en vol, met 'n los beweeglikheid onder haar bloes.

Die kolle was duidelik en sy het afgebuk om nader te kyk. 'n Sagte rolbeweging van haar hande het my laat opbeur met my heupe en sy het gefrons. "'n Spermmonster sal nodig wees. Ons moet seker wees ons ondersoek al die moontlikhede." Met dié het sy my met erns begin trek. Ek was net bewus van haar warm rubberhand en die erotiek van die situasie en het gewens dit hou nooit op nie.

"Waarsku my net vroegtydig oor jou orgasme ...", toe spuit ek reeds deur haar vingers tot op die vloer.

"Wow ... shit, sorry," was al wat ek kon uitkry. Sy het teleurgesteld na die kolle op die vloer gekyk en agter haar rekenaar gaan sit. "Ek sal die verslag deurstuur na jou werkgewer", met 'n heesheid in haar stem wat my laat opkyk het. Daar was twee duidelike knoppies voor op haar tieties en haar asem was kort. Die idee dat dit wat gebeur het, nee, dat ek haar gestimuleer het, was 'n moerse kick! Tog het ek maar geloop.

Die ontvangsdame het my vriendelik gegroet: "Sien jou môre weer." My stil vraag het 'n antwoord gekry: "Dokter het jou vir môre weer geboek. Nog toetse."

*

Ek was baie betyds en bietjie jags. Hoe sou sy my ondersoek?

Haar bloes was 'n sagte vleeskleur en haar borste was los daaronder. Ek het uitgetrek en kaal gaan sit en sy het nader gekom terwyl sy net op my slap, swaar voël gekonsentreer het. Ek kon my oë nie van haar borste afhou nie: sy het half gebukkend voor my gestaan en hulle was reg voor my. Weer was my voël halstarrig: hy het slap en dik tussen my dye gelê. Sy het gesien waarop ek konsentreer en stadig haar knope begin losmaak. Haar sagte bra het ook gewaai en toe staan sy daar met net haar romp aan.

Bliksem, broer, ek was verstom! Ek het geweet dat sommige kledingstukke meer verbloem as wat hulle wys, maar kon my oë nie glo nie. Die paar tieties wat sy onder haar bloes weggesteek het, was blerrie stunning! Hulle was perfek simmetries, met groot ligtebruin tepels. Die puntjies wou net-net grof wees en het heerlik suigbaar gelyk. Ek het stadig 'n helse horing begin kry: een van daai wat so oppomp met elke klop van jou hart. Sy het met oop lippe gestaan en kyk hoe ek styf word en toe saggies gekreun. Haar tepels het opgekreukel tot hulle twee growwe rosyntjies was. Ek wou van my kop af raak van pure lus!

Sy het met haar kaal hande aan my geraak en ek het geruk in haar vingers. Haar tiete was in my gesig en ek het my hande op haar heupe gesit en stadig teen haar ribbes opgeskuif tot onder hulle. My duime was net-net onder die waai van haar borste. Kyk, sy sou nie die potloodtoets slaag nie, maar met haar vooroorbuk was hulle dôners pragtig. Ek het my duime oor haar tepels gevee en sy het hulle opgebeur in my hande in. Teen dié tyd het daar sulke tapsels voëlsap teen my skag afgeloop en die geluid van 'n nat draadtrek het die kamer gevul.

Ek het vorentoe gebuig en 'n harde tepel in my mond geneem. Ek het instinktief geweet dat sy van byt en hard suig hou en ek het my tong om hom gevou. My hand het haar tiet tot 'n punt gedruk en ek het so hard gesuig as wat ek kon. Ek het haar ander nippel tussen my duim en voorvinger gerol en getrek tot sy gehyg het.

Sy het my ordentlik aan die draad beetgehad en getrek tot my hartelus. My hande en mond het plekke geruil: die nat tepel is met my duim gevee tot die wrywing tot vir my onuitstaanbaar was. Ek wou haar nog waarsku oor my orgasme, maar sy het dit gevoel en stip afgekyk na my voël. Hy het nog altyd van aandag gehou en die geleentheid ten volle benut: dik blobs kom het uit die punt opgewel en oor haar hand geloop.

Haar bene het gebewe toe sy wegloop en agter haar tafel gaan sit. Ek het myself by die wasbak in haar ondersoekkamer gaan was en kaal teruggeloop. Sy het agteroor in haar stoel gesit, een hand het oor haar harde tepels gevryf en die ander het onder die tafel deur haar romp tussen haar bene gewoel. Sy het stip na my (nog steeds dik) voël gekyk terwyl sy haarself bevredig het. Toe ek hom in my hand neem en lank en stadig vir haar uitmelk, het sy haar pas versnel. Haar orgasme was 'n lang en bewende affêre.

*

My volgende afspraak was as laaste pasiënt van die dag. Ek was die hele oggend bewus van my voël en het gehoop ek kan uithou tot die middag toe. In die spreekkamer was ek nog slap, maar toe ek (uiteindelik) in die gang kon afloop na haar toe, het hy met mening teen my broek begin beur. Sy was ook reg vir my: sy het net 'n doktersjassie en 'n spierwit langbroek aangehad. Die jas was oopgeknoop en haar bolyf was kaal. "Ek is mal oor die growwe materiaal teen my tepels." Ek moet erken, ek was ook mal daaroor. Sy was duidelik al goed opgewerk.

Ek het op haar ondersoektafel gaan lê. Alexander (die Grote) was kliphard en het geklop van lus. Sy het my toegelaat om haar borste te liefkoos en te brei terwyl sy my voël met albei hande bewerk het. Haar onderlyf was net die regte hoogte en ek het teen haar bobene geskuur met my arms. Toe sy haar bene effens oopmaak, het ek my hand deur hulle geskuif en haar nader getrek. My arm was tussen haar bene deur gekrul met my hand agter in die waai van haar rug. Ek het my boarm teen haar vrouwees vasgedruk en sy het saggies teen my begin ry. Ek kon voel dat sy reeds nat was en het my gesig teen haar gedruk om my neus teen haar te nestel.

Sy het weggestaan en ek het gekla van teleurstelling, maar dit was gelukkig net om haar broek uit te trek. Die deurtrekkertjie was van wit katoen met 'n moerse nat kol reg op haar vulva. Haar geskuur teen my arm het veroorsaak dat die materiaal tussen haar lippies ingeskuif het en hulle was afgeprent weerskante van die slootjie in die middel. Sy het met 'n ongelooflik sensuele beweging afgebuk en ook dié stukkie lap afgeskil.

My arm het nog steeds bak gehang en sy het met een tree weer oor hom teruggeskuif. Haar bobene was sterk en het haar lang spiere met soepel definisie gewys. Die donker driehoek van haar skaamhare was kortgeknip, só dat mens haar lippe duidelik kon sien. Hulle was dik en 'n donkerpienk; haar jags natheid het tussen hulle geblink en 'n kort draadjie van haar sap het tussen hulle uitgehang. Ek het my arm opgestamp tot in die kruis van haar bene en gevoel hoe sy na haar asem snak.

Ek het nie genoeg ledemate gehad om by haar tiete en haar kittelaar uit te kom nie en toe dink ek maar om my mond en tong te gebruik. Met die naderkom het die muskusreuk van haar warm dosie my neus laat sper en ek het my mond teen haar klit vasgedruk. Ek het gevoel hoe dit onder my tong hard word en met klein lekkies daarop gekonsentreer. Sy het haar hande weerskante van haar lippe ingeskuif en die V van haar bo-lippe vir my opgedruk. Haar kittelaar was ontbloot en sy het hom teen my mond vasgesmeer. Die boodskap was duidelik: ek moes daar suig. Ek het die hele area in my mond geneem en eers sag en toe harder begin suig. Sy het agteroor gebuig en teen my vasgedruk terwyl ek haar geëet het. 'n Aardse kreun het haar orgasme aangekondig en sy het teen my geskud.

Toe was dit my beurt. Sy het my weer tweehandig beetgekry en begin stimuleer. Daar was tapsels van my nat tussen my voël en my maag en sy het dit met haar wysvinger opgetel en oor my punt gevryf. Haar oë was glasig toe sy haar vinger in haar mond druk en aflek. Sy het afgebuk en my voël vol in haar mond geneem. Haar tiete was op my maag en ek het hulle weer begin brei terwyl sy my 'n blowjob gegee het waarvan ek toe nog net gehoor het. Ek was kliphard in haar mond toe ek die eerste pompe diep uit my balle voel opstoot het. "Ek gaan kom!" "Mmm hhmm," was haar antwoord terwyl sy met een hand se vingers onder my balle gedruk het. Ek het met twee spuite agter in haar keel gekom en sy het dit gesluk.

Ek het haar na my mond toe opgetrek en weer aan haar borste begin eet. Hulle is groot genoeg dat ek al twee tepels bymekaar kon druk en dan saam lek en suig. Dit het haar bene lam gemaak en sy het gekreun van genot. Sy het weer tussen haar bene begin peuter soos die vorige dag en ek wou mal word. "Ek het nog," het ek tussen mondevol harde tepels deur gesê en my steeds harde voël vir haar aangebied. Sy het weggedraai en met 'n kondoom teruggekom.

Daar is min dinge wat lekkerder is as 'n vrou wat weet wat sy doen wanneer sy 'n kondoom oor jou harde penis afrol, en my dokter WEET wat sy doen. Ek het tussen haar bene ingewoel met my kop, en my tong so diep as wat ek kon in haar vagina ingedruk. "Jaaaaa, ummmmm. Nou!" Met dié het sy op die bed opgeskuif en haar bene vir my gesprei. Ek het voor haar gaan staan en met my glans deur haar lippe gevee, op en af en op en af. Tydens een van die afbewegings het sy haar bene om my gevou en my nader getrek sodat ek diep in haar ingegly het. Sy het haar mond oopgemaak en stil gegil terwyl sy met haar hande op my heupe die stamppas aangegee het. Ek het haar vir 'n ruk laat lei en toe beheer oorgeneem. Ek het bepaal hoe vinnig, hoe diep en hoe hard en met watter tussenposes ek in haar ingestamp het. Sy het wild geword en gesê ek moet haar ordentlik naai.

Dirty talk maak my gek. Ek het op haar gaan lê en soos 'n masjien begin steek. Sy was doodstil terwyl sy op die klap van ons onderlywe gekonsentreer het. My bors het oor haar tiete gevryf en ek kon haar harde tepels oral teen my voel. 'n Deurmekaar gemompel was al wat ek kon uitkry om haar te waarsku oor my orgasme: ek het teen haar ingebeur terwyl sy doodstil gehou het en die pomp en klop van my voël diep in haar beleef het. Boeta, en toe ry sy my. Ek het gedink sy gaan hom afbreek soos sy tekere gegaan het. Sy het later ook stil geword en ek het die ongelooflikste gevoel ervaar: sy het my letterlik gemelk met haar vagina: 'n polsende sametrekking het my verstom in haar oë laat kyk. "Hoe?" wou ek weet. Sy het gestotter: "Nie ek nie ... doos self ... hier ... kom ... ek ... Aaaah!"

Ek het op haar gerus en ons het saam tot verhaal gekom tot ek met 'n nat geluid uit haar uitgegly het. Sy het geglimlag: "Hoekom wys hulle dít nooit in die flieks nie?"

*

Ek boer deesdae by die gym en by haar. Sy het nóg mooier geword (goeie seks laat 'n regte vrou mos gloei!) en my maag- en boudspiere is soos klip. Die mediese fonds betaal vir my "terapie" en my baas is verheug oor my nuwe lewenslus en werkywer.

En my kolle? O, ja, dié ou goedjies ... Man, ek dink ek is besig om in 'n blerrie dalmatian te verander, maar ek gee nie 'n hel om nie ...



LitNet: 01 July 2004

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.