Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Foonseks

Jesse

My selfoon vibreer op my laaikassie en ek sien dis jy wat bel. Ek glimlag; ek weet wat kom.

"Hallo Mooiding."

"Hallo jy."

"Wat doen jy?"

"Ek lê op die bed, kaalgat onder die duvet, en dink aan jou."

"Issit? En wat doen jy terwyl jy aan my dink?"

Ek draai op my rug, my bene effens oop, en streel oor my borste. My tepels is hard en my vingers knyp-streel oor hulle.

"Ek doen nog niks nie, maar ek kan voel hoe dit klam begin raak tussen my bene."

My hand streel oor my maag, oor my naeltjie af na my skaamhare toe.

"Wat maak jy?"

"Ek streel oor my maag, ek skuur oor my skaamhare. Ek kan voel hoe my lippies begin swel."

"Swel hulle vir my?"

"Ja."

My hand druk tussen my lippies in, vee liggies oor my klitoris en gly heerlik in my nat slootjie. Ek kreun saggies.

"Is dit nat tussen jou lippies?"

"Ja, baie nat. Ek wens jy kon sien hoe nat ek vir jou is."

My middelvinger beweeg lui-lui op en af in die nat paadjie, my asem trek in as ek vinnig oor my vagina-opening streel. My heupe druk op na my hand toe, my bene maak wyer oop.

"Ek wens jy was hier."

"Ek wens ook ek was daar. As ek nou daar was, het ek jou g-string diep in jou slootjie ingetrek en jou lippies weerskante daarvan met my tong gelek. Kan jy voel hoe my nat tong oor jou lippies gly?"

Ek kreun hard, my asemhaling raak vinniger. Ek vryf in my nat slootjie, druk my vinger diep in my vagina in.

"Voel hoe suig ek jou klitoris, eers saggies, dan vinniger. Ek lek jou sousies uit jou slootjie uit, my tongpunt krul om jou klitoris."

"Ek voel dit, moenie ophou nie, asseblief! Druk jou tong in my opening in, lek my, maak slurpgeluide as jy my lek, druk jou tong diep in my in."

My vinger is op my klitoris. Ek vryf heen en weer daaroor, my heupe in tempo met my hand. Vinniger. Harder.

"Kan jy voel hoe ek jou naai met my tong? Ek druk my tong so diep ek kan in jou in. Ek ruik jou passie, ek kan sien hoe jou sap blink op jou lippe. Ek druk my neus teen jou poesie, ek ruik jou, ek ruik jou skaamhare, ek lief die reuk van jou."

"Ja-a, ja-a, ek voel jou! Ek voel jou tong, ek voel hoe wikkel jy dit heen en weer in my."

Ek druk 'n kussing onder my boude in, ek druk twee vingers diep in my poesie in. Die wand is glibberig en warm. My vingers blink as ek hulle uittrek. In, uit, in, uit. My asem is gejaagd. My borste bons heen en weer soos my heupe teen my hand stamp.

"Wat doen jy?"

"Ek vinger myself, ek sien hoe blink my vingers, my poesie is so glad, ek verbeel my dis jou vingers."

Ek hoor hoe jy kreun.

"Voel hoe druk ek my vingers in jou gladde poes in. Voel jy hoe wikkel ek my vingers heen en weer binne jou? Is dit lekker? En terwyl ek jou so vinger, gaan ek met my duim oor jou klitoris vryf. Heen en weer. En soms as ek my vingers uit jou nat poesie trek, gaan ek van jou heerlike nat sous oor jou lieste en heupe smeer. Ek sal ook daarvan in jou skaamhare smeer."

My middelvinger woed nou oor my klitoris. Hard! Ongenadig! Twee vingers, harde druk. Dan weer in die nat slootjie, oor my geswelde lippe, in my nat opening in. My hele driehoek is nat.

"Sal jy daarvan hou? Moet ek van hierdie wondervog oor jou borste smeer? Oor elke harde tepel? Tussen jou twee borste af. Ek wil die blinknattigheid oor jou tiete sien. Dan sal ek weer my vingers diep in jou indruk en dan in jou mond druk. Ek wil sien hoe lek jy jou eie heuning van my vingers af, hoe jou tong om my vingers krul. Ek wil jou soen, ek wil die smaak van jou van jou mond af soen."

Ek gil hard wanneer my orgasme deur my wese pluk. My rug ruk so hol dat ek bang is dit breek. My heupe ruk. Ek hoor hoe jy kreun as jy my hoor kom. Ek ruik my eie seks, my geur hang in die lug, dis aan my vingers, my hande.

"Sê vir my hoe ruik jou hand."

"Dis soos muskus - vreemd, souterig."

Ek suig hard aan my vingers en hoor hoe jou asem intrek as jy weet wat ek doen.

"Druk bietjie jou hand op jou koekie en sê vir my hoe nat is jy."

"Dis baie nat, jou penis sou ingly as jy nou hier was."

"Sou jy wou hê my penis moet ingly?"

"Jaaaaaaaaa!!!"

Ek maak my bene heeltemal wyd oop. Ek smeer my lieste, lippies met my sap. Ek smeer dit oor my skaamhare, 'n nat strepie oor my maag na my borste toe. Ek kreun as ek my sap oor my tepels smeer en die natheid sien.

"As ek nou by jou was, het ek op jou spieëlkasstoel gaan sit en jou nader getrek. Eers sou ek jou borste een vir een aflek. Terwyl ek die een suig en lek, sou my hand op die ander streel en knie. Ek sou so draai dat jy in die spieël kon sien hoe ek jou liggaam plesier. My ander hand sou nou tussen jou poeshaartjies gevroetel het en jou klittie geterg het."

My hande is woelig. Een is op my tepels - trek, knyp en masseer hulle. Die ander een is tussen my skaamhare en op my klit - dit vryf heen en weer, op en af.

"Ek sou met my rug na jou op jou harde penis afgesak het. Eers met my nat poesie oor jou voëlkop geterg het, net sodat die kop 'n klein entjie inglip en dan weer uittrek. Ons oë sal albei op die spieël voor ons gefokus wees. Jy sal sien hoe sak ek op jou voël af, hoe dit sentimeter vir sentimeter in my stywe poesie ingly. Ek sal sien hoe my lippie om jou kop vou, hoe groot jou penis is, hoe dit perfek in my skede pas. Jou hande sal op my boude wees asof jy die pas wil aangee. My hande sal op my borste wees, tergend; ek sou my tepels rol tussen my duim en middelvinger."

Jy kreun, ek weet jy het jou broek losgemaak en jou harde voëlkop beur daaruit. In my verbeelding sien ek hoe jou hand jou skag omsluit, hoe jy jouself streel. Hoe jou vingers die vel oor jou kop vryf, hoe daar deursigtige voor-kom lek en ek dit van jou voël afsuig. Ek vryf my klit, dis taai tussen my bene. Ek sit my vibrator aan en druk die vibrerende skag teen my opgeswelde lippe vas. My asem jaag en ek kreun van die sensasie.

"Terwyl ons mekaar naai voor die spieël, sou ek my hand op jou skaamhare gesit het en met my middelvinger jou klittie gevryf het. Ek sou kyk hoe wip jou tiete op en af terwyl jy my voël ry. Ek sou jou rug gesoen het en met my tong nat hale oor jou rug gemaak het."

Ek kan voel hoe my orgasme my weer begin bekruip. Daardie warm, nies-sensasie in my onderlyf. My oë is toe, ek gee my oor aan jou stem. My vingers naai my klittie, sag dan weer hard, ek smeer van my sap oor my klittie ...

"Ek kan sien hoe jy vinniger op en af op my voël beweeg. Jou hande hou my knieë vas terwyl jou lyf op en af op my paal gly. Ek kan voel hoe jou poesie stywer om my raak, hoe jy teen 'n malse spoed op en af beweeg. Ek sien hoe jou lippe vertrek is van ekstase, jou oë is verstar op dit wat jy in die spieël voor jou sien. Ek weet jy gaan nou kom! RY MY! NAAI MY! KOM SAAM MY!"

"Aaaaahhhhhhhh! Ek kom, ek kom!"

Ek gil hard, aanhoudend. Ek hoor hoe jy ook bulder en raas terwyl jy jou warm saad skiet, ek wens jy kon dit oor my liggaam spuit. Terwyl my orgasme deur my liggaam ruk, druk ek my vibrator diep in my in. In uit in uit, vinniger, vinniger! Ek kom vir 'n derde keer! Ek gil jou naam, gryp krampagtig my bobene vas terwyl my heupe die vibrator tussen my bene vasknyp.

"André, André!!!"



LitNet: 24 September 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.