Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Iets is anders …

Betty Boob

My fok, maar dis warm! Maar na ’n uur en ’n half se verdwaal stop ek uiteindelik voor die woonstelblok. Jy staan by die ingang met ’n boxer en t-hemp aan. Jou breë skouers nooi my uit om onaardse dinge aan jou te doen en my tepels verander in yspieke. “Ruk jouself reg,” hoor ek ’n stemmetjie in my kop raas.

Ek haal die radio so met die uitklim uit en maak seker dat al die deure gesluit is. (Dis nie die veiligste deel van die stad nie.) Jy volg my elke tree en beweging ...

“Hi.” Jou oë brand diep spore in myne. “Gryp my en soen my!” wil ek skreeu. Dis wat jy altyd doen as ons mekaar sien. Die tye wat ons soos diere mekaar lustig wou verskeur. Maar vandag is iets anders ...

“Hi,” sê ek maar ook en hou myself terug om jou nie te bespring nie.

Ons loop in stilte na die hysbak. So nou en dan sal ons oë mekaar vind en weer terugkeer na die flikkerende ligte van die hysbak. Ek kan aan die nabyheid van jou lyf voel dat iets anders is ... ander as laas ...

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Ons beweeg in die nou paadjie verby woonstelle. Jy’s agter my en ek voel jou oë op my nek, rug ... my gat. By die deur staan jy langs my en jou bekende reuk van Legacy vul my wese ...

Die woonstel is ruim, met ’n fantastiese uitsig oor die Uniegebou. Die TV is op SuperSport en ek voel jou agter my ...

“So, hoe’s jou vakansie sover?”

Wat!!! My vakansie?! Ek’t amper 110 km gery net om by jou te wees ... net om jou asem op my liggaam te voel ... jou tong op my tepels en jou vingers spelend op my klit ...

“Ok, dankie en joune?”

Watse small talk is dit dié? Iets is anders aan jou houding. Maar wat?

“Sit, maak jouself tuis. Koeldrank?”

“Ja, dankie,” sê ek terwyl ek my skoene uitskop en my bene onder my op die rusbank invou.

Ek sit en blaai deur ’n koerant. Lees hier en daar ’n paar headlines. Jy kom sit langs my en neem die koerant se tydskrif.

“Hoe klink ’n bietjie algemenekennis-vrae?”

Ek verstik amper aan my koeldrank. Wil jy nie my klere van my lyf af skeur en met my doen wat jy wil nie? Maar iets is anders aan jou stem en jy kyk my reguit in die oë. Ek hou van hierdie iets anders ...

“Ok, hoekom nie.” Ek lê my bene op jou skoot neer en jy rus die tydskrif daarop.

Ek kan nie help om na jou donker oë te kyk terwyl hulle oor die vrae dans nie. Jy maak die tydskrif toe, toe ons al twee besef dat nie een van ons iets van wêreldgeskiedenis weet nie. Jy staan op en stap na die radio. Rustige musiek begin deur die luidsprekers vloei ... jy kom staan voor my en hou jou hand uit ...

“Soek jy die koerant?” Wat anders sou jy wil hê?

“Gee my jou hand ...”

My hand ... dis die eerste keer ... Wat is dit met jou? Wát is anders?

Jy neem my hand en trek my stadig van die bank af op. Jy swaai jou arm om my lyf en hou my hand vas ... ons dans. Al twee jou arms beweeg af teen my rug ... my hande volg die lyne van jou spiere ...

Ek kyk op en ons oë ontmoet mekaar ... jy buk stadig af en jou lippe raak myne ... In die agtergrond hoor ek êrens die musiek waarop ons dans, maar binne my is dit stil. Van wanneer af is jy so? So romanties? So ... anders?

Jou lippe beweeg teen my nek af ... ek voel jou asem teen my vel en ek begin nat raak tussen my bene ... jou hande reis al oor my rug ... hulle glip onder my hemp in en my arms word outomaties tot bo my kop gelig ... my hemp gly oor my kop en jy gooi dit op die mat ... jy soen my skouers ... my nek ... my ore ... jy lek my lippe ... Maar iets is anders ...

Ek druk my hande onder jou hemp in en streel jou bors ... jou hemp gly oor jou kop ... my tong dans op die ritme van my hartklop van jou nek af na jou skouers ... jou breë, gespierde skouers ...

Jou hande beweeg oor my borste af na my jean se gulp ... jy haak jou duime by die rande in en trek my jean stadig oor my gat ... ek lig een vir een my bene uit die pype terwyl ons lippe nog steeds oor mekaar se lywe baljaar ... jy trek my styf teen jou vas en ek voel jou harde manlikheid teen my druk ...

Jy lei my uit die vertrek na jou kamer ... jy laat my saggies, met jou hand agter my kop, op die bed neerlê ... jy soen my en ek voel iets wat ek nog nooit gevoel het nie ... iets anders ...

Jou vingers streel oor my lyf en met een beweging draai jy my op my sy ... ons lê lepel ... ek voel jou stywe voël teen my laer rug klop ... jy maak my bra los en soen my rug van bo tot onder ... jy teken prentjies met jou tong en vee dit weer uit met jou warm asem ... ek krul van plesier ... jou hand beweeg om na my borste ... jy begin hulle saggies knie terwyl jy my oor soen ... jy draai my op my rug en kyk diep in my oë ... jy soen my voorkop ... jy beweeg af verby my nek ... jy spandeer ’n lang ruk by my tepels ... jy vleg jou vingers in my broekie en trek dit af tot by my enkels ... ek voel jou vinger tussen my bene ingly ... my rug maak ’n boog van ekstase ... jy terg my klit en nou en dan gly jou vinger in en uit ... in en uit ... in en uit ... jy haal asem bo my tepels ... jou vinger begin al stadiger beweeg ... stadig en hard ... skielik is jy bo-op my ... deur jou boxer kan ek voel hoe hard jy werklik is ... jy lê gelyk met my lyf en haal asem in my nek ... ek voel ’n nattigheid teen my maag en weet dat jy gekom het ... jy soen my liggies en rol af tot langs my ... jy trek my nader en rus jou kop op my skouer ...

So lê ons vir ’n paar minute wat soos ’n ewigheid voel. Jy staan op en bring my hemp. Ek trek in stilte aan en lê nog steeds op die bed. Jy kom lê met jou kop op my bors ... wat gaan aan? Iets is anders!

Ons lê en praat oor wie weet wat. Die sweet pêrel op jou rug. My fok maar dis warm!

“Dis amper elfuur. Ek moet gaan.”

Jy staan op en gee my tyd om my klere aan te trek.

“Ek wonder of my kar nog buite staan?” sê ek hard genoeg vir jou om in die badkamer te hoor.

Wou jy nie ’n blowjob gehad het nie? Moes ek nie met jou speel tot jy kom en kom en kom nie?

“Ek sal gou gaan kyk.”

Ek hoor die deur agter jou toegaan en gaan staan in die voorhuis. Ek staan voor die venster en kyk na die Uniegebou ... hierdie oomblik wil ek bewaar ...

Jy kom terug met die boodskap dat my kar nog steeds daar is en wys ek moet langs jou op die bank kom sit. Ons lees mekaar se sterre en al twee van ons het liefde in die toekoms.

“Dis al na elf, ek moet gaan.” Ek sien die pyn en teleurstelling in jou oë ... dit maak my seer.

Ons klim, weer in stilte, in die hysbak. By my kar hou jy jou hand uit en groet my met ’n handdruk. Maar jy trek my in ’n oogwink nader en druk my styf teen jou vas ... jy soen my liggies in my nek en fluister in my oor ...

Ek waai deur die venster en weet presies wat anders is ... jou stem weergalm in my oor ... die woorde hamer op my hart ...

... Ek’t jou lief ...


LitNet: 12 Mei 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.