Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die huwelik

Rané Oelofse

Saterdagaand, en die pub is vanaand vol hubare dronk mans, dink Nolene as sy stadig aan haar Breezer sit en suig. Glad nie sleg nie, en dis nog nie eers tienuur nie.

Nolene skuif oudergewoonte haar minirok hoër op teen haar been, sodat net dit wat saak maak, nog bedek is. Dit behoort nie te veel vir die imagination oor te los nie, dink sy weer en ’n laggie begin om haar mondhoeke te vorm.

“Ek wonder wie sal my gelukkige prooi vir die aand wees?” sê sy saggies vir haarself en begin die kamer te scan vir die gelukkige wenner.

By die bar staan daar ’n groepie mans wat duidelik een van die groep se verjaarsdag aan ‘t vier is. Vier jongerige ouens - sy skat hulle so in hulle vroeë twintigs, mooi groot en fris en nog vol lewe. Haar oë beweeg verder af met die bar, en die enigste ander potensiaal daar is in die vorm van ’n jong langhaarman wat op sy eie sit en die mense om hom sit en dophou.

Die meeste van die tafels om haar is vol paartjies of groepe vriende wat luidkeels sit en kuier, lag en dronk word. Te moeilik om hier ’n move te try maak, en sy is tog nou regtig nie lus vir te veel effort vanaand nie.

“Lyk my ek sal maar vir iemand moet gaan gelukwens met sy verjaarsdag,” sê sy weer en staan stadig op.

Sy trek haar rompie reg en begin na die bar se kant toe stap. ’n Paar koppe draai na haar kant toe en sy kan in hulle oë sien dat hulle like wat hulle sien.

Nolene weet hoe om met haar liggaam te werk, wat om aan te trek, en hoe om ’n man se aandag te kry, en dit te hou. Sy het haar lang fris bene kaal gelos vanaand, en net ’n kort swart rompie aangetrek, haar favourite swart hempie en sandale. Haar lang swart hare hang los oor haar skouers, en haar grimering beklemtoon haar ligblou oë perfek.

Sy beweeg nader aan die bar, en maak seker dat sy agter ’n ouerige man staan wat so haar pad versper na die bar. Niks wat mans meer like as wanneer dit lyk asof ’n vrou sukkel nie. Mans moet mos altyd die hero speel, en sy beplan om vanaand haar held goed te beloon. Die groepie mans wat sy vroeër raakgesien het, staan so skuins voor haar en sy smile tevrede toe een van hulle sien sy sukkel om by die bar uit te kom.

“Hey, kan ek jou help en vir jou ’n drink order?” vra die een.

“Ja asseblief, dankie, kan ek asseblief ’n Breezer kry, orange flavour.”

Nolene staan effe nader aan die groep en wag om haar drankie te kry. Die ander ouens draai nou almal om en groet haar, en sy kan sien dat hulle oë almal op haar borste rus. Ai, dink sy, mans is darem so maklik. Wys net bietjie boob en jy kan met hulle toor.

“Hier is jou Breezer,” sê hy. “So wat maak ’n mooi girl soos jy op jou eie in ’n scruffy plek soos dié? Of staan jou boyfriend iewers om ’n hoek en wag?”

“Dankie,” sê Nolene. “Nee, ek is op my eie. Het net ’n drink nodig gehad vanaand, en dié plek is die naaste aan my flat.”

“Wel as enige ou met jou kak soek, kom roep ons net, ons sal jou bodyguards wees vir die aand,” sê die ou weer en gee ’n lekker lag.

“Thanks. My naam is Nolene, by the way. Hoeveel skuld ek vir jou die Breezer?”

“Dis oppie house. My naam is Deon, dis my broer Etienne, die lelike ou daar in die hoek is Gerrit, en die dronkie hier langs my is Sebastiaan. Dit is ook sy birthday vanaand, so jy is welkom om hom ’n soen te gee,” sê Deon en die res van die groep begin soos een man uit te bars van die lag.

“’n Meisie maak mos nie die eerste move nie,” sê Nolene in haar onskuldigste stemmetjie, “maar ek sal ’n uitsondering maak hierdie keer, net omdat dit sy birthday is. Dit is nou as hy nie sal mind nie?”

Die klomp druk almal vir Sebastiaan vorentoe om sy soen te ontvang. Nolene staan nader en neem sy gesig tussen haar hande. Sy kyk hom eers diep in die oë, sê saggies happy birthday en soen hom dan saggies op sy mond. Sy los haar lippe net lank genoeg op syne sodat hy haar borste teen sy borskas kan voel en trek dan haar mond van syne af weg.

“Dit was lekker, dankie,” sê Nolene in ’n nou duidelike hees stem.

“Glo my, the pleasure is all mine,” sê Sebastiaan.

“Dankie vir die drink; ek moet seker maar waai en julle in vrede los,” sê Nolene en begin omdraai om weg te loop.

“Nee wag!” sê Deon, “kuier bietjie saam met ons man, ons kan doen met bietjie vroulike geselskap.”

En so kuier Nolene toe saam met hulle. Die drank het gevloei en dit was nie lank nie of hulle was almal bietjie meer as net gesuip gewees. Toe die tyd aanbreek vir hulle om huis toe te gaan, was niemand juis lus vir ver ry nie, en dit word toe ooreengekom dat almal maar by Nolene se flat sal slaap.

Nolene het in haar kar geklim en vir Sebastiaan gevra om saam met haar te ry, terwyl die res almal in Deon se kar gespring het.

“Het jy darem jou birthday geniet vanaand?” vra Nolene in die kar.

“Moerse baie, veral daai soen. Sal nie mind om nog so enetjie te kry voor ek gaan slaap nie,” sê Sebastiaan en sit sy hand op Nolene se been.

“Jy kry dalk net waarvoor jy wens, Sebastiaan,” sê Nolene en skuif sy hand hoër op teen haar been.

Sebastiaan laat nie op hom wag nie en trek Nolene se bene van mekaar af. Sy hand gly tussen haar bene in en hy kan voel dat sy klaar nat en reg is vir hom. Hy besef dat sy niks onder die rompie aan het nie, en druk sy vinger hard in haar in. Nolene maak haar bene nog wyer oop en moet hard konsentreer om die kar op die pad te hou. Gelukkig is dit nie baie ver nie, dink sy.

Sebastiaan druk nog ’n vinger in haar in, en begin haar nou hard met sy vingers te werk.

“Kry jy maklik seer, Nolene?” vra Sebastiaan, terwyl sy hand in en uit haar beweeg.

“Nee, ek sal jou sê as ek ongemaklik voel of as ek iets nie like nie.”

Met dié stop Nolene voor ’n woonstelblok en vra vir Sebastiaan om die hek vir haar oop te maak.

Nolene kan die klomp in die kar agter haar hoor aankom. Dis ’n gesing en ’n gelag, met die musiek wat hard blêr in die agtergrond.

Hulle het vinnig by haar flat ingeloop en sommer so met die intrapslag op die naaste bank gaan lê. Nolene het vir Sebastiaan gewys om saam met haar na haar kamer toe te loop, en die deur agter hulle gesluit.

“Tyd vir speel is verby,” sê Nolene vir Sebastiaan en gryp hom hard en nader aan haar.

Hulle lippe vind mekaar en dié keer is dit hard en rou, asof hulle al jare wag om mekaar vir die eerste keer te kan proe.

Sebastiaan druk sy tong diep in Nolene se mond in en begin haar soen met ’n passie wat hy nie gedink het hy het nie. Hy trek haar toppie oor haar kop en is nie verbaas toe hy sien dat sy ook nie ’n bra aan het nie. Hy verkyk hom aan haar groot ferm borste en sak af om een van die nippels in sy mond te sit. Nolene kreun toe sy voel hoe haar nippel hard in sy mond word, en sy druk haar onderlyf nog stywer teen syne vas. Sy kan voel dat hy hard is vir haar, en sy gryp hom hard aan sy boude en trek hom nog nader. Nolene begin Sebastiaan se hemp uit te trek en speel met haar vingers oor sy nippels. Sy kan voel dat sy nippels ook hard vir haar word en soen hom nog harder. Sebastiaan begin afsak en soen Nolene oor haar borste en maag. Sy hande werk aan haar rompie en trek dit af oor haar heupe en bene. Nolene skop die rompie weg en loop ’n tree of wat terug, totdat haar rug teen die muur druk. Sebastiaan is nog steeds op sy knieë voor haar en druk sy gesig tussen haar bene in. Nolene kan voel hoe haar rug kromtrek en sy stoot haar heupe vorentoe. Sy tong teen haar klit maak haar mal, en sy kan voel haar bene begin bewe. Sebastiaan trek haar bene nog verder oop, en druk sy tong in haar in. Hy begin haar met sy tong steek, terwyl hy haar klit met sy duim werk. Nolene kan voel hoe haar eerste orgasme in haar begin opstoot, en sy weet dat haar bene nou enige oomblik onder haar gaan ingee. Sebastiaan voel dit ook aan, en los haar ewe skielik, maar net lank genoeg om op te staan en haar teen die muur vas te druk. In een beweging sit hy sy hande onder haar boude, lig haar op en in hom in. Nolene knoop haar bene om sy rug en sit haar hande op sy boude. Met haar rug teen die muur begin Sebastiaan haar hard te steek, met sy arms onder haar boude trek hy haar nog dieper en nader. Dan hou hy weer op, stap weg van die muur af en hou Nolene binne hom. Hy stap na die bed toe en glip uit haar uit voor hy haar op haar rug op die bed sit. Hy trek haar bene af van die bed af, sodat sy net met haar rug op die bed lê, en kom staan voor haar. Hy klim op die bed en staan op sy knieë, bukkend oor haar en beweeg nader en vorentoe. Nolene lig haar kop effe op, vat sy voël in haar hande. Sebastiaan beweeg nader aan haar en druk sy heupe vorentoe en nader aan haar gesig.

Sy vat sy voël in haar mond en begin hard daaraan te suig, terwyl haar hande op en af teen sy skag beweeg. Sebastiaan bly nie lank so nie, en haal sy voël vinnig uit haar mond uit, klim van haar af en gaan staan weer voor haar. Hy gryp haar om haar enkels en druk haar bene terug en op sodat haar hele geslag vir hom loer. Met een harde stoot is hy weer in haar en begin hy haar steek. Sy hande beweeg af na haar bobene en hy trek haar onderlyf nader en teen hom vas. Nolene lig haar rug van die bed af op om beter kontak te maak met sy voël en gryp hom aan sy arms.

Sebastiaan begin nou met alles wat hy het haar te steek, eers stadige, vlak stote en dan harde, dieper stote.

Hy druk homself diep in haar in, hou stil vir ’n rukkie en laat homself dan weer uitglip. Dan terg hy haar deur sy nat voëlkop in haar opening te druk en dit net daar te los, voor hy homself weer diep in haar druk. Nolene kan voel dat haar orgasme nou gaan kom, en sy begin kreun, haar hele liggaam is warm en die sweet loop tussen haar borste af. Sy gryp verbete na Sebastiaan, en probeer hom nog nader en dieper in haar intrek. Sebastiaan gee nog een harde stoot voor hy kom, en bêre homself diep in Nolene. Nolene kan voel hoe hy in haar kom, en sy saad is warm binne haar.

Sebastiaan lê nog vir ’n rukkie so op Nolene, en begin haar borste weer te soen. Hy sit eers een nippel en dan die ander een in sy mond, en terg dit stadig met sy tong.

Hulle lê so vir nog so paar minute en dan staan Sebastiaan op en rol om op die bed.

“Hoorie, ek dink dit is beter as jy in die sitkamer saam met die anner gaan slaap, so is dit nie awkward as ons môre opstaan nie. Gee jy om?” vra Nolene.

“Nee glad nie, ek verstaan,” sê Sebastiaan en steel ’n laaste soen voor hy loop en die deur agter hom toemaak.

Nolene loop na die deur toe, sluit dit toe en loop na die kas toe. Sy staan voor die spieël en kyk na haarself. Sy vryf oor haar borste, wat nog steeds hard is, en beweeg haar hande af na haar nat geslag. Sy kan die juices teen haar bene sien, en sy vryf met haar hande daaroor en vryf dan haar nat vingers tussen haar lippies. Sy kreun saggies en maak haar oë toe.

“Dankie vir die show, dit was pragtig,” hoor sy ’n manstem agter haar sê.

Nolene draai om en sien dis die langhaarman wat ook in die pub was, wat nou op haar bed sit. Hy is kaal en sy kan aan sy enorme ereksie sien dat hy die hele ding moes gesien het.

“Ek is bly jy het dit geniet, dink jy jy sal beter kan doen?” vra Nolene en begin nader aan die bed te beweeg.

Nolene en haar man val in mekaar se arms en begin mekaar vurig soen.

“So watter pub besoek ons volgende week?” vra haar man. “Dié plek se ouens is maar bra boring.”

Hulle al twee lag en val terug op die bed.

14 Januarie 2004

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.