Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

En, suite! Honeymoon!

Stephan Jones

Jy bel my uit Upington
en vra my wat ek doen.
Ek? Ek sit maar hier, onthou jul dag,
onthou hoe hy jou soen.

‘n SMS uit Dwarskersbos
vertel my wat jy eet.
Ek gym hard, sweet, breek my lyf
wat jy nou moet vergeet.

In Vredenburg is daar ‘n rots
met ‘n skeurgrot in sy sy.
Ek sou stop - soen - dit vir jou wys,
maar hy jaag net verby

Stompneusbaai toe. Die sein is daar ‘n suis
en ek hoor niks van jou.
In die maanligaand, in seegeruis,
maak hy jou wild sy vrou.

Tussen Knysnareuse drink jy wyn,
(as jy kans kry, soek jy my)
en as ons groet, is ek maar bang,
want ek weet hoe maak wyn jou vry.

Langs die pad en in winkeltjies
koop jy neute, kerse, glas,
om later te kom uitstal
en wys hoe great dit was.

My huis is leeg en mis jou geur,
(ons praat net as JY kan)
hy kan vir jou kyk, vat, in jou beur …
hy’s, after all, jou man:

hy kan inloop as jy bad,
jou dophou as jy hoog op skeer
jou baaibroek loshaak voor die spieël,
sag swets as die telefoon hom steur

as hy wil inloop waar jy bad,
jou dophou as jy ‘n strepie skeer,
die handdoek losdraai van jou lyf
agter die Honeymoon suite se deur

waar hy saam met jou kan bad,
kyk hoe jy jou skoon-skoon skeer,
aan jou vat, teen jou beur
voor die seebalkon se oop skuifdeur …



LitNet: 25 April 2006

Klik hier en lees ander gedigte deur Stephan Jones

Wil jy reageer op hierdie gedig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.