Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kleur van heuning

Tripod

Ek sien die voertuig voor my se remligte amper te laat. 'n Glimlag het om jou mond gevorm, ek het soos 'n aap gevoel. Gelukkig het die verkeer gevloei en ek was weer op pad. Jou gesig het egter steeds in my gedagtes gebly. Ek het die heeltyd oor jou gewonder. Is dit hoe die legendariese Cleopatra haar minnaars betower het? Jy was nie beeldskoon nie, maar daai "iets" het my aangetrokke tot jou gemaak. Ek wil jou graag weer sien.

Jy lag uitbundig toe ek vertel van die eerste keer dat ek jou gesien het en amper die ou voor my moertoe gery het. Jou tande is pêrelwit. Jy kan die kanaal verander, hoor, ek gee nie om nie. Die program handel oor gemengde verhoudings. Ek voel effens ongemaklik toe jy my vra wat is my mening? Wel ek het jou en ek voel op my gemak saam met jou. Ons is nou al twee maande saam en ek voel nie skaam om jou saam na die eetplekke en winkels te neem nie. Hoe voel jy oor die saak? Dit word nie altyd goed aanvaar in ons gemeenskap nie, maar die Westerse leefwyse word al meer en meer aanvaar. Om te dink dat nie te lank terug nie, iemand soos ek met klippe doodgegooi was as die mense uitvind ek is saam met iemand en ons is nie getroud nie.

Jou vel was die kleur van ryk heuning. Jou hare was, soos alle Indiërs s'n, swart, maar joune het daai glans gehad. Jy het my gesê met wat jy dit mee was, en dit word deur die bruide gebruik net voor hulle trou. Jou lyf was volmaak. Vol borste, seker so 38B, as ek moet skat. Het eers later gesien dat my skatting in die kol was. Die tepels was bietjie donkerder as jou vel. Jou boude was mooi en het jou bene en rug beklemtoon.

Ek het oorgeleun en jou gesoen. Jy het terug geantwoord. Jou tong het so delikaat en fyn gevoel. Soos om 'n roomys te lek. Jy het lekker geproe. Ek het met jou nippel gespeel en dit het styf geword. Die area om jou tepel het ook saamgekrimp en die knoppies kon ek met my tong voel. Jou maag was sag, maar ferm. Die spiere kon ek voel saamtrek. Ek het laer af gevryf. Jy het my gevra hoe wil ek hê moet jy "haar" skeer. Ek het gesê jy moet moet my verras. Jy het toe 'n aanloopbaan geskeer. Dieselfde wydte as jou lippies.

Ek het oor die lippies gevryf, en aan die binnekant van jou been. Jy het hoendervleis gekry. Jou lippies was sag. Hulle was glad gewees en ek het gewonder hoeveel tyd jy spandeer om hulle so glad te kry. Ek het jou stadig oopgemaak. Die heuningkleur het stadig verander in die rooi van jou vroulikheid. Jy was baie nat en toe ek na my vingers kyk, kon ek jou blink druppels sien. Ek het jou klit gevoel en bietjie gevryf. Sy het terug geskop. Ek het weer gevryf en sy het ritmies geklop. Jou oë was toe en jou lang oogwimpers was volmaak. Ek het jou maagspiere sien saamtrek. Ek het weer en weer oor jou klit gevryf en elke keer het sy teruggeklop. Ek het afgesak en jou oopgemaak. Ek was verbaas om te sien hoe sy geswel is. Met een hand het ek jou lippies oopgehou en toe ek weer aan jou klit raak, het ek gesien hoe sy klop. Een, twee keer vinnig en dan weer stadiger. Vinnig, vinnig en dan stadiger. Ek het afgesak en met my tong oor haar gespeel; jy het jou boude ritmies begin beweeg.

Jy het vars geproe. Ek het aan jou lippies gesuig en weer aandag aan jou klit gegee. Sy het weer geklop. Sy het bietjie meer gerys en ek kon sien waar sy begin. Met my tong kon ek voel hoe sy onder jou vel inloop en dan diep wegraak. Ver bo jou lippies se begin en jou strepie hare. Jou hande was tussen my mond en jou opening gewees. Jy het jou lippies verder opgetrek en toe staan jou klit op haar eie. Sy het tussen die binnelippies uitgestaan en was donker van kleur. Ek het geweet hoe gevoelig sy is en het baie versigtig met haar gespeel. Jy het al vinniger begin beweeg en jou kop het rondgerol. Jou lang swart hare het aan jou wang vasgeklou. Jou tepels het op jou stywe borste gerus. Jy het my aan die gras na 'n reënbui laat dink. Hoekom, sal ek nie weet nie. Miskien dink mens aan sulke stupid goed. Jou onderlyf het opgerys en hard teen my gesig gedruk. Ek het opgekyk en jou kop was agteroor gebuig. Jy het jou onderlip gebyt en jy het meer en intens begin klop. Toe het jy ingegee. Jou orgasme was oorweldigend. Jy het my kop vasgegryp en wou-wou wegstoot, maar het jou bedink. Die ekstase het ritmies deur jou liggaam geruk. Jou hande het langs jou sye gesak en jou boude het weer op die bed geland. Jy het jou oë oopgemaak en net geglimlag. "Ek is lam en kan nie beweeg nie," was jou woorde. Jy het my nadergetrek en gesoen ek het ook deelgeneem.

"Draai om en lê op jou rug," was jou opdrag. Ek het so gemaak en toe ek afkyk, sien ek my eie dou wat uit my voël drup. Jy het in my nek begin en stadig afbeweeg. Jou hande het oor my voël gevryf en dit het gevoel of ek kan bars, nie kom nie. My kop het geklop en jy het stadig oor hom gevryf, en die druppel wat bly lek het, ingevryf. Ek het net gelê. Aan niks gedink nie. Jy het my eers saggies begin soen al teen die skag op en dan op my kop, dan weer af, en my balsak gesoen. Ek weet nie hoeveel keer het jy dit gedoen nie, maar dit was hemels. Jy het jou mond oor my voëlkop gesit en saggies gesuig en opgehou, saggies gesuig en opgehou. Ek het jou boude gevryf, en weer oor jou lippies. Jou klit het nog steeds lewe gewys. Jy het jou bene bietjie wyer oopgemaak en ek kon meer sien. Jy het harder gesuig en ek het weer begin om met jou juweel te speel. Ons het mekaar verstaan en ek het jou belowe dat ek nooit in jou mond sal kom nie. Ek het gevoel hoe die krag in my opbou. Ek het jou gestop en jy het na my gekyk en jou oë toegemaak. Jou doos was nat, baie nat en ek het gesien hoe jou dou afdrup en 'n lang silwer lyn maak tot op die bed.

Ek het gevoel hoe jy klop en het aangehou. Jy het vooroor gelê en ek kon my vinger in jou druk. Jy was styf gewees. Nie ontoegangbaar nie, maar styf. Ek het aangehou en toe jy stadig omdraai en ek my hand moet wegvat, het jy bo-op my kom sit. Jy het afgebuk en my gesoen ek het gevoel my voël is agter jou. Jy het vorentoe geleun en met jou ander hand my voël gevat en stadig in die regte rigting gestuur. Stadig, baie stadig het jy my ingevat. Stukkie vir stukkie, tot ek heeltemal in was. Ek het jou ritme gevolg en saam met jou op die golf gery. Ek het dit voel kom van diep binne my agter my balsak, dit het opgebou totdat ek ontplof het. Jy het my gery en ek het met elke spuitslag gevoel hoe ek leeg word. Tot ek stil gelê het. Jy het bo-op my gesit en my stip in my oë gekyk.

Ek het dit eers nie gevoel nie. Ek het net 'n effense beweging in jou bobene gevoel. Ek het dit later duidelik gevoel. Ek was nog steeds binne jou. Toe jy sien ek merk iets op het jy net aanhou kyk. Ek kon dit nou duidelik voel: jy het my met jou dosie gemelk. Ek was eers verstom en kon duidelik voel hoe jou sagte vroulikheid om my voël vat en los, vat en los. "Dit is een van die oefeninge wat ek doen om fiks te bly; ek het gelees hoe om my spiere te gebruik. En ek moet sê, dit werk." Ek het net saamgestem , ek kon niks meer sê nie.

Jy het jou been oor my onderlyf gesit en op my arm gelê. So het ons aan die slaap geraak. Ek het later wakkergeword en jy het omgedraai en jou boude stywer teen my gedruk. Ek het jou dopgehou en sag gedink: laat iemand nou probeer om jou met 'n klip te gooi!



LitNet: 06 September 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.