Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gewillig onkundig

Stephan Jones

Ek wou nie weet
dat hy jou gevra het,
watter dis jy geëet
en watter rok jy gedra het nie.
Ek wou dit nie weet nie.

Ek wou nie hoor
dat jy “ja” gesê het
en later ingestem
toe hy by jou kom lê het nie.
Ek wou dit nie hoor nie.

Ek wou nie sien
hoe mooi jy gaan lyk,
hoe jou rok jou gaan vlei
as dit teen jou liggaam afstryk nie.
Ek wou dit nie sien nie.

Maar toe jy my die geleentheid bied
om my borskas vir jou oop te ruk
het jy in my oë gekyk
en die lemme in my hart gedruk …

Vir een keer het jy die boodskap misgelees:
jy’t gedink dat ek daarna gelukkig sou wees;
jy’t gedink dat ek alles waaroor ek jou vra
gemaklik in die kamers van my hart sal kan dra;
jy’t gedink dat dit wat jy sag vir my sê
onder my masochistiese pyndrempel lê:

ek wou nie hoor
hoe ver julle gaan ry,
waar julle gaan oorslaap
en hoe knus julle gaan bly nie.
Ek wou dít nie hoor nie.




LitNet: 07 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie gedig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.