Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Generasiegaping II

Libra

Ek het maar altyd hierdie behoefte aan jonger vroue gehad, dalk net omdat ek my eerste volle seks-ervaring eers op 22 gehad het. Dit was ‘n 23-jarige vrou, wat tot ‘n jaar gelede ook die jongste vrou was wat ek die verbode vrugte mee saam kon pluk.

Die verhouding met my Riëtte, my sekretaresse van 19, het nie juis lank gehou nie, want alhoewel die seks rof en vir ons albei baie bevredigend was, het ons besef dat ons andersins nie juis bymekaar pas nie. Ons kon lekker gesels in werksverband, maar na die seks het ons meesal net na die dak gestaar of iets anders gesoek om te doen. ‘n Generasiegaping bly maar ‘n generasiegaping.

Sy het wonder bo wonder aangebly as my sekretaresse, want daarmee is sy ook besonder goed, en ons gevoel oor die verhouding was ook dieselfde. Dit was goed solank dit gehou het, en miskien gebeur dit weer. Gelukkig het niemand geweet van ons nie, so dit het ook geen ongemaklikheid in die kantoor geskep nie. En ook nie my kanse benadeel nie, want skielik het Janine, die data-prosesseerdertjie van 21, my onderlangs begin beloer.

Op veertig weet mens nie of dit uit belangstelling of meegevoel is as hulle met jou vriendelik raak nie, maar pas uit ‘n huwelik en ‘n verhouding was ek meer as geïnteresseerd en bereid om die kans te vat.

Sy is soveel anders as Riëtte. Sy het hierdie vol, ferm tiete en as sy in my kantoor, wat ek altyd baie koud hou, inkom, het haar tepels dadelik groot uitgespring. Ek het altyd gewonder of hulle ook so heerlik groot sou wees sonder die bloesie, want my ondervinding van groot tiete was nog altyd een van teleurstelling.

Verder was haar blonde maanhare, vol lippe en kort, volronde lyfie ‘n totaal ander ervaring vir die oog. Ek was nou gereed vir enige iets, want die belangstelling is getoon. Intussen het ek, waar Riëtte nie kon sien nie, ook begin belangstelling toon, en Janine het geblom. Toe moes ek haar verlede week vir drie dae op ‘n kursus stuur by my Johannesburg-kantoor en het sy in die hotel oornag waar ek altyd oorslaap met my besoeke. Woensdag, op die tweede dag van haar kursus, moes ek ‘n dringende direksievergadering gaan bywoon. Aangesien ek eers die volgende oggend ‘n vlug terug kon kry, het ek ook oorgeslaap in dieselfde hotel.

Ons was net klaar toe die data-tiksters uit die kursus kom, en ek het Janine gevra om saam met my te ry. Ons het ook besluit om saam te gaan eet, en my planne was gereed (en waarskynlik hare ook). Dit was ‘n besonderse ete by een van die beste restaurante in Sandton. Tipies jong meisie was sy spyt dat ons nie kon dans nie, toe stel ek maar voor ons gaan dans by die hotel. “My kamer of joune.” Dit was haar kamer, want sy het ‘n CD-speler daar gehad.

Met ‘n hele paar drankies van kamerdiens af moes ek maar rondspring op die vreeslike musiek wat sy gespeel het. Toe daar uiteindelik ‘n rustige ding speel, trek ek haar nader vir ‘n langarm-dans. Haar tiete het ferm teen my bors gestoot, terwyl ek haar stadig oor die kamervloer gestuur het. Die volgende een was nog rustiger en ek het haar teen my vasgetrek. Sy het net gesug en albei haar arms om my geslaan, terwyl haar kop teen my skouer genestel het.

Die geur van haar hare het vinnig deur my are gespoel en my voël het dadelik reageer. Ek het haar saggies op haar kop gesoen en, asof gesinchroniseer, het sy haar kop gelig. Haar oë was toe en dit was duidelik wat sy wou hê. Haar lippe was sag en vol onder myne en binne sekondes het ons mekaar passievol gesoen. Haar tong het my gepenetreer asof sy alle vog uit my wou suig en ek het my bes probeer om by te hou. Dit was duidelik dat sy daarvan hou om vinnig te beweeg.

Ek het my hande onder haar bloesie ingesteek en sommer dadelik na haar ongelooflike tiete beweeg. Hulle was selfs nog fermer as wat ek gedink het, en as wat ek van sulke groot tiete onthou. Binne sekondes was haar bolyf kaal en ek was verstom. Haar tiete het byna reguit vorentoe gestaan en haar tepels was enorm. Sy het net gelag toe sy my sien staar, en my kop afgetrek na hulle toe.

Ek kan nie onthou wanneer laas ek dit soveel geniet het om ‘n vrou se tiete se soen nie. Haar tepels was heerlik as ek my tong se punt oor hulle laat gly en dan weer sag daaraan geknibbel het. Sy het waarskynlik gesien ek gaan nie ophou nie en het my kop afgedruk na haar onderlyf toe. Sy het geweet wat sy wou hê, en die heerlike aroma wat deur haar langbroek gekom het, het my dadelik laat besluit dis wat ek ook wil hê.

Haar langbroek was vinnig uit en sy het niks daaronder aangehad nie. Sy het weer kokketterig gelag en my kop onseremonieel teen die donker (?) bos vasgedruk. Ek het ‘n diep, bedwelmende asemteug geneem en haar agteroor gedruk op die bed. Haar stewige bene was dadelik oor my kaal skouers, nadat ek êrens van my hemp ontslae geraak het.

Haar poesie was redelik groot, met vlesige lippies wat ek een vir een geknibbel het. My hande het onder haar vol boudjies gevorm en die drukking het haar asemhaling verder opgejaag. Toe kry ek die soetste, fermste knoppie onder my tong. Hy het reeds soos ‘n soldaatjie op aandag gestaan, maar net meer houding begin kry toe ek my tong op en af aan weerskante van hom laat begin gly. Sy het beslis die grootste klitoris gehad wat ek nog in my mond gehad het en ek kon sweer ek voel ‘n koppie as ek oor sy puntjie gly.

Dit was nie lank voor sy begin ruk en redelik luidkeels begin kom nie. Ek het dit nou so geniet dat ek nie wou ophou nie, nie eers toe sy my kop probeer wegtrek met ‘n “naai my, naai my” nie. Sommer redelik gou het haar boudjies weer van die bed gelig. Sy was seker gewoond aan die jong outjies wat net wil klaar naai en nie weet ‘n mens kan dit lank uitrek nie. Nou het sy sulke tjankgeluidjies begin maak en hierdie keer was ek gereed. Net toe sy weer naby is, beweeg ek effens weg. Sy sê net sag, “Moenie ophou nie” en probeer my nadertrek, maar ek was nie bereid om die aand te vroeg te laat eindig nie.

So het ek haar ‘n stuk of vyf keer tot op die rand gebring en weer gelos. Skielik het sy weer gekom, so intens dat ek kon sweer sy kry ‘n hartaanval. Sy het net half verdwaas bly lê toe ek opstaan en begin om die res van my klere uit te trek. Sy was nie eens bewus daarvan toe ek my draad trek om hom weer heeltemal styf te kry nie. Die ongelooflike gesig van die pragtige jong meisie wat wydsbeen op die bed lê, het my amper laat vergeet wat die volgende stap is.

Dit was eers toe ek haar bene lig en my voël so oor haar vuurwarm, sopnat poesie laat gly dat sy weer tot verhaal kom. “Jou bliksem, hoekom het jy my nie al lankal so geëet nie?”

“Want ek het nie geweet jy gaan so lekker smaak nie, en dit was net die voorgereg.” Ek het aangehou om so teen haar poesie te gly en was baie bly dat drank maak dat ek baie moeilik kom.

Na ‘n paar minute waarin ek haar vol lippe weer verken het, het haar asem weer begin jaag. Sy was die eerste vrou wat van die smaak van haar eie poesie gehou het en nie probeer wegtrek het nie. Toe het ek net my kop laat ingly en stadige bewegings gemaak en dan weer uitgetrek. Weer eens het sy rasend begin raak en probeer om my met haar bene dieper in te trek, maar ek wou nie hierdie spel verloor nie en het seker vir tien minute so aangehou.

Toe, heeltemal onverwags, het ek my hele voël in haar weggestamp. Sy het na haar asem gesnak en toe met haar onderlyf begin pomp. Dit was die rofste wat ek nog iemand genaai het en die speletjies was verby.

Ek was nogal teleurgestel toe sy vir ‘n laaste keer kom en ek voel nog so ver. Nou het ek die drank verwens, want ek wou so graag alles in haar wegblaas. My ondervinding het egter gesê ek moet nou ophou, anders gaan dit nie meer vir haar so ‘n plesier wees nie.

Ek het my pompe stadig verminder totdat ek onttrek het. Ek het haar hele liggaam op en af gesoen en my tong weer saggies oor haar verrinneweerde poesie laat gly.

“Kom ons laat jou kom. Jy verdien dit.” Met dié woorde het sy haar sagte, klein handjies oor my voël laat begin gly. Nou kon ek voel hoe die lewe terugkom, want sy was nogal bedrewe. Toe verras sy my nog meer en neem my voël in haar mond. Ek moes seker kon dink sy sou nie skaam daarmee wees nie, maar het dit nie regtig verwag nie. Wel, nie toe al nie.

Dit was seker net sekondes toe ek voel hoe my lyf begin saamtrek. Sy moes dit ook voel, maar pleks van wegtrek, gee sy haar heeltemal oor aan haar taak. Instinktief het ek haar blonde bos vasgegryp en alles in haar weggeblaas. Vir die eerste keer in my lewe het iemand nie weggetrek nie, maar alles gesluk. Dit was eers later dat sy my vertel het dat, behalwe vir een vorige keer se naai, alles haar eerste keer was.

Dit was die heerlikste nag in jare en vroegoggend het ons weer ‘n sessie gehad. Dit was minder passievol, maar uiters bevredigend. Toe ek haar met ‘n passievolle soen by die kursus aflaai, het ek nogal gevoel hier kan iets van kom.

Sy het nie teruggekom van die kursus af nie. Net haar bedanking ingedien sonder om met my te praat. Darem ‘n sms gestuur om te sê sy sal my graag weer wil sien, maar eers as sy alles beter verstaan.

Ek hoop sy verstaan gou.



LitNet: 22 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.