Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Digital foto II

Ou Domme

Die dae het vinnig verbygegaan en die Septembereksamen was ook verby. Ons het elke middag saam huis toe geloop en nie een van ons het die gebeure in die hoenderhok genoem nie.

Dit was die laaste dag en die skool het vroeg uitgekom. Ons het so drentel-drentel huis toe geloop. Ek het haar gevra of sy iets beplan vir die vakansie. Sy het saggies gesug en gesê: " My ma se werk het bankrot gespeel en sy soek nou ander werk, so vir my is dit maar Jan tuisbly se karretjie."

"Ja wat, ek sit ook maar by die huis," het ek gesê.

Later die middag het ek in my kamer gesit en niksdoen toe ek deur die venster sien hoe Rene haar hare borsel. Sy het op hulle huis se agterstoepmuurtjie gesit.

"Die arme mens," sê my ma ewe skielik agter my, "sy kry ook seker maar swaar."

"Hoekom?"

"Haar ma soek ander werk en haar pa is nooit by die huis nie. Hy werk by die Provinsiale Paaiedepartement en wanneer hy een dag nie werk nie, lê hy by die club en suip." Sy sê club asof dit 'n vloekwoord is. "Sy is ook die enigste kind en het gedurende die dag geen geselskap nie. Jy moet tog deur die vakansie vir haar gaan kuier of oorvra vir koffie of iets; sy is 'n baie ordentlike meisiekind, is altyd vriendelik, en groet altyd."

Ek het net my kop geskud, want ewe skielik het die digital foto en die manewales in die hoenderhok by my opgekom. Ek het omgedraai en op my maag op die bed gaan lê sodat my ma nie kon sien wat gebeur nie.

Die volgende oggend was ek en my ma in stad toe om 'n paar goedjies vir die huis te kry. Weer terug by die huis het ek 'n paar werkies gedoen wat my pa my gevra het om te doen. Terwyl ek besig was om my ma se kar te was op die agterste grasperk roep Rene my baie opgewonde draad toe. "My ma het nou net gebel. Sy het werk by Triumph gekry as areabestuurder oor die reps."

Ek kon sien dat sy baie emosioneel was en dat daar trane in haar oë was. Dit moes haar baie gepla het dat haar ma nie werk het nie. "Ek is baie bly; dit is seker 'n groot rots van julle skouers af en ek dink jy sal die vakansie ook nou baie meer geniet," het ek terug geantwoord.

"Ja." Sy gryp my sommer so oor die draadheining nader en soen my kaplaks op my mond. "Jy moet vanmiddag, later, by my kom koffie drink, dan vertel ek jou meer."

Ek het dadelik vir my ma gaan sê en sy was ook baie bly vir hulle part. "Rene het gevra of ek nie later by haar kan gaan koffie drink nie," het ek gesê-vra.

"Dit sal gaaf wees," was my ma se antwoord.

So om en by twee-uur het ek omgeloop na Rene toe en saggies aan die deur geklop. Na 'n rukkie het die deur skielik oopgegaan en Rene het my met 'n gejubel en gelag ingenooi. Ek was skoon uit die veld geslaan oor haar optrede. Sy het gesê ek moet my tuismaak in die sitkamer, sy moet gou iets klaarmaak in die huis. Terwyl ek daar sit, kon ek hoor hoe sy met iemand gesels en iets bespreek. Na 'n paar oomblikke kom sy en haar ma saam die sitkamer ingeloop, Rene met 'n breë glimlag, wat haar amper perfekte wit tande mooi wys.

"Hallo Henk, hoe gaan dit met jou?" groet haar ma.

Ek was half geskok om haar ma daar te sien. Na alles wat gebeur het, het ek so 'n halwe skuldgevoel gehad.

"Baie goed dankie, Tannie" sê ek skaam-skaam.

"Ek moet hol," sê sy toe. "Onthou Rene, ek gaan laat wees. Ons het 'n vergadering met ons suppliers en daarna vat hulle ons uit vir cocktails en ete." Ek het haar nog eintlik nie van naby gesien nie, maar die antie is nog sexy vir haar ouderdom. Rene het dieselfde diepblou oë as haar ma en haar gesigtrekke is definitief haar ma s'n. Rene het haar ma gesoengroet, en dié is holderstebolder die huis uit.

Alles was ewe skielik baie stil in die sitkamer, en daar het ek met 'n bek vol tande gesit. "Waaroor gesels 'n mens dan nou met so 'n mooi aster?" het ek gewonder. Sy het na my kant toe gekyk en sommer hardop begin lag. "Wat gaan met jou aan?" Ek lag saam.

"Jy het so verskrik gelyk toe ek en my ma hier inkom, so asof jy skuldig is oor iets," en sy lê klem op "skuldig oor iets", en terwyl sy dit sê, rol sy haar oë. Ek weet nie hoekom nie, maar sy het half begin bloos toe sy dit sê en ek besef sy weet sy moes dit nie gesê het nie, want ons dink toe al twee aan dieselfde gebeurtenis.

Sy het opgestaan en oorgestap na die Lowrey-orrel toe, die dop oopgeskuif en die orrel aangeskakel. "Is daar iets waarvan jy baie hou?" vra sy toe sy al die verskillende knoppies en dinge stel.

"Nee wat, ek is nie 'n musiek-boffin nie; jy kan maar enigiets speel", en daar trek sy los met "Lara's theme", een van my ma se geliefkoosde nommers. Ek was so verbaas my bek het oopgehang - dit was baie goed gespeel, ek het haar gevra om dit weer te speel. Sy het vir my gewink om by haar op die orrelstoeltjie te kom sit. Die stoeltjie was maar knap, en ons het redelik styf teen mekaar gesit. Toe sy weer begin speel, merk ek dat sy baie sterk hande het. Die musiek het stadig in my kop verdwyn en my oë het haar ingedrink soos nooit vantevore nie. Nooit het ek opgelet dat die mollige meisie van laerskooldae af in 'n pragtige vrou ontwikkel het nie. Weer het ek gedink dat ek seker die domste poephol onder die son is om so 'n mooi vrou mis te kyk. Iets het in my ge-"snap", en ek het my arm om haar middel gesit en haar styf teen my vasgeruk. Die musiek het 'n spring gegee; sy het haar kop gedraai en my reg in die oë gekyk. Die mooiste blou oë het diep in my siel ingebrand. Sy het die klawers gelos, ons het mekaar omhels en vir die eerste keer in my lewe het ek 'n vrou werklik, rêrig gesoen. Dit was asof alles onder my meegee en alles in die wêreld nie meer saak maak nie. Ek het so 'n hol kol op my maag gekry. Hoe lank ons gesoen het, weet ek nie, maar toe ons weer tot ons sinne kom was ons al twee uitasem.

Sy het ewe skielik opgespring en na die deur begin stap. By die deur het sy omgedraai en gevra: "Wil jy kof … Henk, ek is mal oor jou," het sy die woorde uitgestamel.

Ek was heeltemal uit die veld geslaan, middelpen skoongeboul. Ek het opgestaan en na haar toe geloop waar sy in die deur gestaan het. "Ek is seker die grootste onnosel om so 'n mooi meisiemens soos jy mis te kyk," het ek met 'n droë mond gesê.

Ek weet nie hoe ek dit reggekry het nie, maar ek kon nog nooit lekker met miesies gesels nie, maar hier het nou iets gebeur waaroor ek myself verbaas het. Sy het vorentoe gespring en my weer omhels en ons het mekaar lank en innig gesoen. So tussendeur het ons 'n bietjie asem geskep.

Ons het sommer so langs mekaar op die rusbank gesit en koffie drink. Sy het 'n blou moulose bloes en grys romp aangehad. Die romp was net so 'n lengte om haar bene mooi te beklemtoon.

"Waaroor was jy so opgewonde toe jy die deur vir my oopgemaak het?" het ek die stilte mee verbreek.

"My ma kan vir ons goedkoop onderklere en nagklere kry, die goed is vrek duur in die winkels deesdae," het sy my vraag beantwoord.

"Rene, kan ek jou 'n baie persoonlike vraag vra?" het ek ewe skielik na haar kant toe gegooi. "Jy hoef nie te antwoord nie," het ek haar soort van gerusgestel. Ek kon sien dat sy onkant betrap was en ongemaklik gevoel het.

"Vra maar," het sy geantwoord.

"Het jy baie ondervindings met ander ouens gehad?" het ek half stamelend vir haar gevra. Die vraag het nie reg geklink nie.

Sy het my stip aangekyk en begin smile. "Jy is die eerste ou wat aan my gevat het; hoekom vra jy?" gooi sy die bal terug na my toe.

"Ek het die gevoel gekry dat jy presies weet wat om te doen, en toe jy vir my vra of ek wil proe, was dit vir my asof jy dit al voorheen gedoen het." Die statement het ook nie reg uitgekom nie, maar ek was seker sy sou verstaan.

"Ek lees baie - miskien nie boeke wat 'n jong dame moet lees nie. My ma vertel ook vir my baie goed ons het geen hangups om oor seks te praat nie, dis net my pa wat dink dit moet in die slaapkamer bly. Wag, ek gaan haal gou vir jou van die boeke." Ewe fiets spring sy op en hardloop die huis in. Na 'n rukkie is sy terug en ek merk op dat sy twee slapbandboeke en 'n paar tydskrifte by haar het.

"Jy moet asseblief nie bloos as jy hierna kyk nie," spot sy my met 'n smile.

"Wag, voor ek jou die boeke wys, wil ek jou iets vertel." En sy smile nog breër; dit lyk kompleet of daar 'n duiweltjie in haar oë dans. "Kan jy onthou, so 'n jaar terug, toe julle die groot boom op julle grasperk uitgehaal het?"

Ek knik bevestigend.

"Jy het vir twee dae gesukkel om die stam en sy wortels uit te haal nadat jou pa die boom afgekap het. Ek het die hele twee dae vir jou sit en kyk, hoe jy die pik swaai en die graaf hanteer om al die gemors weg te werk, hoe jy beur om die kruiwa deur die dik sand te stoot."

Ewe skielik het ek die gevoel gekry dat die meisiekind al lankal na my kyk en ek soos 'n dom drol maar net voortfok in my lewe.

"Nou ja, dit het my so jags gemaak om na jou lyf te kyk dat ek myself moes gaan bevredig," het sy sagter gesê sodat dit nie te kras klink nie. "En weet jy wat nog, weet jy hoeveel meisies by die skool dink jy is 'n smart sexy ou? Party van hulle dink jy is 'n moffie omdat jy nie 'n meisie het nie."

Ek was geskok om dit te hoor en het gevoel of ek in die grond in kan sink.

"Moenie worry nie, ek weet jy is nie 'n moffie nie," het sy met 'n sagte stem gesê en my nader aan haar getrek en saggies op die wang gesoen. "Daardie paar dae wat jy met die boomstam geroei het, het my hele lewe verander. Weet jy, Henk De Bruin, jy is een van die sexyste ouens op die planeet, of jy dit nou wil weet of nie," het sy my kamtig kwaad aangespreek. "En ek is mal oor jou." En sy soen my weer op my wang.

Sy het my een van die tydskrifte gegee. Dit was soos daai Ruiter in Swart- boekies wat 'n mens gekry het. Ek het die boek oopgemaak en op die eerste bladsy was 'n blondine in haar birthday suit. Die grootste paar tiete wat ek nog ooit gesien het. Op die volgende bladsy was 'n brunet met haar bene wyd oop. 'n Mens kon amper haar hele DNA sien, so wyd was hulle. Dit was die eerste keer dat ek na sulke boeke kyk en ek kon nie glo dat sulke mooi vroumense hulleself so ontbloot nie. Rene het stil langs my gesit en kyk wat my reaksie was. Die volgende paar blaaie het 'n ou met 'n agtduim-voël 'n vrou gesteek asof sy lewe daarvan afhang. Een ding wat ek nie gelaaik het nie, is hol-naaiery. Dit het my heeltemal afgeswitch. Rene het dit ook opgemerk en gesê dat sy dit ook nie laaik nie. Toe ek omblaai, het ou Jakob, wat met die vorige foto's sy teenwoordigheid goed bekend gemaak het, ewe skielik handuit geruk. Daar was die pragtigste twee meisies besig om mekaar te geniet. Rene het net gesmile toe sy my reaksie sien, en saggies in my oor gefluister: "Hulle maak jou lekker jags, nè?"

My bek was alweer droog en ek het daai warm gevoel in my maag gehad.

"Weet jy wat, omdat jy so styf raak van daai twee koeksisters, raak ek ook jags." Ek kon nie glo sy sê dit vir my nie. Sonder dat ek dit agterkom, het sy styf teen my kom sit en met die geskuif op die rusbank het haar romp ook opgeskuif. Ek kon uit die hoek van my oog die spierwit pantie sien span oor haar poesie en dit het dinge net vererger.

Sy het toe vir my 'n ander tydskrif gegee. Dié was 'n bietjie makker en het net kaal vrouens in gehad. Ek het dit vinnig deurgeblaai. My tril het gevoel of hy dwarsdeur my Jockey gaan steek, so hard was ek.

Rene het haar regterhand op my skouer gesit en die boek uit my hande geneem. "Ek wil jou iets vertel, maar asseblief hou dit tussen ons." Ewe skielik was ek nuuskierig om te hoor wat sy wou sê.

"Ek het al met 'n ander vrou seks gehad," het sy saggies gefluister. Sy het seker gedink dat ek teleurgesteld sou wees, maar dit het net meer steenkool op die vuur in my binneste gegooi.

"Het jy daarvan gehou?" het ek gevra.

"Ja, maar ek kan sonder dit klaarkom," het sy reguit geantwoord.

"Wat doen julle met mekaar?" kon ek my nuuskierigheid nie beheer nie.

"Wat jy daar op die foto's gesien het: ons soen mekaar, suig mekaar se tieties, vinger mekaar en sy het my poesie gelek." Sy het my nie in die oë gekyk toe sy dit sê nie.

"Maak dit jou ongemaklik om daaroor te praat?" het ek haar probeer uithelp.

"Ja, ek sal fokken jags moet wees om dit weer te doen," het sy kras-eerlik geantwoord.

Ek moes iets doen om die situasie te verbeter. Ek het haar ken tussen my duim en wysvinger gevat en na my toe gedraai en vir haar gevra: "Sal jy daarvan hou dat ek jou tieties suig, jou vinger en jou poesie lek?"

Haar mond het half oopgehang van verbasing toe ek haar dit vra. Ek het afgekyk na waar haar pantie nou meer sigbaar was en ek kon duidelik 'n groot nat kol sien. "Jy's nat", en ek het my hand oor haar pantie laat gly en saggies gevryf.

"Kom ons gaan na my kamer toe." Sy het my hand gevat en ek het soos 'n skoothondjie agter haar aangeloop. Toe ons by die voordeur verbyloop sit sy die Yale lock se knip op.

Haar kamer was ruim, alles op hulle plek en netjies. Sy het omgedraai en ons het mekaar omhels en gesoen. Haar tong het speels oor myne gespeel en ek het onmiddellik met my tong terug gespeel. Ek kon haar ruik - definitief nie parfuum nie, maar 'n soeterige reuk wat diep in my brein gaan vassteek het.

Sy het die omhelsing gebreek en omgedraai. Die moulose bloes het sy eerste uitgetrek en toe haar bra; haar rompie het sommer so om haar voete geval.

"Jy gaan seker nie jou klere aan hou nie," het sy spottend gelag. Ek het lam geword toe sy omdraai. My mond het droër geword en ek kon voel hoe my hande bewe van opgewondenheid. Die prentjie voor my was die mooiste wat ek nog ooit gesien het. Haar tieties was kleiner as wat ek kon onthou, die donker in die hoenderhok het alles anders ingekleur. Hulle was perfek in my oë, haar magie was plat en haar heupe kon miskien 'n bietjie breër gewees het as wat dit onder haar klere vertoon. Noudat ek amper haar hele lyf kon sien, het haar vel donkerder vertoon as voorheen. Haar donkerbruin hare het alle gekomplementeer en die tweede digital foto het sy weg gevind om permanent gefile te word.

Ek was so opgewonde dat ek gesukkel het om my hempsknope los te kry. Sy het gelag en my gehelp. Ek kon sien dat sy my ook noukeurig ondersoek toe my hemp uit was. My PT-broek het sommer gou op die grond beland My voël was so styf dat dit bo by my onderbroek uitgesteek het; ek het toe sommer dié ook uitgetrek. Sy het 'n bietjie weg beweeg en net na my gestaar. Ek het afgegaan op my knieë en haar pantie stadig afgetrek; die materiaal tussen haar bene het vasgesit aan haar poesie Sy het omgedraai en met haar boude op die kant van die bed gaan sit.

"Ek wil jou alles wys," het sy gesê. Ek het nader gestaan en sy het my aan my skouers gevat en saggies afgedruk sodat ek op my knieë voor haar gestaan het. Sy het terug gelê op die bed en haar voete op my skouers gesit en haar knieë wyd oopgemaak.

In teenstelling met die foto's in die tydskrifte het sy 'n massiewe bos skaamhare gehad. Met haar linkerhand het sy haar skaamlippe oopgemaak en ek kon alles sien. Sy het my alles gewys, en ook mooi verduidelik waar haar sensitiewe plekkies is. Sy het my toe gevra om my middelvinger in haar in te druk, handpalm na bo. Ek moes voel of ek nie 'n gladde kolletjie aan die bowand van haar poesie kon voel nie - ek moes net my vinger na bo krul. Ewe skielik kon ek voel sy reageer baie anders en ek kon sien hoe sy vlakker begin asemhaal en die haartjies op haar binnebene hoendervleis kry.

Haar poesie was op dié stadium sopnat en ek kon die frankerige soet reuk daarvan diep inasem. Ek kon voel dat my voël sy eie gedagtes het en toe ek afkyk sien ek 'n druppel van my eie jagsheid 'n draadjie van die vloer af na my voël toe vorm. Ek het aanhou om haar te vinger totdat sy skielik vir my gesê het om te stop. Ek kon nie verstaan nie.

Die kant van die bed het 'n nat kol opgehad. Sy het my aan die hand gevat en my langs haar op die bed maak lê. My opgewondenheid het so 'n bietjie bedaar, en ek het weer eens haar skoonheid ingedrink. Ons het styf teen mekaar gelê en sy het saggies in my oor gefluister dat sy my binne-in haar wil hê.

Sy het vir my 'n kussing aangegee wat ek onder haar boude ingedruk het. Sy het haar slanke bene oopgemaak en my voëlkop saggies deur haar slootjie gevryf om nat te word. Sy het my gevra om eers stadig in haar in te gaan. Ek kon voel hoe haar lippe om my vou en hoe die warmte van haar geslag stadig in my liggaam versprei. Sy was so nat dat dit maklik was die eerste keer en die onbeskryflike gevoel van gladheid, nat en warmte het in my opgewel; ek kon voel hoe die klimakspunt van ver af in my begin opbou. Die wrywing in haar kon ek nie heeltemal beheer nie; ek het gevoel hoe haar poesiespiere saamtrek en ontspan en dit alles het my nog verder na die afgrond gedryf. Ek het die tempo 'n bietjie vinniger gemaak en ek kon voel dat sy ook reageer. Die volgende oomblik het sy haar naels in my rug ingedruk en geskree: "Vinniger, vinniger!" Dit was absoluut … alles het bymekaar gekom toe ek ewe skielik hard in haar instamp en sy saggies begin roggel; ek kon sien hoe haar maagspiere saamtrek en ek 'n gladder gevoel in haar poesie kry. Ek het afgekyk en kon sien dat alles blinknat was en die beeld van my voël wat in haar poesie in- en uitpomp het my nog nader gejaag. Sy het skielik my bolyf teen haar vasgedruk en ek het haar warm lyf heeltemal teen my gevoel - en toe die sluise wat oopmaak. Ek kon nie glo wat ek voel nie - haar klimaks was so intens is dat ek kon hoor hoe haar souse vloei. Die afgrond was nou by my en ek kon ewe skielik niks meer keer nie. Al wat 'n spier is, het in my liggaam saamgetrek en ek kon voel hoe alles uit my rugspiere afstort deur my voël tot diep binne-in haar. Vir 'n paar oomblikke het ek gevoel of ek deur die lug tuimel in die see van saligheid in.

Vir 'n rukkie was ek nog binne-in haar en kon ek nog voel hoe alles stadig na normaal terugkeer. Ons het mekaar weer omhels en sy aan sy op die bed gelê en ingedrink wat die laaste paar oomblikke gebeur het. Dit was salig.

Skielik het ek geskrik. Sy het gevra wat fout is. Ek het haar gevra of sy nie verwagtend sal raak nie.

Sy het gesmile en gesê: "Jy's veronderstel om daai vraag te vra vóór jy dit doen."

"Maar moenie worry nie", en sy het na die kaartjie pilletjies gewys wat op die spieëlkas gelê het.

Ons het lank nog in mekaar se arms gelê. Vir hoe lank, weet ek nie.



LitNet: 09 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.