Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ek staar

Lise

Ek staan een middag in 'n winkel om vir my koeldrank te koop, want dit was verskriklik warm dié dag. Toe ek by die betaalpunt kom, staan daar die mees aantreklike man wat ek nog in my lewe gesien het. Hy het 'n pak aan en ek kan my net voorstel hoe hy lyk sonder daardie pak. Hy loop uit en huiwer buite die winkel, half onseker oor waarheen hy moet gaan. Ek betaal en kon dit nie weerstaan nie. Loop na hom toe en vra of ek hom dalk kan help. Hy sê toe ja, hy is op soek na DeVilliers en Co. Ek staar net na hom en toe ek uiteindelik my stem kan vertrou, sê ek maar ek werk daar, hy kan sommer saam met my stap.

By die kantoor aangekom sien ek dat hy 'n afspraak het met die baas. Sy naam is Johan van Deventer.

Na sy afspraak loop hy verby my lessenaar en sit sy besigheidskaartjie op die lessenaar neer. En met 'n glimlag loop hy by die deur uit. Verdwaas sit ek na die deur en kyk, tot my telefoon my terug bring na die werklikheid. Dit is Johan. Hy sê dat ek die kaartjie moet omdraai en hom 'n antwoord moet gee. Stadig tel ek die kaartjie op en lees wat agterop staan. Daar staan "Hilton Hotel, kamer 810, 19:00". Ek bly so rukkie stil, en dan kom die woord "ja" oor my lippe. Hy sê toe net "Sien jou dan" en die lyn is dood.

Ek kon die res van die dag skaars konsentreer.

Ek is 17:00 huis toe. Het gebad en kon nie besluit wat om aan te trek nie. Rok, kort romp, lang broek? Toe besluit ek op 'n lang, stywe-denim-romp, met "slits" langs die kant. Die top, 'n stywe swart moulose toppie, wat my figuur nogal goed beklemtoon. Met 'n baadjie om alles af te rond.

Dis 18:50 en ek sit in die parkeerarea van die hotel, onseker of ek moet opgaan of nie. Maar ek is tog nuuskierig oor hierdie lang man wat skielik 'n verskyning in my lewe gemaak het. Stadig klim ek uit en loop na die hysbak. By Ontvangs teken ek in en toe is dit die lang tog na die 8ste vloer. Bo gekom loop ek na kamer 810. Ek klop aan die deur; niemand maak oop nie. Klop weer, en weer geen antwoord nie. Toe voel ek aan die deurknop en die deur skuif oop. Binne-in die sitkamervertrek is daar twee potte vol rooi en wit rose. Ek trek my asem in en maak die deur agter my toe, sluit dit ook sommer, net vir ingeval iemand dalk wil inloop. Ek loop verder die vertrek binne en by die venster staan Johan met sy rug na my gekeer. Ek loop tot langs hom en sê: "Hallo Johan". Stadig draai hy om en groet my ook. Hy vra of ek honger is en ek sê nee, net verskriklik dors. Hy glimlag en sê dat ek my moet gemaklik maak solank hy vir my iets kry om te drink. Ek gaan sit toe op die bank en wonder wat hy vir my gaan bring om te drink. Hy kom terug met 'n glas Coke. Ek weet nie hoe hy geweet het nie, maar hy kyk na my en sê ek moet ontspan. Ek glimlag en sê dat ek nog nooit so iets gedoen het nie, bedoelende na 'n man se hotelkamer gaan sonder dat ek hom ken nie. Hy kom sit langs my en neem my hand in syne. Hy stel my soort van gerus deur te sê dat hy ook nog nooit 'n wildvreemde meisie na sy kamer toe genooi het nie. Ek begin toe te lag en dit breek die spanning. Ons sit en praat toe vir so 'n halfuur.

Dit raak toe skielik warm in die kamer en ek trek my baadjie uit. Hy kyk met geamuseerde oë na my en vra of ek vir hom 'n eksklusiewe "strip show" gaan gee (met tergliggies in sy oë). Ek glimlag toe net en sê dat as hy 'n "strip show" wil sien, sal hy maar die "strip"-werk moet doen. Om daad by die woord te voeg, tel hy my op en sit my op sy skoot. Ek kyk af in sy oë en glimlag skaam. Hy het seker gesien dat ek half verskrik is en sê sag: "Vertrou my." Hy buig my kop af en begin my sag te soen. Met oorgawe soen ek terug. Hy beweeg stadig sy hande teen my rug op en af. Ek stop die soen en klim van sy skoot af. Trek my skoene uit en skuif my romp half op. Toe gaan sit ek weer op sy skoot. Hy glimlag en vra of ek gemaklik is; ek knik my kop en buig af om hom te soen. Sy hande beweeg na my borste toe en ek trek my asem in vir die gevoel wat deur my lyf gaan met die aanraking van sy hande. Hy soen my in my nek en sy hande begin my top op te lig sodat ek dit kan uittrek. Hy hou my styf om my middel vas terwyl hy my agter toe laat lê sodat hy my op my maag en borste kan soen. Hy komplimenteer my oor my goedgeboude lyf. Ek kreun net in antwoord daarop. Hy tel my op en dra my na die slaapkamer. Sit my sag op die bed neer. Hy kom lê langs my en sien dat ek hoendervleis begin kry. "Koud?" vra hy. Ek knik net my kop en probeer keer dat my tande nie moet klap nie. Hy lig die lakens op en ek kruip onder in. Dan staan hy op en begin sy hemp en broek uittrek. Ek verkyk my aan sy goedgeboude liggaam. Hy kom lê langs my onder die lakens met sy hand op my maag. Ek kan voel hoe die spiere reageer op die aanraking.

Hy begin my te soen en sy hand beweeg liggies oor my maag en my borste. Ek wil op my sy draai, maar hy keer my. Dan voel ek sy hand vroetel oor my romp se knoop en rits. Ek glip uit die bed uit, trek die romp uit en laat dit op die grond val. Dan stoot ek hom terug sodat hy op sy rug lê en gaan sit op sy skoot. Ek kan voel dat hy al klaar hard is en ek beweeg baie stadig op sy ereksie. Hy hou my middel vas en lei my half om te beweeg. Wanneer ek die "ritme" het, vryf hy met sy hande oor my borste. Ek het nog my bra aan en ek kan sien dit frustreer hom ietwat. Ek trek dit uit en laat dit op die grond val. Hy maak sy vinger nat en trek dit oor my stywe nippel. Ek buk af en soen hom, dan hou ek my borste een vir een oor sy mond, sodat hy my nippels in sy mond kan neem en daarmee kan speel. Hy vryf met sy een hand oor my rug en met die ander hou hy my borste vas sodat hy hulle kan suig en met sy tong kan streel.

Skielik gryp hy my middel vas en lê my op die bed neer. Hy maak my bene oop en sit met sy bene tussen myne. Hy buig sy kop af en begin my oor my maag te soen, af tot tussen my bene. Hy druk sy neus teen my broekie en ek wil hê dat hy sy tong in my moet sit, maar uiter nie my gedagtes nie. Hy streel met sy tong teen my bene af en soos hy beweeg, neem hy my broekie saam. Half uitasem lê ek in afwagting vir wat volgende gaan gebeur. Sy tong kom weer op en skielik stop dit tussen my bene waar my broekie die skeiding was. Stadig lek hy oor my skaamlippies en dan voel ek hoe sy tong in my wegsak. Ek gryp sy welige bos hare vas en probeer sy kop daar hou. In en uit, in en uit. Ek voel hoe hy my oor die afgrond dryf en hy stop net voor ek heeltemal oor die afgrond wil val. Ek kyk net na hom en kan nie verstaan hoekom hy dit gedoen het nie. Dan wys hy vir my sy vinger en ek besef dat hy my net warm en nat gemaak het vir dit wat kom.

Hy vra of ek sal omgee as hy my hande en my voete aan die bed vasmaak. Onseker kyk ek hom aan en hy sien die vrees in my oë. Hy sê dat hy dit liggies sal vasbind, sodat as ek wil loskom kan ek dit maklik doen. Ek knik toe en hy maak my hande en voete liggies teen die bed vas. Hy soen my weer op die mond en "trace" sy tong teen my warm lyf af.

Ek maak my oë toe en wag vir die oomblik wanneer hy sy vinger in my gaan sit. Ek voel hoe sy tong teen my skaamlippies streel en ek probeer om stil te lê. Dan voel ek hoe hy saggies my lippies van mekaar weg trek en sy vinger stadig in my laat wegsak. My asemhaling raak vinniger, en ek probeer dit beheer. Skielik voel ek hoe hy my lippies wyer uit mekaar druk en nog 'n vinger stadig in my indruk. Dan begin hy stadig, ritmies, sy vingers in en uit beweeg. Dan, wanneer ek gewoond is aan sy vingers, nog vinniger. Hy kom lê langs my met sy vingers nog in my, en begin my borste te lek en te suig. Ek begin my lyf ritmies saam met sy vingers beweeg, onseker wat om te doen. Skielik begin hy baie vinnig sy vingers in en uit te beweeg. Kreun op kreun breek oor my lippe en kort-kort fluister hy of ek OK is. Al wat ek kan doen is om my kop te knik. Toe ewe skielik voel ek hoe my lyf reageer op die orgasme wat in my losbreek. Hy beweeg sy vingers al vinniger totdat ek rustig teen die kussings lê. Met sy vingers nog in my voel ek hoe my vagina pols. Hy trek stadig sy vingers uit, maar ek vra hom om hulle net stadig in en uit te beweeg. Hy doen dit ook en ek lê half verlam op die bed.

Hy begin my te soen en ek soen half honger terug. Hy stel voor dat hy my in 'n bukkende posisie op my knieë aan die bed vasmaak. Lus vir die nuwe posisie stem ek in en dadelik maak hy my los en bind my weer in die nuwe posisie vas. Hy kruip tussen my bene in en lê onder my sodat hy eers aan my borste kan suig. Dit voel hemels om so te "staan". Met sy hande vryf hy die binnekant van my bene en terg met sy vingerpunte teen my skaamlippies. Met sy bene druk hy myne verder uitmekaar. Dan draai hy hom om sodat sy kop by my vagina is. Hy lig hom op sy elmboë sodat hy gemaklik aan my kan suig. Ek gryp die lakens vas en probeer so te bly staan. Hy vryf my bene en dit voel asof ek wil val. Dan neem hy sy tong weg en streel met sy vingers oor my boude. Ek voel hoe hy sy vinger saggies naby die opening van my boude streel. Dan rek hy dit oop. Ek voel hoe iets koud in my ingaan en dan weer uit, in en uit. Ek vra hom wat hy doen en hy sê hy het 'n handskoen aangetrek wat soos sy penis lyk en dat hy dit stadig in en uit beweeg. Ek snak na my asem toe hy 'n vinger teen my klitoris streel. Na 'n paar minute voel ek hoe ek weer gaan kom. En nie lank nie, toe is dit ook so. Hy hou aan met vryf teen my klit totdat die spasmas wat my lyf maak, verby is. Dan maak hy my los en laat my met my rug teen sy bors lê. Hy hou my styf vas.

Ek maak my uit sy arms los en stoot hom op sy rug neer. Ek begin oor sy bors te streel en hy keer my hand. Ek kyk hom aan en verstaan nie mooi hoekom hy nie wil hê ek moet hom plesier gee nie. Hy soen my hand en sê dat dit hom genoeg plesier gee om my 'n orgasme te laat kry. Ek vra of hy seker is en hy sê ja. Maar ek besluit om weer op sy skoot te gaan sit en hom so lus te maak dat hy sal wil hê ek moet hom laat kom. Ek begin stadig beweeg en toe al hoe vinniger. Hy klou vas aan die bed en kreun my naam uit. Skielik stoot hy my van hom af weg en neem my hand sodat ek aan hom moet vat. Ek vryf hom eers stadig en dan al hoe vinniger. En skielik loop die kom oor my vingers en my hand. Hy sak teen die kussings neer en lê uitasem na die dak en staar. Ek probeer aan hom vat, maar hy draai hom weg. Ek staan toe op neem my onderklere en romp en stap na die badkamer. Ek maak die deur agter my toe en draai die stortkrane oop. Ek wag tot die water reg is voor ek instap en die deur agter my toemaak. Na wat soos 'n ewigheid voel, voel ek iemand aan my skouers vat. Dit is Johan wat agter my staan. Hy neem my in sy arms en hou my styf vas. Hy vra om verskoning vir sy vreemde gedrag. Ek draai om en soen hom en sê dis OK.

Hy begin my te was en dis asof al die spanning verdwyn. Nadat ons gestort het, trek ons die hotel se kamerjasse aan en gaan sit in die sitkamer. Hy maak vir ons koffie en terwyl ek in sy arms si,t gesels ons rustig. Hy vra of ek kan oorbly en ek draai om en kyk met 'n glimlag om my lippe na hom. Ek sê vir hom dit hang af van wat hy in gedagte het as ek wel bly … Hy glimlag net en sê dat as ek wil weet, moet ek net bly …



LitNet: 02 September 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.