Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die temp

Meerkat

"Terloops," sê die baas, "jy beter adverteer vir 'n tydelike dame om op kort kennisgewing in te staan as jou sekretaresse skielik siek of op kursus is."

"Goed," sê ek, "ek sal die advertensie sommer vandag by die koerant kry." Ek het tog nie krag vir nog onderhoude nie, dink ek. Ek stel sommer die eerste een aan wat bel of kom aansoek doen.

Na die vergadering sit ek die stuk in na die plaaslike koerant en gee opdrag dat die advertensie in die volgende uitgawe verskyn.

Klokslag op die dag van die koerant se uitgawe begin die telefoon gons. Almal hoor: "Kom in en vul 'n aansoekvorm in asb." Magdel, my sekretaresse, kry terstond opdrag om die aansoekvorms uit te deel soos die mense kom navraag doen.

"Middag Juffrou, my naam is Karin en ek kom net navraag doen oor die pos wat julle adverteer," hoor ek 'n heuningsoet stemmetjie laterig die volgende middag. Ek loop amper my lessenaar poer des merdes soos ek probeer sien aan wie daai soete stemmetjie behoort. En daar staan sy! Die meisie waarvoor 'n man sal baklei tot sy arms stomp is. Donner, maar jy is mooi, dink ek!

Net daar besluit ek: die res van julle kan maar verniet probeer; ek het klaar my keuse gemaak vir my temp. Al kan sy net seëls natlek en op koeverte plak, vir haar gaan ek in diens neem. Die belangrikste kwalifikasie het sy mos! Sy is pragtig! (Tipies mans, hulle dink mos daai tyd met 'n ander kop!)

Karin begin toe met haar kantooropleiding die volgende Maandag. Geklee in 'n deftige bloesie en romp wat amper te kort is vir 'n paar van my stoere kliënte se smaak. Die meeste van hulle is dit darem eens dat so 'n paar bene liewer in die glaskas ten toon gestel moet word as om mee te loop. Ek wens natuurlik eerder hulle is om my nek!

So breek die laaste week van Karin se drie week lange opleiding aan en ek moet sê, ek is amper spyt die tyd loop so dem vinnig.

Ek is in die kombuis besig om vir my 'n glas koue water in te gooi toe Karin daar instap. "Wat doen jy?" vra sy.

"Ek gooi net gou vir my koue water in, wil jy ook hê?"

"Nee dankie," sê sy, en wys na haar mond. Ek sien toe sy kou 'n lekker.

"Gee vir my ook een, toe," vra ek.

"Hier," sê sy en trek my nader.

Voor ek kan of wil keer, is haar lippe op myne. Sy druk behendig met haar tong 'n paar stukkies van die lekkergoed wat sy so pas stukkend gekou het, oor in my mond. Afgesien van omtrent al my bloed wat onmiddellik van my brein na my horing gevloei het, het ek nog genoeg helderheid van verstand oorgehou om die oomblik so 'n ekstra paar sekondes uit te rek.

Ek het onmiddellik geweet die ys is gebreek, en toe moes ek net wegkom waar niemand my kon sien nie, of liewer die ongemaklike knop in my broek kon sien nie.

Daarna het sy baie in my kantoor ingekom, al is dit net om te hoor of ek wil koffie drink, of so iets.

Net so skuins na drie-uur die middag sê Magdel vir my sy gaan net gou bank toe om geld te gaan deponeer. Sy was skaars om die draai of Karin kom my kantoor binne. "Kyk die nuwe pantie wat ek vir my deur die pos bestel het!" Voordat die sin heeltemal by my ingesink het, kom sit sy voor my op die lessenaar en lig haar romp op. My oë peul amper uit, maar ek sien net 'n broekie wat soos n klein satynagtige oefenbroekie lyk.

Ek vra amper: "Waar is die panty dan?" maar my nuuskierigheid kry die oorhand (ek dink meer dit was my koerasie!) en ek trek die pyp van die broekie weg, want ek soek mos vir 'n klein kantnommertjie of so iets, en daar kyk die mooiste paar lippies vir my!

"Nee man!" kerm sy en vlug die kantoor uit. Ek dog "O donner, hier kom 'n sexual harassment klagte ou pel", en hardloop agterna.

"Sorry Karin, ek het nie geweet dit was nou eintlik die pantie daai nie!"

"Toemaar," sê sy, "julle mans sal mos nooit verander nie! Ek vergewe jou."

Die res van die week gaan nou heeltemal te vinnig verby, en Magdel begin ook seker wonder hoekom Karin meer in my kantoor is as by haar vir opleiding. Maar elke keer as Karin in my kantoor kom, kom haal sy eers 'n soentjie.

Vrydag na middagete sê ek vir Karin ek moet Saterdag inkom om te werk, omdat ek agter geraak het weens te veel aandag van haar deur die week.

Saterdagoggend so skuins na tienuur is daar 'n sagte kloppie aan die besigheid se agterdeur. My hart klop in my keel toe ek oopmaak en Karin daar sien staan. Beide van ons het geweet wat gaan gebeur toe ek die deur agter haar toemaak en haar na my kantoor lei. Omdat ons nie Saterdae werk nie, is alles stil binne die kantoor.

By my lessenaar draai sy na my en ek vat haar om die lyf.

"Ek het gisteraand gehoor dat ek 'n werk in Pretoria gekry het en Woensdag daar moet begin," sê sy.

"Ag nee man!" sê ek. "Ek het nou net gewoond begin raak aan jou hier in die kantoor en ek is nogal mal oor jou!"

"Ek kom eintlik net dankie sê vir wat jy vir my gedoen het, en hoe jy my behandel het die paar weke wat verby is."

"Moerse plesier!" dink ek.

Ek begin saggies haar borsies (net so 'n handjie vol) te streel en sy trek my nader. Terwyl ons nat soene deel, begin ek haar rok bo losmaak. Ek laat haar op die lessenaar sit en gaan staan tussen haar oopgesperde bene. Toe die rok oopgeknoop is en ek bevry haar van die knellings, skeur ek myself weg van haar vol nat lippe en begin saggies haar twee knoppies met my tong te terg terwyl ek die ferm vleis rondom hulle brei. Terwyl sy saggies kerm, voel ek haar vroetel met my broek se lyfband. Ek voel of ek sommer my broek kan help afskeur soos die wellus oorkook in my vir hierdie pragtige warm, ferm lyf wat in sy geheel tot my beskikking is. Enige man van my ouderdom sal droom oor so 'n oomblik! Nadat sy my broek losgemaak het, het ek sommer self my onderbroek afgepluk, net om van die ergste pyn ontslae te raak.

Toe ek onder haar rok inbeweeg met my hande op beide haar heupe, het sy haar boude opgelig van die lessenaar terwyl sy my uittartend in die oë kyk met so 'n skalkse glimlag om haar mondhoeke. Ek het die rek van haar broekie met beide hande beetgekry en dit stadig oor haar heupe, bene en enkels getrek. "Ek kan nie onthou dat ek al ooit so nat in my lewe was nie!" hyg sy. "En ek kan nie onthou dat ek al ooit so styf in my lewe was nie," sê ek.

Ek staan nader en begin haar van voor af soen met mening. Sy vat my skag met een hand en streel dit op en af. Dit voel of ek wil mal raak. Sy lig haar rok op en begin my op haar gladde natheid te vryf totdat die gladde lyfsappe van ons albei se liggame oor haar vingers begin loop.

Ek soen haar al harder en begin om haar desperaat te probeer lei na waar sy my nou klipharde ereksie moet lei en loslaat. Toe sy eindelik laat los, glip ek haar nat, warm dieptes met een beweging binne.

"O fok, ek moet 'n kondoom aansit!" hyg ek en begin om uit te trek.

"Asseblief moenie nou uittrek nie," kerm sy saggies. "Bly binne my asseblief!"

Dit voel vir my asof ek dit in elk geval sou doen, ek het net my gewete gesus. Sy vra dan so mooi in elk geval.

Stadig, baie stadig begin ek in en uit te beweeg, en ek kan die slurpgeluide hoor van daar waar haar soepel bene begin. Tussen haar sagte gekerm en die slurpgeluide tussen ons lywe, kan ek hoor hoe die lewe daar ver, ver iewers voortgaan.

Dan verstyf sy skielik onder my en ek voel hoe nog liefdesappe bykom en uitsypel op my lessenaar. Ek besef sy moes gekom het en dit laat my sommer met nuwe vuur beweeg.

"Moet ek uit trek of is jy veilig?" vra ek.

"Nee, moenie uit trek nie!" gil sy terwyl sy vir 'n tweede keer die heerlike dieptes ingaan.

Ek voel hoe my hele wese oopbars diep binne haar, en sy vou haar bene om my om my nog dieper in haar in te trek.

Ek soen haar op haar hygende mond en ons klou aan mekaar om net tot ons sinne te kom.

"Ek gaan jou met jou sagte oë en rustigheid baie mis daar in Pretoria," sê sy, "maar ek vat darem 'n aandenking saam."

"Ek laat jou met 'n swaar hart gaan," sê ek.

Later het ek uitgevind dat Karin lank in 'n lesbiese verhouding betrokke was wat toe erg traumaties skeefgeloop het en dat sy nou in Pretoria by 'n skool werk as klerk en 'n sesjarige seuntjie het wat by haar in hulle klein woonstelletjie bly.

Wonder of hy darem na my lyk.



LitNet: 17 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.