Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Deep Heat

Monnik

Bokant my gaan die studente mal op die pawiljoen. Dis seker nou die 200-meter-finaal wat gehardloop word. Ek sleep myself na die stort. Niemand kom ooit in dié kleedkamer nie, want hier is net een stort en 'n enkele toilet. En om alles te kroon is dit aan die heel anderkant van die gebou. My lyf is nou lekker tam en ek stink van die sweet en Deep Heat.

Die water is koud en ek steier terug in die beknopte stort. Dit word geleidelik warmer en ek tree versigtig nader. Die teëls is klam-koud toe ek my hande daarteen sit en my kop onderstebo laat hang sodat die water my taai, windverwaaide hare kan natmaak.

Skielik is daar 'n paar hande op my gat! Ek skrik so groot ek stamp amper my kop teen die stortkop. Toe ek omswaai, sien ek dit is Imke - 'n girl wat soms saam met my oefen. Ek lus haar al lank. Sy is pragtig: bruingebrand met slank, soepel bene en lang, gladde, blonde hare. Haar atletiekhempie is al so bietjie nat van die stortwater en dit kleef aan die hemelse kontoere van haar tiete. Net die gedagte aan haar nat lyf maak my al klaar jags.

"Jy het mooi gehardloop netnou," sê sy in 'n amper skor stem. Ek is so fokken geskok dat dié mooi meisiemens in die stort staan dat ek net niks kan uiter nie. "Gaan jy my nie nooi om saam met jou te stort nie?" vra sy met 'n stoute glimlag.

"Imke, ek …" wil ek begin, maar toe ek weer sien, is die nat hempie en die broekie uit en Imke staan teenaan my.

Haar tiete is platgedruk teen my bors en ek kan voel hoe my tril teen haar bobeen skuur. Dis net daar dat die groot jagsheid my beetpak en ek my hande ferm op haar mooigevormde boudjies sit. Sy kon dit lyk my ook nie langer uithou nie en druk sommer dadelik haar honger tong in my mond. Ons tonge hou swaardgeveg en ek kan hoor hoe haar asemhaling versnel. My piel is nou kliphard en reg vir aksie. Imke gewaar dit en gaan op haar knieë. "Ek wou dit al lankal doen, Wynand." Met albei haar hande gryp sy my tril vas en druk amper die hele ding gulsig in haar mond weg. Ek snak na my asem en sit vinnig my een hand teen die koue stortmuur, want my bene wil ingee van die intense lekkerkry!

Imke speel nie as sy pielsuig nie. Sy suig my voëlkop hard en lek met vinnige bewegings my pielgleuf. Ek kan voel hoe die skoot hier diep in my balle begin prut en opstoot. Nee fok, ek moet nou binne-in haar wees of ek gaan mal raak van jagsheid! Ek help haar op en kyk haar in die oë en sê toe vir haar: "En ek wou hiérdie al lankal doen, Imke." En ek druk my groot, kloppende vleisstok in haar vlesige gleufdier.

So naai ek haar vet vir 'n rukkie, toe die volgende golf van jagsheid oor my spoel. Ek sit my hande ferm op haar gat en lig haar met min moeite op. Sy sien my plan en slaan haar gladde bene om my lyf sodat haar hakke op my gat rus. "Naai my hard," fluister sy in 'n sagte, jagse stem. Maar toe naai ek vir haar soos 'n dier in daardie stort. Haar tiete skud ritmies op en af soos metronome en met elke diep stoot gee sy 'n sagte gilletjie van genot. My bobene bult en brand verwoed, maar die hemelse gevoel van haar nat, warm, fluweelgleuf maak dit alles die moeite werd! Na nog so tien of elf aggressiewe, diep stote voel ek haar kwaklippe om my piel vassuig en saamtrek. Sy kom! Dit word beaam met 'n lang en tevrede: "Fo-o-o-o-ok, dis lekker!" En toe word haar lyf weer slap in my arms …

So staan ons toe - so kaalgat in die stort (wat nou al lekker vol gestoom het), met haar blinknat godinlyf in my arms, haar hakke (nou) stewig ingeboor in my gatspiere en haar kop teruggegooi. En die warm water spuit fel teen my rug en ek dink: "Fokkit, kan dit nog beter?"

Net daar kry Imke toe weer haar staan en sê toe ewe verleidelik: "Nou is dit jou beurt, meneer." Sy skuif my weg en gaan staan reg voor die straal water. Die stort se kop word 'n handvatsel terwyl sy vorentoe buk totdat sy kompleet lyk soos 'n onderstebo L. My handvatsels was natuurlik haar moerse mooi boudjies. Toe ek hulle van mekaar wegtrek, het haar gladde kwakkie oopgevou soos 'n eksotiese orgidee. Ek kon nie langer wag nie en glip my vleisstok by haar gleuf in. Fok, maar haar gleuf was manjifiek gespierd! En warm. Nat. Hemels. Mense, maar toe naai ek haar vir die dood! Lekker diep, sodat my balsak haar gat raps. Dit was ook nie lank nie, toe voel ek die skootvulkaan in my balsak wakker word. En toe dit ontplof, het ek vyf nat, warm en draderige strale skoot diep in haar gleuf geskiet.

En so staan ons toe - so kaalgat in die gestoomde stort, ek nog steeds binne-in haar, terwyl die warm water oor ons albei vloei …



LitNet: 19 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.