Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

IV: Die vierde keer

Betty Boob

Na die mislukte derde keer was dié keer seker een van die bestes en 'n besonderse keer ...

Dit was 'n spesiale dag ... my 21ste!! Ek het die dag begin met 'n bos kleurvolle blomme. Jy't my 'n drukkie gegee en geruik dat ek jou parfuum aan het. Jou oë het geglimlag...

My dag was oorval met glimlagte. Jy't my vroeg huis toe gestuur om te gaan jol saam met my vriende en ek sou die aand later saam met jou afsluit. Ek sou jou ontmoet by die hotel waar jy gewoonlik bly as jy in die stad is, sodat jy behoorlik geluk kan sê.

Hatfield Square was maar stil gewees, seker omdat dit 'n Maandagaand was (die studente het almal van die naweke se parties herstel). Ek en 'n klomp van my vriende het by McGinty's ontmoet, maar al waaraan ek kon dink was jy. Ek het jou vingerpunte op my lippe gevoel, jou asem oor my lyf, jou arms styf om my gevou, jy binne my ...

Na 21 verskillende shooters en 15 minute op Drop Zone se dansvloer kon ek dit nie meer langer uithou nie. Ek moes by jou wees!!

Jy't my kaalbolyf, koerant in die hand, by die kamerdeur ontmoet en my in jou arms geneem. Orals op die tafel was net koerante en die TV was aan op CNN ... soos altyd. Jou jeans het jou heupe gekielie en jy was kaalvoet. Jy't gemaklik op die bed gaan lê en ek het voor jou gaan staan. Vir 'n paar sekondes, wat soos 'n ewigheid gevoel het, het ons na mekaar gekyk. Ons siele het na mekaar geroep ...

Toe staan jy op, steek jou hand na my uit en lei my om die bed. Ek het my skoene uitgeskop en in jou oë opgekyk. Stadig het jy jou lippe op my voorkop neergesit en my nader getrek.

Ons het saam op die bed gaan lê en ek het teen die kussings opgeskuif. Jy't hande-viervoet bo-oor my gestaan en my hemp se ritssluiter stadig begin ooptrek (moet sê, dis baie vinniger as knope). My hemp het van my skouers afgegly en jou lippe was op my vel. In 'n oogwink was ek vry gewees van my jeans en onderklere ... Tussendeur het jy jouself ook van jou klere verlos ...

Ek het my arms bo my kop uitgestrek terwyl jou mond elke hoek van my lyf bekoor het ... my rug het krom getrek toe jou tong tussen my lippies in beweeg het ... ek het my onderlip vasgebyt en die kussings vasgegryp ... Jy't my klit saggies met jou lippe gebyt ... ek het onder jou begin bewe ...

Toe ek naby aan kom was, het jy bo-op my kom lê en my met oorgawe gesoen. Ek het jou op jou rug gedwing ... dit was nou my beurt ... Ek het kruisies en kringetjies met my tong op jou gladde bors getrek terwyl ek jou harde ereksie veilig in my hand gehou het ... Jy het sagte kreungeluidjies gemaak. Stadig het ek afbeweeg en jou skag van onder tot bo soos 'n roomys gelek ... Toe neem ek jou volkome in my mond ... jy was op daardie stadium in my beheer en net myne ...

Jy't my opgetrek en my bene om jou gevou ... toe is jy binne my ... Stadig het jy in my ingegly ... my hande het jou rug gestreel ... jou lippe was in my nek ... my borste teen jou swetende bors ... my hande het afbeweeg na jou boude toe jy vinniger en harder in en uit beweeg het ... ek voel jy was naby aan kom ... jy't my by die bed laat afhang en dieper in my was jy nog nooit gewees nie ... ons het saam gekom ...

Maar ons was nog ver van klaar. Voordat ons in mekaar se arms aan die slaap geraak het, het ons nog vele orgasmes gedeel ... elke keer wat jy in my was, het ek dieper in jou oë gekyk en meer vir jou begin voel - miskien te veel, sou ek baie later ontdek ...

Ek het deur die nag wakker geword en in die lig van die TV, nog steeds op CNN, na jou gekyk. Ek kon sien jy droom ... Ek wou jou wakker maak en vra waaroor. Ek wou alles met jou deel, van jou weet ... Vir amper 'n uur het ek net na jou gesit en kyk ... jou bewonder... Jy't stadig en stil asem gehaal en ek het die gode gedank dat jy nie snork nie!

Later het ek agter jou rug ingekruip ... Jy't omgedraai, my in jou arms geneem en in my oor gefluister: "Hey you ..." Toe neem drome my wêreld oor en met jou agter my het ek toe geslaap ...

Jy was die volgende oggend baie lui om werk toe te gaan en dit was 'n groot gesukkel om jou uit die bed te kry. Maar na 'n passievolle sessie onder die lakens was jy reg vir die dag ...

Ek het die oggend een van jou hemde geannekseer. Vir soveel aande sou ek die hemp dra om jou teen my vel te voel as ek na jou verlang. Terwyl jy in die stort was, het ek op die bed gelê en jou reuk diep ingeasem. Met 'n nat lyf het jy langs my kom lê en my net vasgehou.

By die deur het jy afgebuk om my lippe te groet en gesê jy kan nie wag vir vanaand nie. Ek het my nuwe hemp aangetrek en teruggeklim in die bed. Vanaand sal ek weer in jou arms wees ... jou asem op my liggaam voel ... Jou lippe sal om myne sluit ... ek sal joune wees ... volkome soos ek jou belowe het ...

Die vyfde keer sal net so spesiaal wees, het ek myself belowe ... Ons gaan een wees, ek en jy ...



LitNet: 26 November 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.