Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

II: Die tweede keer

Betty Boob

Die tweede keer was op skrikkeldag. Jy't aangestap gekom met koerante onder jou arm en jou rugsak oor jou skouer. Ek het teen my motor geleun en jou stip dopgehou … jou elke tree ingeneem. So wou ek jou onthou. Jou lang lyf, breë skouers, stoute glimlag en glinsterende oë het ná die eerste keer na my gedagtes toe geïmmigreer - dit was daar om te bly. Jy't voor my kom staan, afgebuk en my gesoen. Die aanraking van jou lippe het die krieweling op my wel weer laat opvlam. Net soos gister ...

Die oomblik toe ons alleen in die stilte van jou motor se wêreld was, het ons mekaar gegryp en verlustig in ons tonge se wals. Dansend het jou tong my lippe en verhemelte bekoor.

Terwyl ons na die park gery het, waar ons wyn en alles anders sou geniet, het jou hand gereeld sy weg onder my romp gevind en jou vingers het my plesier gegee. Ons het gepraat en gelag. Jy't gesorg dat jy my gereeld oortrek na jou en my gesoen. Ek het jou voël deur jou denim bevredig en gevoel hoe hard hy word.

Met 'n bottel rooiwyn, twee glase en 'n kombers het ons gemaklik op die gras gelê. Oral was verliefde paartjies en gesinne wat in mekaar se nabyheid en geluk gedeel het. Ons het in mekaar se arms gelê en die Sondagmiddagsonskyn geniet. Jy't gepraat oor jou jong dae en ek oor my toekoms. Jou hand het, onmerkbaar, onder my romp in beweeg … my broekie weggetrek en jou vinger diep in my opgedruk … jou duim het speels my klit geterg … jy't die ritme aangepas om by my asemhaling te pas … vinnig en diep.

'n Roomysverkoper het my ekstase egter onderbreek en jy het vir ons elkeen 'n roomys gekoop. Jy't met jou kop op my skoot gelê en ons het oor my passie vir poësie gepraat. Ek was besig om een van my gedigte met jou te deel, toe jou wynglas skielik nie meer so standvastig op die gras was as wat ons gedink het nie. Dit het geluidloos omgeval en jou wit hemp en die kombers wynrooi gevlek. Dit was eintlik baie snaaks. Maar nie so snaaks soos die man wat kamma-kamma 'n baadjie aan jou wou verkoop maar eintlik jou selfoon wou steel nie. (Dit sal jou leer om jou selfoon oop en bloot te laat rondlê, en dit nogal in Suid-Afrika.) Jy't my hart in verbasing omvou toe jy na die insident vir die man R20 gegee het. Daar en dan het ek geweet dis nou te laat om kop uit te trek. (Jy het gelukkig 'n ekstra hemp in jou motor gehad.)

Nadat ons 'n heerlike aandete in die Square geniet het, was ons weer op pad terug na jou plek. Ons het in stilte gery met Tom Waits wat oor die radio 'n gesprek met ons gevoer het. Ek dink ek het aan die slaap geraak. My hand het op jou been, net langs jou manlikheid, gerus …

In die donker se misterie is klere van lywe gestroop. Ek het jou harde ereksie in my hand geneem en op en af teen die skag gespeel voordat ek my lippe om dit gevou en begin suig het … Jou hande en mond het my borste en tepels met oorgawe bedek … Ons het op die bed neergesak en jou vingers het met my klit en lippies begin speel … Ek wou jou binne my voel … diep binne … Ek wou jou voël teen my wande voel skuur … ek wou hê jy moes my ry soos jy 'n perd sou ry … met passie en plesier en ekstase … En jy het …

My siel het gesweef, my bene het gebewe, my tepels het na jou toe uitgestrek en gevra vir meer … Ek kon voel dat jy nog meer wou hê ... Jy wou my steek soos 'n perdeby ... onophoudend ... Maar om een onverklaarbare rede wou my lyf meer gehad het, maar nie ék nie ... en ons het nie ...

Dis hoe die tweede keer tot 'n einde gekom het. Ek het jou binne my gevoel terwyl ek huis toe gery het ... Jou reuk was op my, in my vel ingevryf soos lyfroom. As ek my oë sou sluit het ek jou voor my gesien. As ek ratte verander het, het ek jou voël in my hand gevoel. Om elke draai het ek jou teen my gevoel … die vibrasies van die enjin het my liggies en orgasmies bevredig ... Ek het jou oë in elke straatlig sien glinster …

Voor my huis moes ek maar aanvaar dat ek soveel méér met die derde keer sou moes doen om meer van jou te hê …



LitNet: 19 Augustus 2004

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.