Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bedstorie I

Lukin

Dis net na 12 die nag dat ek uiteindelik in die bed kom. Ek is seer en moeg. Dis sulke tye dat ek spyt is ek het hierdie bleddie vervalle huis in die middel van nêrens gekoop.

Maar dit kom van wil wegkom van alles en almal. Dis nou myne en ek moet daarmee saamleef.

Ten minste is die slaapkamer al klaar. Die kaggel is die eerste ding wat ek reggemaak het. Dis juis so koud en reënerig vanaand buitekant dat geëmigreerde Eskimo’s sal wil terug na hulle land. Die hout in die kaggel brand goed en die oranje gloed van die vlamme speel wulps teen die muur en die plafon van die kamer. Ek het genoeg hout in die kaggel gepak om die vuur nog ’n baie lang tyd aan die gang te hou. Ek draai om op my rug en luister na die reëndruppels op die sinkplaatdak. My oë raak stadig vaak en met die ronddansende vlammebeelde in my gedagtes raak ek aan die slaap …

Die irriterende klopgeluid aan die voordeur ruk my uit my slaap uit! Magtig! Ek draai om op my sy en kyk na die wekker. Dis flippin kwart voor een. Het ek my verbeel? Net toe ek wou omdraai en weer slaap, is die klopgeluid weer daar. Wie de hel sal dit nou wees? Hier loop nie mense in die nag rond nie. Ek kyk na die vlamme se gespeel teen die plafon en sien al in my gedagtes hoe ek wreedaardig deur hierdie maniak by die voordeur vermoor word. Weer is daar die klop. Ek klim stadig uit die bed. Daar is seker geen nut daaraan dat ek in my eie bed vermoor word nie. Kan net sowel maar ’n fight opsit.

Net toe ek by die deur kom hoor ek ’n heserige stem van buite af roep: “Hello, is daar iemand daar binne? Help my asseblief!”

Ek bly stil staan by die deur.

“Asseblief, help my. My kar het gebreek ’n ent hiervandaan en ek het die buitelig sien brand.”

Ek begin amper vir myself lag. Dis ’n vrouestem. Wel, laat niemand nou sê ek is nie gentleman nie, en my ma het my altyd geleer dat ’n man ’n vrou in nood moet help. En anyway, as ek dan nou moet vermoor word, dan is ’n vrou seker ’n baie beter opsie as ’n nare, bebaarde boosaard met eelte op die hande.

Ek sluit die deur oop. Buite in die gloed van die buitelig sien ek hierdie papsopnat mensie staan. Ek staan eenkant sodat sy kan inkom. Sy staan besluiteloos en kyk my aan asof ek iets is wat die kat ingedra het. Speak for yourself, girl.

“Kom in, jy kan nie daar buite staan nie.”

Sy beweeg huiwerig in met haar rug die heeltyd teen die muur. Ek maak die deur agter haar toe en skakel die gangliggie aan. Sy is omtrent so lank soos ek, skraal gebou met skouerlengte blonde hare. Tussen die nat hare loer ’n paar groen-bruin oë vir my. Sy vee die hare uit haar gesig met die agterkant van haar linkerhand. Ek moet my woorde terugtrek. Selfs met die nat hare, modder op haar gesig en haar klere kan ek sien dat hier ’n beauty is.

Sy staar na my en dis asof sy iets sien wat haar vreeslik amuseer.

“Dankie dat jy my laat inkom het.” Die woorde kom stamelend uit haar.

Waarom kyk sy aanmekaar af en dan weer op na my gesig?

O my …! Ek besef skielik dat ek niks klere aan het nie. Ek slaap altyd kaal en dit is soos ek hier voor haar staan. Magtig, daar is ook nie pille vir stupidgeit nie.

“Sorry! Wag hier, ek is nou terug.”

Ek vlieg terug kamer toe en trek ’n ou jean en hemp aan. Flippin hel.

Op pad terug deur toe verwag ek nogals om te sien dat sy maar weer in die rëen uit is, net om weg te kom van hierdie kaal man af. Snaaks genoeg, groot is die verligting toe ek haar nog steeds sien staan waar ek haar gelos het. ’n Modderige poeletjie water het om haar skoene begin vorm. Sy kyk daarna en trek haar skouers verskonend op. “Jammer, ek maak jou houtvloere vuil.”

“Dis fine.” Ek dink aan die lang ure wat ek geswoeg het aan die vloere. “Ek is Lukin.” Ek hou haar dop waar sy in die gang staan. Hoe langer ek na haar kyk, hoe meer sien ek die stunning vrou onder die modder en vuil klere. Haar oë is smeulend, selfs al is sy verkluim. Onder die vuil hemp wat eens wit was, kan ek die nippelstand sien …

Fok ou, die girl vrek van die koue en al wat jy sien is nippels. “Haai, Suzanne Roux.” Sy hou huiwerig haar regterhand uit na my toe. Ek skud haar hand liggies. Haar hand is koud en nat én vuil. “My kar het so ent hiervandaan op die grondpad gaan staan. Die ding wil nie weer start nie. Ek dink die petrol is miskien op. Ek is so jammer dat ek dié tyd van die nag jou moet wakker maak. As jy miskien net vir my ’n kan petrol kan gee, kan ek teruggaan. My pa se plaas is so 40 km verder.”

Nou kyk, my ma het my mooi geleer. Jy kan nie ’n vrou in hierdie weer laat uitgaan nie. En daar is nie ’n watter ding se kans dat ek in hierdie koue en reën uitgaan om petrol in ’n kar te tap nie.

“Kyk, jy is sopnat en koud. Kom sit voor die kaggel in die kamer en dan gaan haal ek vir jou ’n groot glas soetwyn. Jy lyk of jy dit kort; of verkies jy koffie?”

Daai smeulende oë loer vir my onder die slierte hare deur. “Soetwyn sal fine wees. Miskien ’n handdoek ook, asseblief.”

Idioot, hoekom het jy nie daaraan gedink nie. Waar is daai pille vir stupidgeit?

Uit die gangkas ruk ek ’n handdoek en gee dit vir haar. Ek wys haar waar die kamer is en sy stap plas-plas soontoe. Sy gaan staan in die kamer en kyk rond. Ek skuif ’n stoel nader aan die kaggel en sy vou die handdoek om haar lyf. Terwyl sy haar skoene uittrek, stap ek kombuis toe en haal twee groot glase en ’n vol bottel soetwyn uit die kas. Terug in die kamer sien ek sy het haar hare droog gevryf en sy probeer dit met haar vingers na iets laat lyk. Lang, slanke vingers sien ek. Goeie hande. Nice …

Daar gaat jy alweer. Die arme girl is nat en koud en al wat jy aan kan dink is wat sy met daai hande sal kan doen.

Ek gaan sit op die mat langs die stoel en gooi albei glase vol van die soetwyn. Die helder rooierige kleur van die wyn blink eroties in die kaggel se lig. Sy het die handdoek weer om haar skouers gegooi. Ek sien dat die nippelstand nog steeds daar is. Ek moet my oë wegdwing. Netnou sien sy dat ek daarna staar. Toe ek opkyk na haar gesig, is sy besig om reguit na my te kyk en so ’n half skalkse glimlaggie trek om haar mond. Oh man, sy het dit gesien dat ek haar dophou! Sy neem die glas wat ek na haar hou en vat eers ’n klein slukkie en toe gooi sy ’n lang, groot sluk in daai pragtige mond van haar. Selfs so sonder grimering kan ek sien dat sy ’n ongelooflike natuurlike skoonheid het. Nee, meer van ’n sensuele skoonheid. Ek skat haar so in haar dertigs, miskien middel-dertigs.

“Ek sal vir jou droë klere gee, sommer jeans en ’n trui, dan kan jy dit aantrek. Gaan miskien ’n bietjie te groot wees vir jou, maar dis al wat ek het. Jy vrek seker van die koue. Ek sal vir jou ’n matras gee om op te slaap en ’n duvet. Jy kan hier voor die kaggel slaap. Môre gaan ons na jou kar toe en ek help jou om by die plaas te kom.” (Miskien gee die ou vrek van ’n pa my ’n skapie vir al die moeite.) “Dit help nie ons gaan nou uit nie. Dis koud en nat. en jy kan lelik siek raak. Verwag jou pa-hulle jou?”

“Nee, nie voor môremiddag nie.”

Haar glas is leeg. Shame, moet seker vrekdors en moeg wees. Ek buk vorentoe en maak die glas weer vol.

“Ek kan nie miskien ’n warm stort neem nie? Ek is bibberend koud. Dan kan ek die droë klere aantrek.” Ek staan op en sy volg my na die badkamer. Toe sy by die deur ingaan, skuur sy teen my en ek voel ’n ligte tinteling deur my gaan. Hou jou in, moet ek by myself dink.

Sy maak die deur toe, maar nie voor sy lank gestaan en kyk het vir my nie.

Terwyl ek haar die stort hoor oopdraai, gaan sit ek weer voor die kaggel en drink my glas in een sluk leeg en gooi nog ’n vol glas vir my. Ek sien dat sy haar tweede glas ook al opgedrink het. Ek sit en tuur na die vlamme in die kaggel. Dit lyk kompleet asof die vlamtonge onder mekaar probeer inkom om mekaar hoër op te druk.

Wat die hardste was, weet ek nie. Maar die gil en die slag van iets wat omval op die badkamervloer, jaag mekaar deur die huis om te kyk wie eerste kan uitkom buite. Fok weet hoekom hulle nou dit sal wil doen. Ek spring op met ’n spoed wat menige Olimpiese atleet na hulle asem sal laat snak en nael badkamer toe. Ek stop met ’n gedoente voor die deur.

“Wat is dit!? Is jy orraait?”

’n Sagte stemmetjie klink tussen die lopende geluid van water deur. “Die stortdeur het uitgeval.”

Pil nommer drie vir my vanaand. Ek het vergeet om vir haar te sê dat ek nog nie die stortdeur ordentlik vasgemaak het nie. Ek hou sommer die deur oop as ek stort. Ag my fok tog.

“Is jy orraait?”

“Nee, ek is nie. Ek het geval toe ek die deur wou probeer vashou!”

Die ridder spring op sy wit perd. “Ek en my perd, my witvosperd met die spinternuwe saal …” Daar ís mos so ’n liedjie. Ek maak die badkamerdeur oop. Magtig man, hier is mos ’n vrou in nood. Ek vries in my spore toe ek die prentjie op die vloer sien. Een maal stortdeur op die vloer, met ’n ongelooflike lyf wat oopgespalk lê bo-op die deur. En water orals. Die stortkop spuit sy water van warm genot heerlik bo-oor haar en die hele vloer. Sy moes dit natuurlik probeer gryp het toe sy val om haar balans te probeer hou. Die stoom van die warm water sweef op teen die plafon.

“Gaan jy my nie ophelp nie?”

Ek stap oor die nat vloer na haar toe en ag man, seker so ’n halwe meter van haar af glip my voete onder my uit en ek val bo-op haar. Ek kan hoor hoe haar wind uit haar longe gepers word deur my val op haar. (Waar trek ons nou al? O ja, pil nommer vier. Sal wragtig weer vir vir die apteker ’n refill moet vra.) Ek voel haar liggaam onder my beweeg en ek probeer opstaan. Ek skuif weg en gaan sit op my gat. Hel op aarde! Ek het seer geval. Sy draai om op haar rug en lê en kyk vir my. Haar borste beweeg op en af soos sy probeer om haar asem terug te kry. Die water spuit op haar lyf en hardloop in stroompies van die naakte lyf af. Ek kan my oë nie wegvat van haar af nie. Sy het kleinerige borste met donker nippels. Smaak my die girl het permanent ’n nippelstand. Hulle staan parmantig orent. O my, sy het mooi nippels. ’n Naeltjiering glinster astrant vir my en my oë skuif na haar middel toe. Oh man, sy is kaal geskeer! ’n Kleinerige tatoe van ’n kat is op haar heupbeen.

“Ek vra nog steeds, gaan jy my nie ophelp nie?” Ek skrik my sinneloos. Ek het haar letterlik onbeskaamd sit en aanstaar. Ek kyk haar in haar oë en daai oë smeul. Ek staan op en voel die ereksie in my broek. En glo my, sonder ’n onderbroek aan gaan daai ding nou aan asof hy vir jare opgesluit was. Sy hou haar hande uit vir my en ek trek haar op. Of dit nou regtig was dat sy weer op die nat vloer gegly het of nie, weet ek nie, maar toe ek weer weet, toe is haar nat, warm lyf teen my. Ons gesigte is bymekaar en ek kan haar vel ruik. Sy kyk my reguit in my oë. Sy het die mees ongelooflike oë. Dit voel of dit deur jou brand en tot diep binne jou siel kyk. Ek kom agter my asem jaag. Haar lippe is vol, ligpienk en uitlokkend. Sy vou haar arms om my nek en ons lippe kom nader na mekaar. Sy maak haar oë toe en draai haar kop effens skuins.

Sorry Ma, gentleman se gat!

Ek soen haar liggies op haar mond en hou dadelik weer op. Toe ek my wil losmaak van haar, hou sy my stywer vas en druk my kop met haar hande nader en sy soen my dat my tone eintlik voel of hulle wil kom. Haar mond voel warm, ons tonge beweeg oor mekaar en lok mekaar uit tot ’n speelse spel. My hande beweeg af teen haar rug tot op haar boude en ek druk haar onderlyf teen my vas. Ek verloor my staan op die nat vloer en ons beweeg agtertoe tot teen die muur. Ons onderlywe vryf teen mekaar. Ons hou op soen. Ek trek my nat hemp uit – nee eerder, ek ruk dit van my lyf af. Ons liggame kom weer teen mekaar. Die hitte van ons lywe gloei en brand mekaar. Ek kan die seks in haar mond proe. Sy soen ongelooflik. Elke keer as ek dink dit kan nie beter nie, raak die soen net meer intens. Dis asof ons mekaar wil binnedring.

Ek beweeg my regterhand na haar maag, af en af, en voel haar nattigheid tussen haar bene. Ek laat die palm van my hand oor haar dooslippe gly en ek voel haar oopmaak. My middelvinger gly tussen haar lippe deur en sy snak na haar asem en begin dadelik dieper en harder asemhaal. Ons soene raak meer intens en sterk. Ek voel hoe haar hande my jean se knoop losmaak en die zip aftrek. Dis asof my ereksie uit ’n jack-in-the-box losgemaak word en uitspring. Haar een hand vou om my voël en ek kan die opgewondenheid diep binne my maag voel opbou. Met stadige bewegings masseer my. Ek draai met my rug na die kamer toe. Asof ons vasgemaak is aan mekaar, beweeg ek agteruit met haar na die kamer toe. Sy druk haar styf teen my vas. Ek beweeg met skuifeltreetjies agteruit, want die flippin jean is nog om my enkels. Ek probeer dit uitskop, maar dis nie naastenby suksesvol nie. Ons tonge flikker in en uit mekaar se monde. My hande kan nie besluit tussen borste en haar gladde, skoongeskeerde dosie nie. Haar hand is nog steeds om my ereksie en ek voel hoe die spanning opbou.

Met ’n laaste poging probeer ek die broek van my enkels afkry. Ek val agteroor op die bed met haar bo-op my. Ek skuif agtertoe sodat my hele lyf op die bed is. Sy sit bo-op my en buig haar lyf agtertoe. Sy ruk die jean van my enkels af. Haar onderlyf lig op en met haar hand nog steeds om my voël sak sy stadig af en druk my binne-in haar. Ek ruk toe ek inglip. Sy is warm en ek voel die kante van haar teen my ereksie. Sy beweeg stadig op en af. Met die opgaanslae lig sy haarself net hoog genoeg om die kop van my ereksie in haar te hou en dan sak sy weer af. Soos sy opbeweeg, probeer ek haar volg, en haar liggaam terg my. Haar gesig is blosend van die opgewondenheid. Die kaggelvuur speels spuls op ons lywe. Haar borste terg my met hulle stywe nippels. Ek vryf haar borste met my hande en haar nippels raak nog donkerder en stywer as wat hulle alreeds is.

Ek buig my bolyf op en laat haar sak met haar rug tussen my oopgespreide bene in. Ek is nog steeds in haar en die warm gevoel van haar om my ereksie is ongelooflik. Ek kan voel hoe die spanning en die druk klop-klop in my voël. Sy lê op haar rug tussen my bene. Ek beweeg stadig in haar in en uit. My hande is weerskante op haar heupe. Ek kyk na ons onderlywe wat in mekaar in en uit beweeg.

“Jy het die beter uitsig,” fluister sy saggies. Ek kan die lus in haar stem hoor. Met elke uitbeweeg vou haar dooslippies uit na buite en soos ek weer in beweeg, druk hulle weer saam terug. Haar klitoris is donker en opgeswel. Ek vryf met my regterhand se vingers daaroor en ek kan haar onderlyf voel ruk elke keer as ek op haar klit druk. Haar onderlyf beweeg op en af, haar borste druk met hulle gepunte nippels in die lug op. Ons asemhaling is hard en diep. Sweet begin op ons lywe uitslaan en dis nie net van die hitte van die kaggel nie. As ek aan haar maag en tussen haar bene raak, kan ek die hitte voel.

“Ek wil omdraai.” Haar stem is skor en heserig. Ek kan nie praat nie. My keel is droog. Sweetdruppels lê tussen haar borste en blink in die kaggellig. Sonder dat ek uit haar gaan, draai sy om en lê met haar kop en skouers op die bed. Haar agterlyf word uitloklik uit en op gedruk. Ek hurk op my knieë en met my hande om haar borste gevou begin ek sterk en diep bewegings in haar maak. Ek beweeg my hande na haar rug en met haar linkerhand agtertoe gestrek en op my boude, beweeg ons saam in ’n harde ritmiese harmonie. Ek kan voel hoe haar pelvisspiere styf word en dan ontspan om my ereksie. Ek trek uit haar en beweeg my ereksie tussen haar boude in. Met my hande druk ek haar boude stywer om my ereksie. Ek druk terug in haar en die nat warmte vou soos ’n warm, nat kombers om my ereksie.

Ek kan voel hoe die kom begin opbou diep uit my maag. Dis asof elke spier in my onderlyf en bene begin prikkel en dan deur my vel versprei. Met elke in-en-uit-beweging is dit asof my ereksie wil bars. Sy draai haar kop na my, haar lippe is rooi en vol, die blos op haar wange roospienk in die gloed van die vlamme. Ek sien haar nippels, diep donker en vol. Haar mond is oop en sy haal diep asem; diep steun- en kreungeluide kom uit haar keel. Ek vou my hande om haar boude en druk haar dieper en dieper in my in. Die spiere in haar boude en rug begin rukbewegings maak; sweet slaan op haar rug uit.

“Moet nie nou stop nie, hou aan, jy voel so lekker so diep binne my.”

Ek beweeg my linkerhand om na haar klitoris toe en masseer dit met my vingers. Ek voel hoe dit swel en swel. My oë is toe en ek gooi my kop agtertoe. My mond suig diep teue lug in. Ek voel haar handpalm op my maag en met haar naels wat in my vel ingrawe, voel ek hoe die kom diep uit my kom. Ek voel die krapmerke op my maag brand en dit sweef in ’n harmonie saam met die borrelende sensasie wat deur my lyf jaag. Dis asof elke spier in my wil ontplof; my bloed voel of dit kookpunt bereik het, asof dit vol vonkelwyn is. Ek probeer dit terug hou so lank as ek kan. Haar hele lyf ruk opeens en met haar kop agtertoe gegooi gil sy hard en diep. Ek voel hoe haar lyf verslap en dan weer ruk. Met ’n laaste diep druk in haar kom ek. Dit bars uit my ereksie in haar in. Die warmte van my kom vou om my voël. Die gevoel is ongelooflik, so warm. Ek kan voel hoe haar liggaam ruk toe ek my warm kom in haar uitstort.

Ek buig vooroor en lê met my maag op haar rug. Ons sweetlywe brand teen mekaar. Haar vel voel so sag en warm. Ons draai om op ons regtersye en lê styf teen mekaar, haar rug teen my maag. Ek bly in haar. My ereksie bly styf en binne-in haar. Sy trek haar bene op na haar maag en ek volg haar. Ek streel haar maag en borste liggies met my vingers. Ek voel die warm kom in haar en om my.

Oor ons lywe dans die vlammeskadu’s liggies, so asof hulle mekaar stadig jaag. Ons asemhaling is diep. Haar linkerarm beweeg agtertoe en met haar vingers streel sy my boude.

Wat ons verder gepraat het, kan ek nie onthou nie. Die ongelooflike gevoel van tevredenheid en geluk tesame met die warm gevoel van ons lywe teen mekaar het ons oorheers. Ons het lank so gelê. Net gelê en mekaar gestreel. Kort-kort het sy haar gesig na my gedraai en dan het ons mekaar gesoen. Die sensasie het in ons gebly en ons het dit geniet. Woorde was nie nou nodig nie; ons liggame het met mekaar gepraat, hulle het mekaar geliefkoos op die sagste moontlike manier. En met die sagte geluide van die reën buite en die knetterende vuur het ons aan die slaap geraak. ’n Diep slaap …




LitNet: 21 Junie 2006

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.