Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Balle en penne, bandjies en gespes

Andre van Wouw

Ons staan tou in die bank. Soos beeste tussen die relings in 'n drukgang om gedip te word, so staan ons tussen die kettings en gechroomde paaltjies. Teen die oorkantste muur is 'n TV-skerm. Die Aussies speel teen die Windies. Laasgenoemdes was kniediep in die moeilikheid, maar neem binne drie boulbeurte vier paaltjies. My aandag en oë is by die spel. Ek dink: mooi so, looi daardie arrogante swerkaters! Die tou maak sy draai en my rug is nou na die skerm gekeer. Toe sien ek haar. Sy staan reg voor my. Skouerlose somersrokkie. Die egalige sonbruin op haar rug vertel dat sy gereeld sonbaai of sonbed. Gepraat van beddens … nee wag, los dit eers voorlopig. Haar blonde hare is netjies vasgevang in een of ander haarstylrol. Die hare wat so styf weggetrek is uit haar slanke nek en van om haar ore, fassineer my. Wonder of dit nie ongemaklik styf is nie. Dit lyk soos die spreekwoordelike "geen haar uit sy plek nie". Mooi heupe en wulpse boude vertoon onder die dun rokmateriaal, met geen weggeetekens van broekiebuitelyne nie. Seker 'n deurtrekkertjie aan. Pragtige, welgevormde, ewe bruin bene met laehak veelkleurige sandale aan haar voete voltooi die prentjie. My reukorgane wil ook deel in die fees wat my oë geniet en ek teug diep terwyl ek die gaping tussen ons vernou.

Die bandjies van haar bra loop hul eie pad oor haar skouers, nie versteek onder die rok se skouerbandjies nie. Dit is een van hierdie nuwerwetse goedjies wat soms die indruk skep dat soveel as moontlik gewys moet word - ek bedoel van die bra. Die dwarsbandjie met die gespetjie het bokant die rand van die lyfie van die rok opgeskuif. Neem aan dit hoort maar so. Die vierkantige vorm en meganisme van die plastiek-bragespe trek my aandag en asof sy my stip-staar op haar rug kan aanvoel, reik haar een hand onverwags agter haar rug. Sy haak haar wysvinger om en in die middel van die bandjie. Sy poog om dit afwaarts te trek, en trek dit te ver; die gespetjie ontkoppel opslag. Sy kyk vinnig om en ek kyk betyds af na die depositostrokie in my hand. Toe dit veilig is, kyk ek weer en dit is duidelik waar die twee helftes van die gespetjie uitmekaar nou onder die rokkie sit. Iets kielie my om haar verleentheid en ongemak te eksploiteer.

"Ja, dit is nou 'n probleem nè?" sug ek dat sy kan hoor. Sy kyk dadelik om en ek is gereed met "Kan ek asseblief gou u pen leen?" terwyl ek opkyk van my depositostrokie.

"Ja sekerlik, hierso," kom dit vriendelik en sy klink merkbaar verlig. Toe ek klaar is met die kamtige wysiging op my depositostrokie het sy reeds na een van die tellers verskuif. Ingedagte sit ek die pen in my hempsak toe die volgende teller beskikbaar word.

"Is alles toe afgehandel?" vra die teller aan haar. Klink of hulle mekaar ken. Sy praat bietjie harder sodat sy haar deur die glasgordyn kan hoor.

"Ja jong, die finale bevel is alreeds ses maande gelede uitgereik, nou's ek my eie baas, dankie."

Ek kyk en sien dat haar buustelyn sonder enige ondersteuning indrukwekkend en ferm vertoon. Hulle groet en sy loop agter my verby. Sy het ook van die pen vergeet. Ek is op pad na die glasveiligheidsdeur toe sy uit die kantoor van een van die konsultante kom. Ons is saam in die klein ruimte van die sekuriteitshokkie nadat ek die deur vir haar oopgehou het Ek staan weer agter haar. Die gespetjie is nou vas en die bandjie in posisie.

"Kon u toe die probleempie regstel?" kom dit voor ek myself kan keer. Ma het altyd gesê ek is 'n regte terggees. Die gier het my al dikwels in die verleentheid en soms, soos nou, in die moeilikheid gehad. Ek geniet die adrenalien-"high" wat met sulke insidente gepaardgaan. Wat gaan haar reaksie wees? Weer eens het ek myself in 'n hoek geverf deur 'n impulsiewe uitlating. Die groen liggie van die buitedeur gaan aan en ek leun oor om dit vir haar oop te hou. Sy skuur verby my en ons oë ontmoet vlugtig. Ons is letterlik van aangesig tot aangesig. Die fyn geur van haar parfuum is weer daar. Sy bloos tot in haar nek. Is dit van skaamte of ergerlikheid? wonder ek. Toe ek ook uit is, draai sy onverwags na my.

"Mag ek weet na watter probleempie jy verwys het, Meneer?" vra sy ferm terwyl sy my reguit in die oë kyk. Ek is stomgeslaan toe ek na die pragtige mens voor my kyk. Groot oë, liggroen kykers met bruinerige spikkeltjies word geaksentueer deur lang oogwimpers en netjiese geplukte wenkbroue. 'n Effense wipneus, hoë wangbene, vol lippe en 'n mooi kuiltjie in die ken soos Katie Melua. Al die besondere kenmerke van 'n pragtige vrou waarvan net in liefdesverhale gelees word. Haar voorkoms, ligte en keurige grimering getuig van afgerondheid en finesse. Ringlose vingers met goedversorgde naels is oopgesprei op die depositoboek binne-in die banksak wat sy, asof beskermend, teen haar boesem vashou. Sy kom agter dat ek staar.

"Is jou tong nou getem?" kom dit vraend, half uitdagend - of is daar 'n sweempie simpatie?

Ek kom tot verhaal. My tong is op soek na woorde om te beskryf wat my oë sien, en nie na 'n antwoord op haar vraag nie. Red wat te redde is, dink ek instinktief.

"Twee dinge. Ek is regtig jammer oor die opmerking oor die bandjie van jou buustelyfie - ek bedoel dit opreg; ek erken dit was ongevraagd en baie onbedagsaam van my. Aanvaar asseblief my verskoning."

"Goed, verskoning aanvaar, en wat is die tweede ding wat jy op die hart het? - hoop jy is steeds opreg en gaan nie nog 'n keer jammer wees nie," vervolg sy koelerig.

Probeer nou peil hoe ernstig sy is, of flankeer sy op 'n baie subtiele wyse?

"Ek wil jou graag opreg, sonder dat ek ooit jammer gaan wees, komplimenteer."

'n Ongemaklike stilte volg; sy wag dat ek moet voortgaan.

"Hoe sal ek dit stel? Sjoe, jy lyk absoluut stunning; ek bedoel jy is absoluut stunning … pragtig … mooi, die mooiste wat ek nog …"

Dit klink en kom lomperig en ek voel selfbewus terwyl ek soek na nog woorde. My gesig voel warm. Ek bloos terwyl 'n nuwe blos ook oor haar wange versprei.

"Dankie, ek waardeer dit opreg." Sy draai sonder meer om en stap na die hoofuitgang. Spot sy met my "opreg"? Ek staar 'n paar oomblikke na die vloeiende ritme van skouers, heupe, boude en bene. Die sandale klik-klak vrolik op die marmerteëls van die banksaal. Dit voel of ek iets kosbaar ontdek het, en besig is om dit dadelik weer te verloor.

"Ekskuus, jy staan bietjie in die pad hier," kom dit van 'n bejaarde dame wat ook by die hokkie uitkom terwyl ek steeds vasgenael naby die deur staan.

"Ekskuus, Tannie", en ek beweeg ook in die rigting van die uitgang.

"Ek is nie met jou oom getroud nie," brom sy in die verbygaan.

My gedagtes is egter by die pen. "Die pen, háár pen …" skiet dit my te binne en ek versnel my pas. Sy is reeds aan die oorkant van die besige straat. 'n Verkeersman staan by die voetgangerverkeerslig, wat nou rooi is. Sy klim in 'n silwer 230 Kompressor. Die lig is vir haar groen en steeds rooi vir my. Sy trek weg en haar pen word gebruik om regtig te skryf. Die registrasienommer op my hand en my kontak by die verkeersafdeling, Madelein, gaan handig te pas kom.

Dit is 'n sekuriteitskompleks in een van die nuwe uitbreidings in die noordelike voorstede. Die hek word met afstandbeheer gereguleer. My E280 luier terwyl ek my kans afwag. Nie lank nie of 'n inwoner se motor staan voor die hek terwyl dit ooprol en ek volg doodluiters voordat die hek weer toeskuif. Weerskante van lang roosbeddings is parkering vir besoekers. Die hoofhek is hiervandaan sigbaar.

Nadat ek haar naam, ID-nommer en adres by Madelein gekry het, kon Ben, my prokureur, na 'n search by die Akteskantoor vasstel dat Karlien Grové, 32 jaar oud, geskei, 'n aandeelmakelaar en die eienares van eenheid nr 3 in die kompleks is.

Na 'n halfuur kom 'n silwerkleurige Merc deur die hek. Die outomatiese garagedeur by nr 3 gaan oop en sy ry in. My benadering is naïef en bietjie à la hoërskoolseunstyl, maar die pen is 'n middel wat vandag die doel moet heilig.

Toe sy die deur oopmaak, is sy kaalvoet en geklee in 'n wit kamerjapon van handdoekstof. Borsel in haar hand waarmee sy blykbaar besig is om haar blonde hare, wat nou los hang, uit te kam. Die frons-vraagteken tussen haar oë verdwyn toe sy my herken en ek word half huiwerig ingenooi.

"Jammer as dit bietjie ongeleë is …" begin ek.

"Is jy regtig jammer?" Weer die vinnige vraag soos vroeër in die bank. Ek besef dat ek te doen het met iemand wie se brein vinniger werk as wat myne 'n flouerige verskoning kan uitdink.

"Toegegee - jammer by wyse van spreke. Ek sien jy is op pad badkamer toe. Gou jou pen gebring."

Sy nooi my om te sit en kom sit oorkant my op die punt van die bank met haar bene gekruis, haar boonste been op en af wiegend, haar hande op die borsel op haar skoot.

Sy leun vorentoe. "Kom ons los die formaliteite en kat-en-muis-spelery en praat reguit. Jy sê jy bring net gou my pen, maar hoe en waar het jy my adres gekry?"

Dit is die vraag wat ek gevrees het een of ander tyd gevra en beantwoord sou moes word. Tot nou toe kon ek nie 'n aanvaarbare antwoord prakseer nie. Noudat sy egter die gesprek in 'n openlike en reguit rigting gestuur het, los die probleem homself op. Ek vertel haar my storie wat begin by die leen van haar pen. Sy sit terug en glimlag namate die detail van my vindingrykheid ontvou.

"Slim kind, dat so 'n brein eendag moet …" Sy val haarself in die rede met: "Gaan jy iets drink? Het net soft drinks. Wat sal dit wees - Coke of Sparkling Lemon?" vra sy op pad kombuis toe.

"Coke sal lekker wees, dankie." Ek probeer om nie verlig te klink nie en waag nie verdere slimmighede nie, maar dink aan die voortsetting van die gesprek as sy van die kombuis af terugkom. Ek besluit om op die openlike en reguit trant wat sy ingeslaan het, voort te gaan.

"My naam is Frits; mag ek jou Karlien noem?" vra ek en neem die skinkbord by haar.

"Ja dis goed so. Frits wie? Of moet ek ook eers 'n search by die verkeersafdeling en Akteskantoor laat doen?" vervolg sy. Ons al twee lag. Sy lyk mooier as ooit. 'n Spierwit gebit word deur 'n klein stukkie goud versier.

"Frits Gerber." Terwyl sy afkyk om haar koeldrankie te neem, bemerk ek 'n pragtige kloof wat tussen die sagte los lapelle van die japon uitloer.

"Behalwe die pen wat jy gebring het, wat nog, Frits?" vra sy weer reguit. Ek sien 'n ander pen, die middelpen van die Aussie wat die Windiesbouler met 'n streepbal probeer ontwortel. Vandag sal ek moet keer vir my wickets; om reguit te praat is blykbaar al manier hoe sy kommunikeer.

"Jy het vroeër gesê ons moet reguit praat; ek het reguit gepraat in die bank. Jy is absoluut stunning; en behalwe die pen, wil ek jou beter leer ken." Die slotwoorde van die twee sinsnedes rym toevallig, maar sy merk dit onmiddellik.

"Hou jy van poësie?" verander sy onverwags van rigting. Die gesprek beland op 'n verdere syspoor toe ek antwoord: "Ja, van poësie ook." Toe ek dit klaar gesê het, snap ons albei die insinuasie en onbedoelde implikasie van my antwoord. Sy kyk af en onderdruk haar lag. Ek is ook dik van die lag.

"Frits Gerber, jou tong gaan jou nog in die tronk laat beland," kom dit nou heeltemal ontspanne van haar.

"Wag so 'n bietjie, Karlien Grové, ek het iets gesê en jy het iets gedink; moenie my verkwalik vir jou gedagtes nie." Die ys is nou gebreek, maar ek was nie naastenby voorbereid op wat sou volg nie.

"Terwyl ons besluit het om openlik en reguit te praat, laat ons nou nie langer doekies om poësie en soortgelykklinkende dinge draai nie. Ek hou ook van wat ek sien, en ek dink ons al twee is mooi groot en weet wat ons wil hê. Ek gaan nou 'n stortbad neem; wat van jou?" kom dit van haar terwyl sy opstaan, na die badkamer stap en die gordel van haar japon losmaak.

Ek dink weer aan die Aussie se middelpen; ek het pas 'n streepbal op my middelpen gekry. Psigies en fisies. As 'n mens haar kon opsom as 'n goedkoop tert, sou dit nie my nie so uit die veld geslaan het nie. Die versorging van haar persoon, duur motor, dorpshuis, meubels, skilderye, tydskrifte op die koffietafel en matte getuig van gesofistikeerdheid, goeie smaak en klas. Namate ek die psigiese skok-verrassing verwerk, kom ek agter dat die fisiese stadig, te midde van 'n warm gloed in my bekkenarea, lewe begin toon. Hy is halfpad op toe ek haar hoor roep: "Kom jy of moet ek dit alleen geniet? O ja, hier is 'n gespe wat jy ook moet kom losmaak," voeg sy by.

My oë neem die volmaakte buitelyne van haar liggaam in terwyl sy met haar rug na my toe staan dat ek die brastreppie kan losmaak. Haar hande is bo-op haar kop met vingers ineengestrengel en haar elmboë wyd uitnodigend teruggetrek. Haar klein deurtrekkertjie is ligblou soos die bra en verdwyn in die kloof tussen ferm boude. Haar hele liggaam is egalig bruin. Ek trek die gespe af soos sy gemaak het, en dit skiet los. Haar arms verhoed dat ek die skouerbandjies kan afskuif. Die volgende oomblik is albei my hande onder haar arms deur en ek lig die keëls van haar bra; ek neem haar vol borste in liggies bewende hande. Sy trek lank en diep asem in toe sy my hande op haar voel; namate ek versigtig ontdekkend begin druk, voel en masseer, blaas sy dit stadig hoorbaar uit terwyl sy welbehaaglik haar genoeë te kenne gee. Sy is 'n mooi stewige handvol elk; nie ongemaklik groot nie. My middelpen staan nou sterk en stewig en word net deur my klere verhinder om tot sy volle reg te kom. My vingerpunte vind haar tepels en hulle verhard voelbaar terwyl ek hul versigtig tussen duime en voorvingers rol en afwissel met ligte op en af streelbewegings van al my vingerpunte. My speekselkliere doen mee en maak my vingers goed nat om haar areolas en tepels te verglad. Oop hande word om elke bors gesprei en ek bring die vingerpunte telkens na mekaar sodat hulle by haar erekte tepels ontmoet. Hierdie afwisselende liefkosing word aangevuur deur waarderende kommentaar en opmerkings van haar kant.

"Hou my bietjie styf vas," vra sy na 'n ruk van ligte en raak-raak streling. Ek reageer gewillig. "Jy kan maar nog harder vat," sê sy en vervolg met 'n "Mmm, dis heerlik."

Sy du haar borste verder vorentoe in my geskulpte hande. Die beperkings van my broek en onderbroek word onuithoudbaar.

"Hierdie is baie beter as om agter jou in die bank te staan," verwoord ek 'n simpel gedagte wat spontaan by my opkom.

"Ja, en ook baie beter as om te loer hoe dames met hul onderklere stoei, ou agie."

Dit was 'n wipbal en ek speel nie daarna nie.

My hande verken nou haar sygladde magie en ribbes. Ek verlustig my aan die babasagte tekstuur van haar vel. Op-en-af- en heen-en-weer-gevryf eindig elke keer met twee hande gevul met haar stewigheid. Ek voldoen kort-kort aan haar behoefte om harder gevat te word. Sy slaan hoendervleis uit toe ek die vingers van albei hande krom en haar met vingerpunte en naels liggies en rakelings streel-krap. Intussen buig ek vorentoe en lek en knibbel aan haar skouers waar ek haar lang hare kan opsy skuif met my ken.

Haar linkerbors rus in die waai van my voorarm terwyl haar regterbors in my linkerhand nestel; my regterhand gly geleidelik af nadat ek speeksel in haar naeltjie gevryf het. Speel-speel kom my vingerpunte by die rand van die piepklein broekie aan. Verkennend streel ek haar haartjies met 'n oop plat hand en dit voel of die driehoekie goed geknip en getrim is. My vingerpunte reik laer. 'n Vol hand rus nou ferm op haar warm natheid.

"Ag nee, dis nie fair nie," laat sy nou gemaak-ontevrede hoor. "Jy vat en voel alles en ek niks nie!" en sy laat haar arms sak.

Hierdie keer slaan ek 'n stewige dryfhou met: "Jy weet wat die spreekwoord sê: dié wat vra, kry niks, dié wat gryp, kry alles. Help maar jouself as jy ook iets wil hê," terg ek verder. En toe baie behulpsaam en galant: "Kom ek help jou 'n bietjie, hier's weer 'n gespe wat pla." My gordelgespe, broek en Jockey verwissel gou van posisie en funksie; daarna skuif ek haar deutrekkertjie ook af tot by haar knieë en dit val verder tot op haar voete; ek verwyder die loshangende bra wat in sy huidige posisie ook geen funksie vervul nie; dan is my hande terug op haar lekker plekkies. Sy voel nou my kloppende ereksie teen haar boude en reik om my met haar arms; haar hande vind my skrotum en voël gelyktydig. Haar onpretensieuse vat-voel-vat is onbeskryflik lekker.

"Aitsa, op en wakker nè? En reeds goed glad en nat ook," merk sy smeulend op. My vingers vind laer af baie nattigheid en lubriseer haar slootjie: ek voer met gladde middelvinger sensitiewe sirkeltjies om haar klittie uit. My linkerhand neem nou die stimulasie daar oor, terwyl die middelvinger van my regterhand die ingang na haar paradys, en 'n ritme daar vind. Mettertyd kom ek agter dat haar aandag nie werklik by dit is wat haar hande doen nie; haar gesug en sagte kreungeluidjies laat my besef dat sy reeds vinnig op pad is na 'n orgasme.

"Geniet dit nou, dan kom jy lekker voordat ons saam stort," fluister ek in haar oor en my hande versnel die pas terwyl haar heupe die ritme volg. "Reg so?' vra-fluister ek weer.

"Fan … tas … ties," kom dit in 'n hoër stemtoon saam met ons ritme. Sy los my nou en albei haar hande is strelend, drukkend en vattend oor haar borste. Sy druk en beur geleidelik harder teen my vingers en hande. Met ons vorentoe-bewegings beland my gladde voël in die gleuf tussen haar boude. My dreigende kom-sensasie neem toe met elke vorentoe-stoot. "Dis heerlik … lekker … ek is amper daar … amper daar ... ja … ja … nou … nou," kom dit met onverbloemde ekstase en opgewondenheid.

"Geniet dit … ek kom ook … nou," fluister ek hortend in haar oor. Ek koester haar warmnat geslag soos 'n kleinood in my hande terwyl ons swetend teen mekaar aanleun. Ons asemhaling keer geleidelik terug na normaal. My klimaks loop warm en druppend van haar boude teen my bene af. Sy reik met een hand na agter en vryf van dit in die gleuf tussen haar boude in.

"Wanneer jy weer kom is dit binne in my, belowe," vra-sê sy.

"Dis 'n belofte, maar kom jy gou nog enetjie, toe." My lippe is weer by haar oor. My hande is deurdrenk van haar oorvloed en ek smeer dit oor haar lippies, in die slootjie en in die gleuf tussen haar boude, waar dit met myne meng. Die stywe middelvinger van my linkerhand gly nou op en af tussen haar boude en my ander hand stimuleer haar voor van binne en buite. Haar plesierstingeltjie staan weer wakkergereed.

"Dit gaan nie lank neem nie, hoor," sê sy terwyl sy die inisiatief oorneem met 'n korter, vinniger ritme.

Ons liggame en asems 'n driftige vuur;
simfonie wat op 'n crescendo afstuur.
Stywe tepel op ferme bors;
van bra en bandjie deur gespe verlos.
Baldadig-wippend saam;
dui nou die staccatonote aan.



LitNet: 14 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.