Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ontmoeting

Johannes Grusaam

Jy vra beslis nie altyd vir sekere goed om met jou te gebeur nie. Dit gebeur net. Soms ongevraagd. Soms gevraagd. ’n Kombinasie van die twee gebeur baie waar jy nie seker is of dit jou toedoen of omstandighede is wat nou dinge laat gebeur nie. Soms moeilik om te onderskei. Die stroom vat jou en partykeer swem jy en partykeer trap jy water en ’n ander keer gaan jy net saam met die stroom. ’n Stroom moet jou êrens uitgooi — lewendig, half versuip of dood. Ek is vanoggend daar waar die stroom my net vat. Ek het genoeg gehad van hierdie house of pain. Die damwal wil breek.

Verantwoordelikheid, doen dit en doen dat en wat nog het nou te veel geraak.

I’ve reached the angle of repose. My beker loop oor, maar nie van blydskap nie. Daar is te min beker om te hou wat gehou moet word. Ek het genoeg gehad.

Ek klim in die kar en kies koers Magaliesburg se kant toe. Ek is op soek na rus vir my siel. Verkeer, werk, verkeer, werk ... dit hou nie op nie. Elke dag dieselfde storie met slegs die uitsondering as ’n robot jou af en toe sonder stop op groen deurlaat — dit gebeur nie baie nie, maar as dit gebeur, voel jy daardie oomblik soos ’n wenner. Elke rooi lig laat jou soos ’n loser voel!

In Magaliesburg stop ek by die Spar en koop vir my sigarette. Ek rook nie, maar ek het ’n uitsondering in my lewe nou dringend nodig. ’n Pakkie Camel lights en ’n boksie vuurhoutjies kos nou alreeds meer as tien rand. Êrens is iemand besig om iemand te rook — so duur net vir dit? Die man op straat se bydrae tot die staatskas vol geraamtes is astronomies.

Ek ry Valley Lodge toe. Ek weet daar is ’n stroompie van een of ander aard daar. Ek het ’n behoefte aan waters van rus en lei myself nou daarheen.

Dit is tienuur Saterdagoggend en ek stap deur die ontvangs van die Lodge. Dit is stil en die ekonomie in plekke van plesier is ook besig om te kwyn. Ek vra die kelner op die stoep of hy my daar onder by die rivier kan bedien en die antwoord is ja — dit is duidelik they will go to great lengths to please the occasional customer.

Ek stap af rivier toe en gaan sit op ’n bankie wat onder die hoë bome staan langs die rivier. Dit is so rustig hier dat ek onmiddellik voel: goeie besluit — hier kan ek dalk tot verhaal kom ...

Ek haal die Camel 20’s uit my sak. Beware. Nicotine is addictive. Daar is baie goed in die lewe wat addictive is; almal is nog net nie gelabel nie.

Gelabel of te not — as dit lekker is, help die label nie. As dit lekker en addictive is, kon jy die label net sowel gelos het. Die mens sal vir dit gaan en weer en weer vir dit gaan. Beware. Ja, pasop. Van kleins af word ons gewaarsku teen baie goed en as ons groot is, doen ons dit in elk geval.

Die kelner verskyn so geruisloos soos ’n koedoe in die bos. Ek skrik half vir die man, want ek is so besig om my gedagtes uit te sort en vra: “Do you have sparkling wine? I’d like a bottle of sparkling wine with a nice glass.”

Hy antwoord nie ja of nee of seker meneer nie — draai net om en stap weg.

Ek wonder of ek hom iets skuld.

Ek het al baie gewonder of dit die moeite werd is om so aan te ploeter in die stad. Is dit nou ’n lewe? Werk, verpligtinge, kinders, karre, katte, honde, verkeer, robots en oorleef met winter ook nog tussenin. Gaan dit ophou eers die dag as jy dood is? Of miskien as jy aftree? Na wat tree jy toe af? Na ’n laer vlak van lewe of energie of intelligensie, of is dit letterlik ’n tree af na die ses voet laer bestemming? Die eerste tree soontoe? Gatvol is nie ’n woord nie! Nes jy seker heeltemal gatvol is, dan is jy reg om die ses voet diep gat vol te maak!

Die kelner verskyn weer net so stil en skielik. ’n Koue bottel JC le Roux balanseer op die blink ronde skinkbord en ’n fyn trompetvormige glasie daarlangs. Dit lyk al klaar beter. Hier gaan ek myself vandag uitsort.

“How much?” en ek betaal plus tien persent fooi. Foeitog, so baie mense is deesdae afhanklik van fooitjies.

Ek klap die bottel oop met ’n gevoel van genoegdoening en skink die vonkelwyn. Die borreltjies bruis na bo. Om net daarna te kyk bring reeds ’n rustigheid oor my. Die meeste borrels gaan bo uitkom en die wat dit nie maak nie, gaan ek drink. Ek hou daarvan.

Ek teug aan hierdie wonder van die wingerd en steek ’n Camel aan. Perspektief. Dit is al wat ek nodig het. Die vonkelwyn doen my al klaar goed. Die lewe is nie heeltemal so sleg nie. Ons het tog baie om voor dankbaar te wees. (O daar kom die dankbare Afrikaanse opvoeding alweer sterk deur. Moet tog net niks opeis in die lewe nie. Alles wat ons is en het, is net genade en dit wat jyself bygevoeg het, is net genade op genade.)

Kyk nou net die rustige plek. Om net hier te wees is goed. Positive input for a change.

Toe merk ek haar op daar langs die water so ’n ent van my af. Ek wonder of sy al lank daar staan en of sy gesien het of ek dalk met myself gepraat het. Ek was so opgeneem in my eie dat die voëlsang ook nou eers registreer. Haar wit rok pas nousluitend om ’n goeie lyf. Sy staan half met haar rug na my en haar hare blink in die son. Sy is kaalvoet. Aards. Ek suig aan my verkwikkers — eers die vloeistof dan die stokkie — sluk die vloeistof behaaglik in en blaas die rook behaaglik uit.

Ek kyk weer na haar en sukkel om nie te staar nie, want ek hou van wat ek sien en wil net aanhou inneem en evalueer. Praat van welkome afleiding. ’n Man sal nooit genoeg kry nie.

Sy begin stadig kop onderstebo in my rigting stap en ek voel die opgewondenheid in my roer en dink: “Hier kom ’n ding ...”

Hier naby my sê sy skielik : “Goeie môre”

“Hallo,” kry ek te midde van die vloeistof uit ’n droë keel uit. My stem klink so simpel.

Sy glimlag en mik om verby te stap.

“Pragtige dag,” wurg ek uit en my stem klink nou of dit van baie ver oor short wave kom.

“Dit is,” sê sy skamerig en kyk met stunning oë na my.

“Hierdie goed maak dit nog mooier,” sê ek en beduie na die bottel vonkelwyn.

“You may join me if you want to,” voeg ek by en laat die uitnodiging net so in die lug hang terwyl ek my handsomeste glimlag uitpak en hoop vir die beste.

Sy aarsel ’n oomblik (speel hard to get) en sê dan : “Ja, dit sal lekker wees. Maar interrupt ek nie iets nie?”

“Glad nie,” antwoord ek vinnig en ruk instinktief my kop om en klap my vinger op soek na die kelner, want hier kort nou dringend ’n glas. Skim is nou gone.

“Sit gerus” sê ek en skuif net op een plek heen en weer asof ek plek maak op die bank maar ek beweeg nie ’n millimeter in die proses weg nie, want ek wil so na as moontlik aan haar wees en daar is genoeg plek vir haar om mee te begin.

“Ek wil net vir jou ’n glas kry. Verskoon my assblief. Ek is nou hier,” sê ek en hoop sy verander nie van plan nie. Ek vlieg daar weg soos ’n honderdmeter-atleet — nie heeltemal so vinnig nie, maar in daardie styl waar jy so geleidelik orent kom en eers regop is so tien treë van waar jy begin het.

Skim kruip gelukkig nie ver weg nie en ek bestel nog ’n glas.

“So ja, die glas is op pad” sê ek en gaan sit ’n entjie van my plek op die bank wat ek in die proses prysgegee het.

“Ai, dis darem rustig hier,” gooi ek die senuagtige lyne uit en sy stem saam.

Die glas arriveer en ek skink entoesiasties vir haar. Ons klink en ruil name uit. Sy is daar vir die naweek en wou net van alles wegkom. Ek ook. Maar net vir die dag.

Ons gaan haal alles. Die regering, die lewe oor die algemeen, die misdaad, flieks en favourites, en ons kliek. My frustrasies en probleme is nou skielik remote. Prozac se gat. Hierdie is so kalmerend en stimulerend as wat dit kom.

“So, waar’s jou chalet?” vra ek so onskuldig soos ’n bankrower wat ’n deurwag probeer flous.

Sy beduie my en sê die nommer.

“Is dit value for money?” vra ek weer, en dié keer so onskuldig soos ’n prokureur wat sake kwoteer om jou te oortuig hoe swak jou saak is.

“O nee, dit is baie nice” sê sy en ek wag dat sy my nooi om te gaan kyk. Maar nee, sy’s nog nie daar nie.

Ek het nou ’n gedagtelyn en vra : “Ek sou dit graag wou sien — vir as ek dalk vir ’n naweek of so wil kom ...”

Die vonkelwyn is amper klaar en die gesels tussen ons is gemoedeliker. Ek vul die glase elk so halflyf maar hare meer as myne om seker te maak die effek van meer vir haar werk deur.

Toe die glase leeg is, stel ek voor dat sy haar chalet vir my gaan wys. Sy stem in en ons stap in die rigting van haar chalet. Ons raak effens aan mekaar so in die loop — nie vanweë slinger nie, maar vanweë twee vlugroetes wat se radar deur vonkelwyn aangetas is.

By die trappie van die chalet ondersteun ek haar liggies aan die arm en toe ek voel daar is geen onwilligheid nie, gaan daar ’n fladdering deur my. Ons stap in en sy druk die deur agter ons toe en dit stuur ’n sein so sterk soos van ’n satellietskottel na my dat ons gedagtes op dieselfde golflengte is. Die wete laat my tintel en die afwagting in my klim baie kerwe.

“Jy sien, dit is baie nice en cosy,” sê sy, maar ek sien nie. My brein of die deel in my brein of waar dit ook al gebeur het nou in ’n “loop” gegaan en one-track minded is nou ’n understatement. Ek het nou net oë vir haar. Nie dat dit van die eerste oomblik vandat ek haar daarbuite gesien het, anders was nie, maar die revolusies waarteen dit nou hardloop, is net baie hoër. Ek probeer myself inhou, maar oe, sy’s mooi en aantreklik en begeerlik en ek sê: “En die badkamer ... hoe lyk dit?” weens ’n gebrek aan enige iets anders om te sê want as ek nou my mind moet speak foeter ek als op.

“Kom kyk,” sê sy en loop vooruit soontoe. Die badkamer is modern — ek dwing my brein om dit te erken — en ek kry vir die eertse keer ’n sterk reuk van haar parfuum. “Hemel, maar die vrou ruik lekker,” dink ek by myself en besef weer eens die mense wat die goed maak het baie goeie vermoëns om die erotiese in reuk uit te bring.

“Nice, nê?” sê-vra sy. Ek weet sy bedoel die badkamer maar ek bedoel haar parfuum en sê “Baie,” en my stem klink alweer half stupid.

Toe sy omdraai om uit die badkamer te gaan bly ek staan — die honderdmeter-atleet van netnou is nou staties — sy beur half in my vas omdat sy nie gedink het ek sal bly staan nie en sy mompel “Sorry”. Ek vat liggies aan haar skouers en sê, “Jy hoef nie jammer te wees nie ...” Sy kyk skamerig op en ek kyk diep in daai pragtige oë. Haar mond is vol en aanloklik soos ’n blom vir ’n by. Alle weerstand, as daar nog was, is gone en ek gaan reguit vir haar mond. Ek soen haar saggies en voel die gewilligheid in haar mond en met elke asemteug raak die gevoel dringender en die soene meer passievol. Ons lippe verken mekaar en dit is soos ’n storm wat opbou en half ebb en flow maar net sterker en sterker word. Ons tonge raak af en toe tergend aan mekaar en dringende seine word daarmee uitgestuur en ontvang. Ek hou haar kop met beide hande vas en kan voel hoe die erotiese golwe deur my vloei en dat sy deur dieselfde wonderlike vloei van afwagting gaan. Haar hande streel my rug en haar naels druk my met sensuele seine van genoegdoening en goedkeuring.

Ek is so hard soos ’n klip en my asem begin effens kort raak van afwagting.

Ek druk haar liggies in die rigting van die bed of is dit nou sy wat my soontoe trek? Ons instinkte lei ons nou. Remote control want ek het geen inner control meer nie. Ons gaan soos balletdansers grasieus saam op die bed — sy agteroor en ek vooroor bo-oor haar en ons verloor geen kontak tussen ons in die proses nie. Ons soen nog aaneen en ek begin haar borste te voel en hulle beweeg ritmies en hard saam met my beweging. Ons klere is skielik ’n obstacle. Die wit rok wat my netnou nog bekoor het is nou in die pad.

Ons begin mekaar se klere ontruim. Ons vingers en hande vroetel nou senuagtig met knope en ritssluiters en kan nie wag om met iets anders te vroetel nie. Dinge stuur nou net op een ding af en hierdie damwal is gedoem om te breek ...

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.