Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


In
samewerking
met
ABSA

Valiant Swart het homself geleer kitaar speel toe hy elf jaar oud was. Hy het kort daarna liedjies begin skryf en in sy hoërskooljare in 'n hele paar bands gespeel. Na sy studentejare is hy weermag toe. In hierdie tyd het hy saam met Koos Kombuis in die rokerige kroeë van Hillbrow begin optree en hom in alle erns as Afrikaanse liedjieskrywer begin bekwaam. Sedertdien het Valiant Swart landwyd 'n bekende en gewilde gesig op verhoë en in die media geword.

Valiant het al elf CD’s die lig laat sien. Sy eerste, Mystic Boer, is in 1996 vrygestel. Hy was ook die produksieleier op verskeie albums van ander kunstenaars, en het talle gasoptredes op ander albums gelewer. Van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars, soos Laurika Rauch, Theuns Jordaan en Piet Botha, het al van sy liedjies opgeneem.

In 2001 het kykNet hom op 'n blues-reis Amerika toe gestuur. Die resultaat was die dokumentêre TV-reeks Veertig dae deur die Delta, waar kykers getrakteer is op Valiant se blues-avonture in Tennessee, Mississippi en Louisiana. Die sukses van hierdie reeks het gelei tot sy akteursdebuut in die hoofrol as dr Jinx in kykNet se Song vir Katryn­-trefferreekse. Tesame met die klankbaan-album, wat goue status verwerf het, het Katryn van Valiant 'n huishoudelike naam gemaak.


Valiant Swart: Uit "Duisend Myl Blues "

Klik hier om jou bod te stuur!

> volgende in die reeks >

Gian Groen - Bietjie Blou

Gian Groen uit "Bietjie Blou"
Coenie de Villiers - Karoonag

Coenie de Villiers uit "Karoonag"

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.