Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


In
samewerking
met
ABSA

Die bod het gesluit om 20h24 op 19/06/06 op R12 100!

Bie op Afrikaanse lirieke!

LitNet se Lewende Legende-reeks fokus vanjaar op Afrikaanse liriekskrywers. Nou kry jy die kans om te bie op handgeskrewe verse neergepen deur van ons beste liriekskrywers. Ons beplan om al drie ons reekse vanjaar aan die legendes van Afrikaanse lirieke op te dra. Dit beteken dat ons uiteindelik agtien skrywers se twee gunsteling lirieke op duursame papier gaan verewig – en jy het die geleentheid om hierdie stuk geskiedenis joune te maak.

Die eerste reeks bevat uittreksels uit die lirieke van Koos Kombuis, Valiant Swart, Amanda Strydom, Gert Vlok Nel, Coenie de Villiers en Gian Groen. Hierdie werk word spesiaal gemonteer, sodat die koper dit kan raam.

Die opbrengs van hierdie veiling vorm deel van 'n LitNet-fondsinsamelingsveldtog - sodat ons 'n nog beter diens aan ons lesers kan bied.

Ondersteun LitNet, huldig ons lewende legendes en stuur jou bod nou.

Die bod sluit om 19:00 op Maandag, 19 Junie 2006. Daarna is daar 'n spervuur-bodfase deur ernstige bieërs, totdat die hoogste bod bereik word. In die finale spervuurfase sal die hoogste bieërs per telefoon/e-pos kontak moet maak met die bodmeester, Ronel Terblanche. In die spervuurfase sal bieërs teen mekaar afgespeel word, totdat die hoogste bod bereik is, na die oordeel van die bodmeester. Sy sal dan die bod toeslaan.

Hoe gemaak?

Elke skrywer lewer twee afsonderlike en verskillende tekste. Een teks word individueel opgeveil en jy kan dus daardie teks alleen koop. Niks verhoed jou egter om op al ses individueel te bie nie! Dieselfde skrywer se tweede teks word as deel van die reeks van ses opgeveil. Hier moet jy dus ses tekste saam koop, en daarmee word jy 'n stel van ses ryker.

Van elke skrywer bestaan daar dus net twee handgeskrewe, oorspronklike tekste, wat jou stukkie geskiedenis des te meer waardevol en uniek sal maak! LitNet het besluit om geen kopieë van die tekste na afloop van die veiling beskikbaar te maak nie – so hierdie is jou enigste kans om die eienaar te word van die outentieke, oorspronklike handskrif van sommige van ons grootste kunstenaars.

Dus:

  1. Een veiling waar bydraes individueel op gebie kan word.
  2. Een veiling waar die reeks van die ses skrywers se (ander) tekste as eenheid op gebie kan word.
Daar is dus 7 opsies om op te bie.

Stuur jou bod aan ronelterblanche@absamail.co.za

Opsie A:

Klik op so 'n blokkie om die stukke in die reeks te besigtig.
Klik hier vir die reeks

Opsie B:

Klik op so 'n blokkie om die individuele stukke te besigtig.
Klik hier vir al die individuele stukke

E-pos om te bie:

Klik op so 'n blokkie om jou bod te stuur.
Klik by spesifieke stukke

Om te bie, klik op die groen-en-rooi blokkies op die bladsye met die voorbeelde van skrywers se liriekverse. Gee jou e-pos-adres, telefoonnommer en posadres, en die bedrag wat jy bereid is om te betaal. Die suksesvolle bieër sal per e-pos ingelig word.

Koos Kombuis
Valiant Swart

Finale bodbedrag vir reeks:
R2 100
* Klik hier om sy bydrae tot die reeks te sien en daarop te bie

Amanda Strydom
Gert Vlok Nel
Gian Groen
Coenie de Villiers

Reëls en voorwaardes:

  • Die LitNet-bodmeester se beslissing is finaal. LitNet aanvaar geen verantwoordelikheid vir ’n bod wat LitNet nie bereik nie. Die uitslag sal op LitNet aangekondig word en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die hoogste bod vir ’n spesifieke dag sal die volgende oggend teen 11:00 op LitNet verskyn.
  • Die stukke sal in die week wat op 19 Junie volg, aan die suksesvolle bieër gestuur word.
  • Veilinginligting (maw wie almal bie) is vertroulik.
 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.