LeesKringeArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

[multiple sclerosis (ms): A biography of an MS sufferer, Lin Zimbler, called Under the dragon’s wing is discussed below. Readers who do not understand Afrikaans, please click here to go to the English discussion of the text.]

8 Junie 1999

Beste medelesers

Verlede keer was ons in die Hel, of dan in “Duiwelskloof”, hierdie keer gaan ons hemel toe — letterlik.
    Twee tekste, redelik uiteenlopend, kom aan die bod: Gideon Joubert se Die groot gedagte en Lin Zimbler se Under the dragon’s wing.
    Ronell Oosthuyse, die voorsitter van die Bethlehem-leeskring, het gevra dat ek Die groot gedagte behandel. (Hierdie leeskring bestaan al sedert 1965 en het ongeveer veertig lede). Die tweede teks, Under the dragon’s wing, is in ’n sekere sin die teenpool van eersgenoemde werk, maar het tog ontsettend baie raakpunte:

  1. albei tekste is nie-fiksie en
  2. albei het ’n baie sterk Christelike basis.

Nie-fiksie
Albei tekste onder bespreking is nie-fiksie. Tot sover het ons nog net fiksie behandel hier op die LitNet LeesKringe. ’n Nuwe uitdaging word dus nou aan ons gestel.
    Wat is die verskil tussen fiksie en nie-fiksie?
    Die ooglopendste antwoord is baie eenvoudig: Fiksie is onwaar, nie-fiksie is waar.
    Is dit korrek? Nee. Fiksie kan elemente uit die waarheid leen, terwyl nie-fiksie dikwels feite verdoesel. (’n Baie goeie voorbeeld is twee tekste waarna ek later verwys. Miti se The prodigal husband is fiksie, maar leen heelwat uit die werklikheid en betrek baie historiese feite, terwyl Zimbler se outobiografie die waarheid is, maar sommige mense se identiteit is verander.)
    Die grootste verskil tussen fiktiewe letterkundige werke en nie-fiksiewerke lê waarskynlik in die manier waarop ons sulke tekste lees. Die fiksieteks gee vir ons ’n storie en verwag dan van ons om sekere “diepere” betekenisse daarin raak te lees.
    Die nie-fiksieteks is dikwels ’n metode om inligting te verskaf oor ’n spesifieke onderwerp.

Die doelwit van ’n nie-fiksieteks
Ons word omring deur tekste.
    U is tans besig om ’n teks te lees. Aan die bokant van hierdie skerm verskyn ’n advertensie — dit is ’n teks. Koerantberigte is tekste, so ook biografieë en wetenskaplike artikels.
    Die advertensie se doelwit is duidelik, dit sê: Koop hierdie produk.
    Die koerantberig wil nuuswaardighede oordra en die wetenskaplike artikel is daar om gespesialiseerde inligting aan die leser te bied.
Die groot gedagte
Koop by Kalahari.net

Die groot gedagte


Wat is die doelwit van hierdie teks?
    Gereelde lesers sal nou vra: Hoekom begin jy nie by die titel nie?
    Die oomblik dat ons beter verstaan waaróór hierdie teks gaan, sal dit makliker wees om ook die titel te interpreteer.
    Ek wil voorstel dat daar twee aspekte aan hierdie teks is, naamlik:

  1. die oordra van hoogs gespesialiseerde inligting op ’n baie leesbare manier, en
  2. Gideon Joubert se geloof dat daar ’n God sit agter al hierdie goed.

Hierdie boek gaan oor die skepping (ekskuus, Skepping.) Hoe ontstaan sterre? Hoekom laat “amper-deeltjies en amper-werklikheid” die fisici op kwark-vlak bloos? Dit is die eerste deel van hierdie boek. Hieroor hoef ’n mens min te sê. Ek dink hy doen baie, baie goed hiermee.
    Joubert glo egter ook dat hierdie kosmos waaroor hy skryf nie sommer gebeur het nie. Hy is oortuig dat daar ’n hoër hand is — God, dus — wat hier aan die werk gespring en iets wonderbaarliks laat gebeur het. (Wanneer iemand ’n teks skryf om die bestaan van God te bevestig, noem ons dit ’n apologetiese teks. Apologie beteken hier nie soseer “verskoning” nie, eerder “verduideliking”.)

Het die doelwitte geslaag?

Slaag Die groot gedagte daarin om moeilike begrippe leesbaar aan te bied? Ek dink so. Om die waarheid te sê, ek dink hy doen dit baie goed. Die uwe probeer nie beweer dat hy alles verstaan het nie, maar oor die algemeen was dit ’n maklike teks wat nie wetenskaplike feite ingeboet het nie. Hy het dit so goed gedoen dat hy die Insig-prys vir nie-fiksie verower het. Dit sê iets.
    Die tweede vraag is: Slaag Die groot gedagte as apologetiese teks? Dit is iets wat u as leeskring kan besluit. Ek is opgelei in die skeptiese filosofie en sou dus maklik hoogdrawend kon neersien op sommige argumente wat Joubert opper, maar ek gaan beslis nie hierdie forum daarvoor gebruik nie. Gelowige lesers sal beslis vreugde vind uit hierdie teks. Die boek het ook die Andrew Murray-prys vir geestelike literatuur gewen. Nog ’n prys om die ander deel van die teks se bestaan te bevestig.
    Of dit ’n ongelowige tot “insig” sal bring, is ’n verdere vraag. Ek het al lang gesprekke gehad oor hierdie boek en sy apologetiese waarde, so ek moedig u aan om dieselfde te doen.

Nou vir die titel

Hierdie teks word nie genoem Wetenskap vir beginners, of Fisika vir leke, of Van sterre tot atome nie. Nee, hier is iets groots wat raakgesien word. Dit gaan hier oor ’n vreemde soort orde, ’n grootsheid wat ons ménslike gedagtes nie kan vasvang nie.
    Regdeur die boek maak Joubert dit duidelik dat al hierdie goed wat beskryf word, deel is van ’n duidelike plan. Dit is uitgedink, uitgevoer en vervolmaak deur Iemand wat ’n grootse gedagte gehad het ...

Die subtitel

Hier vind ons ’n verdere leidraad tot die denke agter hierdie teks. Joubert bespreek fisika, maar kom op die ou end uit by metafisika, die abstrakte weefsel van die kosmos.
    Daar is natuurlik twee redes vir hierdie subtitel:

  1. die wetenskap raak redelik abstrak wanneer ons op baie groot, of baie klein skaal begin werk, en
  2. die abstrakte maker, of dan Maker, word geëer in hierdie teks.

Wat nog?

Wel, dis nou waar ú leeskring ’n besluit moet neem. Ek kan nie veel meer sê oor die fisika nie. Dit het Joubert meesterlik vermag.
    Die vraag is nou: wat is ’n leeskring? Die Bethlehem-leeskring, wat hierdie bespreking aangevra het, bestaan uit veertig lede “van steunouderdom tot speenouderdom” (aldus hulle voorsitter).
    In so ’n leeskring sou ’n mens wou seker maak dat almal min of meer verstaan wat aangaan in hierdie boek. Vra maar die jong klomp om vir die ou klomp te verduidelik hoe hierdie wetenskaplike goete werk!
    Ander weer sou baie meer plesier put uit sy godsdienstige sienings. Nog ander kan weer op die internet klim en gaan soek na inligting om Joubert te staaf, of teen te staan. Laasgenoemde kan wonderlike aankopingspunte vir verdere gesprekke wees.

Hoe ontmoet ek ’n man?
’n Ander leser het onlangs vir my laat weet dat sy nou moeg is daarvoor om in kroeë te gaan soek vir die regte kêrel. Sy soek ’n intelligente man!
    Sy vra my toe om hulp te verskaf met die stig van ’n leeskring. Ek het die aller-antwoord vir haar: Gebruik net die volgende “pick-up line”: “Het jy geweet Hubble se wet bepaal dat liggame wat ver van mekaar af is, vinniger van mekaar af weg beweeg? Kom dus nader, sodat ons kan gesels oor verskietende sterre, heelalle wat gebore word en die onstabiele kerne van my hart. Ek het toevallig ’n boek daaroor.”
    Juffrou, as hy val vir dié een, het jou leeskring pas verdubbel en die moontlikheid van speen-ouderdom-lede is nie uitgesluit nie!

Besluit self

Ek probeer dus, effens tong in die kies, sê dat ’n boek soos hierdie op verskillende maniere benader kan word.
    Nie-fiksie skep uitdagings wat ánders is as dié wat fiksie stel. Elke nie-fiksieteks moet benader word vanaf die doelwit wat daarvoor gestel is.
    Terselfdertyd is dit baie belangrik om u eie doelwitte met die teks te stel. LeesKringe wat dit uitsluitlik wetenskaplik wil benader, sal anders daarna kyk as diegene wat dit vanuit ’n godsdienstige oogpunt wil lees.
    Dieselfde geld die volgende teks.

Under the dragon’s wing


Under the dragon's wingOne of my surprises this year was a book that came into my hands through my wife, a medical doctor who is interested in the person behind the disease. She bought Zimbler’s text, and both of us found it rather fascinating.
    This is an autobiography of a person suffering from, and eventually dying because of, multiple sclerosis.

The title
From the outset we realise that this is not only a book about a disease. It is an account of a spiritual journey undertaken by someone who had decided to look for the gift under the dragon’s wing — that special something that was hidden from view when she was faced with a major crisis in her life.

The subtitle
This says a lot: The story of Lin Zimbler. Again, it is not a story about a disease. It is a narrative created by someone who tried to live life to the very end.
    How, then, does one tackle the reading of a book like this?

The aims of the book
Very early on Zimbler, a qualified psychologist, explains that she could not find any book that would prepare her for her journey with multiple sclerosis. Lots of medical books have been written, a number of biographies published, but none could tell her how a normal person is supposed to start and fulfil a journey that would eventually lead to an early death.
    She wrote and dictated such a text.
    For that purpose a lot of research has been captured in its pages, but more than that, the books tries to explain the human behind the disease. Can I still make love? How do I go to the toilet? How much longer can I live in my own house? But even more so: What can I gain from MS? These are the question Lin tried to answer.

How does one read this work?
Even those who have never come across MS would enjoy reading about her life. People in the caring professions will learn a great deal from her — she used to be a carer who became a person in need of care.
    I would suggest that people who need to understand the day to day needs of those in wheelchairs, or those who are bed-ridden, need to read this book. Lin’s father emerges from the book as an amazing man — but one who would say that he only did his best.
    Significantly, Rykie van Reenen acted as consultant for the content of this book. (Van Reenen is a much-acclaimed author and journalist who also suffers from MS).

A spiritual journey
One can also read this book for its spiritual content. Zimbler was born into a Jewish family but experimented with a number of other spiritual communities until she settled on a creative Christian community as her place of fellowship.

Non-fiction and spirituality
Like the Afrikaans book I have discussed above, this book sets out to guide the reader towards an understanding of a spiritual reality. Again I can say that a sceptic can knock holes right through her views but they are her views and they provided a lot of comfort in her times of real need.
    Whereas Joubert’s book explores the Deity by searching for scientific proof in the world around him, Zimbler accepts a deity that allows her to find gifts of faith under the most testing times.
    This is no mere autobiography. The last chapter is so provocative that I won’t even begin to share the secret here. Enough to mention that the publisher admitted “this was unsteady ground” and “not normal publishing practice” (p141).
    Book clubs will surely have a lot to say about it!

Fiction and non-fiction
Some people will study Die groot gedagte and Under the dragon’s wing for their scientific value — which there is in abundance in both works.
    Others will find them deeply spiritual.
    Some will find an “Oprah-moment” in each, say “aaaahhhh” and continue, others will look upon them as new-age — or religious — propaganda.
    Whichever option one chooses, it is worth looking at them in juxtaposition to a fictional work that deals with very real issues in our society, and with a very deep religious journey. The book I am referring to has just rolled off the press at Kwela publishers (not in the shops yet, but will be at Kalahari.net — just click there!). It is called The prodigal husband. Lazarus Miti is the author. Watch LitNet, for I have secured an interview with this shy man.
    Miti spins a yarn about people who are religious but fallible. He never tries to convince, he simply tells. It is something completely different, but very worthwhile!

Book list

Joubert, Gideon. 1997. Die groot gedagte. Kaapstad: Tafelberg.

Miti, Lazarus. 1999. The prodigal husband. Cape Town: Kwela.

Zimbler, Lin. 1997. Under the dragon’s wing. Somerset West: Options Publishing.
(Options is a small, independent publisher. Contact them directly at this email address: optpub@iafrica.com).

With that, good bye until next time!

Izak de Vries

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.