LeesKringeArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

5 Februarie 1999

Beste leeskringlid

Op soek na generaal Mannetjies Mentz
Koop nou!
Almal maak deesdae hulle voorlaaiers skoon, trek die bandeliere reg en probeer onthou of jy links of regs om op ’n perd klim. Daar broei al weer oorlog ...

Met die Boereoorlog se eeufees al in die saal, kon ek nie help nie om af te skop met een van die heel lekkerste tekste wat verlede jaar in my hand beland het: Christoffel Coetzee se Op soek na Generaal Mannetjies Mentz. Ek was bowendien bevoorreg om hom in Oudtshoorn agter ’n glasie whiskey te sien wegkruip, so toe vra ek hom sommer dat hy my boek teken. Die roman het De Kat en Queillerie se eerste prys gewen en is in 1998 deur Queillerie uitgee. Dit is ’n waardige wenner.

U sal almal die boek verskillend benader, en dit is ook reg so, maar hier volg ’n paar wenke om die bespreking aan te wakker.

Die titel:
Aan die einde van die bespreking sal u hopelik heerlik kan stry oor hierdie twee vrae wat uit die titel voortvloei:

  1. “Was Mannetjies Mentz regtig?”
  2. Die boek word bewustelik as ’n soektog aangebied. Slaag dit? Het u dit geniet om letterlik saam met die verteller te gaan soek na hierdie mens?

Die motto:
Die vier vrae wat in die motto gestel word, moet elke leser aan die einde van die teks ook vra. Miskien kan u as groep probeer om u eie antwoorde hierop te vind.

Die struktuur:
Let op hoe die datums van die verslae terugloop in die tyd. Die redakteursnota is die mees resente teks, die res is in 1966, 1944 en dan 1916/1917 geskryf. Elkeen van die tekste belig egter ook ’n ander tydvak in die geskiedenis.
    Dink u Coetzee het met hierdie vierdelige boek, en die groot aantal voetnote in die eerste deel, daarin geslaag om ’n “geloofwaardige” teks daar te stel?

Die drie honde:
Die hele boek is ’n poging om ’n verlore persoon se lewe aan die leser voor te hou. Ons leer, so al soekende, die mens Mentz ken. Hy en sy drie makkers is onnatuurlik goed. Dan blyk dit dat hulle ook in honde kan verander.
    Wat doen hierdie skielike toetrede van die bonatuurlike aan die teks?

Die geweld:
Dele van hierdie boek is uiters gewelddadig. Hoe het u daarop gereageer?

Die name:
Is elke mannetjiesmens nie maar in sy hart ’n Mannetjies Mentz nie?
Die Witsies is nie so wit nie?
Soph is nogal slim?
Name beteken duidelik veel meer in hierdie teks as wat by ’n eerste lees blyk.

Ander tekste:
U kan gerus ook een of meer van u lede so ver kry om die volgende tekste onder oë te neem en te kyk hoe hulle vergelyk met Op soek na Generaal Mannetjies Mentz.

Ten eerste wil ek JA Smith se Ek rebelleer! voorstel. Dit is ’n ware verhaal van een van die jongste seuns wat nog ooit op kommando was. Generaal Wynand Malan dui in sy voorwoord op die skrywer se “eerlikheid om dinge nie te vergroot nie”.
    U sal dalk sukkel om dit in die hande te kry, maar probeer gerus deur u plaaslike biblioteek.
    My kopie (’n derde druk) is in 1946 deur Nasionale Pers uitgegee. Die eerste kopieë het egter al in die laat dertigs verskyn.

’n Ander Boereoorlogteks, wat nou weer heruitgegee is, is Die Kaapse rebel deur Adriaan Roodt. Dit is ’n minder aangename teks omdat die geweld hierin verheerlik word as metode van straf. As u ’n sterk maag het, sou dit egter juis ’n interessante vergelyking wees met Coetzee se teks. Coetzee s’n het baie meer finesse.
   Die Kaapse rebel is verlede jaar (1998) heruitgegee by JP van der Walt.

Niemand kan oor die Boereoorlog praat sonder om Magersfontein, o Magersfontein van Etienne Leroux te noem nie. Vergeet van die kontroversie en geniet die skitterende wyse waarop die teks misverstande in en rondom die oorlog uitbuit.
    Kry hom, koop hom, lees hom. Human & Rousseau het dit uitgegee.

Lekker lees!

En asseblief, stuur vir my ’n e-pos oor enige navrae wat u het!

Groete
Izak de Vries

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.