KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



’n Jaar in die Son: ’n Overview met ’n knippie review


JP du Toit


Resensie: ’n Jaar in die Son
Vervaardig deur Rhythm Records
Versprei deur Bowline

a. Die cover

1. Voorblad: Koos en Valiant geklee in swart, baie gemaklik met dasse wat so effe los om die nek hang. ’n Bietjie van ’n ouboet-en-jongboet-gevoel, met Valiant wat op Koos se skouer leun (party mag spekuleer dit kan dalk ’n pa-en-seun-prentjie skep). Die agtergrond is ’n bietjie tropies - blou lug met vlieswolkies en palmtakke - geraam in ’n warm burgundy.

2. Agterblad: Twee deck-chairs met kitare wat baai in die son - een elektries, die ander akoesties. Die een lees “Lord of the Strings” van ’n ene “J.R. Hendrix” en die ander word vergesel deur ’n beker, asbak en sigaretaansteker. Daar’s ’n palmboom en gras en, as jy mooi kyk, ’n blikkie in die gras.

3. Binneste: Twee nice retro black-en-whites van Koos en Valiant - een op Koos se woonstelbalkon (1988, deur Sonia Tyler) en een in Koos se “Eldorado”-kommune-voorportaal (1991, deur Karin Retief). Hierdie skep ’n heelwat anderse gevoel as die buitebladontwerp. Ietsie van die ou Koos en Valiant - voor die verkiesing, die families, Belboks en Katryn - ’n ietsie nostalgies, miskien die jare voor die son?

b. Die songs

1. “Langs die Goue Rivier” (woorde en musiek: Valiant): Tipiese Valiant-vibe met bekfluitjie en kitaar. Baie in die lyn van songs uit Deur die Donker Vallei. Geskryf vir Valiant se “soul meid” … “en as dit als verby is, en jy is nog hier gaan bly ons op daai plaas langs die goue rivier.” Luister gerus om die drome wat lê en smeul onder die as weer so ’n bietjie aan te blaas.

2. “’n Kaartjie van Koos” (woorde en musiek: Koos): So ’n bietjie van ’n mix tussen “Duco Box Rasta” en “Liela se Kitaar”. Handel oor Koos wat sorry sê vir al die meisies wat hy sleg behandel het: “Ek wens ek kon jou troos, ek weet ek was ’n doos, ek stuur vir jou ’n roos met ’n kaartjie by van Koos.” Luister gerus om vrede te maak met die skimme van die verlede.

3. “’n Jaar in die Son” (woorde en musiek: Valiant): “…’n song oor die blindelingse verlede en die blymoedige hede.” ’n Lekker rustige ballad met Valiant en Koos wat in die geestesoog iewers op ’n eiland reunite en reminisce. Of op ’n stoep sit en net so dan en wan sug en iets in die lyn van “ja-nee” sê. “Ek soek net een wolklose winter, ek soek net een windstil seisoen, geen sopnat of snerpende koue, gee my ’n jaar in die son.”

4. “Salaam” (woorde en musiek: Koos): ’n Song oor die Kaap - geskiedenis, mitologie, aardrykskunde, godsdiens en vriendskap. Miskien so ’n bietjie van ’n knop-in-die-keel-song - ietsie waar hartseer en trots bymekaarkom soos ’n warm handdruk en ’n wuif vanuit ’n treinvenster. “Ek was eers bang dat ek alleen is, maar eintlik is ons saam.”

5. “Kleinmond Koebaai” (woorde en musiek: Valiant): Valiant sê dis ’n song vir Johannes Kerkorrel, “… een van die uitverkorenes wat alles op die spel moes plaas, sodat ouens soos ons vandag kan doen wat ons doen.” Vrek-sad, vrek-beautiful. Daar is maar net iets aan die vermoë van die pensklavier om dinge hier diep binne op ’n mooi manier om te krap. “Jou hart vir Hillbrow en ons vir jou.”

6. “Liedjie vir Marleen” (woorde en musiek: Koos): Koos sê dis ’n “dramatiese en hartseerliedjie vol skuldgevoelens en wanhoop oor die wêreldtoestand …”, geïnspireer deur sy babadogter, Marleen Fia. Proe ’n bietjie soos “Winterkind”. “Vir jou besteel ek keisers rot en kaal … vir jou leer ek my mooiste, mooiste taal.”

7. “Met my Stukkende Kitaar” (woorde: Koos en Valiant; musiek: Valiant): ’n “rambling blues song” wat miskien ’n bietjie handel oor die tyd om die Rekenmeester te face (verwys na Koos se “Baskitaar”). “Ek weet my tyd is hier, ek hoor die rekenmeester kom …” Met ’n cameo van Robert se Stratocaster. Bedien met ’n somber, blougerookte vertrek en louwarm whiskey vir beste resultate.

8. “Who do you sue?” (woorde en musiek: Koos): “… ’n proteslied follow-up vir ‘Pockets of my Jeans’ van Koos en ‘Why does the World hate America’ van Anton Goosen.” Baie Bob Dylanesque; laat mens voel jy moet ’n T-shirt met ’n slogan dra en jou hare laat groei. Politiekerig, met die sting van die ou Koos, maar ongelukkig voel dit nie of Bush vir Koos so kan stir soos die Groot Krokodil nie. “And you trust in God above, yet it’s a crime to pray in school …”

9. “Song vir Swakopmund” (woorde en musiek: Valiant): Valiant raak liries oor “een van daai magic, detached bestemmings: suspended tussen grysland en paradys, donker en lig, êrens en nêrens.” Resonate so ’n bietjie met “Duisend myl blues” se reprise-version. Laat jou met daai laat Sondagmiddag-gevoel wanneer die berusting in verlange inskop.

10. “Insomnia” (woorde en musiek: Koos): In my beskeie opinie, nie een van Koos wat ’n 7-single sou maak nie. Die inspirasie mag miskien strook met dié van “Voedselvergiftiging”, maar hierdie een kan jou dalk slapelose nagte gee.

11. “Buiteperd” (woorde en musiek: Valiant): ’n Teenvoeter vir “… swartgalligheid waarin een of meer van die geliefde broeders kan verval …” ’n Skommelende tune in die lyn van “Matrooslied”, maar met ’n meer stowwerige aanslag, soos die heen en weer van ’n moeë perd wat deur die Karoo drentel. As dit nie die “Feniks die as laat besweer” nie, sal dit miskien aan die slaap sus. “Ek kan nie help nie, my bra, ek is ’n man en ’n pa, en net soos jy, leef ons almal met die dinge wat ons saamdra …” Dalk ’n niebeskuldigende teregwysing, dalk ’n hand op die skouer ...

12. “My Magic Goeie Fee” (woorde en musiek: Koos): ’n Seldsame love song van Koos vir Kannetjie. Daar’s ’n definitiewe Andre Letoit-inspirasie hier betrokke. Sou goed ingepas het op Ver van die Ou Kalahari. Vintage Koos, weg van die “praal van die Statusteater”. “Jy’s my Tina van die Tarmac, My magic goeie fee …”

13. “Diknek en Kleintandjies” (woorde en musiek: Valiant): Valiant se eie rugbysong, meer spesifiek opgedra aan die karnuffelaars van die game. Leon Schusteresque met strakse invloede van Klipwerf en daai brigade. Hoera vir die kielie van die krismiswurm. Pale toe of balke toe, dis om ‘t ewe.

14. “Die Apokaliptiese Akapella” (woorde en musiek: Koos): Koos reken dis ’n “nonsens-liedjie” wat sy oorsprong te danke het aan sy pogings om Simon aan die slaap te sus. Ek dink dis groot. ’n Ietsie in die lyn van die hidden tracks op vorige CD’s, maar met ’n meer universele omvang. ’n Hoendervleiswekkende hiërosgamos tussen ’n lullaby en Openbaring. “… ’n Vingerete volg met ’n toespraak in Japannees …”

15. “’n Jaar in die Son” (instr reprise): (musiek: Valiant): ’n Lekker koebaai-tune, soos wanneer die orrel rustig speel wyl die gemeente nadenkend huiswaarts keer.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.