KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Eva in die tuin van klank en energie

’n Jaar of wat gelede het Afrimusik die CD Eve. In The Garden of Song uitgegee met die vyf vrouekunstenaars Laurinda Hofmeyr, Eugenie Grobler, Nicole Holm, Leslie Ray Dowling en Luna Pieterse. Hierdie CD kon nie anders as ’n sukses wees nie, en alhoewel die kunstenaars uiteenlopende sangstyle het, vorm dit ’n geheel. ’n Geheel van hoë kwaliteit, stemme wat jou laat besef hoe baie talent daar in ons land is, en lirieke waarna jy maar kan luister.

Goeie nuus is dat hierdie CD nie net op jou rak staan nie, maar dat Laurinda, Eugenie, Nicole en Luna kragte saamspan vir die Woordfees om ’n vertoning, Eva, aan te bied.

Oor die naam vertel Eugenie grappenderwys: “Eva was immers die eerste vrou en Eva Krotoa die eerste in die Kaap.”

Eva gaan, soos die CD, oor vrouwees, maar meer oor vroulike kreatiwiteit. “Dit is toevallig dat dit vroue is wat saamwerk”, sê Eugenie. “Dit gaan meer oor die kreatiewe proses en die energie wat op die verhoog plaasvind. Dit is wat uniek is aan Eva.”

Eugenie verduidelik dat vroulike kreatiwiteit nie veel verskil van die manlike ervaring van kreatiewe energie nie. “Kreatiewe prosesse is pynlik, soos geboorte gee. Mans gee ook geboorte as hulle skep!”

Eva is op Vrydagaand 7 Maart (22h00) in die HB Thom-teater te sien. Vir ’n volledige program en besprekings, kontak die Woordfeesprogram by (021) 8083513, (021) 8083573.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.