KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Brixton Bloedbad

Adriaan Basson

Venue: Back2Basix, Westdene, Johannesburg
Supersterre: Andries Bezuidenhout, Gert Vlok Nel en Trike
Hulpmiddels: 1 pakkie Minora-lemmetjies, 2 m tou, 1 pakkie Chesterfields en ’n onbekende aantal Hansa Lagers.

Dis ’n weeksaand in Johannesburg en my eerste gig na ’n laaaang Kaapse vakansie. “Gert is in die noorde” bereik ’n riemtelegram my ’n paar dae vroeër.

Die vorige keer wat ek na God Vlerk Nel (soos ’n kollega na hom verwys) in B2B gaan kyk het, was ons laat en was daar ’n muur tussen ons tafel en die stage. Hierdie keer het ons ’n full frontal view. Die plek is bietjie meer as halfpad vol en op die televisie by die bar is die Windies besig om die Proteas vas te knoop met hul opportunistiese boulwerk. Bafana Bafana is minute vantevore uit die Afrika-nasies-toernooi geknikker.

Ek sug.

“Die gig moes al halfagt begin, maar Gert is nog nie hier nie. Ek sal maar solank begin,” kondig die voorman van die Brixton Moord en Roof Orkes en nou solokunstenaar, Andries Bezuidenhout, aan. Andries dra ’n t-shirt van die legendariese Abelarde Sanction — ’n kultuurbaken in Brixton wat sadly voor my immigrasie na Johannesburg toegemaak het.

Gaan daar ooit weer ’n lekker klub of kroeg in Brixton wees vir gigs, wonder ek en luister hoe Andries wegval met songs van sy eerste CD, Insomniak se droomalmanak.

“Mense wat vir Gert Vlok Nel kom luister, is mos suckers vir punishment,” sê hy en sing oor sy slaapprobleme, die “skivvy donder” in die flat onder syne wat met hoenders boer, en drome waarvoor ons moet systap.

“Ons het die ambulansmense gevra vir sound effects,” skerts Andries toe die soveelste ambulans met loeiende sirenes verby B2B jaag. Welcome to Jo’burg, I suppose.

Terwyl Andries “Insomniak se droomalmanak” sing, begin ongenooide krieke spontaan backing vocals vir hom doen. En hulle is nogals op die beat ook!

Toe is daar ’n paar pratende et(t)ers wat Andries vir die soveelste keer onderbreek en hy knip sy vertoning kort.

’n Tafel of twee word vuil uitgecheck terwyl ons wens dit was net ’n party trick. Maar hy kom nie terug nie.

Ons bestel nog drankies en wag vir Trike om op te stel.

Hierdie groep (kan mense hulle ’n groep noem, of is Trike eerder ’n projek, eksperiment of fase?) bestaan uit twee lede: Esmé Eva Kwaad (wat ook haar verskyning in Plank en die BMRO maak) en Drikus Barnard (baskitaarslaner van BMRO en Plank se voorman). Ek het hulle die eerste keer by verlede jaar se Oppikoppi gesien en was moerse beïndruk met hul onvoorspelbare, poëtiese, bloederige lirieke. En natuurlik met mev Kwaad se ongoddelike sterk stem.

Laat ek dit nou maar op rekord stel: Nog nooit in Afrikaans was daar ’n vrou met só ’n sterk én sagte, sexy én moerige, verleidelike én befokte stem nie. Eat your heart out, Min Shaw. As sy wil, kan Esmé die music scene vanjaar op horings neem. Almal het al van haar verneem, maar doen die moeite om haar in lewende lywe te sien. (En wil iemand nie asseblief sorg dat Trike se skitterende debuut-CD, Volle militêre eerbetoon, vrylik beskikbaar is nie?) Terug by die vertoning: Hierdie duo kan enige Zing!-wenner en sy maat vierkant onder die gat skop. Ek wil nie te veel oor hul lirieke weggee nie — go and hear for yourself. Kom ek volstaan by: vlymskerp, meesleurend, vreemd en mooi.

En toe was dit Gert. Gert en sy perd en sy songs oor die see en ’n trein en shampoo en life in the Karoo en woorde vir Koos en ander afgestorwenes wat hy lief het en gehad het at sometime in sy reis. Beautiful soos altyd. Eenvoudig. Gestroop. Honest.

En die mense het hul laaste glase wyn bestel en by kerslig gestaar na Gert en sy tunes. En ’n eensame bekfluitjie se laaste note het oor Jo’burg weerklink.

En dit was goed.



LitNet: 25 Februarie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@yahoo.com om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.