KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Veel te vinde in dié Bos

Johann Kotze

Stef Bos    Stef Bos
Stef Bos
Beste van Bos
18 liedjies geneem vanaf sy sewe albums. Word versprei deur JNS Musiek.

Die album bevat omslagnotas wat ’n voorwoord deur Bos insluit, sowel as ’n bondige geskiedenis van die kunstenaar. Dis sy eerste plaaslike uitreiking dié en sy werk is dus uiteindelik geredelik beskikbaar by die meeste CD-winkels. Met talle besoeke en optredes het hy ’n groot plaaslike gevolg opgebou, maar sy opnames was maar altyd moeilik te vinde.

Stef Bos, uit die omslagnotas: “…heb ik naas een vaderland (Nederland) en een moederland (België) een derde land waar ik thuis kom … noem het mijn Niemandsland.”

Ons kan dus uitsien na hopelik nog vele besoeke deur hierdie fenomenale kunstenaar. Met sy onlangse optredes by die Oudtshoornfees het hy bewys dat hy nie slegs ’n uitstekende sanger, liedjieskrywer en verhoogkunstenaar is nie, maar ook veel kan bydra tot die uitbou van plaaslike standaarde van optrede.

Ek was bevoorreg genoeg om Stef se klank te doen vir sy laaste twee solo-opvoerings van Zien, en ’n meer aangename en vermaaklike persoon is moeilik denkbaar.

Soos die geval is met enige “best of”-album moet die kanniedood-aanhanger maar die ander, of ten minste dan, ván die ander CD’s ook aanskaf. Hierdie CD is egter ’n werklik omvattende en welluidende versameling.

Hier volg ’n programlys en enkele notas rakende van die liedjies:

De Veldslag
De Onderstroom — met die pragtige vokale bydrae van Zimbabwe se meesterlike kitaarspeler Louis Mhlanga. Louis speel sy weergawe graag solo of saam met Vusi Mahlasela. Sy weergawe was ook ’n hoogtepunt van die onlangse vertonings saam met Laurika Rauch.
Onder In My Whiskeyglas — Stef vertel tydens sy konserte hoe hy hierdie liedjie van Koos Kombuis vir die eerste keer op sy motorradio gehoor het, en van die pad afgetrek het om te luister en te wonder oor hierdie pragtige taal wat hy aanhoor. Koos se weergawe het reeds in die tagtigerjare verskyn op sy album, Niemandsland.
Awuwa — Tydens sy eerste reis hier skryf Bos saam met Johannes Kerkorrel hierdie liedjie wat ’n treffer geword het in beide België en Suid-Afrika. Tandie Klaasen is die beginpunt van sy vrugbare samewerking met musikante van hierdie land waar “Europa en Afrika op elkaar botsen”. Dit was 1992. “Voor een Nederlander” was hierdie nuwe wêreld “surrealistisch”.
Is Dit Nu Later — Van sy eerste album, 1990.
Hilton Barcelona
Papa — Miskien sy gewildste lied, ook van sy eerste album.
Wodka
Peppermunt — Op sy derde album, Vuur. Die titelsnit is nie op hierdie versameling nie en reeds ’n goeie rede om ’n volledige Bos-album aan te koop. Tesame met “Schaduw in de Nacht” is dit moontlik sy beste werk vir diegene wat ’n lekker vol, moderne negentigs klankproduksie verkies.
Ik Heb Je Lief
Tussen De Liefde En De Leegte — Ek was besonder gelukkig om ’n privaat konsert by De Fyne Kuiken restaurant tydens vanjaar se kunstefees by te woon waar Stef en sy musikante “unplugged” opgetree het. Amanda Strydom het uit die klein gehoor opgestaan en ’n lang duet op hierdie lied saamgesing. Van sy tweede album, 1992.
Diep In Het Zuiden — Van “De Onderstroom”, sy “mees Suid-Afrikaanse album”, opgeneem in Johannesburg tydens 1997.
Serekunda
De Nachtwaker
Johannesburg
Vrouwen Aan De Macht
Mijn Stad
Door De Wind — Soos talle ander Europese sterre het Stef Bos naam gemaak met ’n Eurovision Song Contest-inskrywing. Hierdie een was België se inskrywing vir die 1989-kompetisie, en Stef se eerste opname self hiervan.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.