Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

PJ Philander

Uitgereik deur die familie en NB Uitgewers

PJ PhilanderDie bekende en bekroonde Afrikaanse digter en skrywer, Peter John Philander, is op Dinsdag 7 Februarie 2006 in Las Vegas, Nevada, oorlede na 'n kort siekbed. Die oorsaak van dood was hartversaking as gevolg van rumatiekkoors en hartklepaandoening waaraan hy sedert sy jeug in die Wes-Kaap lei.

PJ Philander word oorleef deur drie seuns en 'n stiefseun, en hulle vrouens. George Philander is 'n professor aan Princeton Universiteit, New Jersey, Dennis Philander is 'n psigiater in Minneapolis, Minnesota, Peter is 'n huisdokter in Las Vegas, Nevada en Ronald Harker is 'n afgetrede inspekteur van skole wat aktief betrokke is by welsynwerk in Port Elizabeth. Daar is twaalf kleinkinders en veertien agterkleinkinders.

PJ Philander is gebore in Caledon, het skoolgegaan in Zonnebloem en later studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA). Sy eerste digbundel was Uurglas, wat in 1955 verskyn het. Oor die volgende vyftig jaar het hy veertien digbundels die lig laat sien, waarvan die laaste Trialoog was, geskryf terwyl hy in New York gewoon het. Hy het in 1968 na die VSA emigreer, en het SA daarna sporadies besoek, maar nooit weer hier gewoon nie.

In 2000 verskyn die roman Rebunie, gebaseer op sy ondervindings as jong onderwyser in Calvinia. Sy werk is bekroon met verskeie toekennings, insluitend die Medalje van die Nasionale Akademie van Kuns en Wetenskap.

Hy was 'n onderwyser, en skoolhoof aan die Hoërskool Belgravia in Kaapstad tot en met sy vertrek na die VSA. Hy was ook 'n omroeper by die SAUK, waar hy 'n weeklikse program aangebied het saam met SV Peterson, mede-digter en lewenslange vriend. Vroëer was hy verbonde aan hoërskole in Genadendal, Caledon, Plettenbergbaai en Calvinia.

Van 1968 tot 2000 het PJ Philander onderrig aan die Friend's Academy, 'n Kwakerskool op Long Island. Hy verhuis na Las Vegas, Nevada in Julie 2002. Tydens sy laaste besoek aan Suid-Afrika is hy vereer met die vryheid van Caledon, en 'n straat in die dorp is na hom vernoem, tot sy groot plesier.



LitNet: 08 Februarie 2006

Stuur jou woorde van herinnering aan webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.