Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

AHM Scholtz: 'n Huldeblyk

Chris van der Merwe

  • AHM Scholtz (1923-2004): Klik hier vir 'n onderhoud met Annari van der Merwe en vyf voorheen ongepubliseerde foto's!

    Op 17 November 2004 is Andrew Henry Martin Scholtz op 81-jarige ouderdom oorlede. Annari van der Merwe, sy uitgewer, wat 'n pragtige huldeblyk oor hom in Die Burger van 19 November geskryf het, het op 'n keer aan my vertel dat sy Šl haar skrywers op die voornaam noem, net nie vir AHM Scholtz nie - vir haar bly hy "meneer Scholtz". Ook vir my, wat hom alleen maar uit sy boeke leer ken het, is hy iemand vir wie 'n mens, by wyse van spreke, die hoed afhaal.

    Wat was dit in hierdie skrywer wat soveel respek afgedwing het?

    As mens was Scholtz 'n voorbeeld van iemand wat bo sy teenslae uitgestyg het. Hy is op 28 Julie 1923 gebore, die oudste van tien kinders, die seun van 'n tuig- en saalmaker. NŠ standerd vyf verlaat hy die Beaconsfield Coloured School om geld vir die familie te verdien, want sy pa was bedlÍend. Hy gaan werk as skrynwerker by sy oom, maar die armoede is knaend en met die uitbreek van die Tweede WÍreldoorlog sluit hy by die weermag se artillerie-eenheid aan om meer geld te verdien.

    Hy oorleef die oorlog, maar kry vervolgens te make met die apartheidswette wat nŠ 1948 aanvaar word en wat hom fnuik in sy ideaal om 'n beesplaas te besit. Hy word bou-aannemer in Mafikeng en maak 'n sukses van hierdie werk, maar weet dat daar vir hom nog 'n ander werk voorlÍ.

    NŠ sy aftrede begin hy met daardie taak - hy, wat maar min geleerdheid besit, besluit om 'n roman te skryf, en op 72-jarige leeftyd verskyn uit sy pen Vatmaar - 'n Lewendagge verhaal van 'n tyd wat nie meer is nie. Dit word 'n reusesukses, verower verskeie literÍre pryse in Afrikaans en vaar ook uitstekend in Nederlandse, Duitse en Engelse vertaling.

    Die meeste mense verbind Scholtz uitsluitlik met hierdie een grootse werk en vergeet van sy ander twee boeke: Langsaan die vuur - Vyf lewensverhale (1996) en Afdraai - 'n Kroniek (1998). In hierdie twee boeke toon Scholtz egter ook dat hy 'n uitstekende verteller is, iemand met 'n unieke styl en eie lewensuitkyk.

    In Langsaan die vuur rig hy sy oog op vyf onbekende mense, soos wat hy self die grootste deel van sy lewe was, en vertel hul buitengewone stories. Die verhale het 'n dokumentÍre inslag, met foto's, geboorte- en sterfdatums daarby - Scholtz herinner ons aan die "stiltes" in ons geskiedenis, hy wil aan die ongehoordes 'n stem gee. Die "terroris" Kwela Modise van die laaste verhaal, wat uiteindelik as vryheidsheld vereer word, herinner ons daaraan hoe maklik die oordeel van die geskiedenis kan verander.

    Soos in sy ander werke, rig Scholtz hom steeds teen die kunsmatige verdelings in die samelewing en sien hy Afrikaans as bindende krag:

    Ons is almal Afrikaners, sÍ Richard - soos in Engels gesÍ: African. En ons taal maak ons Afrikaans. Mens is die taal wat jy praat, Ethel, sÍ hy. Hulle gee die wit Afrikaners die naam Boere - wat 'n mooi woord: mense van die land. Maar die Engelse se vrees draai 'n mooi woord om en sÍ: Boors, wat klink soos wildevarke op Engels.

    Dis ons almal se land, Ethel. Die land waarin jy gebore is, is jou land.

    Sy klim op die bed. Ek hoop hulle verander die lelike woord, Cape Coloured, sÍ sy moeg. Dit klink vir my soos 'n dier wat ingekleur is (p 77).

    In Afdraai plaas Scholtz sy eie stempel op bekende temas in die Afrikaanse letterkunde: die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 en die plaasroman. Dit is asof hy afdraai van die ou bekende perspektief van Afrikaner-nasionalisme. Wanneer hy oor die konsentrasiekampe vertel, is dit nie Afrikaner-lyding wat sentraal gestel word nie, maar die feit dat 'n gekleurde persoon hier algemene waardering vind, anders as in die na-oorlogse jare. In die opbou van die verwoeste plaas is dit nie die blanke boereman wat sentraal is nie, maar 'n bywonervrou van gemengde afkoms; ook die belangrike rol van die gekleurde werkers word beklemtoon.

    "Ras-egtheid" word nooit by Scholtz op prys gestel nie, maar juis die liefde wat kunsmatige grense oorskry.

    "Die liefde ken nie grense nie" - so sÍ Flip in die onvergeetlike toneel van Ouma Lewies se begrafnis in Vatmaar. "In my Father's house are many mansions" is die gepaste teksvers by hierdie geleentheid, waar daar uit die Engelse Bybel gelees word ter wille van Ouma Lewies se Engelssprekende man. Oom Chai, wat die diens lei, en Oupa Lewies omhels mekaar "soos net tweelinge kan", haal elkeen sy kakiesakdoek uit en droog mekaar se trane af. Hierdie "tweeling" kan nie deur die verskille in taal en kerkverband en ras geskei word nie.

    Die helde en heldinne van Vatmaar is diegene wat oor die grense van ras liefhet - mense soos die swart vrou MaKhumalo wat 'n wit seun aanneem, Oupa Lewies wat met 'n swart vrou trou, en Suzan wat vir Nellie Ndola troos, al is laasgenoemde swart en lelik.

    Naas hierdie persone wat die ideale van die roman beliggaam, is daar egter ook ander wat die harde werklikheid van rassisme verteenwoordig, byvoorbeeld Oupa Lewies se twee kinders: Elsa, lig van kleur, Rooms-Katoliek en Engels, wat haar neus optrek vir die mense van Vatmaar, en Tommy, wat 'n swart vrou seksueel misbruik en dan verstoot.

    Vatmaar is 'n eenvoudige verhaal, maar dit is nie simplisties nie. Wanneer die goeie tant Wonnie onskuldig gearresteer word, kom oeroue kwelvrae na vore: Waarom moet die onskuldige ly? Waarom laat God dit toe? Wanneer tant Wonnie deur die konstabel tronk toe geneem word, flits 'n hele reeks herinneringe deur haar gedagtes. Hulle het almal te make met gevalle waar mense onregverdig ly - veral gekleurde persone wat deur blankes mishandel word. Tant Wonnie vind haar vrede deur die geloof in God wat in haar woon en haar onder alle omstandighede bystaan. Hoewel hierdie geloof deur 'n paar gevaarlike knikke gaan, het tant Wonnie se lewe wel 'n gelukkige einde - die gelukkige afloop wat so dikwels in Scholtz se werk te vinde is.

    Sy boeke openbaar egter nie 'n naÔewe siening dat goedheid altyd na verdienste beloon word nie. In teenstelling met die gang van tant Wonnie se lewe, waar haar geloof vrugte afwerp, is daar die geval van twee mense wat saam met haar in die hof beland: Benny O'Grady en Hendruk Jannewarie, wat albei van diefstal aangekla word. Benny steur hom nie aan die waarheid nie - sy advies is: "Onthou, sÍ altyd jy is onskuldig en doen jou bes om nie skuldig te lyk nie" (p 163). Sy taktiek werk, en hy wen sy saak, alhoewel hy in werklikheid skuldig aan diefstal is. "Met 'n glimlag het hy gesÍ sodat almal dit kon hoor: Geregtigheid het geseŽvier - en gedink aan die ander vyf skape wat hy by Mineer Lambrecht gesteel het" (p 165). Hendruk, daarenteen, wat in werklikheid onskuldig is, en altyd die waarheid praat, en wat dink: "Noulat ek die waarheid vertel het, sal die waarheid my vrymaak" (p 171) - hy kry ag jaar hardepad.

    Met 'n pragtige humor en 'n sprankelende taal het Scholtz vir ons in sy drie boeke 'n aantal onvergeetlike karakters geskep; het hy nuwe ruimtes vir die Afrikaanse prosa en die Afrikaanse leefwÍreld oopgemaak. Hy was 'n romantikus en 'n realis ineen, wat sowel die hoŽ ideale van 'n grenslose liefde as die harde realiteit van rassisme geopenbaar het. Sy werk is deurtrek met 'n positiewe religieuse instelling, maar beeld ook situasies uit waarin die gelowige kopskuddend sÍ: "Nee, nee, my God" (Langsaan die vuur, p 115). Kenmerkend van sy oeuvre is die eenvoud daarvan; tog bevat dit 'n diepsinnige en gesofistikeerde lewenswysheid. Vir sů iemand haal ek my hoed af.



    LitNet: 7 Desember 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.